DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 27 Woonhuise en gemeenskaplike nedersettings op die eerste paar newegordels 1. Die individuele huise lyk daar, natuurlik op baie groter skaal, byna presies net soos die ronde teehuise in die tuine by julle op aarde, die dakke is slegs proporsioneel veel hoër en spitser. Hierdie woonhuise is egter nie so oop soos die woonhuise op die middelste gordel nie, maar is reg rondom deur vaste mure afgesluit, waardeur, aangesien hulle van 'n groengekleurde, deursigtige materiaal gemaak is, voldoende lig na die binnekant van die woonhuis inskyn. 2. Hoe lyk die binnekant van die huis eintlik en hoe groot is die binneruimte? Die binneruimte sou groot genoeg wees om met gemak 'n taamlike groot gebou van julle aarde daarin te plaas. Maar so woonhuis is selde hoër as 'n middelmatige hoë toring by julle, dit wil sê net wat die mure aanbetref, maar die dak is soms wel drie keer so hoog as die mure. 3. Aan die oostekant is 'n deur aangebring (wat geopen en gesluit kan word) en wat ongeveer so groot is soos 'n groot stadspoort by julle. Die deur lei egter nie direk gelykvloers die huis in nie, maar voor die deur word daar altyd ongeveer tien hoë trappe aangebring, wat ’n mens moet opklim voordat jy by die deur kom. 4. Voor die deur self is daar altyd nog 'n soort stoep, waaroor ’n mens ook nog enkele treë moet gee voordat ’n mens by die deur kom. Die trap en die stoep het ook 'n dak, en dit word gedra deur taamlik massiewe, vierkantige pilare. 5. Wanneer ’n mens deur die deur gaan, moet 'n mens daarna ook met 'n klein trappie afklim om op die werklike vloer van die huis te kom; maar ook die trap begin nie direk na die binnekant van die deur nie, maar lei daar ook na 'n soort binnestoep van die deur na die trap, wat aan beide kante voorsien is van 'n balustrade van sierlik bewerkte, veelkantige pilare. 6. Vanaf hierdie binnestoep kom ’n mens dan direk in 'n taamlike ruim gang, wat reg rondom die hele muur van die woonhuis loop en hierdie gang word vanaf die vloer van die huis ondersteun deur taamlike sterk, seskantige, wit pilare. Die gang self is ook van 'n eenvoudige balustrade voorsien; - dit beteken dieselfde as wanneer iets by julle weliswaar smaakvol, maar tog sonder enige beeldende versiering gemaak is. 7. Na hierdie gang volg dan verskeie in die rondte geplaasde rye pilare, wat vanaf die vloer tot onder die draagbalke van die dak reik en hulle dra. Die pilare is na verhouding massief en sterk, waarby 'n pilaar gemiddeld dikwels 'n omvang van drie tot vier vadem het. 8. Rondom elke pilaar is op die vloer van die huis heel gemaklike en sagte geklede ronde banke aangebring. 9. Rondom die groot sentrale pilaar lei daar eweneens 'n wenteltrap na die dak en vandaar kom ’n mens via 'n opening in die dak op 'n sogenaamde dakgalery, wat daar die 'observatorium' genoem word (waarmee die doel daarvan, maar nie die woord bedoel word nie). Soms is hierdie gallery selfs nog van 'n dakwerk voorsien, maar in die lande op die hoogvlakte het die observatorium gewoonlik geen dak nie. Die rede hiervoor is dat dit op hierdie hooglande in die son verreweg koeler is as in die dieper geleë gebied. 10. Binnenshuis is daar vir die banke rondom die pilare ook steeds verskeie tafels geplaas, wat lyk soos plat skottels; hulle staan gewoonlik in groepe van vier rondom 'n pilaar en rus elk op drie kolomvormige pote. 11. In die gang langs die hele ronde buitewand is baie ruim banke aangebring, wat ongeveer lyk soos julle sofa's, waarop die inwoners na werk op uitrus. Aan die tafels gebruik hulle hul maaltye. 12. Uit die groot aantal tafels kan julle al dadelik aflei dat die familie van so 'n huis taamlik groot is. Gewoonlik woon daar gemiddeld honderd mense daarin. 13. Agterin die huis is daar ’n pragtige kas, wat ewe veel laaie het as wat daar mense woon. Elke laai dra dieselfde simbool as die naam simbool van die eienaar. En dus bewaar almal ook in sy eie laai dit wat hy vir sy persoon in liggaamlike en geestelike opsig nodig het. 14. Die materiële besit bestaan slegs uit min klere en verder uit noodsaaklike handgereedskap. 15. Vir die geestelike behoeftes is daar 'n soort prenteboek en deur middel van hierdie afbeeldinge teken die mense alle gedane ervarings en insigte op. Wanneer iemand 'n sekere aantal van sulke boeke met ervarings en insigte vergaar het, gee hy dit aan 'n raad, waaronder hy ressorteer. Daar word al hierdie ervarings en insigte noukeurig ondersoek. Die bruikbare word dan in 'n algemene protokolleboek ingesluit en die onbruikbare en onbeduidende word gewoonlik doodgetrek. 16. Daarna kry die een wat die boeke oorhandig het, weer sy boeke in 'n sekere sin gekorrigeerd terug en skryf of teken die goedgekeurde in 'n nuwe boek, wat daarna 'n soort hoofboek van 'n huis word. Die dagboeke word dan gewoonlik vernietig. 17. In hierdie geval moet die vroue dieselfde doen as die manne. Hulle moet ook hul ervarings en insigte noukeurig aanteken en daarna, net soos die manne, die hoofboek byhou. 18. Die patriarg van 'n huis het egter vir homself nog 'n algemene boek, waarin weer alle hoofboeke van die familie, beide van die manne en die vroue, egter in ’n kragtige verkorte vorm, saamgevoeg is. Vir hierdie algemene boek het hy agterin die rondom lopende gang 'n taamlike groot kas gemaak, waarin niemand anders egter mag kyk as hyself nie. Op vasgestelde tye inspekteer hy dan, aan die hand van hierdie algemene boek, alle ander hoofboeke. 19. Dit is dus die vorm en hele inrigting van 'n woonhuis op die noordelike gordel. 20. Op die suidelike gordel lyk die huise daar feitlik presies net so, die dakke is net nie spits nie, maar gerond. So is die pilare ook nie hoekig nie, maar rond. Dit is dus die hele verskil. 21. Dat die huise van die suidelike gordel ietwat groter sal wees as dié van die noordelike, kan julle aflei uit die feit dat ook die mense van die suidelike gordel, soos reeds vermeld, ietwat groter is as dié van die noordelike. 22. Op beide hierdie gordels moet julle ook nog in gedagte hou dat die inwoners van hierdie gordels hul huise soveel moontlik op die hoogste plekke bou. Noudat julle dit weet, is ons ook klaar met die huise en sal ons ons aandag dadelik op die gemeenskaplike nedersettings rig. 23. Hierdie nedersettings bestaan nie uit één gebou nie, maar na gelang die oppervlak dit toelaat, soms uit ’n honderd, soms ook wel uit ’n duisend geboue. Nie alle geboue is egter ewe groot nie; die doel waarvoor hulle egter dien bepaal hul grootte en hul vorm. 24. In die sentrum van die nedersetting staan altyd die hoofgebou, wat tegelykertyd ook die grootste en hoogste van alle ander geboue van so nedersetting is. 25. Die hoofgebou word altyd in die vorm van 'n lang reghoek gebou, waarby op elke hoek 'n baie hoë toring staan, wat gewoonlik geen dak het nie, sodat daar van daar af na alle rigtings waarnemings gedoen kan word. Die gebou self het dikwels 'n lengte van ’n duisend vadem, maar die breedte is egter hoogstens vyftig vadem. Die hoogte van so hoofgebou bedra soms so honderd-en-vyftig vadem. Die dak van die gebou is egter nog minstens die helfte hoër, en die kleur daarvan is donkerroosrooi, terwyl die mure van die gebou ligpers is, maar die mure van die torings is egter liggroen. 26. Die mure van hierdie gebou is nie so afgesluit soos die van die huise nie, maar is aan elke kant van meer as vyftig vadem hoë en twee vadem breë vensters voorsien, wat op eweredige afstande oor die muur verdeel is. Daarom is die mure van so ’n hoofgebou ook nie deursigtig nie, omdat die lig immers deur die vensters na binne val. Die vensters self is egter nie oop nie, maar lyk effens soos julle Gotiese vensters en is deur 'n soort elastiese, maar buitengewoon goed deursigtige en uit allerlei kleure saamgestelde glas van die buitelug afgesluit. 27. Die voorkoms van so hoofgebou bied weliswaar 'n imposante aanblik deur die kolossale grootte daarvan, maar origens is dit tog heeltemal sonder prag en praal. 28. Maar die binnekant lyk egter des te pragtiger. Moet julle egter net nie die onbeskryflike groot heerlikheid van 'n tempel van die eerste of tweede tipe op die hoofgordel voorstel nie, maar julle moet die prag op sigself beskou. Want ook al het 'n lig nie die sterkte van die sonlig nie, tog kan dit op sigself mooi wees, as dit maar 'n gelykmatige en rustige lig is. So is dit ook gesteld met die inwendige prag van die hoofgebou in so nedersetting. 29. Die ingang van die gebou is eweneens nie gelykvloers aangebring nie, maar daar word in die middel van die kort sy van hierdie gebou ook 'n groot stoep geplaas, sodat ’n mens dit via verskeie trappe kan bereik. Die stoep self is 'n taamlike groot, vierkante ruimte, voorsien van 'n dak, wat op verskeie vierkantige, wit pilare rus. Via hierdie stoep kom ’n mens eers by 'n twintig vaam hoë toegangspoort, wat eweneens oopgemaak en toegemaak kan word. Binne-in die gebou loop die stoep, wat binne breër is as buite, ongeveer twintig vadem gelykvloers deur; eers daarna lei twee rye trappe omlaag die eintlike gebou in. 30. In die middel tussen die twee trappe gaan die stoep oor na 'n derde van sy oorspronklike breedte en vorm so 'n sentrale gang, wat tot by die ander einde van die gebou deurloop. Links en regs daarvan loop eweneens op gelyke hoogte twee breë gange, wat beide in die middel, sowel as aan die einde van die gebou, met die sentrale gang in verbinding staan. Hierdie gange loop ongeveer tien vadem hoog bo die gewone vloer en rus op vierkantige pilare, wat vyf vadem van mekaar af staan. Dat beide die sentrale gang en die twee newegange van ’n baie smaakvolle balustrade voorsien is, hoef nouliks meer vermeld te word. Die balustrade word deur klein, liggroen, halfdeursigtige, agthoekige pilare gedra. 31. Die vloer van die stoep, sowel as die van die gange self vertoon, in mosaïek uitgevoer, die veelsoortigste vorme en is daarby so glad gepoleer soos 'n spieël by julle. Ook al die ander in die gebou is presies so gepoleer. 32. Tussen die sentrale gang en beide gange langs die mure staan twee rye groot pilare, wat beide die balke en die dak van die gebou dra. 33. Benede in die gebou is rondom elkeen van hierdie pilare ook rusbanke aangebring, wat gemaak is van elastiese, glansende rooi materiaal. Rondom hierdie rusbanke staan weer soortgelyke tafels soos wat ons reeds in die woonhuise leer ken het. 34. In die middel van so 'n gebou tussen die sentrale gang en die rye hoofpilare staan, parallel aan mekaar, twee tafels opgestel wat ongeveer ’n honderd vadem lank is en waaromheen 'n groot aantal verplaasbare leunstoele neergesit is. 35. Tussen die pilare wat die sentrale gang dra, is daar, in plaas van 'n tafel, 'n groot kas by elke pilaar, waarin die belangrike boeke bewaar word. Voor die kas is daar 'n verplaasbare, sierlik bewerkte trap, waarmee ’n mens maklik by elke rak van die kas kan kom. 36. Julle moet egter nie dink dat hierdie kaste van hout gemaak is nie; - hulle is vervaardig van 'n soort rooi goud, wat in glans alles oortref wat julle ooit in glansende dinge gesien het. Ook hierdie kaste is buitengewoon sierlik bewerk en so goed geordend tussen die wit gang pilare geplaas dat hulle die argitektuur absoluut gladnie nadelig beïnvloed nie. 37. Onder die sygange langs die muur, en wel tussen elke gang¬pilaar, is daar ook weer so ’n kas, gemaak van heldergeel goud. So ’n kas is egter nog ruim dubbel so breed as die wat tussen die pilare van die sentrale gang staan. Hierdie kaste, wat langs die muur van die hele gebou staan, vorm die argief. In menige hoofgeboue is daar meer as tweeduisend daarvan, en elke kas het dikwels duisend rakke, wat elk soms so `n tweeduisend boeke bevat. As julle dit met mekaar vermenigvuldig, maak dit 'n behoorlike groot biblioteek uit. Julle moet egter daarby nie aan julle dik boeke dink nie, want hier het 'n boek hoogstens tien bladsye, waarby op elke bladsy verskeie algemene afbeeldings voorkom. Elke afbeelding bevat egter soveel inligting, dat julle, wanneer julle dit in julle taal sou wou beskryf, sekerlik ’n duisend dik boeke van vyfduisend bladsye elk daarmee sou kon vul. 38. Hieruit kan julle al ietwat aflei, hoeveel wysheid daar dikwels in so 'n hoofgebou van 'n gemeenskap sit. Maar as julle bowendien nog wil aanneem dat daar op so ’n songordel ongeveer vyfmiljoen sulke gemeenskaplike hoofgeboue staan, kan julle wel bereken hoeveel dik boeke met wysheid, volgens julle skrif gemeet, op die twee gordels versamel is. 39. En tog is al hierdie wysheid nog nie een druppel in vergelyking met die wysheid van één enkele man wat op die hoofgordel van die son woon nie. En dit is weer skaars een druppel vergeleke met die wysheid van ’n hoëpriester van hierdie gordel, wat sy wysheid reeds uit die liefde put. En hierdie wysheid is self weer nouliks een nietige druppel vergeleke met die wysheid van die allergeringste kindjie van My liefde nie! - Hoe groot is dan wel die wysheid van die reeds volmaakte inwoners van die hemele en hoe groot uiteindelik wel die van Myne ?! 40. Kortom, ons sal die wysheid in hierdie argiewe maar laat rus en nog 'n bietjie aandag skenk aan die res van die inrigting van hierdie hoofgebou. 41. Die balke van hierdie gebou is 'n drievoudige gewelf, wat baie stewig is en wat ook die glansende kleur van ligrooi goud het. Die mure self is blou en buitengewoon glad gepoleer. Vanaf die balke tot in die helfte van die gebou hang daar wit balle aan dik wit toue, wat weliswaar geen eie lig het nie, maar omdat hulle veelsydig geslyp en buitengewoon glad gepoleer is, breek hulle die opgevange lig deur die vensters in die mees uiteenlopende kleure, waardeur hulle die inwendige van die gebou 'n buitengewone pragtige aanblik gee. 42. Die gange is langs die mure eweneens ononderbroke van gemaklike beklede banke voorsien, waarop die wandelaars kan uitrus as hulle deur die rondgewandel ietwat moeg geword het. 43. Dit is dus die hele inrigting van so hoofgebou van 'n gemeenskap. Daar is slegs in die hoeke van so gebou nog oral 'n klein deurtjie ingebou, waardeur ’n mens in die torings kan kom. 44. In die torings self is daar van binne niks anders te sien as 'n gemaklike trap vanaf die een vloer na die ander nie. Hierdie vloere is daar aangebring, sodat niemand by die klim van 'n toring hoogtevrees sal kry nie. Maar om dit des te makliker vir julle te kan voorstel, moet julle dink aan 'n byna duisend vadem hoë toring, wat van binne af elke tien vadem deur 'n vloer in vloere verdeel is, waarby elke verdieping dan met 'n ander verbind is deur 'n trap, wat van 'n balustrade voorsien is. 45. Stel jouself boonop nog voor, dat so 'n vierkante toring 'n omtrek van vierhonderd vadem het, dan kan julle vir julleself al van so 'n gebou `n voorstelling maak. Dat elke toring ook by elke verdieping van ten minste drie vensters voorsien is, spreek eintlik vanself, aangesien die mure van die toring ondeursigtig is. 46. Dit is nou al. Die volgende keer sal ons die oorblywende geboue nog ietwat van naderby bekyk en ook 'n blik op die suidelike gordel werp. Hierby laat ons dit dus weer vir vandag!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205