Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Voeding en rotasie van die aarde.

11-1-1847.

7 Omdat die aarde as`t ware een groot organiese dierlike liggaam is, moet dit as sodanig voedsel tot haarself neem om te kan lewe. Daartoe is - soos by elke dier, of selfs by elke plant - of `n mond, of ook meer eet- of suigslurpe nodig. Bepaalde diere, soos byvoorbeeld die poliepe en ander soortgelyke diere, het baie soortgelyke suig - en eetslurpe. `n Suigslurp onderskei homself van `n eetslurp daardeur, dat die suigslurp maar net vloeibare voedsel opneem en dit ter verdere voeding van die dierlike liggaam na die daarvoor bestemde verteringsorgane lei; maar `n eetslurp neem ook liggame soos allerlei insekte en ook bepaalde klein plante met wortels in haarself op, pers hulle fyn deur haar oormekaar heen vrywende stewige spiere en bring dit dan eers fyn gepers in die verdere verteringsorgane.

[2] Dieselfde is ook min of meer die geval met alle plante, bome en struike, omdat veral hulle wortels niks anders as poliepagtige suigspriete is nie. Hul blomme, en veral hulle meeldrade is grotendeels as eetspriete te beskou, wat - hoewel vir kort tye - die bevrugte stuifdeeltjies in hulleself opneem, hulle kneus en dan die bevrugte sap na die komende vrug lei om dit tot lewe op te wek en te voed. Tegelykertyd is elke dierlike egter - net soos elke plantaardige liggaam, - met baie klein suighaartjies bedek, wat spesiaal daarvoor dien om die elektriese en eteriese lewenstof uit die vrye lug deur hulleself heen na binne te suig.

[3] Waar alle dinge, soos plante en diere, egter klein ooreenkomstige voortbrengsels van die aardliggaam is, is dit begryplik dat dit alles op groter skaal ook in die aardliggaam aangetref moet word. Die aarde het daarom, net soos elke dier, `n groot hoofmond wat by haar wese aangepas is, waardeur sy ook die vernaamste voedsel in haarself opneem. Naas hierdie hoof­mond het sy egter nog oral talryke groot en klein suig- en eetslurpe, waarteenoor sy dan tewens `n ooreenkomstige hoofafvoerkanaal het en daarnaas ook nog talloos baie kleiner afvoerkanaaltjies.

[4] Ons sal, om nie onnodig te ver uit te wy nie, eers die hoofmond en dan die daarmee ooreenkomende hoofafvoerkanaal verken, omdat dit die meeste invloed op die roterende beweging van die aarde uitoefen. Die talryke klein voedings- en afvoerkanale sal ons maar aan `n kort beskouing onderwerp; en dus gaan ons oor na die hoofmond.

[5] Die noordpool is die hoofvoedingsmond van die aarde en die suidpool haar daarmee ooreenkomende vernaamste afvoerkanaal.

[6] Hoe lyk hierdie mond dan? Hy is taamlik groot. Die deursnee van die mond, gereken vanaf die buitenste rand, waar die ingang tregtervormig begin, het gemiddeld `n afmeting van tussen 20 en 30 myl (Ou lengtemaat, 1 Duitse myl = 7,420 kilometer; Dus 150-220km), maar aan die onderkant word hy nouer en meet net iets minder as `n agste myl (900m). Met dieselfde dikte-afmeting gaan die slukderm taamlik reg na benede tot in die maag van die aardliggaam. Die wande van hierdie slukderm is baie ongelyk en geriffel en oor lang afstande so met puntige uitsteeksels beset, asof sy met die vel van `n reuse ystervark oortrek is.

[7] Die maag van die aarde lê vlak onder die hart, taamlik in die middel van die aarde. Dit is `n ongeveer 10 vierkante myl omvattende hol ruimte, wat in alle rigtings deur klein en groter dwars suile (pilare) - baie met `n deursnee van wel 200 klafter (Ou lengtemaat vadem. 1 Weense klafter = 1,9 meter; dus 380m) as`t ware in alle rigtings deels groter gemaak word, deels ondersteun word. Hierdie maag en die daarin bevindende dwarsstutte, wat lyk soos ovaal stroke en ook soos ovaal pilare met bogenoemde deursnee, bestaan nie uit een vaste massa nie, maar dit het ongeveer dieselfde hoedanigheid as `n groot elastiese rubbersak, waarvan die binnewande ook met dieselfde rubberagtige massa verstewig is, sodat dit nie deur `n van buite af werkende swaartekrag saamgepers kan word nie.

[8] Vanuit die nou beskrewe maag gaan `n skroefvormige hoofkanaal deur die hele aardliggaam heen, mond uit by die suidpool en is van dieselfde materie as die maag, maar word by die uitmonding geleidelik steeds harder.

[9] Dat vanaf hierdie hoofmaag van die aarde en vanaf haar hoofafvoerkanaal tallose voedingskanale en vate loop, hoef nouliks vermeld te word, omdat dit wel vanself spreek. Ons het dus nou die mond, die maag en die afvoerkanaal van die aarde bekyk en wel so goed en vinnig as wat moontlik is vir so `n groot geheel.

[10] Noudat ons die mond, die maag en die afvoerkanaal ken, kom die vraag waarmee die aarde deur haar mond gevoed word; en omdat dit die hoofmond is, gaan dit ook hier oor die hoofvoedsel.

[11] Diegene wat ooit die geleentheid gehad het om self oor die aardoppervlakte na die hoë Noorde te gaan en daarby ook kennis van die natuur besit, sal in hierdie noordelike poolstreek verskynsels ontdek, wat mens op geen enkele ander plek van die aarde sal aantref nie. Ten eerste is dit `n baie koue lugstreek, wat veral in die winters, vir julle instrumente, `n nouliks meetbare hoë graad bereik. Met hierdie swaar, koue lug verenig in die rigting van die Noordpool `n steeds digter wordende newelmassa, waar, veral in die winter, ontelbare ligkluwes soos vallende sterre daarheen skiet; verder sal die reisiger rondom die wye poolrand `n ontsaglike dykagtige opeenhoping van sneeukristalle aantref en so nou en dan ook nog enorme hoë pieke van ys.

[12] En kyk, daar het ons al die voedsel; - die aardmond trek hierdie sneeu en ysmassa met groot magnetiese krag na binne en lei dit na die groot maag, waar dit voedsel in die vorm van kristalle afset op die wande, die dwarsstutte en die steun van die maag. As die maag as`t ware gevul is, kom daarby die warmte van die aardhart en sy sit die maagwande in `n vibrerende beweging. Die dwarsstutte in die maag trek hulself dan ook spoedig nouer saam en sit hulself dan weer uit. Daardeur word die kos fyn gevryf en gemaal en deur hierdie aksie word `n nuwe elektriese stof opgewek, wat die voed­same waterdele in die maag ontleed en na die tallose voedings­kanale lei. Dan gryp `n negatiewe elektriese stroom die onverteer­bare reste uit die maag en dryf dit met groot krag weg deur die skroefagtig gevormde afvoerkanaal. Op hierdie manier moet hierdie ekskrementagtige voedingsreste, as gevolg van voortdurende, kragtige wrywing nog die laaste wat daar van die voedsame substansie oorbly, afgee, waardeur dan ook die noordelike halfrond baie meer kompakter is as die suidelike halfrond, omdat op die suidelike deel ook merendeels die laaste en slegste voedingstowwe aankom.

[13] Deur die uitdrywing van die laaste ekskremente [uitwerpsel], word ook die rotasie van die aardliggaam bewerkstellig en wel deurdat hierdie baie lugtig lykende ekskrement in die spiraal­vormige beweging buite op die vrye eter stuit en daardeur aan die aarde `n draaiende beweging gee, net soos `n, om `n as gewende skroef­draad die as in beweging sit as hy aangevuur word. Dit gebeur omdat die lug wat uit die skroefdraad ontwyk, so `n groot druk uit­oefen, dat die lug daarbuite nie netso vinnig kan ontwyk nie. Daardeur word daar tussen die uitstromende lug van die skroef­draad en die buitelug een ononderbroke drukkolom gevorm, wat die as waarop die skroefdraad bevestig is, in `n noodsaaklike ronddraaiende beweging bring, op die manier waarop `n opstygende vuurpyl deur `n soortgelyke, vinnige onder haar groeiende lugkolom, omhoog gedra word.

[14] Uit die maklik te begrype voorbeeld kan julle insien, hoe die daaglikse rotasie van die aarde deur haar eie volkome natuurlike meganisme opgewek word en voortdurend gelykmatig onderhou word. Hiermee het ons een van die belangrikste plekke van die binneste aarde beskou en wel in `n kort bestek so noukeurig en goed as wat maar moontlik was. Op dieselfde manier sal ons die volgende keer `n ander, nie minder belangrike plek uitsoek en daar `n kort tydjie bly om haar te beskou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205