DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 8 Oorsaak en wese van die sonvlekke Julle sal al wel dikwels waargeneem het dat die son, meestal op haar ewenaar, soms een of meerdere, deels groot, deels kleiner vlekke vertoon, waaromheen ’n mens met die gewapende oog 'n walvormige rand kan sien, waaragter sy dan na alle kante toe golwe van lig versprei, wat deur sommige sterrekundiges 'fakkels' genoem word. Onder vele wêreldse geleerdes is die vraag al heel dikwels geopper, naamlik wat hierdie vlekke tog kan wees. Hierdie vraag het ook al net soveel hipotetiese antwoorde gekry, maar nog nooit was daar 'n volkome waarheidsgetroue antwoord daarby nie. 2. Julle sal egter hierdie keer 'n volledige waarheidsgetroue antwoord kry. Maar hoe sal ons dit aanlê, sodat julle juis oor hierdie verskynsel 'n goeie antwoord kan kry? Julle sê weliswaar by julleself: Op die maklikste manier, want Ek hoef julle immers maar te vertel hoe dit is, en julle sal My volkome glo. Dit is wel waar, maar wat Ek hier sê, sal tog ook eendag onder die wêreldse geleerdes se oë moet kom. Sou hulle ook sondermeer glo wat Ek aan julle met betrekking tot hierdie onderwerp wil sê? O nee, hierdie manne het geen geloof nie. Hulle glo nie eens onvoorwaardelik, of vanuit hul hart dat dit Ek is wat dit sê, of dat daar eintlik wel 'n God bestaan soos wat hierdie openbaring aan hom toon nie, maar hoogstens soos wat hul baie wyse verstand hom bedink. Daarom sal hulle dus ook, soos gesê, 'n op sigself staande storie nie glo nie, maar sal dit alles verduidelik as 'n produk van digterlike fantasie. 3. Daarom moet ons dit dus ook heel anders aanspreek en vir hierdie jakkalse 'n heel besondere strik opstel, wat uiteindelik nie net 'n voet van so jakkals sal vasklem nie, maar dadelik die hele liggaam van so skrander wese gryp. Maar hoe sal ons daarmee begin? Nog 'n bietjie geduld en dit sal dadelik gebeur! 4. As julle 'n bal presies deur die middelpunt sou boor en hierdie bal dan op 'n as steek, dit dan in water dompel, in die water aan die draai bring en daarna al draaiend uit die water lig, wat dink julle dan, watter deel van die oppervlak van hierdie bal sal die meeste waterdruppels van hom afswaai? Julle sal My antwoord: Op daardie deel van die oppervlak, wat die vêrste van die as af staan en deur die rotasie rondom die as dus ook die grootste werpkrag* ontwikkel. *middelpuntvliedende krag 5. Neem nou weer 'n glasbal, wat aan beide kante 'n opening het, sodat 'n mens deur die hele glasbal eweneens 'n as kan insteek. Bring dit in 'n horisontale posisie, plaas 'n bietjie water in die bal en draai dit dan. Waar sal die water by die draai heengaan? Beslis weer daarheen, waar dit die vêrste van die as verwyder is. 6. Aan hierdie twee voorbeelde het ons genoeg om ons saak so aanskoulik moontlik te maak. Die son is eweneens 'n bal, soos julle weet, en wel 'n bal wat 'n deursnit het van ongeveer twee maal honderdduisend myl. Hierdie bal draai in ongeveer nege-en-twintig dae om haar eie as. Dink net hoe vinnig die beweging van die son by die ewenaar moet wees, wanneer 'n punt daar in die voorheen genoemde tyd van 29 dae 'n reis van meer as 600,000 Duitse myl moet aflê; 'n afstand wat ongeveer sewe maal die afstand van die maan tot die aarde is, en waarvoor 'n vinnige ruiter, as hy dag en nag sou deurry, meer as sewentig jaar daarvoor nodig sou hê. 7. Vergelyk nou daarmee die snelheid waarmee 'n punt op die ewenaar van die son beweeg, en dan sal julle julleself baie verwonder wanneer julle sien hoeveel Duitse myl dit in één minuut aflê. Maar as julle nou die groot bewegingsnelheid sien, moet julle ook vanselfsprekend duidelik die groot middelpuntvliedende krag sien, wat juis daar by die ewenaar sal optree. 8. Dit gesien, vestig Ek julle aandag nogeens op die tweede glasbal en hoe die water daarin by die ronddraai teen die ewenaar aandring. Wat sal daar dus ook vanuit die inwendige van die son na die ewenaar toe moet plaasvind? Sal die meer vlugtige dele dan nie ook onder die ewenaar saamdring en daar, as gevolg van die groot middelpuntvliedende krag, die strewe hê om deur die boonste kors van die son heen te wil breek en homself dan met ongelooflike heftige slingerkrag en snelheid, weg van die son, tot in die oneindige, te wil verwyder nie? 9. Julle het egter eers in die vorige mededeling gehoor wat materie is (van welke aard dit ook mag wees), en wat die gevolg is wanneer dit te sterk in die noute gebring, uitgestamp, of geslaan word. Word die materie by so ’n enorme aandring teen die ewenaar nie ook op een of ander punt net so bomatig sterk in die noute gebring en onder druk geplaas as die beweging en derhalwe ook die middelpuntvliedende krag van die son wat by die ewenaar bomatig kragtig en vinnig is nie? 10. Kyk, nou is die strik reeds opgestel; verder is daar nog maar net 'n jakkals nodig en dan kan julle seker daarvan wees dat hy hierdie strik nie sal ontkom nie. 11. Direk aan die begin het julle gehoor dat die sonbodem nie so hard en stug is soos byvoorbeeld die van julle aarde nie, maar oral as’t ware elasties is, veral na die ewenaar toe. Maar gestel nou net dat die bodem daar ewe stug en derhalwe maklik breekbaar sou wees; wat sou dan wel daar gebeur, as gevolg van die buitengewone groot middelpuntvliedende krag, veral by die ewenaar van die son? Niks anders nie as dat daardeur die een berg na die ander en die een stuk land na die ander met die grootste heftigheid van die oppervlak van die son die oneindige ruimte ingeslinger sou word. Maar omdat die sonbodem so taai is, is dit nie moontlik nie, ook al sou die beweging nog net so vinnig wees as nou. 12. Wat kan daar desondanks tog nog gebeur, wanneer daar, as gevolg van die groot middelpuntvliedende krag deur die drang van binne uit op voornoemde manier hier en daar geweldige verdigtings en dus in 'n sekere sin verhardings onder die opper¬vlak van die son, in die buurt van die ewenaar, gevorm het, wat ’n mens in ’n sekere sin as 'n siekte van die son kan beskou. Want let wel, ook hemelliggame kan in ’n fisiese opsig siek word waardeur daar niks anders plaasvind as dat sulke verharde knolle uiteindelik, deur hul groot aandrang na buite en die daardeur teweeggebringde ontsteking, op een of ander punt die weliswaar taai aardbodem van die son in stukke skeur en homself daarna met die grootste heftigheid nagenoeg eindeloos vêr van die oppervlak van die son verwyder, of ten minste so vêr as wat die planete wat aan julle bekend is, vanaf die son verwyder is. 13. Kyk, dit is nou die oorsaak van die daaropvolgende swart vlekke van die son. Want by die geweldige deurbreek word nie net die kors van die sonplaneet nie, maar ook die ligomhulsel sodanig uitmekaar geskeur, dat dit aanvanklik nie in staat is om op so 'n plek die ingeslote lig van die ander sonne te weerkaats en ook nie die eie lig van die son te laat uitstroom nie. Die eie lig ontwikkel homself voortdurend op die elastiese sonbodem, as dit ten minste nie op die manier wat nou aan julle bekend is, verskeur is en sodoende vir die ontwikkeling van die eie lig ondeugdelik gemaak is nie. 14. Ons het al voorheen vermeld dat hierdie swart sonvlekke hulself aan die gewapende oog met 'n ietwat minder donker wal rondom vertoon. Wat is hierdie wal eintlik? 15. Hierdie wal is niks anders nie as die elastiese sonbodem wat op daardie tydstip opgestu het, wat deur die uitbars van so ’n verharding uitmekaar geskeur het en daarna aan alle kante opgewerp is as 'n tregtervormige muur, wat bo smaller is as onderaan. As julle vir die ontstaan van so wal rondom die swart vlek nog 'n duideliker voorbeeld wil hê, maak dan van taai grond, wat nog die regte sagtheid het, 'n halwe bal wat van binne hol is, stoot dan van binne na buite 'n gat met 'n stomp stok in, dan sal julle dadelik aan die buitekant die wal sien wat deur hierdie stoot opgewerp is. Die wal sal slegs meer geskeur wees, omdat sulke klei in sy dele tog minder soortgelyke samehang besit as die bodem van die son. 16. Dat hierdie wal ten opsigte van die eintlike swart middelpunt tog nog swak verlig blyk te wees, het as rede dat die aldus verskeurde dele, ook al is daar geen blink atmosferiese lug daarbo nie, tog nog deur hul heftige vibrasies voldoende eie lig ontwikkel wat ooreenkom met die oorspronklike eie lig van die son. Daaraan kan julle ook sien hoe sterk die son met haar eie lig, sonder die hulp van die algemene lig, sou straal. 17. Verder het ons nog gehoor dat daar bo sulke walle bepaalde golwe sonlig of fakkels vorm. Dit ontstaan deur die golwing van die blink atmosferiese lug van die son, wat teweeggebring word deur so ’n deurbraak. Want die een golf weerspieël homself daardeur in die naburige golf, waardeur die glans dan versterk word, terwyl die golfdaling homself vanselfsprekend as swakker stralend moet vertoon. 18. Kyk, tot nou toe het ons alles nie net duidelik nie, maar selfs heel voor die hand liggend uiteengesit. Maar Ek sien by voorbaat al enkele geleerde jakkalse, wat weer ewe diep gaan nadink en met 'n baie geleerde gesig die vraag stel: "Wel nou, hierdie saak klink heel aanneemlik, en vir die hipotese kan veel gesê word, maar dit lyk of die skrywer tot nou toe tog vergeet het dat sulke sonvlekke weer verdwyn en dat daarby ook hul vorm geleidelik sterk verander. Hoe sal die skrywer met sy opgewerpte wal hom nou daaruit red? Ook het mense met behulp van sterk optiese instrumente herhaaldelik ongelooflike vinnige bewegings op hierdie wal waargeneem. Dit feit sou wel die 'as 'n muur opgerigte wal' van ons skrywer baie nadelig kan beïnvloed of dit ten slotte heeltemal in die niet doen! 19. O nee, My beste jakkalse. Dit is juis koring op ons meule. Want laat hulle net so goed daaroor dink, dat ons al direk vanaf die begin, en wel om die beste en goed gefundeerde rede, oor 'n elastiese aardbodem van die son gespreek het. Dit sal na die deurbraak beslis nie voortdurend muurvas bly bestaan soos die krater van 'n vulkaan op aarde nie, maar dit sal, as gevolg van die elastiese eienskap, weer langsamerhand saamtrek, waarna die wond, wat deur so deurbraak ontstaan het, weer presies so sal genees soos byvoorbeeld die wond wat deur 'n sweer op julle liggaam ontstaan, na die verettering daarvan weer kleiner word en uiteindelik so volkome genees, dat daar na enige tyd absoluut nie meer te sien is uit watter deel van die liggaam die etterende sweer deurgebreek het nie. 20. Aangesien hierdie wal nie muurvas is nie, maar elasties, verklaar juis die vinnige en uitgebreide bewegings en verander¬inge van so ’n wal ook die geleidelike verdwyn daarvan baie maklik. 21. Wel, is daar geen teenkanting meer nie? Kyk, daar loer nog 'n jakkals op die agtergrond. Hy het met sy wiskundige instrumente verskillende sulke vlekke gemeet en ontdek dat sommige so groot is dat dertig aardes langs mekaar in die swart ruimte daarvan met gemak 'n plek sal kan vind. 22. Wat wil hy eintlik daarmee sê? Hy wil net daarmee sê: Indien so vlek op die vorige beskrewe manier sal ontstaan, sou 'n mens, wanneer so 'n vlek op die rand van die son wat vanaf die aarde sigbaar is, eerstens die aldus opgerigte wal veel hoër moet waarneem as wat gewoonlik die geval is, want van so ’n verhoging kan jy glad niks bespeur nie. 23. Tweedens kan die volgende baie belangrike vraag geopper word: Wanneer die son tydens sulke geleenthede sulke inwendige massas van haarself af slinger, waar beland dit? En gaan sulke geweldige verliese nie ten koste van die volume van die son nie? Want ’n mens kan immers by die grootste sonvlekke wel aanneem, dat son na buite geslingerde massa, volgens die inhoud gereken en in ronde getalle uitgedruk, op sy minste, duisend planete soos die aarde, groot is. As ons nou aanneem dat die hele son, wat die volume aanbetref, 'n miljoen keer groter inhoud het as die aarde, dan moet ’n duisend van sulke groot, agtermekaar optredende vlekke die son vanselfsprekend volkome uitput! 24. Kyk, hierdie jakkals het skerp tande en nog skerper wiskundige oë! Maar ook hy sal in die val bly vassteek, want so goed as wat sulke jakkalse kan reken, kan Ek dit ook doen en wel met nog veel meer kennis van sake. Ek sal weliswaar op die baie kritiese vraag van hierdie jakkals met skerp tande en oë nie direk 'n verklarende antwoord gee nie, maar Ek wil hom by hierdie geleentheid slegs enkele vrae ter beantwoording voorlê; as hy dit vir My beantwoord, sal hy ook vanself die antwoord op sy vraag kry. 25. Hoeveel kere is byvoorbeeld die volume van dit wat 'n eikeboom in die verloop van 'n jaar laat val, in die eikeboom self aanwesig, en daarby nog met die verloop van so tweehonderd jaar? Maar as hy die eik elke jaar opmeet, sal hy sekerlik ontdek dat die boom daardeur nie kleiner en dunner, maar steeds dikker, groter en hoër geword het. Hoe is dit moontlik? Die antwoord lui: Deur die konstante aanvulling vanuit alle voedingsbronne vir die boom. En dan sê Ek: Steek dieselfde speurneus in die son, dan sal jy ook daar ontdek dat die verlorene homself baie goed laat vervang. Nou het ons dus ook hierdie teenwerping tersyde gestel! 26. Wat egter nog by groot sonvlekke die geringe stygings van die geopperde wal aanbetref, moet diegene wat hierdie teenwerpinge maak, net probeer om met die blote oog, op tien myl afstand, 'n grashalm waar te neem, wat tog by verre na nie so moeilik is as om met 'n gewapende oog op 'n afstand van byna 23 miljoen myl ’n verhoging te ontdek, wat in die uiterste geval skaars 'n tienduisendste deel van die deursnit van die son uitsteek bo die ligtende omhulsel van die son. 27. Laat diegene wat die teenwerpinge maak, dit goed in ag neem; dan sal dit ook vir hom duidelik word dat dit baie goed so kan wees soos wat dit hier verduidelik is, ook al neem hy met sy geslypte glas geen Babiloniese torings bo die rand van die son waar nie. Verder word die dele van die wal wat by so 'n deurbraak moontlik bo die ligtende omhulsel van die son uitsteek, deur die uiterste intensiteit van die strale van juis hierdie ligomhulsel, vinniger as die weerlig ontlaai en in sekere sin saamgesmelt. En dit is die vernaamste rede dat so ’n ontbrekende, omhoog-stekende rand glad nooit deur die kritikus waargeneem kan word nie. 28. Hiermee is ons ook heeltemal klaar met die vlekke. Binnekort sal ons saam met die inwoners van die son 'n plek waar so deurbraak plaasvind, self sien. Hiermee is dit genoeg vir vandag.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205