Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die twaalf tekens aan die hemel en die invloed wat dit uitoefen

1-2-1847

22 Onder baie ander dinge wat julle gelees het, sal julle ook in baie ou almanakke gevind het dat die sogenaamde twaalf tekens van die diereriem een of ander invloed op die vegetatiewe krag van die aarde uitoefen, soos wat daar ook hier en daar, as`t ware mistiek-profeties tussengevoeg is, dat soortgelyke tekens aan die hemel, en tewens die planete, `n invloed op die geboorte van diere en mense uitoefen en dat die toekoms van die mense hulleself selfs daarin reflekteer.

[2] Op sommige plekke rig die boere hulleself vandag nog daarvolgens. Hulle hou veral rekening daarmee wanneer hulle hulle produkte plant en oes.

[3] Mense beweer dat dit gedurende die kreef, die skerpioen, die weegskaal en die waterdraer nie goed is om te saai nie, omdat die vrugte dan dikwels vroeër bederf, voordat dit begin te ontkiem; daar is baie sulke riglyne; daarvan stam ook die baie, aan julle die welbekende dae met onvaste weersomstandighede af. Dat soort­gelyke idees, hoewel ietwat gebrekkig, nog tot op hede onder die mense lewe, is aan geen twyfel onderhewig nie. Boere-almanakke is tot vandag toe weerprofete en gee elke dag aan watter sterrebeeld `n invloed op die dag uitoefen; dit gee elke maand twee dinge aan, ten eerste hoe die maan die sterrebeelde deurloop en ten tweede onder welke teken die son staan en in watter teken dit sal kom.

[4] Ja, daar skuil werklik iets waar in hierdie saak, weliswaar ver­seker nie volgens julle bekende, baie onsuiwer manier nie, maar op `n wyse waar julle op `n baie aanskoulike manier met die vooraf­gaande inligting bekend gemaak was.

[5] Die maan deurloop sy baan presies binne 29 dae, wat hy wel in `n werklik nou kring onder die sogenaamde twaalf sterrebeelde deur trek, en dit gebeur op hierdie wyse, sodat die maan geduren­de die verloop van sy omlooptyd, agtereenvolgens baie natuurlik geleidelik onder elk van die twaalf sterrebeelde te staan kom.

[6] Presies dieselfde is skynbaar die geval met die son, ofskoon die aarde eintlik die hemelliggaam is wat beweeg en wat die twaalf diereriemtekens deurloop. Nietemin lyk dit tog of die son elke maand ongeveer een sterrebeeld verder te staan kom, waarom `n ander sterrebeeld dan ook elke maand in die kalenders aangegee word. By die deurloop van die vernaamste sterrebeelde gebeur dit natuurlik dat, - sowél deur die maan as deur die son - enkele sterre van hierdie sterrebeelde voortdurend deur hierdie twee hemel­liggame oordek word. Deur hierdie bedekking word natuurlik die invloed dan, wat bogenoemde sterre uit die sterrebeeld op die een uitoefen, vir `n kort tyd onderbreek. Dan moet daar, as gevolg van hierdie verskynsel, volgens die vooraf genoemde wette, een of ander verandering op die aarde te bemerk wees, veral by die dinge wat presies, deur die invloed van sterre, aan hulle verwant is, omdat hulle `n spesifikum nodig het vir hulle bestaan, wat uit die lig van hierdie sterre afkomstig is.

[7] Hierdie inwerking kan egter maar van korte duur wees, omdat die sterre nooit vir lang tye agtereen deur hierdie twee hemelliggame bedek word nie. Maar `n ander situasie kan ontstaan, waardeur `n werklike groot invloed wel op die aarde uitgeoefen word.

[8] Hierdie situasie van die bogenoemde twaalf sterrebeelde is die minder bekende skommeling, sowél die van die aarde in haar baan om die son, asook in die besonder die skommelings van die maan, wat in baie honderde jare nouliks een keer dieselfde baan deur­loop, wat sy vroeër geloop het. Deur hierdie skommelings is dit baie natuurlik dat die hoogste posisie (senit posisie) van bostaande twaalf diereriemtekens verander, en hierdie verandering laat dan baie voelbare en gevoelige veranderings op die aarde intree.

[9] By hierdie verandering kom dan nog die voortdurende verandering van die posisie van die planete, wat nouliks in duisend jaar, weer in presies dieselfde konstellasie te staan kom as die, waarin sy al `n keer haar invloed op die aarde uitgeoefen het.

[10] Bowendien moet mense, naas hierdie besonder belangrike situasies, ook nog rekening hou met die uitbarstings op die son. Daardeur word die sonlig swakker en kan nie met dieselfde krag op die aarde inwerk as wanneer dit heeltemal sonder leemtes al haar lig op aarde laat skyn nie.

[11] Die inwerking egter, wat afkomstig is van laasgenoemde verskynsels, word nie soseer in die onderste luglaag waargeneem nie, maar meer in die tweede, wat eers begin by `n hoogte van ongeveer vyf-, ses- tot seweduisend voet bo seespieël.

[12] Hier sal mens opmerk: In hierdie tweede luglaag sou `n mens ook die werkings moet bemerk wat veelvuldig in die onderste luglaag optree.

[13] Daarop moet geantwoord word dat so `n bewering selfs wiskundig onwaar sou wees. Want die strale van die werklik baie, ver verwyderde sterre, is op hierdie hoogte nog te weinig gekon­denseer. Dit kan daarom nog nie op hierdie posisie die spesifika vorm, wat dit ongeveer 1900 meter laer sekerlik wel veroorsaak nie. Dit kan afgelei word uit die toestand dat mense, van so `n hoogte snags, nie meer sterre van die vierde, vyfde en sesde grootte met die blote oog kan sien nie, nog minder die van die sewende, agste en nog verdere groottes, terwyl elkeen met gesonde oë, veral by die seekus, in `n helder nag nog sterre van die sewende en agste grootte met die blote oog kan waarneem.

[14] Waarom kan `n mens dit op `n 7000 voet hoë berg nie meer nie, en nog minder op nog hoër berge? Omdat die invallende strale van hierdie werklik ver sterre nog te weinig gekondenseerd is. Vir die oog om die ster te kan waarneem, moet die invalshoek minder skerp wees; ook het hy te weinig ligliggaam om `n werking tevoorskyn te roep en hoe hoër mens opgaan, des te meer sal `n mens hierdie teorie bevestig sien. Dit is ook die rede dat die plantegroei op sulke hoogtes afneem en ten slotte totaal ophou. Mens moet nie glo dat dit slegs deur die sonstrale veroorsaak word nie, hoewel dit hoër op ook minder dig word. Die son werk maar net indirek, sy ondersteun die invallende lig van die sterre en wel met dieselfde lig wat sy eers self uit die sterre opgeneem het. Sy fungeer dus maar net as ondersteuning, maar dit is nie sy wat die lig heeltemal alleen versprei nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205