|
DIE NATUURLIKE SON JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 55
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75. |
|
|
HOOFSTUK 53
Die sewende gordelpaar, ooreenstemmend met die lang onbekend geblewe planeet Neptunis
1. Aangesien ook hierdie sewende gordel, wat ons nou wil besoek, ooreenstem met 'n planeet wat nog vir julle onbekend is*, sal dit nodig wees om eers 'n kort besoek aan hierdie planeet te bring. Ten eerste, omdat julle sonder bekendheid met die planeet, geen ooreenstemmende beeld van die songordel sou hê nie en ten tweede omdat die gordel ook nie so deeglik beskou en verstaan kan word as ons nie eers sy ooreenstemmende planeet enigsins sou beskou en verstaan het nie.
*in 1842
2. Ons kan onsself dus gevolglik dadelik met die planeet besighou. Om egter 'n houvas te kry ten einde hom in die reeks planete te plaas, sal dit nodig wees om hom eers 'n naam te gee. Omdat julle hierdie planeet tot nou toe geen naam kon gee nie, is dit nou die vraag, welke naam hy moet kry. Julle sal sê: Dit is tog om te ewe, as hy maar 'n naam het, welke naam dan ookal, sal ’n mens onder die naam tog altyd dieselfde voorstel.
3. In wese het julle natuurlik wel gelyk, maar as ons daarvan uitgaan dat die naam van 'n voorwerp nie so onbelangrik is as wat ’n mens wel sou dink nie, sal dit ook in hierdie geval baie belangrik wees dat ons hierdie planeet geen erenaam nie, maar 'n waardige naam sal gee. Waar sal ons dit vind? Beslis nie op aarde nie, want daar weet mense nog niks van die planeet nie. Op die ooreenstemmende songordel miskien? Dit ken ons nog nie. Dit sal dus wel die beste wees om hierdie planeet die naam te gee wat hy van sy inwoners gekry het. Natuurlik sal julle nou sê: Dit ken ons immers ook nie. Maar Ek sê: Ook al ken julle dit nie, Ek ken dit wel en weet presies hoe hulle hul planeet noem. Nou is die vraag: Hoe heet hierdie planeet dan? Sy naam is Miron, wat wil sê: 'Wêreld van wonders'.
4. Kyk, met hierdie toepaslike naam het ons al 'n eerste indruk en dit sê as’t ware in één woord hoe dit met hierdie planeet gesteld is. Die volgende sal die naam egter nog meer reg aandoen. Nou kan ons op die eerste aspekte van die planeet Miron ingaan.
5. Hoe ver staan hy van die son af? Die grootste afstand tot by die son bedra iets meer as duisend miljoen myl. Hoe groot is hy? Volgens grootte is dit 'n planeet tussen Uranus en Saturnus, dus anderhalf duisend maal so groot as julle aarde. Sy dampkring is egter groter as die van die planeet Jupiter en het 'n deursnee van byna honderdduisend myl.
6. Hoe vinnig beweeg hy om die son? Omdat hierdie planeet baie stadig beweeg, het hy wel byna vyfhonderd jaar nodig voor hy sy baan eenmaal om die son voltooid het.
7. Het hierdie planeet ook mane? Hierdie planeet het tien mane, wat op verskillende afstande omheen sirkel en deur hul verskillende posisies die nag van hierdie planeet taamlik goed verlig. Hulle staan taamlik ver van die planeet af, die eerste al meer as sestig duisend myl, die laaste iets meer as eenmiljoen myl. Aan die hand van die omlooptyd van hierdie laaste maan, wat byna dertien van julle maande in beslag neem, word ook die jare daar getel. Die sonjare daarenteen word daar nie getel nie, omdat hulle ten eerste geen merkbare verskille op die planeet teweegbring nie, ten tweede ook te lank sou wees, en ten derde as gevolg van die nie so lang lewensduur van 'n mens, ook moeilik getel sou kan word, omdat so 'n sonjaar al minstens vyf tot ses generasies mense omvat.
8. Ook op hierdie planeet word slegs die gebiede rondom die ewenaar bewoon, want die poolstreke daarvan is sodanig met ewige sneeu en ys bedek dat dit absoluut nie bewoonbaar is nie.
9. As julle julleself op hierdie planeet sou bevind, sou julle die son skaars so groot waarneem as byvoorbeeld julle daalder. Die inwoners van hierdie planeet sien haar desondanks netso groot as wat julle haar vanaf die aarde sien. Dit kom omdat hul oog groter van vorm is, waardeur die pupil ietwat platter lyk en daarom ook 'n groter stralebundel kan opneem as julle oog. Die tweede rede is egter geleë in die feit dat die lugstreke buitengewoon hoog bo die oppervlak van hierdie planeet reik, waardeur in die uiterste grensgebied daarvan, nog altyd 'n aansienlike hoeveelheid sonstrale ingesluit word, wat volgens die wet van die straalbreking wat aan julle bekend is, steeds digter op mekaar gedring op die oppervlak van die planeet val en daar, veral in die omgewing van die ewenaar, nog altyd 'n heel aangename temperatuur verseker.
10. Omdat hierdie planeet egter ook in natuurlike opsig al min¬stens duisendmiljoen myl nader aan 'n ander son staan as julle aarde, al staan die son weliswaar nog sewe biljoen en nege-honderd duisend myl daarvan af, en ook sy dampkring van groot betekenis is, soos wat julle al verneem het, kom die lig en ook enigste warmte vanaf die ander son hom boonop ten goede, maar die verskil tussen die warmte van die eintlike en van hierdie vreemde son is desondanks so groot soos die verskil tussen die hartjie van die winter en midsomer by julle.
11. Op hierdie wyse het hierdie planeet ook die voordeel van die strale van nog ander sonne, waardeur in die poolstreke die oormatige aangroei van ys op hierdie planeet verhinder word, want die ys kom net voor tot op 'n sekere hoogte, ongeveer soos wat dit op julle aarde die geval is. Bokant hierdie streek, waar die strale mekaar weer van alle kante begin te ontmoet, word die temperatuur van die lug ook weer in soverre milder, dat daar geen sneeu of ys meer kan vorm nie. Soos gesê, kan julle dit ook self op julle aarde vasstel. As daar naamlik 'n bergtop bo die sestien-duisend voet uitsteek, steek dit ook al bo die ysstreke uit. Dit is dan ook die rede waarom julle op die hoogste punt van die Chimborazo in Amerika, asook van die Himalajagebergte in Asië en nog verskeie ander bergpieke op beide hierdie kontinente, geen sneeu en ys meer sou sien nie. Verder is die polêre omstandighede van hierdie planeet dieselfde as die op julle aarde.
12. Die bewoonbare land self lyk soos op 'n gordel en is beide aan die suide- sowel as aan die noordekant deur feitlik onoorklimbare berge omring, waaroor niemand so maklik na die seegebiede kan kom waar dit voortdurend ongeveer netso koud is soos in die noordelike gedeelte van Siberië by julle. Op die see is die sogenaamde dryfys voortdurend teenwoordig; daarom sou dit ook nie baie raadsaam wees om jouself met 'n skip daarop te waag nie.
13. Hierdie meer as duisend myl breë gordel vorm dus 'n ingeslote dal, wat slegs deur enkele kleiner bergreekse onder¬breek word. Hierdie hele hemelliggaam draai binne tien uur om sy as, waardeur die nag dus skaars vyf uur duur. Daarom het hierdie gordel ook net so 'n aangename temperatuur as 'n matige warm somer by julle. Hierdie temperatuur is nie meer onderhewig aan veranderinge nie, behalwe soms deur die winde en die gereelde wisselende maanstande. Daaruit kan ’n gevolgtrekking gemaak word dat die bewoonbare gebied van hierdie planeet, ten spyte van sy groot afstand tot die son, bepaald nie die onaange¬naamste is nie en ook heel geskik is vir die bestaan van die nodige plante- en dierewêreld.
14. Hiermee het ons dus die noodsaaklike elemente van hierdie planeet leer ken. Sommige sterrekundiges sou hier weliswaar nog iets daarteen kon bring: As daar in ons sonnestelsel ook maar iewers 'n planeet sou wees, dan sou ons dit seker lankal ontdek het, want ons het selfs die veel kleiner komete ontdek, ook al bly dit vir die ongewapende oog volkome onsigbaar. Maar Ek sê hierop: Dit het as rede, naamlik dat hierdie planeet so stadig beweeg dat hy deur alle astronomiese instrumente, as gevolg van die groot afstand en nog meer deur die te kort tydsbestek van die waarneming, nie waargeneem kan word nie. So gebeur dit nog altyd dat hierdie ster as 'n vaste ster beskou word, natuurlik van 'n heel onbeduidende grootte en daarom nog nie as planeet herken kon word nie. Dieselfde was immers ook die geval met die veel digterby staande planeet Uranus, wat eweneens gedurende verskeie duisende jare, deur middel van swak instrumente, slegs in die verbygaan as 'n nouliks opmerkenswaardige vaste ster beskou was. Dit kan dan vir die geleerdes ook duidelik wees, ten spyte van hul skerp waarnemings, dat daar nog altyd 'n planeet kan bestaan wat hulle as gevolg van die ontoereikendheid van hul instrumente en waarnemings nog nie as sodanig herken en van naderby bepaal het nie.*
* eers 4 jaar later in 1846 is hierdie planeet deur Galle met 'n baie sterk teleskoop van die Berlynse sterrewag ontdek en Neptunis genoem
15. Noudat ons dit ook uiteengesit het, kan ons gevolglik aan die gesteldheid van die planeet self begin. Onder die gesteldheid sal ons egter nie die vestiging van alle bestanddele van die planeet as sodanig verstaan nie, maar slegs die bewoonbare bodem, die gesteldheid daarvan, die plantegroei en ook die inwoners.
|
|
|
|
|