|
Aarde en Maan JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94. |
|
|
Die nier van die aarde
18-1-1847
12 Na die lewer bekyk ons die nier. Hierdie is in drie opsigte `n baie opmerklike lewenswerktuig in die dierlike organisme, want dit het drie essensiële en baie belangrike take, waarsonder die dierlike lewe gladnie sou kan bestaan en die voortplanting nie denkbaar sou wees nie, terwyl ook geen enkele wese homself sonder die orgaan ooit in `n vrolike stemming sou kon voel nie. Want `n sekere fisieke opgewektheid kom voort uit die niere; vandaar dat die orgaan ook dikwels in die heilige Skrif aangehaal en genoem word.
[2] Die nier het in die eerste plek die taak, om uit die lewer afgeskeide water, wat nie meer vir die organisme bruikbaar is nie, op te neem; wat nog uit die water vir die lewe bruikbaar is, word daar geabsorbeer en die heeltemal ondeugdelike bestanddele van die water, word na die blaas afgevoer.
[3] Die geabsorbeerde, edele deel is die eintlike materiële stof van die bevrugtende saad, wat nog eers deur die bloed opgeneem word en daardeur dan in besondere reservoirtjies gelei word, waarna dit dan as positiewe teenoorgestelde krag deur die negatiewe krag van die sogenaamde teelballe geskik gemaak word vir die bevrugting. - Dit is dus die tweede belangrikste taak van die nier.
[4] Die derde, nog belangriker funksie van die orgaan bestaan daarin, dat die orgaan deur geheel eie, baie klein en meer verborge lêende vaatjies met hart, longe, maag, milt en lewer in baie nou verbinding staan en daarom - meer geestelik gesien - solank `n mens of dier leef, die siel tydens die geslagsdaad tydelik tot `n noodsaaklike verblyfplek dien; en omdat die orgaan hierdie taak op die manier vervul, verwek dit in die natuurlike lewe `n bepaalde bly, welbehaaglike gevoel, wat natuurlik nie aan die liggaam nie, maar aan die siel en nog meer aan die haar ten grondslag lêende gees, toe te skryf is.
[5] Want wie ooit regtens geslagsgemeenskap gehad het, hoef homself nie te herinner hoe hy deur sy hele organisme heen, daar `n verruklike, heerlike gevoel van welbehae versprei het nie. Hy hoef homself ook nie te herinner nie dat - as hy homself gedurende `n geruime tyd van die onnodige gemeenskap weerhou het - `n langdurige opgewekte gevoel van welbehae dan van hom meester maak, waardeur hy dikwels sonder om te weet waarom, so opgewek en vrolik is, dat hy in alles wat hy sien, `n salige vreugde ondervind.
[6] Hierdie toestand ontstaan fisies in die nier en daarom het die orgaan ook byna die uiterlike vorm van `n werklik maklike kussinkie en mens sou kan sê: “Kyk, daar is `n aangename, sagte sitplek, daar kan mens goed uitrus." So is wat die liggaamlike geluksaligheid betref, daarvoor deur die orgaan gesorg, dat dit andersins net in die hart en die hoofwerksame siel hier `n soort rusplek vind en daar soms - soos mens wel sê - haar gemak daarvan neem.
[7] Ook by die sogenaamde somnambulisme (slaapwandelary) tree die siel meestal in dié orgaan, wat deur die sogenaamde ganglionselle (senuweeknoop) in nouste verbinding met die maagholte staan, deur welke keuse, die siel dan in so `n toestand gewoonlik ook sien, hoor, voel en haarself as dit nodig is, ook met die buitewêreld in verbinding tree.
[8] As die orgaan nou so `n prysenswaardige bestemming het, dan sal dit ook nodig wees om haar bou ietwat te begryp. Die opbou van dié orgaan het weer `n duidelike gelykenis met die van die milt en die lewer, slegs met die onderskeid, dat dit deur die bekende kussingagtige indeling haarself essensieel van die ander onderskei. Aan beide kante het sy `n soort lobsakke, wat van mekaar geskei is, deur `n aansienlike induiking en `n wit-agtige selweefsel. Hulle vorm slegs in die middel, wat ook uit `n witterige selweefsel bestaan, `n samehangende geheel. Hier deurheen loop die vernaamste waterkanale, wat die edele saadstof aan die lob lewer; hulle het die - soos alreeds gesê - uit die van die lewer afkomstige water geabsorbeer. In die lobbe word die sap deur die in haar opgewekte elektrisiteit ryper, subtieler en meer vloeibaar gemaak. Dit word dan so in die tere bloedvate van die orgaan opgeneem en eers saam met die bloed na die hart gevoer, van waaruit dit dan weer deur totaal eie vate in die vir hom bestemde voorraadkamer gelei word, waar dit dan voortdurend deur die sogenaamde teelballe sy voedsel verkry en so bruikbaar gemaak word vir sy bestemming. Nou het ons, vir sover dit vir ons doel nodig is, die bou van die orgaan bekyk en ons kan nou dieselfde orgaan in ons aarde gaan opsoek.
[9] Die nier van die aarde lê taamlik suid, ongeveer ewe ver suid van die ewenaar en dus nader aan die Suid- as aan die Noordpool. Sy het - wat haar vorm betref - `n groot gelykenis met die ooreenkomstige orgaan van `n vark en meer nog met die van `n olifant, wat eintlik ook tot die familie van die varke hoort. Die aardorgaan het byna heeltemal dieselfde taak as die orgaan by die diere en is die hoofbron, waaruit alle seë haar water put en waaruit ook, bietjie vir bietjie, al die ander water op die oppervlakte van die aarde kom.
[10] Die aarde het weliswaar - voordat die see aangebied word - nog `n hele spul urineblase, wat hulself veral as groot waterreservoirs, tussen die aardkors en die binneste vaste aarde bevind en waarvan enkele groter is as `n hele wêrelddeel, byvoorbeeld Europa. Uit hierdie groot urineblase van die aarde, kry dan eers die see en daarna ander waters van die vasteland hulle voeding en hulle steeds gelykmatige watertoevoer. Dit is die eerste taak van hierdie aardorgaan.
[11] Die tweede taak is die afskeiding van die edele water, wat vir die teel sorg en afkomstig is uit die growwer aardurine. Die edele teelwater styg nie dadelik na die oppervlakte nie, maar word eers - net soos by die diere - na die hart van die aarde teruggelei en van daaruit deur `n paar spesiale kanale en are omhoog gebring na die oppervlakte. Daar verskyn dit gedeeltelik as soutbronwater en gedeeltelik as dou, wat op die hele plantewêreld, die mees bevrugtende invloed het. Dit is die tweede taak van die aardnier. Hierna sal ons die derde en die mees merkwaardige in oënskou neem.
|
|
|
|
|