Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die aktiwiteite van die geeste in die tweede lugstreek

15-2-1847.

31 Hier kom die vraag dadelik na vore: Is die geestelike wesens van hierdie tweede streek goed of sleg en styg hulle omhoog of gaan hulle omlaag?

[2] Hierdie vraag word juis deur `n spesiale waarneming van die geestelike wesens in die tweede streek duidelik genoeg beant­woord en elkeen sal goed kan uitmaak wat goed of kwaad is aan hulle en waar hulle heengaan.

[3] Die tweede streek kom die meeste ooreen met die lewe van die mense op aarde. Daar sien ons voortdurend heen en weer haas, `n saamskoling van gelykgesindes, oorlog, moord, gevangeneming, oorwinning, wegloop, steel en roof, kwaad doen en weer iets goeds daaraan toevoeg. Dit alles kan mens in die tweede streek beleef. Dit is die eintlike strydperk van die geeste; daarom lyk gebergtes, wat in hierdie streek is, baie verweerd, soos `n vesting wat jare lank `n beleëring deurstaan het.

[4] Slegs al die aanblik van hierdie hoogte toon ons duidelik hoe strydlustig dit in hierdie streek gaan. Daar heers egter ook vryheid soos nêrens anders nie, omdat dit die plek van voorbereiding is, waar die geeste óf vir die hemel, óf ook wel vir die hel voorberei word. Want die siel en die gees van elkeen wat gestorwe is, kom dadelik na sy dood eers in hierdie streek, waar hy presies so verder leef, soos wat hy op aarde geleef het. Hy geniet volle vryheid en soek natuurlik sy gelykes hier op; so ontstaan same­skoling en waar eenmaal in `n vereniging baie saam is, word weldra planne gesmee hoe dié een óf ander, gewoonlik deur geweld of deur lis, bereik kan word.

[5] In so `n vereniging is ook baie gou weer verraaiers, wat `n plan van hulle vereniging aan `n magtiger vereniging verraai. As die vereniging deur die verraaiers te wete kom, watter dreigende planne daar teen hulle gesmee word, begin hulle hulleself te bewapen. Dit word in die natuurlike wêreld merkbaar deur `n steeds toenemende bewolking. Dit duur nie lank voordat die verbitterde leërs teen mekaar optrek nie. Maar die alles deursiende, magtige vredesgeeste waak oor hulle. Hulle daal af, neem die verbitterde leërs heeltemal solo gevange en werp hulle neer op die aarde. Dit duur dan geruime tyd, voordat hulle as`t ware weer hulle kragte byeen geraap het en moed versamel het om langsamerhand saggies na die plek terug te keer, waar hulle deur die vredesgeeste na buite gewerp was, soos `n kwaadwillige gas uit `n herberg. Dit manifesteer in die geestelike sfeer egter nie soos wat dit homself hier in die materiële wêreld vertoon nie, maar meer asof egte verraaiers hier deur die politiek gevange geneem word, geboei en in `n passende sel opgesluit word. Die sel is die materie waarin hulle weer gevang word en die politiek is die vredesgeeste uit die derde streek. As die geeste na so `n kragtige teregwysing hulleself verdeemoedig het en deur die verdee­moediging in `n toestand gebring word waarin hulle My Naam kan en wil uitspreek en in hierdie Naam hulp, redding en heil soek, dan word sulke geeste dadelik baie vriendelik deur die vredesgeeste begroet en reëlreg na die derde streek gelei en daar, weliswaar in die begin onderaan, in hierdie streek ingekwartier, waar hulle dan in voortdurende kontak lewe met hierdie rein geeste en vandaar uit, namate hulle liefde tot My en My ordening toeneem, steeds hoër en hoër opstyg.

[6] Dit alles kan mens ook vanuit die natuurlike wêreld sien en wel in die dikwels voorkomende verskynsel van die verdwyn van die wolke aan die uitspansel, - waar in die teenstellende geval, wanneer daar bose sameskoling in opkoms is, hulleself skielik in die ope lug, veral rondom die toppe van hoë berge, wolke begin te vorm, waar die helderste hemel nog voorheen te siene was.

[7] Die oorsaak van dié verskynsel lê daarin, dat die geeste steeds hartstogteliker word, waardeur hulle hulleself ook steeds meer vermaterialiseer namate die slegte eienskappe digter saamgepak in hulle opstyg. Want alle materie is so ver moontlik van My verwyderd en is op sigself niks anders as die afdruk van `n baie verkeerde hartstog nie.

[8] As die gees weer deur die hartstog van sy siel gevange geneem word, dan verwyder hy homself van My en hoe verder hy homself van My verwyder, des te growwer en materiëler word hy, tot hy ten slotte selfs in die materiële wêreld onder die een of ander materiële vorm, wat met sy hartstog ooreenstem, sigbaar word. Hy word dan weldra te swaar vir hierdie tweede streek, as gevange in `n grof materiële liggaam na benede gewerp deur sy eie gewig, wat die wil is van die vredesgeeste en ook Myne, want My wil is die gewig van alle liggame.

[9] Dat sulke geeste dan dikwels geheel materieel bly en uit eie kwaadwilligheid liewer afvalhope of die mees vieslikste diere en lelikste plante bewoon, as om hulleself te verdeemoedig, daarvan getuig `n menigte voorbeelde te alle tye en hier moet `n goeie leiding gehandhaaf word, sodat sulke omlaag geworpe gespuis hulleself in hulle kwaadwilligheid nie op die edel vrugte en diere werp nie; want as dit sou gebeur, dan sou vrug en dier ten gronde gaan.

[10] Die aartappelsiekte van die vorige jaar het presies dieselfde oorsprong gehad [1847]; As koring en graanvelde skielik branderig word, dan is dit weer die gevolg van die inbesitneming deur sulke bose geeste, wat dan materieel te voorskyn kom. Dikwels werp sulke demone hulleself ook op allerlei diere; dan kom daar baie gou besmetlike siektes onder die diere, selfs die visse in die water bly nie daarvan verskoon nie. So is die egte pes ook meestal, net soos ander epidemiese siektes by die mense, `n gevolg van die feit dat sulke bose geeste die liggame in besit neem van mense en dit op die een of ander manier verniel. Daardeur sou die natuurlike dood dan maklik kan intree, as daar nie gou sulke spesiale middele in My Naam aangewend word nie, waarvoor hierdie demone moet wyk. 

[11] Nou weet julle al heelwat oor hierdie geeste, of hulle goed óf boosaardig is en waarheen hulle gaan en op welke manier. Sodat julle egter ook duidelik mag insien, hoe sulke geeste met hulle intelligensie hulleself in die skynbaar dooie materie kan laat verban en hoe hulle dit op `n sekere demoniese wyse in besit neem, sal ons in die volgende verhandeling nog `n nadere beskouing daaraan wy.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205