DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 34 Die derde gordelpaar, waarvan die noordelike gordel ooreenstem met die planeet Mars 1. Soos afgespreek, begewe ons onsself nou na die derde gordel. Hierdie gordel is beide aan die noordelike sowel as aan die suidelike kant die kleinste van almal, en hy het van die een berggordel tot by die ander 'n gemiddelde deursnit van skaars iets meer as duisend Duitse myle. Desondanks beloop die omtrek nog altyd baie meer as driehonderdduisend Duitse myle. 2. Ook het hierdie gordel geen ononderbroke seegordel nie, maar daarenteen veel groter en uitgestrekter mere as die vorige. 3. Die land as sodanig is minder bergagtig as alle ander wat ons tot nou toe leer ken het, behalwe na die grensgebergte toe, wat natuurlik nog duidelike uitlopers in die laaglande het. Hierdie uitlopers en enkele kleiner aftakkings daarvan is dan ook die enigste berge in hierdie land, wat, soos reeds opgemerk, merendeels plat is. 4. Tot nou toe het ons gesien, dat met die uitsondering van die hoofgordel, alle ander besproke gordels met die planete ooreenstem. Daarom sou julle dan ook nou kan vra of hierdie derde gordel dalk ook met 'n planeet ooreenstem. Daarop sê Ek aan julle dan dat dit ook hier die geval is, want hierdie gordel kom ooreen met die planeet Mars. 5. Omdat hierdie planeet egter taamlik power is, ja in 'n sekere opsig die mees armsaligste van al die planete, is ook sy ooreenstemmende gordel die armsaligste van alle ander gordels. 6. In watter opsig is hierdie planeet eintlik armsalig? Nie soseer in die geestelike nie, maar eerder in die natuurlike opsig. 7. Ten eerste lyk die mense daar minder mooi, hulle is klein en ietwat dik en ook het hulle, wat hul voorkoms aanbetref, absoluut niks aantreklik nie. Hul kleur is ligbruin, maar gaan soms ook oor in 'n taamlike donker tint. Die bou van hul gesigte vertoon veel ooreenkoms met die van die inwoners van julle Groenland, enkele Laplanders en Eskimo's. Hul klere lyk egter nie soos die van die genoemde volke op aarde nie, maar bestaan uit 'n soort voorskoot, wat om die nek vasgebind word en van daar af, hangend in voue, die hele liggaam tot onder die knieë bedek. Die voorskoot het beide vir die man sowel as vir die vrou dieselfde vorm. Aan weerskante is daar openinge, sodat die mense hul hande vry het om die een of ander arbeid te kan verrig. Wanneer hulle egter geen werk te doen het nie, steek hulle weer hul nie al te fraaie arms onder hul mantels in. Dit is dus die eerste vorm van armoedigheid. 8. Ten tweede bestaan daar 'n armoedigheid in die plantegroei en in die diereryk. Die plantegroei is beperk tot slegs enkele soorte onaansienlike vrugtebome, wat deur die inwoners van hierdie gordels versorg word, maar skaars voldoende voedsel oplewer. Die gras van hierdie gordel, wat daar maar baie spaarsamig voorkom, lyk 'n bietjie soos die mos op julle aarde, wat julle dikwels op sommige ou bome en af en toe ook op ou strooidakke van armoedige plattelandse hutte sien. 9. Die bodem is hier al taamlik stewig en af en toe ook heel steenagtig en sanderig, veral langs die oewers van die redelike groot mere en riviere. 10. Die diereryk bestaan uit één enkele soort skaap, wat ietwat soos die bekende rendier in Siberië lyk. Hierdie dier voorsien hulle van taamlike goed smakende melk, en van die baie fyn wol vervaardig hulle hul noodsaaklike klere. Dan bestaan daar nog 'n tipe wurm, wat hulself voed met gras. Hierdie wurms het so ongeveer die hoedanigheid van julle sywurms en spin lang drade oor die grond, ongeveer soos die spin by julle. Hierdie drade word ook deur die inwoners versamel, wat 'n stof daarvan vervaardig wat by voorkeur deur die vroulike geslag vir mantels gebruik word. 11. Die lug word slegs deur één enkele tipe voël verlewendig, maar daarvan is daar taamlik baie. Die inwoners hou hierdie soort voëls ook as troeteldiere en gebruik hul vere vir die maak van rusbanke, wat uit niks anders bestaan as 'n klein, van die grond opgewerpte wal, waar die vere daaroor geplaas word en daarna afgedek word met die materiaal waarvan hulle ook hul mantels vervaardig. 12. Daarenteen is dit taamlik lewendig op die water, wat deur die gordelbewoners met klein bote langs die oewers bevaar word. Dit is dus weer 'n natuurlike vorm van armoedigheid. 13. Ten derde vind mens hierdie armoedigheid ook nog terug in die wonings, wat gewoonlik bestaan uit nisvormige uithollings in 'n opgewerpte grondwal. Die grondwal is ongeveer drie vadem hoog. In hierdie grondwal word plekkies uitgegrawe met 'n diepte van ongeveer drie vadem. In die nis word die al voorheen beskrewe rusbank rondom aangebring, en agter staan 'n soort tafel wat uit grond vervaardig is, waarop die inwoners hul vrugte plaas wanneer hulle hul maaltyd wil gebruik. 14. Hier en daar, veral na die berge toe, is daar ook groter wonings, wat egter in die berge uitgegrawe is. 15. In hierdie wonings word die gebrekkige gereedskap ook vervaardig wat hulle vir hul powere werk nodig het. Dit is ook wel die hele nywerheid en die hele natuurlike rykdom van die inwoners van hierdie gordel. 16. Kyk, op die manier is hierdie gordel, sowel as die daarmee ooreen¬¬¬stemmende planeet, in natuurlike opsig uiters karig toegerus. Maar in ’n geestelike opsig gaan dit op hierdie gordel nie so ¬power nie. Want juis omdat hierdie inwoners weinig bekoring vind in die uiterlike vorm van hul wêreld, besit hulle wel 'n voort¬durende innerlike beskouing, waardeur hulle uiters powere wêreld in hulleself sodanig omstraal en verheerlik word, dat dit hulle 'n veel groter vreugde skenk as wat die wêreld van die middelgordel doen aan sy inwoners. 17. Weliswaar beskik hulle nie oor al te veel wilskrag nie, maar in plaas daarvan is hulle des te sterker op die gebied van selfverloëning. In hierdie opsig is hulle ware Diogenesse*. Juis om hierdie rede kry hul innerlike, geestelike lewe dan ook 'n des te groter speelruimte, en hulle sien daarom met hulle geestelike oë in die mees onbeduidende dinge heerlikhede waarvan nog geen wyse op julle aarde van kon droom nie. *Diogenes was 'n Griekse wyse wat met weinig tevrede was 18. Dat ook hul maatskaplike, huislike en godsdienstige reëls hoogs eenvoudig sal wees, kan wel baie maklik afgelei word uit wat daar tot nou toe oor hulle gesê is. 19. Hulle maatskaplike inrigting is eintlik niks anders as 'n familieverband nie, op grond waarvan nader verwante gesinne hul wonings baie naby aan mekaar bou en daarin in volhoubare vrede en onafskeidbare eenheid met mekaar lewe. 20. Hul ontwikkeling fokus suiwer op die geestelike. Die enigste waarvoor hulle sorg, is dat die gees van hul kinders so gou as moontlik 'n innerlike selfstandigheid bereik. As die kinders deur hul doen en late die vereiste bewyse daarvan gelewer het, dan word hulle na die 'Godmens' gelei, wat hulle as die basis van alle dinge en as die enigste leier van die menslike geslag moet erken. 21. Want hulle sê: Wanneer jy in 'n vreemde huis is, is daar vir jou nie veel om te reël en te sorg nie, maar as jy in die huis van jou ouers is, is jy al daarin versorg. Ons is op die wêreld soos in 'n vreemde huis, waarom sou ons onsself bedruk maak daaroor? As ons onsself in die selfstandigheid van ons gees bevind, is ons as’t ware in ons ouerhuis en dus goed versorg. God, die allerbeste mens, sorg immers in hierdie huis vir al Sy skepsele as 'n allerbeste Vader vir Sy kinders in sy eie woonhuis. Daarom het ons maar één sorg, en dit is dat ons veral in daardie woonhuis kom! As ons daarbinne is, is ons in alle opsigte versorg, want hoewel die allerbeste Godmens ons uiterlike wêreld slegs power ingerig het, omdat dit vir ons 'n vreemde woning is, het Hy die vaderlike woning tog des te rykliker ingerig, waarin Hy alleen vir ons almal sorg soos 'n allerbeste Vader vir Sy kinders. 22. Kyk, danksy hierdie baie eenvoudige beginsel bestaan hul godsdienstige instelling slegs uit 'n strewe van almal om in die eerste plek die selfstandigheid van sy gees te bereik, en wel langs die weg van nederigheid en selfverloëning, en dan die Godmens steeds meer te leer ken om deur Hom gelei te word. 23. Dit is dan ook wel alles wat die inwoners van hierdie gordel met betrekking tot hul vorming te bied het. Julle tref daar geen tempels, geen gebedshuise en absoluut geen skole aan nie. Maar die vaderlike nis, wat in elke familiehuis aanwesig is, is die allerbelangrikste, want in hierdie nis versamel die vader van tyd tot tyd sy hele familie, wat soms wel uit dertig lede kan bestaan. Hy leer hulle die weg na die innerlike huis en om daarin die enigste, ware Huisvader te vind. En wanneer hy hierdie onderrig deur middel van allerlei toepaslike samesprekings en stories beëindig het, seën hy sy familie, waarna hulle dan weer met een of ander eenvoudige arbeid kan begin. ’n Mens kan homself egter ook na die eie, ietwat kleiner nisse begewe, om daar in alle eensaamheid oor alles na te dink en ook te ondersoek in hoeverre die innerlike woning en die Vaderhuis Homself al by hom geopenbaar het. 24. Die gebed en dus ook die hele godsdiens bestaan uit niks anders as die voortdurende, innige begeerte om so gou as moontlik met die allerbeste Godmens, en dus ook met die enige ware Huisvader, bo alles die gewenste innerlike ontmoeting te ervaar. 25. Die teken dat iemand naby die ingang na die woning van die groot Huisvader staan, wat weldra vir hom geopen sal word, bestaan uit die waarneming van 'n buitengewone welluidend gesang uit die sfere. As gevolg van hierdie verskynsel het hierdie inwoners dan ook 'n gesegde wat as volg lui: As jy hoor hoe groot wêrelde ’n verhewe loflied vir die groot Huisvader sing, onthou dan dat jy op die drumpel van die deur staan wat na die heilige woning van die enige, ware en meer as goeie Huisvader lei! 26. Wanneer iemand dan kan vertel dat hy dit gehoor het, is daar by die ander 'n groot blydskap, en hulle wens hom geluk en volharding toe in die navolging van sy weg. 27. Wanneer iemand egter hierdie innerlike Vader-woning volkome binnegegaan het, word daar in die huis van so familie 'n ingetoë vreugdefees gehou, waarby ook die bure uitgenooi word. Die fees is egter ook die enigste wat julle hier te siene sal kry. Dit bestaan uit 'n vrolike en altyd sobere maaltyd en uiteindelik 'n algemeen loof van die enige ware Huisvader. 28. Diegene wat al heeltemal tuis is in die innerlike woning, word ook op hoogte gebring van die menswording van die Heer en beleef baie vreugde daaraan. Daar word hulle egter nie vertel hoe ondankbaar die mense van hierdie planeet aarde teenoor hulle meer as goeie Huisvader is nie, wat hul aarde die onuitspreeklike genade bewys het, dat Hy daar selfs die menslike, liggaamlike natuur wou aanneem. 29. Wel, daar het ons nou die hele noordelike gordel. Sy suidelike eweknie stem egter ooreen met die vier klein planete, maar daaroor sal ons die volgende keer praat, waarna ons dan dadelik tot die vierde gordel sal oorgaan. Genoeg dus weer vir vandag!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205