Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Geeste as opsigters in die natuur

5-3-1847

44 Mense weet, hoe tuiniers en boere die saad op bepaalde tye in die aarde strooi en dat gou daarna elke saadkorreltjie wat in die aarde gestrooi is, begin opswel, eindelik oopspring op die plek waar die kiem sit en `n klein witgroen puntjie uit die saadjie tevoorskyn kom. Dit is die kiem. Byna sigbaar groei hierdie kiem baie teer verder en verder omhoog en daar, waar eers maar net `n puntjie te sien was, ontvou hom nou al twee, drie en meer blare en steeds meer dy die gewas uit, wen aan stewigheid en krag en weldra sien mens al blomknoppe. Van uur tot uur word sy voller, spring eindelik oop, ontvou haar en die blom kom te voorskyn en in haar kelk sit die nuwe vrug al, soos `n jong by in haar kokon, wat eers as `n suigeling gevoed word deur die heerlike geure van die blom. Het die nuwe vrug deur hierdie hemelse kos sterk genoeg geword, dan ontvang sy haar voedsel uit die stam en haar lewe van die lig. 

[2] Kyk, dit is die natuurlike verloop tydens die groei van die plant; want die groeiproses begin met die plaas van die saadkorrel in die aarde, en eindig met die rypword van die vrug.

[3] Die saadkorrel self het net so min krag om voedsel vir homself te soek as `n pasgebore kind dit het, ja selfs minder as `n kind in die moederliggaam, as daar geen geeste was wat die siele-intelligensiespesifika die rigting gee, waardeur hierdie spesifika hulle juis na die bepaalde punt moet begewe, waar hulle spesiale werkterrein lê.

[4] Om `n duidelike beeld hiervan te gee, neem ons `n koringkorrel. Dit bevat die volgende spesifika: Ten eerste liefdesdeeltjies, die eintlike voedingstof in die saadkorrels van die koring. `n Tweede spesifikum is die geestelike, of eintlik die spirituele basis­bestanddeel, waardeur uit koring ook, net soos uit ander vrugte, alkohol gewen kan word. `n Verdere spesifikum is koolstof, wat oombliklik by verbranding sigbaar word, waardeur dit ook dikwels gebeur, dat, as teveel van die spesifikum in die halm opstyg, die koringkorrel op die veld al branderig en eindelik swart word. Weer `n ander spesifikum in die graan is die suur of broustof, waardeur uit hierdie saadkorrel ook, net soos uit gars, hawer en koring, `n goedsmakende bier berei kan word. Nog `n ander spesifikum is die eteriese swawel, wat die moontlikheid tot verbranding van die saadkorrel bewerkstellig. Nog `n ander spesifikum is die oliestof waardeur uit koring, net soos uit ander saad, `n baie goed­smakende olie berei kan word. Weer `n ander stof is die suikerstof wat ryklik in die koringkorrel voorhande is. Nog `n ander stof of spesifikum is die klewerige stof, as gevolg waarvan die sogenaamde stysel uit hierdie saadkorrel gewen kan word.

[5] Dan is daar in die saadkorrel nog `n flinke hoeveelheid van die suiwerste en eenvoudigste waterstofgasspesifikum, wat oor die geheel geneem, `n belangrike bestanddeel uitmaak van die koring­halm, net soos van alle ander plantsoorte. Want hierdie stof of die spesifikum vul altyd die hol buis van die halm en hou hom regop. Sonder hierdie stof kan die halm nie omhoog groei nie en daarom is die hol halm dus `n ballon wat verbonde is met sy in die aarde stekende wortels; die ballon hou die vesels van die plant regop, solank dit nog nie haar eie stewigheid verkry het nie. As sy die nodige stewigheid bereik het, dan trek die spesifikum steeds meer in die ryperwordende saadkorrel in en word daar as `n basisspesifikum bewaar om by die volgende saaisel as eerste noodsaaklikheid vir die groei in voldoende hoeveelheid aanwesig te wees.

[6] Uit hierdie opsomming van spesifika in ons koringkorrel het ons gesien, hoeveel basisspesifika werksaam aanwesig moet wees. Hoe word dit egter gelei? - Deur vir die doel aangestelde geeste, waarby altyd egter `n onderverdeling van die geeste plaasvind, waar elkeen `n territorium onder hom het.

[7] Van die laagste soort geeste het elkeen maar net `n akker, wat ongeveer so groot is soos die natuurlike akkers van die mense op aarde. So `n gees het die hiertoe benodigde wysheid en krag en lei die afsonderlike spesifika slegs deur sy wil en hierdie wil is soos `n oordeel vir die vrykomende sielespesifika. Hierdie gees ken die spesifika van die saadkorrel wat in die aarde geplaas is, presies; hy weet hoeveel daar vanuit die aarde en hoeveel van bo die sterre afkomstig is en weet ook van watter soort dit is en in watter verhouding.

[8] As die saadkorrel dan in die aarde geplaas word, dan asem die gees sy wil oor die akker uit; die wil, homogeen met die bepaalde spesifika, gryp hulle vas en dwing hulle na hulle bestemde plek. Dan stroom hulle daarheen volgens hulle op die punt gerigte intelligensie en begin daar, in die vorm van wesens wat soos infusiediertjies lyk, hulle werksaamhede; hulle besit intelligensie en aangepaste krag daarvoor. Dan vorm hulle die wortels en die buisies; ander gaan die wortels binne en voed of vergroot hulle; ander styg weer via die wortels in die stam op; die gelyksoortiges gryp mekaar vas volgens die orde van hulle intelligensie en `n soort van hulle vorm die buisies in die stam; die ander vorm die kleppe, pompe en ventilasie-sisteem, ander weer wat suiwerder is, styg deur hierdie buisies omhoog en vorm blare volgens die ordening en vorm van hulle intelligensie; ander weer, wat nog suiwerder is, styg weer hoër op in die buisies en vorm die knoppe, en die bloeisels. Die allersuiwerste en deur hierdie daad self gelouter, vorm die vrug en die heeltemal geestelike, as`t ware die sentraal intelligensies, verenig hulle in die vrug tot kiem en omhul hulle met `n weefsel, waardeur die uiterlike en nog nie so suiwer intelligensies, nie kan heendring nie.

[9] As die vrug met verloop van tyd hierdeur ryp geword het, dan het die gees van hierdie akker sy werk verrig en laat dit verder aan die mense oor en ook ietwat aan die natuurgeeste, wat dan die vergaan, of liewer gesê, die verdere oplossing veroorsaak van die dele wat nie tot die vrug behoort nie, sodat hierdie spesifika dan in die daaropvolgende tyd in `n rypere vorm kan opstyg.

[10] Dink jou nou net soveel geeste in as wat daar akkers en verskillende plantsoorte is; elkeen kry `n bepaalde soort op `n bepaalde territorium toegewys en moet daarvoor sorg dat die soort in `n voortdurende gelyke vorm en geaardheid gedy.

[11] Die minste onoplettendheid van die kant van so `n leidende gees het `n verkeerde groei en `n misoes tot gevolg, wat dikwels by die geeste voorkom, omdat hulle, met die oog op die werk wat hulle moet doen, geen geoordeelde, maar `n volkome vrye wil het, wat noodsaaklik is, omdat in `n geoordeelde wil geen krag kan lê nie. As die mense deur `n misoes getugtig moet word, is daar niks meer of minder nodig as om die werk deur meer louerige geeste te laat doen, wat hulle weinig daaroor bekommer nie en die misoes is `n feit. Want as hierdie geeste, wat die toesig het oor die plantegroei, wat volgens die ordening ontbonde sielespekifika nie in die korrekte orde en volgens die goeie aantal op hulle plek bring nie, dan styg diegene wat niks te doen het nie, dadelik op na die tweede vlak, verenig hulle daar tot selfstandige wesens en tot natuurgeeste, veroorsaak dan `n slegte weergesteldheid, slegte miasme (giftige uitwaseming) en dit alles werk sleg in op die groei van die plante.

[12] Sodat dit egter so min as moontlik sal voorkom en slegs op min plekke, het hierdie geeste weer `n hoër en meer volkome gees wat bo hulle staan, wat `n veel groter territorium te oorsien het. So `n gees is as`t ware soos `n landheer en het baie geeste onder hom. Stel jou die afsonderlike geeste as onderdane voor en die bo hom staande as landheer, dan het jy `n taamlike goeie verhou­ding, - of soos `n distrikshoof, wat verskillende sake onder hom het en afsonderlik in elke saak ingewy is; sy arbeiders verrig elkeen maar `n enkele aspek van die saak, maar hy oorsien alles en ver­deel die werk onder hulle volgens hulle talente.

[13] `n Landheer, of distrikshoof, bemoei hom nie met die gebied van `n ander nie. Sodat in alle gebiede egter tog een en dieselfde orde sal heers, volgens die aard van die distrik, is `n geestelike goeweneur weer bokant die gebiedshere gestel, wat as`t ware `n hele land oorsien en lei. Dit is `n gees uit die derde streek. Soos julle weet vorm meer lande `n ryk; daaroor waak `n engelevors. Oor alle ryke waak egter die Vors van die Vorste soos Hy ook waak - wat geen enkele gees kan doen nie - in elke afsonderlike spesifikum; en daarom sien die oog van die Heer oral wat daar is en wat daar gebeur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205