DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 30 Huislike reëls op die eerste paar newegordels. Noukeurige ordening en die naarstigtelik soek na wysheid van die inwoners 1. Wat die huisreëls aanbetref, dit is enersyds heel eenvoudig, maar andersyds tog ook weer heel ingewikkeld. Hoe is dit moontlik dat een en dieselfde gebied aan die een kant eenvoudig, maar aan die ander kant ingewikkeld kan lyk? Niks is makliker om te verklaar nie, want daarvoor is net die regte insig nodig. 2. Neem byvoorbeeld 'n appel en bekyk hom aan die buitekant; dan sal hy tog sekerlik uiters eenvoudig en eentonig vir julle voorkom. Maar sny hom nou net oop en ondersoek al sy dele mikroskopies; dan sal julle sien dat hierdie baie eenvoudige appel so ingewikkeld is, dat julle sal begin om te duisel van die groot hoeveelheid afsonderlike deeltjies daarvan. 3. Kyk, so is dit ook gesteld met die huisreëls van ons gordelbewoners. Wanneer julle hier 'n huis en sy inwoners gedurende tien jaar sou gadeslaan, dan sou julle byna niks anders as een en dieselfde sien nie, dat dit homself voortdurend herhaal, en boonop nog so eenvoudig en simpel as wat maar moontlik is, sodat 'n duiwehok op aarde waarskynlik vir julle meer afwisseling sou bied as 'n huis met sy inwoners. 4. Maar van binne lyk dit nie so nie, want daar is alles weer so ingewikkeld en belangrik, dat dit julle sou laat duisel wanneer so ’n huisvader julle die betekenis daarvan sou verduidelik en sou openbaar aan watter geheime en belangrike vereistes elke detail baie akkuraat aan moet voldoen. 5. Sodat julle 'n goeie begrip kan vorm oor die ingewikkelde kant van die fasiliteit van so huishouding, wil Ek julle ten oorvloed slegs ’n paar duidelike voorbeelde gee. 6. Julle weet ook iets van simmetrie en ewewig. Wat is julle simmetrie en ewewig egter vergeleke met wat sulke gordelbewoners simmetrie en ewewig noem! 7. Laat ons eers net 'n voorbeeld van die simmetrie neem. Wanneer 'n sonbewoner by julle in die kamer sou kom en hy sou daar voorwerpe soos kaste, tafels, banke, muurversierings en dies meer taamlik goed georden sien staan, dan sou hy oombliklik die hande bo sy kop teenmekaar slaan en julle, wanneer hy homself van sy eerste skrik enigsins sou herstel het, haarfyn aantoon dat die balans van 'n hele hemelliggaam van so ’n wanorde afhang; is dit uit balans, dan moet alles mettertyd uit balans raak. Hy sou julle aantoon dat, wanneer 'n bepaalde kas of 'n ander meubelstuk nie met uiterste kalmte en behoed¬saamheid 'n paar millimeter opgeskuif word nie, die hele sigbare skepping oor ’n duisendmiljoen jaar in die grootste wanorde sal raak. En dit sal hy julle nie net in die natuurlike sin nie, maar ook met buitengewone uitgeslape, filosofiese geneentheid metafisies uiteensit. Hy sou byvoorbeeld sê: 'Maar merk julle dwase mense dan nie dat julle gedagtes hulself tog noodwendig sal orden en bind soos wat die huisraad in julle woning georden is? In welke orde egter sal dit wel bind as dit langs 'n kas 'n stoel sien, op die kas 'n vaas wat geen enkele verhouding daarmee het nie, in 'n ander hoek van die kamer 'n bed en daarnaas weer 'n tafel en langs die tafel weer iets wat geen enkele verband daarmee het nie en dat alles op 'n vaste plek is of, wat nog erger is, steeds van plek verander?' 8. Verder sou hy julle vra: ‘Weet julle wat die Wysheid is? Die Wysheid is die oneindig volmaakte harmonie in alle dinge; sy is die aller skerpsinnigste berekende ordening, waardeur en waarin die allerhoogste Wysheid van God alle dinge geskape het en in stand hou. Hoe wil julle ooit tot wysheid kom, wanneer julle nie eens in die klein dingetjies verseker dat sy sodanig georden en gevorm word, sodat julle oë aan die orde gewoond kan raak en deur die dikwels herhaalde aanskoue, ook julle gedagtes, ten minste in hierdie klein dinge, 'n begin sou maak om aan 'n bepaalde ordening gewoond te raak en vanuit hierdie ordening dan ook tot 'n ander ordening oor te gaan? Wanneer julle egter daar waar julle dit kan, nie 'n bepaalde ordening in ag kan neem nie en nie daaraan gewoond kan raak nie, hoe wil julle dan met julle gees wat aan wanorde gewoond is, 'n hoër orde ontdek en beskou? Is dit nie ewe onmoontlik as wanneer julle met die mees ongeskikte wiskundige breuk die wortel wil vind van 'n grootheid wat slegs uit ewe getalle bestaan? Julle moet dus julle kleinste gedagtes tot 'n ewe getal verhef; daarna kan julle julleself eers aan ander groothede waag, om daarin die korrekte geordende grondgetal te ontdek wat die hele grootheid bepaal.' 9. En verder sou so 'n wyse bewoner van so gordel aan julle sê: 'Ken julle die gewig van julle planeet? Weet julle wat julle planeet om sy as laat draai? Weet julle wat hom in die vrye ruimte op sy plek hou? Dit is die ewewig. As julle huise volkome simmetries gebou sou wees, die een nie groter of kleiner as die ander nie, en eweso alle kamers in die huise almal dieselfde indeling sou hê, die inrigting oral dieselfde en op dieselfde manier georden sou wees, dan sou dit geen storende invloed op die beweging van 'n planeet hê nie. Dit moet vir julle tog baie duidelik wees dat so 'n asimmetriese en oneweredige, soms naby aan mekaar geplaas¬de, dan weer meer verdeelde versameling van materiaal op een en dieselfde plek die balans van 'n geheel vry swewende hemelliggaam noodwendig moet versteur. As die balans egter ook maar ietwat versteur is, dan werk so ontwrigting ook deur op die beweging en bring mettertyd steeds meer wanorde teweeg; ten eerste in die temperatuur en ten tweede in die rotasie self, wat versnel en dan weer vertraag word. As die wanorde om julle heen, noodwendig deur julle eie onhandigheid moet ontstaan, hoe wil julle dan julle gees tot 'n hoër orde verhef en eers daardeur tot wysheid oorgaan?' 10. Kyk, dit is 'n voorbeeld van simmetrie. Voordat ons dit egter van naderby sal toelig, sal ons nog 'n kleinigheid oor die eintlike ewewig daaraan toevoeg. Nou sal julle wel sê: Oor watter ewewig kan hierdie wyse dit dan nog hê; hy het tog met die vorige voorbeeld al sonder meer die ontbrekende simmetrie van ons huismeubels uitgebreid gekritiseer? 11. Maar Ek sê vir julle: Dit was net 'n baie versigtige sinspeling op dit wat so hoogwyse gordelbewoner onder ewewig verstaan. Die ewewig gaan daar só ver, dat julle vir julleself op aarde absoluut geen voorstelling daarvan kan maak nie. 12. So word ten behoewe van die ewewig, die klere wat hulle dra, op 'n baie akkurate weegskaal geweeg. As gevolg daarvan moet, wanneer daar byvoorbeeld in 'n huis honderd mense lewe, elkeen 'n presies ewe swaar kleed dra, en tewens moet almal hulle laat welgeval dat die klere weer van tyd tot tyd geweeg word. As dan blyk dat die ene een of twee sonstoffies minder swaar is as die ander een, moet daardie buitengewoon groot ondergewig onmiddellik weer presies in balans gebring word. 13. Vervolgens word almal ook geweeg en diegene wat van nature die swaarste is, moet daarby dien as maatstaf. Die ligter een moet hom dan laat welgeval dat hy steeds soveel gewig met hom moet saamdra, sodat hy net soveel weeg soos die swaarste. So is dit ook by die vroue: Ook by hulle word die swaarste geweeg en moet die ligter een hom eweneens skik in die dra van 'n gewig om die regte gewig te kry. Die kinders word ingedeel volgens sekere leeftydklasse en moet by die oorgang van die een leeftydklas na die ander steeds 'n bepaalde gewig hê. Die gewig word in stand gehou deurdat die kinders dadelik vanaf die begin 'n klein loodgewig kry, waar aan die hand van die weegskaal iets van tyd tot tyd daarvan afgeneem word, sodat die aanvanklik aangenome gewig van die kind tot by die volgende leeftydklas konstant bly. 14. Ook die voedingsmiddele word altyd baie noukeurig afgeweeg. Dit moet uiters behoedsaam van die bome gepluk word en dan altyd deur twee mense, wat dit presies tussen hulle dra waar dit na die huis gebring word, waar hulle dan presies in die middel van 'n daarvoor bestemde eettafel geplaas word. 15. As daar eenmaal voldoende vrugte in 'n so simmetries moontlike orde op die tafel gepak is, kom daar twee wegers, wat met gelyke pas na die tafel toe loop en aan die hand van lyne wat oor die eettafel getrek is, teenoor mekaar gaan staan. Dan neem elkeen van hulle presies gelyktydig 'n vrug van so na moontlik gelyke grootte, en weeg dit akkuraat. As die eerste twee geweeg is, word hulle weer presies tegelyk van die weegskaal geneem en op 'n bord neergesit, wat vir daardie doel al op 'n lyn neergesit is. Daarna begewe die wegers hulleself met presies gelyke treë na 'n ander lyn en weeg daar 'n tweede porsie af; en dit hulle doen totdat al die borde gevul is. Daarna begewe die twee wegers hulle weer in 'n reguit lyn links en regs van die tafel af weg en bêre hul weegskale op die daarvoor bestemde plekke. 16. Daarna word daar 'n teken gegee en almal loop langs die voorgeskrewe lyne en sirkels, wat wiskundig akkuraat op die vloer aangebring is, met presies gelyke pas en so kalm moontlik na die eettafel, en daar moet almal dan weer volkome gelyktydig aansit en so die vrugte dus ook geordend opeet. As die vrugte verorber is, dan dank die mense die grote, wyse Gewer, loop in dieselfde orde van die eettafel af weg en gaan rus. 17. Op 'n gegewe teken staan almal dan weer van die rusbanke af op en beweeg met gelyke treë, twee twee na die gallery binne in die huis en soms ook na die dakgalery. Elke beweging moet egter baie gelykmatig gebeur, waarby niemand 'n vinniger of langer pas mag aangee nie as wat op die vloer met lyne aangedui is. 18. Hierdie bewegingsordening word egter by voorkeur slegs in die huis in ag geneem en buitenshuis slegs tot 'n bepaalde gebied rondom die huis. Buiten hierdie kring kan elke mens homself dan vryer en willekeuriger beweeg en wel omrede die bodem van hul wêreld daar geen ewewig-verstorende swaar huis meer hoef te dra nie. 19. Op dieselfde uiters presiese wyse word simmetrie en ewewig ook in die nedersettings in ag geneem. 20. Kyk, uit hierdie twee voorbeelde kan julle nou wel enigsins `n voorstelling maak van die karakter van die huisreëls by die bewoners van hierdie twee gordels. Ook elke ander besigheid en inrigting het sy afgemete en gebalanseerde ritme. Hierdie huisreëls lyk dan ook, soos gesê, enersyds uiters monotoon en eenvoudig, maar is andersyds weer so ingewikkeld, dat julle grootste selfverklaarde wyse verbaas daaroor sou staan. 21. Julle verbaas julle wel daaroor en sê: 'Daar is tog wel `n behoorlike hoeveelheid dwaasheid voor nodig om sulke reëls, selfs op die gebied van die huislike orde, te betrek! "Maar Ek sê vir julle, dat julle kritiek ongegrond is, want dit is die aard van alle wysheid as sodanig, as sy nie op die fondament van die liefde berus nie. 22. Gaan maar net die woning van 'n ware hooggeleerde binne en slaan daar sy doen en late gade en laat julle ook net verduidelik word waarom die een meubelstuk hier en die ander daar neergesit is. Wanneer julle dan die geleerde man op sy swak plek geraak het, sal julle julleself verwonder hoe hy julle met historiese waardigheid en wiskundige akkuraatheid sal verduidelik wat die verskillende redes daarvoor is. 23. Wanneer julle toevallig in 'n hoek van sy kamer 'n ou gebreekte kruik sien staan en aan die geleerde man sou vra of dit ook dalk 'n bepaalde betekenis het, dan sal hy julle eers die geskiedkundige agtergrond daarvan verklaar, byvoorbeeld dat Alexander die Grote die kruik sou gebruik het, toe hy die heildronk wat deur sy lyfarts voorgeskryf was, tot hom geneem het voordat hy teen die Perse ten stryde getrek het. Daarna sal hy julle agtereenvolgens die hele reeks eienaars van hierdie besondere kruik opsom en uiteindelik vertel hoe hy hom in die hande gekry het. 24. As julle hom dan vra: 'Hoe kan jy so ’n buitengewone en waardevolle stuk oudheid op so ’n onopvallende, verlore hoek van die kamer plaas, terwyl ’n mens dit tog in 'n goue vertoonkas in 'n baie geheime skatkamer sou moet bewaar?', dan sal die geleerde onmiddellik met die grootste historiese en wiskundige sekerheid weet om uit te lê dat Alexander die Grote hierdie kruik, nadat hy daaruit gedrink het, in 'n soortgelyke hoek van sy veldtent neergesit het as die waarin hy nou hier staan en dat die afgebreekte skerf nog veroorsaak is deur die feit dat Alexander die Grote die kruik deur 'n onversigtige beweging van sy voet beskadig het. 25. Kyk, so 'n verhaal het die geleerde al by 'n gebroke kruik, waar beslis eerder enigiets anders daarvan gesê kon word, as dat dit die koning der Macedoniërs vroeër sou gedien het. Sou julle hom na 'n stuk vra wat daar wanordelike en bestof in 'n ander hoek van die kamer lê, dan sal hy julle elke rimpel en selfs die stof wat daarop lê, so akkuraat verklaar, dat julle verbaas sou staan. 26. Daaruit kan julle tog wel baie maklik aflei hoe die wysheid op sigself geaard is en dus ook al haar voortbrengsels, as sy, soos reeds opgemerk, nie die korrekte mate van liefde as basis het nie. 27. Dit het Ek julle nou meegedeel sodat julle die huisreëls van die inwoners van hierdie twee gordels daaruit kan aflei, maar terselfdertyd ook kan sien hoe dit met die wysheid op sigself gesteld is. Want My orde en My Wysheid is oneindig en ondeurgrondelik, en daarom het die suiwer wysheid-filisters niks anders gedoen as om met alle elemente daarvan die saak heeltemal te ver te dryf nie. 28. Dat sulke verskyningsvorme vir 'n liefdevolle wyse wel absurd en belaglik moet wees, is tog sekerlik verstaanbaar en vir almal ewe belaglik as die aanskoue van 'n ware esel in 'n Romeinse toga. Want waarlik, so ’n sukkelaar wat suiwer op sy wysheid staan, lyk in ’n geestelike opsig geen haar beter as so ’n esel wat met ’n toga beklee is op 'n kansel nie. 29. Die volgende keer sal ons nog die geestelike en godsdienstige gedeelte in oënskou neem en daarna na 'n ander gordel oorgaan. Genoeg dus vir vandag!