Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Antwoord op vraag 4

[12] Wat die laaste vraag betref, julle gedagte dat die maan die slaapwandelary sou veroorsaak, is volkome onwaar. Dit word gedurende die tyd dat dit volmaan is, maar net veroorsaak deur die intensiewer word van die magnetiese fluïdum van die aarde self. As die maan haar in die volle lig van die son bevind, dryf die lig die magnetiese fluïdum van die maan as`t ware weer na die aarde terug, waardeur die aarde dan weer hoër gelaai word en mense, wie se bloed deur inwerking van water, lug of eetgerei meer metale bevat, het dan die natuurlike moontlikheid in hulle, om juis die terugstromende fluïdum geleidend op te neem.

[13] Wanneer hulle senuwees dan daarmee opgevul word en `n hinderlike druk op die siel begin uitoefen, dan ontwaak sy of eerder gesê: Sy maak haar los van haar liggaamlike bande en wil die druk van die liggaam ontvlug. Die liggaam het nog `n geheel eie senuweegees, wat ten eerste sterk verwant is met die magnetiese fluïdum, ten tweede egter net so innig met die siel, wat weer deur hierdie senuweegees verbinding het met die liggaam en daarmee korrespondeer. As die siel daar tussen uit sou wou gaan, wek sy ook die senuweegees wat innig met haar verbonde is en hierdie dan natuurlik weer die liggaam en so werk die sogenaamde slaaptrein dan, asof daar drie mense agter mekaar loop wat aan mekaar gebonde is; maar die gees bly in die siel, waardeur sy ook leef. As so `n slaapwandelaar dan sy gesig na die maan toe keer en dikwels op dakke en kerktorings klim, gebeur dit omdat hy hom uit die magnetiese oorvolle diepte van die aarde wil verhef en daardeur sy drukkende oorvloed van die fluïdum wil verminder, sodat die liggaam weer geskik raak om sy siel met die gees deur die senuweegees opnuut op te neem en te herberg. As die liggaam vry geword het, bring die siel hom deur middel van die senuwee­gees na sy vorige plek terug en verenig haar dan eers weer heeltemal met die liggaam. Natuurlik weet die siel niks van die toestand nie, omdat sy geen geheue het nie. Dit word ten onregte deur die filosowe vir `n sielsvermoë aangesien, terwyl dit so is, dat die siel slegs dit weet wat sy korrek sien, die herinnering van die siel in die liggaam is niks anders nie as `n herhaalde terugsien van die ooreenkomstige vorm wat die gees in haar dra.

[14] Nou weet julle alles, behalwe dat dit eintlik die essensiële is van die magnetiese fluïdum, wat dit is en waaruit dit bestaan, is nie met `n paar woorde te verduidelik nie; want met enkele wyse woorde sou julle dit moeilik begryp en vir `n lang uiteensetting is julle reeds te vermoeid.

[15] Wag julle daarom die volgende geleentheid af om die nie onbelangrike naskrif te ontvang, waarmee die werk eintlik eers afgerond sal wees. Dus vir vandag Amen! Ek, julle Vader, Amen!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205