DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 2 Algemene mededeling oor die sonmens 1. Ons weet dus nou dat die son 'n volmaakte planeet is. Daarom wil ons onsself ook nie langer besighou met vergelykings nie, maar ons dadelik, soos julle gewoonlik sê, heeltemal op die son rig en hom van pool tot pool bekyk, egter nie in dieselfde volgorde as by 'n onvolmaakte planeet nie, maar juis in die teenoorgestelde volgorde. 2. Julle sal vra: Waarom dan? Die antwoord daarop is nie vir My heeltemal so moeilik nie. Julle sou die antwoord selfs ook self kon vind as julle gees sy luiheid ietwat meer afgewerp het. Die oorsaak is dit: Op 'n onvolmaakte planeet vervolmaak alles voortdurend opwaarts tot by die mens, en die mens vorm daar die laaste, mees volmaakte fase van dinge en wesens. Op die volmaakte sonplaneet open die mens egter die ry van wesens as die grondslag daarvan, omdat hulle almal uit hom voortkom. Volgens die ordening van sy wil word naamlik die onderste en laaste potensies deur die strale van die sonlig oorgedra op die ander planete, waar hulle dan aan hul ontwikkeling begin as atoom-diertjies en -wesens, asook as die eerste eter skimmel¬plantjies, wat geen enkele natuurkundige tot op hede ken, waarna hulle hulleself, soos reeds bekend, verder vervolmaak tot by die mens. 3. Indien julle hierdie saak nou op die keper beskou, is julle in één bepaalde opsig kinders van die mense van die son. Wat egter die alleen ware, lewende gees betref wat in julle woon, is julle altans uiterlik kinders van die sonmense, daarenteen weer so veel as hul ouers. Want die onsterflike gees in julle is meer aan My verwant as die gees van die sonmense, omdat hy 'n terugkerende gees is, terwyl dié van die sonmense 'n uitgaande gees is. 4. Julle sal julle hier natuurlik moet afvra: Moet die gees van die sonmense daarom miskien ook oorgaan en 'n gees word in die mens van 'n planeet? Kyk, dit is wel 'n baie groot geheim en dit word tot op hede nog deur geen mens vermoed nie. Ek wil julle egter tog op die regte spoor plaas. 5. Kyk, julle weet hoe al die planete volgens die gerigte orde aanvanklik afkomstig was van die son, soos wat hy self ontstaan het uit die Sentraal- en Oerson. Julle weet egter ook deur talle mededelinge wat alle materie van 'n planeet in wese is, naamlik niks anders as die sigbare uitdrukking van gevange oerkragte of geeste nie. Waar het hulle dan vandaan gekom? 6. As die hele planeet, met alles daarop en daaraan, uit die son voortgekom het, dan sal sy eie inhoud ook geen ander oorsprong hê nie, omdat die son en die planeet tot op die kleinste atoom één en dieselfde is. Dit gaan daar nou slegs daaroor dat julle weet hoe 'n planeet sy oorsprong gevind het in die son, wat ook nou nog van tyd tot tyd gebeur en dit sal julle baie duidelik wees wat se lot talle van die geeste van sonmense te wagte staan . 7. Sodat julle egter in staat kan wees om dit nog beter in te sien, moet die bou van die sonliggaam eers self ietwat aan julle beskrywe word. 8. Die son is as planetêre hemelliggaam so gebou, dat hy eintlik van binne uit sewe sonne bestaan, waarvan telkens 'n kleinere in 'n grotere inpas, soos een hol kegel in die ander. En slegs die binneste son - in 'n sekere sin die hart van die sonplaneet - is, hoewel organiese van bou, desondanks van sy oppervlakte tot by sy middelpunt massa. 9. Al hierdie sewe sonne word volledig bewoon. En daarom bestaan daar ook tussen die verskillende sonne 'n vrye tussen¬ruimte van één, twee- tot drieduisend myl, waardeur ook elke meer na binne geleë son volkome bewoonbaar is. 10. So ’n opbou het die onvolmaakte planete weliswaar ook, maar natuurlik veel meer onvolkome, beide wat hul aantal sowel hul bou aanbetref. 11. Omdat die volmaakte sonplaneet vanweë sy buitengewone grootte egter in staat is om 'n besonder groot aantal menslike wesens te herberg, hoef julle julleself ook glad nie daaroor te verwonder wanneer Ek aan julle sê dat die mense op die son in totaal duisend maal meer ruimte inneem as die totaal van alle mense van die planete, mane en komete wat om die son wentel. Daarby moet julle bedink dat die ligaamsvolume van die (afsonderlike) sonmens geensins groter is as die volume van 'n mens op julle aardliggaam nie. 12. Ons sal nou vinnig wees waar ons wil wees; ons moet egter nog net eers weet waaruit die materie van die sonliggaam self en daarom ook die volledige wese van sy mense eintlik bestaan. 13. Die materie van die sonliggaam is eintlik, wat sy uiterlike aanbetref, ’n stewiger bymekaar gehoue orgaan van die siel, waarin tallose geeste in ’n sekere sin op 'n ligte manier gevange gehou word. Op die sonliggaam is daar egter ook uit die genade van My liefde 'n tweede, meer konkrete, substansiële liggaam geskape, wat heel goed geskik is om hierdie geeste wat in die sonmaterie gevang is, te huisves. Wanneer die liggaam, of eerder 'n werklike sonmens, verwek word deur die wilsdaad van 'n mens, word daar ook dadelik 'n gees van hierdie aldus verwekte mens vir 'n verdere vryheidsproef ingeneem. As hierdie opname plaas¬gevind het, wat altyd onmiddellik na die verwekking gebeur, dan is die sonmens ook al volkome lewend aanwesig. Daarna word My wilsvoorwaarde aan hom bekendgemaak en word sy eie wilsvolkomenhede aan hom getoon, waarkragtens hy 'n waarlik skeppende krag besit en niks benodig as om net iets vas te wil nie; dan sal die grond van die son hom ook dit gee wat hy wil. 14. By hierdie wilsvolkomenheid word die orde van My wil egter ook aan die sonmens bekendgemaak en daarby terselfdertyd die afgekondigde gebod, naamlik dat hy met die skeppende volkomenheid van sy wil beslis nie in stryd met die ewige ordening van My wil mag handel nie. Dat by hierdie baie vrye toestand van die wil ook veel teendraadse botsings met My wil voorkom, kan elkeen daarom ook met des te groter sekerheid aanneem, want hoe vryer en meer ongebonde elke wil is, des te makliker is dit vir hom ook moontlik om die wetlike beperkinge van My wil te oorskry.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205