DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 35 Die suidelike gordel van die derde gordelpaar, ooreenstemmend met die asteroïdes 1. Die reeds genoemde vier klein- en in sekere sin verstrooide planete* kan ook dooie planete genoem word, aangesien daar nog maar weinig lewende wesens aanwesig is en die wat nog daar is, is buitengewoon natuurlik van aard en staan feitlik heeltemal vreemd teenoor die geestelike. *asteroïdes; sirkel in 'n baan tussen Mars en Jupiter rondom die son 2. Hierdie planete is ook in die natuurlike opsig so klein, dat selfs die grootste daarvan nie eers die deursnit van julle maan het nie. Hul plantegroei is netso buitengewoon armsalig, sodat daar, behalwe vir enkele kruie en skraps gevormde bosse, niks voorkom nie. 3. Slegs op die grootste kom ook 'n klein soort vrugteboom voor, wat egter skaars groter is as die sogenaamde dwergbome by julle, en selfs hierdie boomsoort lewer maer vrugte op, wat ongeveer ooreenstem met julle boekenhout en pynboom pitte. 4. Die paar mense wat daar is, is baie klein van postuur, en voed heel genoegsaam met dit wat hul klein aarde vir hul oplewer. Hulle klee hulleself met die vere van enkele mak voëls, waarvan hulle die vleis eet, en ook met die velle van enkele huisdiere, wat ongeveer soos julle konyne, rotte en muise lyk. Dit is egter ook die grootste diere van hierdie planete. 5. Daar is nog wel ietwat wurms, enkele vlieënde insekte asook enkele soorte paddas en visse in die water, maar hierdie diere word nie deur die min inwoners gebruik nie. 6. Die wonings van hierdie mense bestaan gewoonlik uit gate in die grond, wat hulle, soos by 'n voëlnes, vul met allerlei sag afval, waarin hulle dan bymekaar lê soos jong voëls in 'n nes. 7. Hierdie nouliks twee tot drie span grote mense het feitlik almal die winterslaap met die diere van julle aarde in gemeen, aangesien die winter op hierdie vier klein aardes soms meer as twee jaar duur, maar soms ook korter is, na gelang so ’n planeet, as gevolg van sy onreëlmatige baan, nou eers meer, dan weer minder nader aan die son kom. 8. Hoe verskillend en onreëlmatig hul baan is, kan aan julle duidelik gemaak word deur die feit dat hierdie vier planete tussen die bane van Mars en Jupiter sodanig rondom die son swerf, dat soms hierdie of die ander van die planete nou eers naby die baan van Mars, dan weer by die van Jupiter kom, terwyl hierdie twee bane tog 'n goeie aantal miljoene myl van mekaar verwyder is. 9. Dat hierdie planete in 'n sekere sin verlate in die hemelruimte rondsweef, kom deurdat één planeet* voorheen in vier stukke uiteengebars het, waarby talle en baie groot stukke in die groot kosmiese ruimte verstrooi is en byna al die planete van hierdie son en ook die son self, verskeie, waaronder taamlike groot, brokstukke meegekry het. Tog het daar op hierdie wyse vier stukke as volledige klein planete saam met hulle waters agtergebly op die plek waar hulle uiteengeval het, waarby hulle baan rondom die son van rigting verander het. **sien ook 'Die Groot Johannes Evangelie', deel 5, hfst. 275: 10 en deel 8, hfst. 75: 7 e.v. 10. Die paar oorblywende mense saam met die weinige diere en plante verskrompel toe op in ’n sekere sin in die nuutgevormde planete net so inmekaar as die planete self. 11. Wel, dit was nodig dit vooraf te vermeld, sodat ons die derde suidelike songordel des te beter kan verstaan. Hoe lyk dit dan daar? 12. Hierdie gordel verskil enorm van sy noordelike eweknie. Ten eerste word hy, behalwe deur 'n hoë ring van berge, ook nog deur 'n wye watergordel van die tweede suidelike gordel geskei. Daarna begin daar eers 'n buitengewoon bergagtige land, wat baie weinig vlaktes het, en die weinige vlaktes self is nog met water bedek. Op vier plekke word die land deur breë waters van die een ring van berge tot by die ander selfs sodanig geskei, dat dit vir die inwoners van die een land nie moontlik is om by die inwoners van die ander land te kom nie. Die inham van die werklike ringsee op so `n plek is naamlik so groot, dat julle dapper seevaarders nie die moed sou hê om met hul bote daaroor te vaar nie. Ten eerste vanweë die groot watervlakte, en ten tweede omdat die water van die ringsee, veral in hierdie inhamme, voortdurend buitengewoon onstuimig is en golwe het wat soms groter is as die hoogste berge op julle aarde. En op so woeste wateroppervlak sou ook die allerdapperste kaptein van julle aarde dit nie waag nie. 13. Hierdie vier aldus van mekaar geskeide lande is ook terselfdertyd die allerskraalste op die hele son. Hulle word bewoon deur die allerkleinste mense wat maar ook êrens op die hele son voorkom. Prag is hier nêrens te sien nie, behalwe die gelykelik verspreide eie lig oor die hele sonliggaam. 14. Ook hier het die mense geen woonhuise nie, maar hulle grawe ook in die berge soortgelyke gate***, waarvan die opening lyk soos die deursnit van 'n stomp kegel. Sulke gate gaan ongeveer tien vadem diep die berge in en heeltemal agterin die ruimte is daar ook 'n soort nes, wat die inwoners van hierdie gordel as rus- en slaapplek dien. Wanneer so 'n nes na verloop van tyd te plat geword het, word dit vervang deur 'n ander. ***(soos op die asteroïdes) 15. Die plantegroei lyk ook net so skraps. Dit bestaan eweneens uit enkele kruie en twee struikagtige boomspesies, wat 'n taamlike groot hoeveelheid vrugte voortbring wat soos julle haselneute en amandels lyk. Sappige vrugte is daar nêrens nie; slegs die wortels van 'n kruid wat enigsins soos julle wit knolle lyk, maar wat aansienlik kleiner is, is die enigste sappige voedsel wat op hierdie songordel voorkom. 16. Netso power is dit op hierdie gordel met die diere gestel. Die inwoners het slegs twee soorte vierpotige huisdiere. Die een het ongeveer die gestalte van die sabeldier op julle aarde, behalwe dat die pels meer wol het en sagter is. Van hierdie wol maak die inwoners ook eenvoudige klere, ongeveer op die manier waarop die sogenaamde katoenwatte by julle gemaak word. Die wol word op 'n plat vlak geplaas, byvoorbeeld op 'n klip wat van nature plat is (want die aardbodem van die son is hier baie steenagtig), en op hierdie plaat word die wol dan plat uitgesprei, waarna die oppervlak met 'n taai sap, wat uit 'n wortel getrek word, bestryk word. Deur dit te bestryk, word die wolhare taamlik duursaam met mekaar verbind. Op hierdie manier word taamlike lang en breë velle gemaak. Van hierdie velle sny hulle dan 'n eenvoudige kleed, wat uit niks anders bestaan as één enkele, ietwat stugge voorskoot rondom die lendene nie, ter bedekking van hulle skaamte, maar verder is hulle naak. 17. Die gestalte van hierdie mense op sigself is nie afstootlik nie; veral die vroulike geslag lyk tog wel heel pragtig. Die mense is slegs gemiddeld nouliks so groot soos vyf- tot sesjarige kinders by julle. 18. Hierdie mense woon die graagste in taamlike hooggeleë gebiede, want vir die water het hulle ’n groot vrees. Wanneer hulle groot water sien, dink hulle ook dat die wêreld daar ophou en dat die water steeds sal styg, watter idee hulle kry deur die sterk golwe van die groot waters, en om dié rede hou hulle hulleself dan ook, soos reeds opgemerk, by voorkeur op in die hoër geleë gebiede. 19. Dit is dus tiperend van die land van hierdie gordel en van die manier waarop dit deur die mense bewoon word. Daarby hoef nouliks nog vermeld te word dat daar nêrens in die lug bo die land voëls te herken is nie; maar wel bo die water, waarin ook allerlei diere lewe. 20. Noudat ons dit alles weet, bly daar nog net oor om die maatskaplike, huislike en godsdienstige reëls te leer ken, en as ons dit ken, het ons ook al die merkwaardige van hierdie hele gordel gesien. 21. Die maatskaplike inrigting is daarop gebaseer dat die min mense soveel moontlik per familie van mekaar afsonder, sodat daar tussen die verskillende families nooit eiendoms- of grens-twiste sal plaasvind nie. 22. In 'n familie is die oudste in ’n sekere sin die heersende hoof; hy lei alle ander lede van sy familie en bepaal wat die een of die ander te doen het. 23. Hul gereedskap bestaan slegs uit 'n klein grafie, wat hulle van 'n soort klei maak. Dit aldus vervaardigde gereedskap word op 'n plek geplaas waar die strale van die son die sterkste is en deur hierdie strale word hierdie instrument keihard en is dan volledig geskik vir gebruik. 24. Dit gereedskap word hoofsaaklik gebruik om woongate in die berggrond uit te grawe. Ook gebruik hulle die taamlike skerp gereedskap om, so goed soos wat dit gaan, hul klere gepas te sny of eerder te kap. Ten slotte gebruik hulle hierdie voorwerpe ook nog om hul kruie en wortels uit die aarde te grawe. 25. Nog 'n stuk gereedskap, wat hulle op dieselfde manier vervaardig, bestaan uit 'n soort kam. Met hierdie kam trek hulle die voorafgenoemde se wol van die liggaam af, maar gewoonlik is hierdie wol, wanneer dit in ’n sekere sin rypgeword het, baie maklik om af te haal. Dan gebruik hulle hierdie voorwerpe ook nog vir 'n tweede, maar slegs sporadies voorkomende huisdier, wat daar ongeveer lyk soos 'n dwergkoei by julle. Dit is 'n dier waarby daar geen verskil tussen die manlike en vroulike geslag bestaan nie. Hierdie dier het agt melkspene aan die pens. Wanneer hulle hierdie dier wil melk, skuif hulle die nie bepaalde groot spene tussen die tande van die kam en 'kam' as't ware die melk uit die spene, wat gewoonlik bo 'n ietwat uitgeholde gladde klip gebeur. 26. Nadat ’n mens op hierdie wyse die dwergkoei gemelk het, laat hulle hierdie goedige dier weer sy voedsel soek. Hierdie melk word dan saam met fyngemaakte vrugte van hul dwergbome tot 'n moes verwerk wat vir hulle baie lekker smaak, wat hulle dan met hulle hande uit die klip neem en heel genoeglik opeet. 27. Dit is dan ook alles wat hul huishoudelike sake aanbetref. En dus het ons byna met één klap die maatskaplike en huishoudelike inrigtings afgehandel. 28. Hul godsdiens is ook net so eenvoudig soos hul politieke en huishoudelike reëls. 29. Hulle glo in een God, wat volgens hul voorstelling 'n buitengewone groot, volmaakte en bo alles magtige Mens is, en hulle weet ook dat hierdie buitengewone volmaakte Mens die hemel en aarde gemaak het. 30. Hulle is uiters deemoedig en vreesagtig en het dus ook 'n buitengewone groot vrees vir hierdie allervolmaakste Mens. Hulle is ook op hoogte van die hemel en hel en ken hul onsterflikheid. 31. Vir die hel het hulle ’n groot vrees, en vir die hemel vind hulle hulleself altyd te sleg. Daarom is hulle dan ook buitengewoon bang vir die dood van hul liggame en probeer dus die lewe daarvan so lank as moontlik in stand te hou. 32. Enkele oudstes het soms wel sigbare ontmoetings met die geeste van gestorwe mense van hulle soort. Maar hulle beleef nooit groot vreugde daaraan wanneer die aan hulle verskyn nie, want dit geld altyd by hulle as 'n teken dat hulle weldra hul wêreld sal moet verlaat. 33. Wanneer sulke geeste hul meedeel dat die volmaakte Mens hulle buitengewoon liefdevol opgeneem het, verheug hulle hulself wel daaroor, maar hulle beskou hulself steeds as buitengewoon onwaardig vir sulke genade. Want hulle sê: Ons is immers te gering dat so ’n Heer ons wil aansien, laat staan nog die opneem in 'n hoër genade vanuit Hom! 34. Daarom bid hulle ook baie ywerig en gee dank vir alles wat hulle gebruik, ja selfs wanneer hulle die maer vrugte van hul klein boompies afhaal, vir elke vrug afsonderlik. Eweneens dank hulle heel innig vir elke afsonderlike kruidjie wat hulle uit die grond haal en hulle beskou hulself egter steeds as onwaardig vir so geskenk en kan nie verstaan hoe hierdie uiters volmaakte Mens hulle so buitengewoon goed kan bedeel nie! 35. Kyk, dit is die hele godsdiens, sonder enige seremonie. As julle egter beslis een of ander seremonie wil hê, dan bestaan dit enkel en alleen uit die egtelike verbintenis tussen man en vrou. 36. Hierdie egtelike verbintenis bestaan egter weer uit niks anders as dat mense mekaar sal omhels en van die oudste van 'n familie die seën ontvang. Daarna volg 'n algemene danksegging en ten slotte weldra die byslaap, wat by hierdie mense tot die grootste en mees verhewe seremonies behoort. 37. Hul dooies draai hulle met allerlei kruie toe, grawe dan in 'n laer geleë gebied 'n soortgelyke gat in die aarde as dit vir hul wonings en plaas hul oorledenes in hierdie oop graf. Die kruie word daarby geplaas sodat hulle, as hulle uiteindelik weer sou ontwaak, dadelik sommige stukke voedsel sal vind. 38. Mense besoek so ’n graf ook wel gesamentlik, maar omdat die liggame buitengewoon vinnig ontbind en hulle dus van hul oorledenes niks meer vind nie, is hulle die mening toegedaan dat die oorledenes, óf weer wakker geword het en nou iewers ronddwaal, óf deur geeste opgespoor is. 39. Om hierdie rede bid hulle dan ook heel dikwels vir hul oorledenes en wens hul van ganser harte alle voorspoed toe. 40. Nou het ons, wat hierdie gordel aanbetref, ook alles goed saamgevat. Daarom sal ons hom ook verlaat en die volgende keer die vierde gordel betree, waarby ons wel 'n bietjie langer sal moet vertoef, omdat ons daar weer baie groot dinge te siene sal kry. En dus is dit genoeg vir vandag!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205