|
DIE NATUURLIKE SON JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 16
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75. |
|
|
HOOFSTUK 14
Die woonhuise op die middelgordel
1. Om die verskillende dele van die huislike orde te kan behandel, sal dit tog noodsaaklik wees om eers die stuk in oënskou te neem waaraan die huislike orde haar kwalitatiewe benaming ontleen, want dit sal tog wel duidelik wees dat 'huislik' van 'Huis' afgelei is. Daarom sal dit ook in die eerste instansie nodig wees om een of ander huis van ons sonbewoners te sien, en dan ook op die huislike ordening te let.
2. Hoe lyk die huise van die sonbewoners dus, in die besonder die op die gordel wat al meer bekend is aan julle, wat in sy geheel ongeveer netso breed is as die afstand van die maan tot by julle aarde? Lyk die huise op hierdie groot gordel dalk soos julle aardse woonhuise? Is hulle ook in groot getalle langs mekaar gebou, soos by julle in die groot stede? O nee, dit is absoluut nêrens die geval daar nie, want ten eerste bestaan daar op die hele son nêrens 'n stad nie en ten tweede het die huise 'n heel ander vorm en inrigting.
3. Hoe lyk hulle dan? Stel eers vir jou 'n sirkel van ongeveer vyftig tot honderd vadem in deursnee voor. Op hierdie sirkel staan, met 'n onderlinge afstand van twee vadem, volgens julle maatstawwe, vierkantige pilare, waarvan die hoogte minstens twintig vadem en die deursnee een vadem bedra. Boaan is daar op elke pilaar ’n kapiteel, soos wat julle dit noem, aangebring, rond van vorm en met die mooiste draaiwerk versier. Oor die kapitele is massiewe dwarsbalke gelê, wat oor die hele ronding die pilare aan die bokant met mekaar verbind is. In die omgewing van elke pilaar is 'n dakkap bo-op die dwarsbalk aangebring, en alle dakkappe is van daar af so skuins geplaas, dat hulle mekaar heeltemal boaan in die vorm van 'n veelhoekige piramide raak.
4. Elkeen van hierdie dakkappe het, na gelang van die grootte van die deursnit van die ronding, ook proporsioneel groter of kleiner afmetings; dit wil sê, as die deursnit van die ronding van die hele huis kleiner is, dan hoef die dakkappe ook nie so lank te wees om mekaar bo in 'n piramidale vorm te raak nie. Is die deursnee van die ronding egter groter, dan moet ook die dakkappe langer wees om mekaar bo in die genoemde vorm te kan raak.
5. Omdat elke huisdak boonop nog 'n spits toelopende vorm moet hê, ongeveer soos die baie torings van die sogenaamde Gotiese kerke by julle, spreek dit vanself dat die lengte van die balke baie aansienlik moet wees, sodat die vorm by so ’n aansienlike deursnee van die ronding tot stand gebring kan word. En so is daar dikwels dakkappe met 'n lengte van meer as driehonderd vadem.
6. Nou sal julle vra: Waarvoor dien sulke dakke eintlik op die son, waar dit baie selde, en hier en daar gladnie reën nie? Hierdie dakke op die huise dien egter absoluut nie as beskerming teen die reën nie, maar slegs as 'n baie doelmatige beskerming teen lig en warmte. Hoewel die sonmense baie goed in staat is om 'n vir julle nouliks te verstane graad van lig en warmte te verdra, is hulle tog groot liefhebbers van skaduwee en koelte.
7. Daar is egter geen dak wat geskikter is vir die terughou van beide lig en hitte as 'n spitsdak nie, omdat dit beide die lig en die daarmee verbonde warmte, konstant wegvoer. Dat dit korrek is, kan julle baie maklik vir julleself aanskoulik maak deur 'n taamlike lang stuk metaal met 'n skerp punt te neem en die punt daarvan in 'n vlam te hou. Sodoende kan julle julleself daarvan oortuig dat daar, ook al het die punt witgloeiend geword, aan die daaragter liggende, veel dikker metaal nog niks hitte te voel is nie; daarenteen sou in die omgekeerde geval, die metaal of 'n metaalstaaf van gelyke dikte, al spoedig tot by die agterste punt gloeiend warm geword het.
8. Stel jou nou so spitsdak voor, wat nog bowendien uit materiaal bestaan wat nie lig en warmte gelei nie, dan is dit duidelik dat so 'n spitsdak sonder twyfel die mees doelmatige lig- en warmte-skerm is.
9. Die dakbalke word ook rondom met 'n bepaalde soort latte betimmer, wat net nie heeltemal styf teen mekaar bevestig is nie. Oor hierdie latte word dan 'n soort spieëlende plate gelê wat van 'n sekere soort son-grond gemaak word, net soos julle dakteëls. Hulle lyk ongeveer soos wanneer julle met 'n skêr halwe driehoeke van papier sou sny en elkeen daarvan bo, aan die nouste kant, haaks sou ombuig. Hierdie dakplate is nie dikker as julle karton nie en is ongeveer netso buigsaam soos 'n loodplaat by julle. Hierdie plate word dan met die boonste, haakse ombuiging in die smal gleuwe tussen die latte gesteek en dan met 'n spesiale gom in die gleuwe bevestig.
10. Op hierdie wyse word elke huisdak gedek en lyk buitenge¬woon pragtig wanneer dit voltooi is. Hierdie plate skyn naamlik aan die buitekant veel witter as die allerfynste gepoleerde albaster by julle, waardeur hulle dan ook alle strale weerkaats en dus self konstant onverwarmd bly.
11. Aan die binnekant word die dak heeltemal tot bo in die spits bestryk met 'n baie donker kleurstof, wat veral langs die oewers van die groot waters gevind word, veral dikwels na 'n uitbarsting van 'n swelling, wat julle al meegemaak het.
12. Waarvan word die pilare nou gemaak? Die pilare bestaan uit 'n soort aanmekaar gehegte bakstene, wat ongeveer die vorm van julle bakstene het; maar hulle is besonder mooi en volkome deursigtig, soos die mooiste edelstene by julle, en daarom is hulle buitengewoon pragtig om te sien. Vir die dwarsbalke en ook vir die dakbalke word spesiale bome egter gekweek en wel reeds in die vorm wat vir hierdie doel nodig is.
13. Tussen elke twee pilare is daar 'n klein ronde tuintjie, wat ryklik voorsien is van die lieflikste en bekoorlikste gewasse. Die sonbewoners weet om die gewasse sodanig te skik, dat dit na die middel van die tuintjie toe, steeds hoër word, en op hierdie wyse sien ’n mens, behalwe by die ingangspoort, die pragtigste blommepiramide, wat so ’n verskeidenheid van blomme het, dat julle absoluut geen voorstelling daarvan kan maak nie. Dit is ook nie te beskryf nie, omdat byna elke blommepiramide met duisende, heeltemal ander soorte blomme versier is as 'n vorige, en so het elke huis ook weer ander blomme.
14. Nou het ons dus, natuurlik as gevolg van julle beperkte begripsvermoë, 'n nogal gebrekkige voorstelling van die vorm van 'n woonhuis vir die mense daar. Maar wanneer julle jul geestelike fantasie vrye teuels sal gee, sal julle nog baie dinge aanskou wat hierdie beknopte beskrywing noodgedwonge van julle moes weerhou. Kortom, hier kan julle fantaseer soveel as wat julle wil, tog sal julle, ondanks julle ryk fantasie, nie in staat wees om iets verkeerd te sien nie. Waarom dan eintlik? Omdat julle, veral op die terrein van die gewasse, absoluut geen vorm kan ontwerp wat julle nie daar in volmaakter vorm sou terugvind nie. Want die veel geesteliker ingestelde mense van die son omvat die fantasie van alle geeste wat op die planete woon, op dieselfde manier as wat die lig van die son self al die planete omvat. Daarom kan julle ook fantaseer soos wat julle maar wil, en tog sal julle met al julle fantasieë nie in staat wees om 'n vorm te ontwerp wat nie in werklikheid op die son aanwesig sou wees nie.
15. Daarom vind julle ook daar, soos wat reeds aan die begin opgemerk is, nie net alle sigbare voortbrengsels van alle planete in die grootste volmaaktheid nie, maar ook wesenlik alle gedagtevorme wat ooit deur die mense op die planete bedink is.
16. Derhalwe kan ons dan ook die woonhuise van die sonmense aanskou en ons daaraan verwonder, want geen mens kan veelsoortiger en pragtiger dinge droom as wat hy op die son in werklikheid gaan aantref nie. So is ook selfs die kleuring van die voorafgenoemde pilare van so 'n groot, majestueuse prag, dat die allerpragtigste vonkeling van 'n briljante een by julle, daarby vergeleke, skaars as die ligweerkaatsing van 'n spieël beskou kan word, want, soos wat al in die begin opgemerk is, op die planete is alles as’t ware dood en onbeweeglik, terwyl op die son alles as’t ware bruis van lewe.
17. Na hierdie kort beskouing sal ons nou so 'n huis ingaan en die inrigting daarvan bekyk.
18. Die vloer lyk soos donker gepoleerde, deursigtige goud, of soos wat baie mooi gepoleerde topaas ongeveer by julle lyk; die vloer is egter nie so hard nie, maar heeltemal elasties en sag.
19. Tussen elke twee pilare, meer na binne toe, staan 'n vier¬kantige piramide, wat lyk soos 'n hoogs suiwer diamant. Hierdie piramide rus op 'n onderstel of, soos wat julle gewoonlik sê, 'n voetstuk, wat as 'n ruim bank buite die piramide uitsteek en wat altyd 'n omtrek van ses tot agt vadem het. Op hierdie bank sit die sonmense om uit te rus , net soos julle op julle sitplekke. Die bank is egter nie van dieselfde materiaal as die piramide nie, maar lyk donkergroen en is desondanks uiters fyn gepoleer en deursigtig en is net soos die res van die piramide nie hard nie, maar elasties.
20. Vir hierdie piramide-sitplekke is ronde, lae pilare aangebring, wat van bo wyer is as daaronder en lyk soos baie fyn gepoleerde robyn by julle. Dit dien as eettafels.
21. Heeltemal in die middel is 'n trappe-piramide, waarvan die trappe spiraalvormig omhoog gaan. Hierdie piramide het onder¬aan 'n deursnee van tien of soms vyftien vadem. Die omhoog-gaande trap is heeltemal voorsien van ’n uiters kunstig bewerkte balustrade. Boaan is die piramide egter nie puntig nie, maar afgeplat en binne die balustrade voorsien van ietwat kleiner piramidetjies. hierdie materiaal van die piramide is lig violet, soms ook roserooi. Die balustrade is gemaak van allerlei baie fyn gepoleerde, veelkleurige en deursigtige materiale, wat slegs op die son en nêrens anders voorkom nie. Ook hierdie piramide is oral in al haar dele elasties. Waartoe dien dit eintlik?
22. Hulle dien vir hoër beraadslagings oor goddelike sake, want hoër op in die middel van die piramide staan 'n soort onderrig kansel, gemaak van liggroen skitterende, deursigtige materiaal, waarvan die huisvader gewoonlik sy familielede oor God onderrig.
23. Julle sal vra: Waarom moet hierdie piramide dan juis hier staan? Die rede is heel eenvoudig: Via die wenteltrap van hierdie piramide kom die mense taamlik naby onder die spitsdak en daardeur word hul aandag van die uiterlike, buitengewoon pragtige aanblik van die dinge op die son onttrek en word hulle des te makliker op hul innerlike gerig. Selfs hierdie spiraalvormige trap toon aan hulle die leiding van die gees oor 'n noodsaaklike smal weg en hoe 'n mens slegs langs hierdie geestelike weg die hoogtepunt van die ware innerlike lewe kan bereik. Die versierings van die buitengewoon mooi balustrade van die trappe het almal 'n verhewe karakter en verkondig gewoonlik op geheimsinnige wyse My wonderbaarlike menswording op aarde.
24. By die ingangspoort, teenoor die middelste piramide, geleë bo die vloer, is 'n volkome vierhoekige verhoging. Hierdie verhoging is gewoonlik 'n halwe vadem hoog. Op die vierkante vlak, met 'n deursnee van twee vadem, is daar regoor die hoofpiramide ook 'n buitengewoon pragtige piramidesetel aangebring. Die podium word ook aan drie kante omring deur 'n buitengewoon kunstig bewerkte balustrade. Let nou op, daar sal julle iets vind wat julle baie goed sal geval. Vir watter doel dien dit nou eintlik?
25. Kyk, dit is die orkesruimte van die huis, wat in geen enkele huis op die son mag ontbreek nie. In hierdie orkesruimte is ’n majestueuse harp, wat elke sonmens reeds van nature kan bespeel. Dit dien om die baie verhewe liedere te lei, wat altyd na 'n geestelike vergadering, tot lofsang en prysing van die grote God gesing word. Van die klank van hierdie instrument, sowel as van die baie suiwer stemme van die sonmense, sal julle eers 'n voorstelling kan maak wanneer julle nie meer deur die vlees gevange gehou sal word nie.
26. Dit is dus die hele inrigting van 'n huis op die son. Julle moet net nie daarby voorstel dat dit 'n vasliggende woonhuis vorm op die son is nie. Oor die algemeen is die inrigting, selfs die bou van die huise wel dieselfde, maar die apart aangeduide dele wyk beide in vorm, sowel as in kleur, dikwels heel baie van mekaar af.
27. So lyk die pilare by sommige huise asof hulle uit opmekaar rustende wolke bestaan, wat in die mees uiteenlopende groeperinge met mekaar verbind is. Soms lyk hulle soos die rotse by julle, soms soos toring koepels, soms soos Gotiese pilare, soms soos groot diere soos byvoorbeeld wit perde, staande op die agterbene, dan weer as rooigloeiende olifante wat met hul uitgestrekte slurpe die dak dra. En so is daar nog talle vorms, waaruit hierdie pilare dikwels bestaan.
28. So is ook die inrigting binne wesenlik oral gelyk volgens die eerste patroon wat aan julle getoon is, maar die vorms is dikwels verskillend as die van die pilare; slegs die dakke is oral dieselfde.
29. Verwerk dit dus nou maar ietwat en berei julleself voor vir die volgende keer, op nog veel meer buitengewone dinge!
|
|
|
|
|