Voorwoord
“Ek stel nou die aarde met haar dampkring voor as `n groot, lewende wese, wat betrokke is by die ewige in- en uitaseming.”
Sedert die tyd dat Jakob Lorber hierdie werk in 1847 opgeteken het, het ongeveer `n halwe eeu verstryk, waarin wetenskap en tegniek `n ongekende ontwikkeling deurgemaak het. Die mensdom het hulle gedurende Lorber se tyd, nog in die stoomtydperk bevind en daarna in die van die industrie, die elektrisiteit en die motorisering, nou bevind ons onsself al in die wêreld van die atoom en die rekenaar met hulle groteske krag en moontlikhede, wat ten goede aangewend kan word, maar wat ook misbruik kan word.
Die ontdekkings en uitvindings van die laaste dekades gee `n steeds duideliker beeld van ons planeet en van haar op- en inwerkende kragte. Baie van die nuwe kennis dek Lorber se uiteensettings in “Aarde en Maan” en van sy ander geskrifte op natuur-geestelike gebied. Daardeur vorm onbetwisbare bewyse oor die waarheidsgehalte van sy voorheen vae betwyfelde uitsprake.
Nieteenstaande alle teorieë oor die gesteldheid van die inwendige van die aarde, bly die werklike struktuur van die wetenskap, sowel nou as voorheen, in duister gehul, omdat daar grense gestel is aan die deurdring in die diepte van die aarde in, en wat wel altyd so sal bly. Die ware beeld van die bou van die inwendige van die aarde kan maar net tot stand gebring word vanuit `n geestelike oogpunt, so ook alles wat in Lorber se geïnspireerde geskrifte gegee word.
Hierin openbaar die aarde haarself as `n kosmiese liggaam, waarin daar nie dood is nie, maar `n polsende lewende organisme, analoog aan die menslike liggaam, `n innerlike wonderwêreld, waarin geweldige elementêre kragte die uitdrukking van `n planmatige ontwikkeling is, waarop al die natuurgebeure afstuur.
Dit is opmerklik dat `n groep hedendaagse wetenskaplikes hierdie opvatting sterk nader. Die sogenaamde Gaia-hipotese verklaar baie verskynsels, wat tot nou toe vrae opgewerp het.
In die eerste deel van hierdie boek “Die natuurlike aarde” word naas die beskrywing van die materie van die aarde, reeds baie van die natuur-geestelike betekenis onthul. In die gedeelte “Die geestelike aarde” word die metafisiese (bonatuurlike) toestande behandel en wel by name die geestelike sfeer, wat by die aarde hoort. Aangesien hierdie voorstelling sy oorsprong vind in die wese van die oerskepping, word die totale werk `n geestelike ligbron van die allerhoogste insig.
In aansluiting daarop word in die tweede deel “Die maan” `n beskrywing gegee van die natuurlike maanwêreld met die gesteldheid van albei haar helftes en lewensvoorwaardes daarop. Die ruimtevaart in aanmerking geneem, verdien hierdie uitsprake ons besondere aandag, omdat vroeëre uitkomste van die ondersoek al enkele bewyse oor die juistheid van Lorber se bewerings oor die maan opgelewer het.
Lorber het vir ons in die boek die ware wese van die aarde en maan geskilder in die lig van `n nuwe, natuur- en geesteswêreld omvattende skeppingsleer. So, in al sy werke, verdiep ook die geskrifte die religie tot een geesbesielende kennis, wat aan die mense die diepste openbaring gee van God se liefde en wysheid. Die uitgewer.
Die toringklok; `n Gelykenis
Ontvang deur Jakob Lorber op 4-6-1847
[1] Op `n hoë toring in `n stad laat `n hertog `n pragtige klok inbou. Omdat die toring agthoekig was, laat hy aan elk van die agt vlakke, wat natuurlik tussen die agt hoeke val, `n wyserplaat maak, sodat elkeen vanuit alle moontlike plekke, die korrekte tyd kon sien en so die uur van die dag presies op die minuut en sekonde kon vasstel.
[2] Behalwe die korrekte tydsindeling van die uur tot op die sekonde gee die klok ook die dag van die maand aan, die stand van die maan en ook die van die ander planete, asook die daaglikse duur van die lig vanaf die opgang tot by die ondergaan van die son, en bowendien ook die vier jaargetye, maar natuurlik al die astronomiese gegewens op afsonderlike, onder die hoofplaat, vir die tyd aangebringde, astronomiese wyserplaat.
[3] Maar naas alles wat hierdie klok op haar wyserplaat vertoon het, het sy ook `n voortreflike slagwerk gehad vir ure en kwartiere en bowendien ook nog `n suiwer klokkespel en vir die uitermate gekompliseerde kunstige meganisme slegs een enkele aandrywingsgewig; kortom, `n soortgelyke klok soos hierdie was ook nêrens ter wêreld te vinde nie!
[4] Dit is egter nie ter sake nie, ook nie dat sy so `n veelsoortige diens so besonder goed verrig nie; maar dat al hierdie onderling baie verskillende verrigtings, slegs deur een en dieselfde aandrywingsgewig in die korrekte beweging geplaas was, dit was nou eintlik wat so wonderbaarlik aan hierdie klok was.
[5] `n Vreemdeling wat in hierdie stad aankom, sien allereers hierdie oral sigbare klok en hy vra aan die eerste wat hy teëkom, hoeveel dryfvere en gewigte hierdie klok wel sou hê. Toe die mens hom antwoord: “Slegs een!", was hy totaal oorbluf en ongelowig en sê: “Dit is onmoontlik! Soveel en sulke verskillende werkings en maar een aandrywingskrag?! Nee, nee, dit kan nie wees nie, dit is onmoontlik!"
[6] `n Ander vreemdeling weer, kom en besigtig die klok en verwonder homself bomate toe die mense hom vertel wat die klok alles aan die werk hou. Hy dag dat elke wyserplaat sy eie aandrywingsmeganisme moes hê, waardeur die toring natuurlik net met verskillende klokke volgeprop moes wees. Toe mense hom ewenwel sê, dat slegs een aandrywingskrag alle wysers in beweging bring, word hy baie kwaad, omdat hy gedink het dat die mense hom, vanweë sy onkunde, vir die gek gehou het en hy gaan weg en vra nie verder na die uurwerk nie.
[7] En weer kom `n ander uit `n vreemde streek, bewonder hierdie klok en vra na die meester daarvan. Mense gee hom as antwoord; “Die meester van hierdie klok was `n baie eenvoudige boer en dit is nie seker of hy kon lees en skryf nie!"
[8] Die goeie antwoord maak die vreemdeling so woedend, dat hy daarop swyg en vinnig weggaan, omdat hy nie gekom het om as dom dwaas op so `n gewigtige manier met homself die spot te laat dryf nie.
[9] En so kom daar nog baie meer, wat vra soos die eerste. Wanneer die mense hulle egter in die geheim van die kunswerk wil inwy, vererg hulle hulleself net en sê: “Ons kan dit nie glo nie, voordat ons dit nie met ons eie oë gesien het nie!”
[10] Wel, nou bring mense hulle na die toring. Maar met die aanskou van die byna tallose ratwerke, die baie hefbome, silinders, hake, stange en nog duisend ander meganiese installasies en verbindings, raak hulle letterlik buite hulle sinne en skreeu: “Wie kan dit verstaan en begryp? Dit kon geen mens gemaak het nie! Daarvoor is honderd menselewens nodig, om maar net die onderdele van die werk te tel, om nie eers te praat van die maak nie!" En al hierdie vreemdelinge gaan totaal verdwaas weg.
[11] Slegs weiniges laat hulleself oor die werk leer, hoewel vir hierdie beter (klas) mense, die te eenvoudige en onwetenskaplike opgeleide meester van die werk min of meer `n steen des aanstoots bly.
[12] Wat leer die beeld ons? Wat is haar diepere betekenis? Daaroor mag elkeen bietjie nadink en homself so oefen in die opsoek van die verborge waarhede en daarin soveel as wat vir hom moontlik is, ontdek, totdat die algehele oplossing op die regte tyd gegee sal word! Amen.
erste deel - A - Die natuurlike aarde
Die swaartepunt van die aarde
28-12-1846
1 As jy `n liggaam, van welke vorm ookal, met `n ondersoekende blik bekyk, sal jy gou merk dat daar drie dinge aan die voorwerp beskou kan word. Ten eerste sy buitekant, dit is onder andere die vorm met alle natuurlike kenmerke, soos omvang, oppervlakte en kleur van die oppervlak. Verder het dit `n bepaalde volume wat volgens lengte, breedte en hoogte meetbaar is, welke volume, na gelang van die aard van die liggaam, duidelik `n gewig of swaarte in `n bepaalde rigting laat sien.
[2] As jy byvoorbeeld `n klip bekyk of `n ander reëlmatige of onreëlmatige voorwerp, kan jy sien dat sy swaartepunt in `n bepaalde deel lê. By `n willekeurige houtblok, kan jy dit maklik vasstel as jy dit op die water plaas; dan sal die blok, daar waar sy swaartepunt lê, steeds die diepste in die water wegsink. Dit is dus die tweede ding wat elkeen maklik by elke voorwerp kan vind.
[3] Die derde punt is die werklike sentrum van `n liggaam wat jy egter nooit met die swaartepunt mag verwar nie; daarom het elke liggaam twee middelpunte, naamlik een volgens sy gewig en een volgens sy afmetings. Jy kan allerlei soorte liggame ondersoek, maar jy sal nooit aantref dat die swaartepunt en die gemete sentrum saamval nie, selfs nie by `n wiskundig volkome korrekte gegote metaalbal nie, omdat geen enkele liggaam uit sulke volkome gelyke dele bestaan nie, dat daarin die swaartepunt en die eintlike meetkundige middelpunt volkome met mekaar sou saamval nie.
[4] Neem byvoorbeeld suiwer staal - een van die mees soliede metale - breek so `n staaf in twee stukke en jy sal op die breekvlak, by `n sterk vergroting, die onreëlmatige kristalvorm herken wat sekerlik met die blote oog gelykvormig sal lyk; maar deur `n mikroskoop bekyk, sal die breukvlak lyk soos wat mense vanaf `n hoë berg onder hom allerlei min of meer groot en klein verhogings sal ontdek. As so `n verskil egter al in die kristalvorm van een van die mees vaste metale waargeneem kan word, hoeveel groter sal die onderskeid dan nie wees by minder vaste liggame nie, waarvan die bou van die kristalle tussen groot en klein, dig en minder dig, dikwels al met die blote oog waarneembaar is; en dus is die hierbo gegewe stelling, dat die swaartepunt en die meetkundige middelpunt nooit met mekaar kan saamval nie, des te meer waar.
[5] Hierdie grondstelling kan elkeen ook maklik by die maak van `n weegskaal vasstel. Laat iemand uit metaal, wat oral soveel moontlik dieselfde digtheid het, die balansarm vir `n weegskaal konstrueer, wat aan weerskante dieselfde afmetings het, en laat hy dit aan die ewewigspunt ophang. Hy sal tot die oortuiging kom, dat selfs by wiskundig korrekte afmetings, beide arms van die balans nooit `n volkome horisontale lyn sal vorm nie, maar die een kant sal verskil met die ander kant en die maker van die weegskaal sal die een of die ander arm met `n vyl of hamer te hulp moet kom. Die oorsaak daarvan lê natuurlik in bogenoemde grondstelling.
[6] Waar ons hierdie omstandigheid dus by alle liggame kan sien, geld dit des te meer vir liggame wat nie deur mensehande gevorm word nie, maar wat deur My krag, so gemaak is soos wat sy gevorm moet wees om te bestaan. Die swaartepunt en die meetkundige middelpunt laat jou ewemin aan dieselfde plek dink as die positiewe en negatiewe pool.
[7] Mense sal hulleself afvra hoe dit verstaan moet word; dan vra Ek op My beurt, om dit vir julle duidelik te maak: Waarom is, by die staafmagneet, beide pole nie in die wiskundige middelpunt nie, maar hoofsaaklik aan die punte?
[8] Waarom lê die kiemhulsel by `n saadkorrel nie in die middel daarvan nie, maar meestal slegs in `n bepaalde deel van die saadkorrel, sodat die middelpunt van die korrel en die teenoorgestelde pool ten opsigte van die kiemhulsel homself meestal, `n respektiewelike driekwart deel van die totale inhoud van die saadliggaam, gereken vanaf die kiemhulsel, verder na binne- en buitewaarts bevind?
[9] Waarom sit geen mens of dier se hart in sy meetkundige sentrum nie?
[10] Uit hierdie vraag alleen al blyk dit duidelik, dat die swaartepunt van `n liggaam, iets heel anders is as die meetkundige middelpunt van daardie liggaam.
[11] As dit dus gaan oor die vasstel van die middelpunt van die aarde, dan is daaronder nie soseer die meetkundige middelpunt te verstaan nie, maar veelmeer die eintlike lewens- of swaartepunt van die aarde; want die bepaling van die meetkundige middelpunt van die aarde sou, goed beskou, belaglik wees, wat `n mens kan aflei uit die feit dat `n mens die middelpunt van `n liggaam, dus ook die van die aarde, maar net as `n denkbeeldige punt moet aanneem, wat presies volgens julle wiskundige begrippe gedefinieerd is, iets is wat nòg in lengte, nòg in die breedte, nòg in die hoogte ook, maar die kleinste moontlike denkbare deursnee besit en dus sekerlik in sy soort die allerkleinste van alle dinge is. Julle kan verseker aanneem, dat daar al in `n atomiese diertjie, wat nie eers meer deur die allerfynste sonmikroskoop ontdek kan word nie, sekerlik nog vir tallose miljarde sulke soortgelyke punte plek sou wees. Die vraag is dus: Wat sou ons wel oor die eindelose klein wese, wat so heeltemal in die niet verdwyn, te onthul hê? Mens sou maar net hoef te sê: “Die middelpunt van die aarde bestaan uit niks, en dan was dit al heeltemal natuurlik en geestelik verklaar. Want “niks” het liggaamlik en geestelik beskou dieselfde betekenis; want waar niks is, daar hou alles heel logies op en `n niks, sowel geestelik as natuurlik, is in niks anders denkbaar as in so `n meetkundige middelpunt nie. Daarom sal ons onsself dan ook van die weinigseggende middelpunt van die aarde verwyder en gaan ons onsself nou besighou met die veel belangriker swaartepunt van die aarde, wat natuurlik groot afmetings moet hê en by so `n groot liggaam soos die aarde, wat ook van `n groter omvang moet wees om die spesiale lewenswerksaamhede van die hemelliggaam die benodigde ruimte daarvoor te gee.”
[12] Ek hoor julle al in julleself vra: “Hoe lyk die swaartepunt van die aarde dan? Waaruit bestaan dit? Is dit `n klomp (of kloster) diamant, óf suiwer goud óf yster, óf miskien `n magneet? Of is dit `n leë ruimte gevul met `n ewige, onuitblusbare vuur en dien dit miskien selfs wel as verblyfplek vir die verdoemdes en voer dit die respektabele titel “hel”, waarvan die vuurspuwende berge wat op die aarde versprei is, miskien die skoorstene is?”
[13] Dan sê Ek vir julle: “Van dit alles is daar geen sprake van in die swaartepunt van die aarde nie, net so min as, fisies beskou, sprake daarvan kan wees by `n mensehart. Die hart is nòg `n diamant, nòg `n goudklomp, ook is dit geen yster of magneetsteen nie, en ewe min `n hol, met vuur gevulde ruimte, maar die hart is fisies beskou, `n ongewone kunstige selweefsel, waarin die lewende siel en in haar weer die gees van die mens, soos `n wewer op sy weeftou besig is; hy kan dit, omdat die weeftou vir die vorming van die natuurlike lewe en vir die instandhouding gedurende die korrekte tyd daarvan, so ingerig is dat hy deur sy vakkundige konstruksie, die hande van die siel alles kan opwek wat vir die vervaardiging van die fisieke lewe noodsaaklik is. Funksioneer die weeftou in sy natuurlike konstruksie eenmaal nie meer goed nie, dan gaan dit met die verdere opwekking van die fisieke lewe nie meer so goed nie. Maar as dit ten slotte volkome onbruikbaar geword het, dan kan die siel dit ook nie meer gebruik nie en dit is dan ook tyd vir haar om hierdie nuttelose werkplek te verlaat.”
[14] Kyk, met die swaartepunt van die aarde is dit dieselfde geval. Hoe? Dit sal die onderwerp van ons volgende beskouing wees.