Die wese en die gevolg van woede
6-4-1847
61 Omdat ons al in die voorafgaande gebeurtenisse gepraat het oor besetenheid, wil ons hiermee deurgaan en in hierdie gedenkwaardigheid `n baie gevaarlike besetenheid onthul. Waaruit sal dit dan bestaan?
[2] Dit bestaan uit die in-besit-neem van die aardse vlees deur die duiwel van toorn. Hierdie besetenheid is die mees gevaarlikste, omdat `n soortgelyke woededuiwel nie slegs die vlees in besit neem nie, maar altyd ook nog `n legioen diensbare geeste by hom het.
[3] Toorn staan in die skerpste teenstelling tot die liefde en vorm die eintlike hoofbestanddeel van die Satan. Die toorn kan egter nie sonder voeding bestaan nie; daarom het hy altyd `n tallose hoeveelheid voedinggewende geeste om hom heen wat hom voed, aan wie hy suig en op wie hy teer. Net soos wat die liefde nie sonder voedsel kan bestaan nie, naamlik die wederliefde, so kan die woede ook nie bestaan sonder woede teenoor hom nie, want dit is sy voeding. Laat ons egter bekyk watter gespuis hy om hom heen het om hom te voed.
[4] Haat is die belangrikste voeding van die toorn, daarna die hoogmoed en wat daaruit voortkom, naamlik selfsug, afguns, gierigheid, egbreuk, hoerery, veragting van al die goddelike, ook geringskatting van die gelyke, moord en doodslag, heerssug en ten slotte volkome gewetenloosheid. Dit is ongeveer die newe-aanvoerders van hierdie woededuiwel, waarvan elkeen nog `n vrye groot aantal ondergeskikte slegte geeste het, wat hulle in die veelsoortige hartstogte van `n deur woede besete mens maklik laat herken.
[5] Hierdie bose gees is, as hy van `n liggaam besit geneem het, net so moeilik om uit die vlees van `n mens te kry, as wat dit moeilik is om `n brandende huis te blus, waar die vlamme aan alle kante uitslaan. Daar is niks anders meer moontlik as om dit tot op die laaste balk te laat uitbrand en mettertyd die afgekoelde te ondersoek of daar nog iets in hom is, wat nie deur die afskuwelike gloed verteer is nie.
[6] Omdat hierdie woededuiwel so vreeslik is, soos te sien was by die twee Gadareners*, moet ons tog te wete kom hoe hierdie uitskot van die hel in die vlees van die mense kom. *(sien Die Groot Johannes Evangelie Deel 2 - 228)
[7] Hierdie gees kom nie soos die ander, eers langsamerhand in die vlees van die mense nie, maar hy word al by die verwekking soos `n saad van die hel daarin gelê en moet ook daarin wees, omdat die saad die voorwaarde is vir die ontwikkeling van die vlees. Maar die saad sal nie tot selfstandigheid kom, as die pasgebore mens nie daartoe opgevoed word nie.
[8] Eers deur `n bepaalde opvoeding word die verderflike stof in die lewer gestoor en as dit eenmaal oorvloedig daar aanwesig is, dan verwek hierdie stof op sigself die selfstandigheid van die woededuiwel; maar as dit selfstandig geword het, neem hy die hele siel baie gou gevange en trek haar binne sy bereik, waardeur die hele mens dan binne `n kort tydjie `n formele duiwel word.
[9] By baie mense is dit nie volstrek nodig dat hierdie vleesduiwel sy volledige selfstandigheid bereik nie, maar ook die uitwaseming van die verderflike spesifikum plant hulleself in die hele liggaam voort en wel eerste in die bloed, wat baie vinnig opbruis as dit voldoende met hierdie spesifikum vermeng is. Deur die bloed kom dit in die senuwee, hierdeur in die senuweegees en deur die senuweegees in die siel.
[10] As die slegte spesifikum ook die siel deurdring het, dan is die mens ook minstens al `n halwe duiwel en dit is nie goed om met so `n mens om te gaan nie.
[11] Die soort mens is daaraan te herken, dat hy oor elke kleinigheid, wat hom ook maar enigsins beroer, buitengewoon hewig opbruis en dadelik gereedstaan met vloeke en slaan. Hy lyk soos `n rooi gloeiende yster, wat op sigself baie stewig en rustig blyk te wees; mens hoef egter maar net ietwat houtsaagsels daarop te gooi en dadelik slaan daar rook en vlamme uit!
[12] Dit alles kon deur `n passende goeie opvoeding van die kinders vermy gewees het; ook al is daar by die een of ander `n groot aanleg daarvoor aanwesig, tog kan dit deur `n goeie opvoeding, met daarnaas ook `n goeie lewensdieet so georden word, dat daar mettertyd maar net iets goeds, in plaas van iets verkeerds, daaruit kan kom.
[13] Die grootste fout daarby is die verwenning van die kind; by hierdie slegte gewoonte word elke ondeug van die klein kind deur die vingers gesien. Die kind word van dag tot dag ouer en merk hoe hy die allerlei ondeugde en klein streke ongestraf kan begaan. Dan probeer hy steeds groter sogenaamde kwajongstreke te onderneem; en word van die kant van die ouers maar weinig of glad geen aandag hieraan geskenk nie, sodat die kind al `n soort standvastigheid in sy woede bereik, dan werp hy hom baie gou op tot `n onstuimige eiser en gebied gewoonlik dat `n mens dit vir hom gee waarna hy verlang. Gee mens dit nie vir hom nie, of staan mens hom `n bepaalde iets nie toe nie, dan word hy rooi van woede en dikwels onverdraaglik ru en grof.
[14] Laat die ouers hulle deur die gedrag bang maak en gee hulle toe aan die ongebreidelde verlange van die kind, dan het hy al die eerste graad van duiwelse selfstandigheid bereik. Weldra begin die opgroeiende kind hom dan tot brutale wetgewer van sy ouers op te werp en dit gaan met die ouers werklik sleg, as hulle die eise van hulle ontaarde kind nie dadelik sou inwillig nie.
[15] Word so `n kind nou ouer, groter en sterker, dan sou baie ouers hulle lewe nie seker wees as Ek nie hierdie vleesduiwel deur velerlei siektes in die vlees van sulke bedorwe kinders aan bande sou lê nie. Slegs deur hierdie siektes word hy tot `n sekere graad uitgedryf, veral gedurende die tyd wat hy in die bloed gekom het. Rooivonk, uitslag, masels, vlekke, pokke en nog ander siektes is afvoermiddele van dit wat die menslike natuur bederf. Dit dryf die bose spesifikum natuurlik nie heeltemal uit nie, maar slegs in sover as wat hulle hulleself in die bloed gewaag het.
[16] As die ouers egter na so `n deurstane siekte van die kinders, waardeur Ek hulle te hulp gekom het, verstandig sou wees en die kind ordelik en volgens vaste reëls sou behandel, dan sou dit vir hulle en die kind geestelik en liggaamlik `n goeie saak wees.
[17] Maar daarna verwen hulle hom gewoonlik des te meer en dan word die tweede toestand meestal erger as die eerste; want as hierdie vleesduiwel in die kind gemerk het, dat die weg deur die bloed nie veilig is nie, dan gaan hy die bloed verby en gaan reëlreg op die senuwee af. As die senuwee dan aangetas is, dan word die kind baie gevoelig, wat die ouers gewoonlik vir `n sieklike toestand aansien en dan gee hulle hom alles wat hy maar verlang om hom nie te prikkel vanweë die vermoedelike swak senuwee nie.
[18] Dan moet Ek weer tussenbeide kom en die vlees van die kind met disenterie (maagwerking) of swaar hoesaanvalle teister, sodat die spesifikum weer uit die senuwee afgevoer word, waardeur die vlees van die kind, as hy soortgelyke hulpmiddele kan deurstaan, weer `n tyd lank geholpe is, hoewel dit meestal beter is dat so `n verpestelike kwaad van die siel van die kind afgeneem word, voordat die vleesduiwel die siel kon aangegryp het.
[19] Daarom neem Ek gewoonlik van sulke ouers, wat hulle kinders teveel verwen, die kinders af; meestal is dit die geval by ouers wat min kinders het en daarom dikwels kla: “Ek het maar een kind, en hy is voortdurend siek" of “My enigste kind moes sterwe, maar my buurman het `n hele paar kinders en hulle loop halfnaak rond, hulle het geen versorging nie, is kerngesond en daar sterf nie een nie."
[20] Dit is sekerlik baie waar, sê Ek dan, omdat daar `n goeie rede voor is. Die enigste kind sou teveel verwen word en mettertyd heeltemal dood wees vir My ryk, omdat sy ouers dwase is en `n apeliefde het, waarmee hulle hulle kind vir die hele ewigheid sou dooddruk, as Ek net so `n dwaas sou wees as hulle hulle kind sou laat behou as tydverdryf, sodat hulle hulle daarmee kon amuseer soos ydele stadsdames en kasteelvroue hulle amuseer met hulle papegaaie, hondjies en voëls.
[21] Aangesien Ek egter `n hoër doel met die mens voor oë het, as om maar net speelgoed te wees vir dom onnosele ouers, bly daar natuurlik geen ander middel oor as om die kinders reëlreg van die ouers weg te neem en hulle ter verdere opvoeding aan My engele te gee nie.
[22] Ek soek daarom altyd die kinders uit, wat deur hulle ouers, ook as hulle meer kinders het, teveel vertroetel en gelief word; `n te groot liefde van die ouers vir hulle kinders veroorsaak gewoonlik die dood van die kind.
[23] Laat Ek hulle liggaamlik in die lewe, dan sou hulle siel onherroeplik verlore wees en dan is die dood van die liggaam dus beter, sodat die siel vir die hemel behoue bly. Daarom moet ook niemand hulle verwonder, as soveel kinders in hulle jeug en dikwels al in die wieg sterwe nie; want Ek weet die beste waarom Ek hulle al so vroeg uit die wêreld wegneem. Dit is beter dat hulle swak geeste in die hemel word, as dat hulle op hierdie wêreld tot sterk helse geeste sou uitgroei.
[24] Tog gebeur dit hier en daar wel, dat soortgelyke woedegeeste opgroei en dit moet ook gebeur terwille van die wêreld. As die ouers nog tydig genoeg die toorn en eiesinnigheid van sulke kinders kragtig bestry, dan kan uit hulle baie bruikbare en in een of ander vak baie ywerige mense opgroei; maar as daar nie voortdurend teen hulle toorn en eiegeregtigheid opgetree word nie, dan groei uit hulle rowers, muiters en so moontlik ook dikwels afskuwelike pynigers van die mensdom. Daarom moet mens dit aan alle ouers, wat by een van hulle kinders toorn, ydelheid, eiedunk, selfsug en pronksug ontdek, op die hart druk om hierdie hartstogte met alle energie te gryp en uit te roei. Die gevolg daarvan sal wees dat hulle baie flukse en bruikbare mense van hulle sal maak, omdat daardeur die bose spesifikum in hulle in `n goeie spesifikum omgesit word deur `n noukeurige psigies-chemiese proses.
[25] Hierdie merkwaardigheid is baie belangrik en mens moet die korrekte aandag daaraan skenk, daarom sal ons nog enkele dinge daaroor sê.