Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Slotopmerking

(Hierdie gedeelte moet na regte direk na Hoofstuk 84 inkom en sluit die nie-christelike volke-gedeelte af)

85 Wat tot dusver oor die geloof van die verskillende volkere gesê was, was nie soseer terwille van julle nie, maar baie eerder terwille van die wêreld, by die geestelike daarstelling van die aarde aangelas, naamlik die bogenoemde hooi en strooi vir die wêreldgeleerde gryskleurige mensdom. Hooi en strooi omdat dit in werklikheid nie tot die afhandeling van die geestelike aarde behoort nie, aangesien dit hoofsaaklik `n materiële uiteensetting van die nie-Christelike volkere daarstel, waar die geestelike lot van sulke volkere net ten slotte aangeraak en verduidelik word.

[02] Die geleerdes van die wêreld sal daarmee `n hoofprobleem hê. Juis daarom is dit gegee, sodat hulle iets kan hê om te herkou.

[03] Verder is hierdie toevoeging van die nie-Christelike volkere ook daarom meer of minder hooi en strooi, omdat die geleerdes, wat die aarde hoofsaaklik uit boeke ken, hier en daar sommige omstandighede anders gestel wil hê, as wat hier vir hulle volgens die innerlike waarheid aangedui is.

[04] Natuurlik dink die geleerdes nie daaraan dat die ander boeke waaruit hulle die aarde leer ken het, ook nie altyd deur mense geskryf is wat die aarde self op alle punte bereis het nie. Sulke boeke is hoofsaaklik deur mense saamgestel wat eerstens voldoende tyd vir die skrywery gehad het en behalwe die tyd, ook geleentheid gehad het om alle geselslektuur en ander reisbeskrywings bymekaar te maak, om hulle sogenaamde volledige geografie daaruit te fabriseer.

[05] Die hoofstatistikusse, vir wie die hele aarde dieselfde is, ken die omstandighede van die land waarin hulle woon dikwels die minste. In stede van om reise te onderneem om hulleself van alles te oortuig, woel hulle eerder in die stowwerige argiewe rond, en bestudeer daar die omstandighede van die land en sy samestelling. Hulle moet net een land van dorp tot dorp, van gemeente tot gemeente, van vallei tot vallei en van berg tot berg deurloop en sal daar `n groot aantal nuwe omstandighede en gebruike en so baie nuwe name vind, waarvan hulle tot nou toe nog geen idee gehad het nie.

[06] Maar indien die land waarin hulle woon, nog so baie dinge het wat hulle nie ken nie, hoeveel sal die hele aardoppervlakte nie des te meer verskillende omstandighede en gebeure en nog allerlei ander geheimenisse bevat nie, waarvan ons kamma alwetende geleerdes nog nooit iets gedroom het nie. En daarom sal dit vir My voor die wêreld geoorloof wees, om ook hier van `n paar vreemde aardse verskynsels en omstandighede melding te maak, aangesien ek die aarde sekerlik sedert baie, baie jare beter geken het as wat die geleerdes haar ooit sal ken.

[07] Soos reeds gesê, is hierdie mededeling oor die vreemde volkere vir die wêreldgeleerdes soos hooi en strooi, maar vir hulle wat in die gees gewek is, is dit nie so nie. Want hulle sal hulleself oortuig dat sake so staan soos wat dit meegedeel is en ook nie anders kan wees nie, omdat hierdie onthulling die waarheid is, van binne na buite en nie `n vals boodskap wat uit die buitenste duisternis geneem is en na die innerlike nag van die hart gebring is nie.

[08] Watter nut kan dit vir `n mens hê, indien hy sy geheue met `n groot aantal geografiese boeke volgestop het, maar kan daarby niemand en allermins sy eie gees vra, of die sake in werklikheid so is soos wat dit gedruk en gelees is?! Hoeveel beter is hy af wat dit van sy gees leer en deur My, die Vader, Self getrek word. Want by hom is alle wetenskap lewendig, terwyl dit by die ander net uit dooie brokstukke bestaan, en vir die egtheid daarvan ten slotte geen ander waarborg bestaan as die outoriteit van `n biblioteek en `n argief nie.

[09] Maar Ek het hierdie vreemde omstandighede vir julle gegee, nie om julle geheue te beswaar nie, maar om die gees te verlewendig. Omdat dit vir die rede gegee is en daarby nog om julle gees in die wysheid te oefen, is dit gegee soos wat dit is en - hoe dit nie is nie. Hoe dit is, dit vind die gees in sy lig en daaruit sal dit vir hom duidelik word dat hierdie materiaal se skynende daarstelling in wese tog net geestelik is, omdat al hierdie omstandighede op die geestelike aarde is, wat niks materieel het nie, want Ek is wat Ek is, wat dit gee, `n gees, naamlik die allerhoogste Gees.

[10] Voor My oë bestaan daar geen materie nie, en daarom is elke gawe van My geestelik en nie materieel nie, al lyk dit hoe materieel.

[11] Of Ek dit sê of nie, maar Ek maak My mond net in gelykenisse oop, sodat die wêreld daaraan aanstoot kan neem en dit wat hardop uitgespreek is, met oop ore nie sal verstaan nie, en met oop oë nie kan sien nie. Die wysheid van hierdie wêreld kan haarself slyp en haar angel slyp soos wat sy wil, maar die bas rondom die eintlike boom van die lewendige erkentenis sal sy nogtans nie kan deurboor nie. 

[12] Ek ken die aarde goed tot in elke afsonderlike atoom, en die afsonderlike oppervlakkige omstandighede en verskynsels des te beter. Maar nogtans sal Ek nie aardse statistiek gee nie, maar net My statistiek, want die aardse dinge wat in die regte lig beskou word, is tog net `n statistiek van die gees.

[13] Sal julle hom nie as `n dwaas uitskel, wat `n kind in die maag van die moeder deur die een of ander magnetiese metode wil onderrig, met betrekking tot die omstandighede waarin die kind hom in die klein moederwêreld bevind, en hoe dit daar lyk nie. Die kind is sekerlik nie vir hierdie doel in die moederliggaam nie, maar die doel is die individuele vorming van die lewe. Wanneer die kind eers gebore word en na `n paar jaar `n begripsvermoë ontwikkel het, dan eers is dit geleidelik van pas, om meer gevorderde begrippe vir hom te leer. Vir solank as wat die kind homself in die moederliggaam moet voed, is daar voldoende krag daarvoor vir hom gegee en enige hoër opvoeding in die moederliggaam is nie nodig nie.

[14] Netso is dit ook die geval met die mense van hierdie wêreld, waarvoor die wêreld vir hom niks anders is as `n tweede groter moederligaam nie, waarin sy gees moet ryp word en uitgebore moet word.

[15] Derhalwe kan daar vir hom net die regte hoeveelheid van daardie kos gegee word, wat vir sy rypwording nodig is. Sou jy meer vir hom gee, dan sou jy hom net skaad en nie van nut wees nie, want die eintlike onderrig instituut begin eers dan en daar, waar die gees reeds uitgebore en volkome vry is.

[16] Daar sal elke gees die ware statistiek van die aarde en die hele universum met groot gemaak kan begryp; daarom sou dit uiters dwaas wees as `n mens aan hom, die gees, belaglike laste gee om hier te dra, waarvoor hy nog gladnie die vermoë besit om dit te kan dra nie. Dit kan elkeen baie maklik uit die omstandighede waarneem, dat daar sekerlik geen mens op aarde bestaan, wat die oppervlakte van die aarde bloot net deur studie van boeke so volledig presies onder die knie het, soos `n blad papier wat oopgerol voor sy oë lê.

[17] Hoe groot moet die boek nie wees, waarin elke kleinigheid op die oppervlakte van die aarde tot in die kleinste detail beskryf sou wees nie. En watter tyd sou dit die mens nie neem, om op die minste, net `n triljoen name en getalle deur te lees en dit dan uit die kop te leer nie.

[18] Sou dit dan nie die grootste dwaasheid van My wees, indien Ek vir julle gees `n professor van statistiek sou wil wees en vir hom (die gees) hier in sy tweede moederliggaam iets materieel wil opmagnetiseer, wat hy eens op `n tyd in sy vrye toestand, maklik binne een minuut ten volle sal kan begryp en insien nie?! Daarom is alles wat Ek gee, geestelik van aard en nie aards-statisties nie.

[19] Indien aards-statistiese punte egter in hulle regte verhouding aangeraak is, dan moet julle dit slegs beskou as die voetstukke van pilare van `n groot gebou. Hulle is nie die gebou self nie, maar nogtans rus die hele groot, heerlike gebou op hulle.

[20] Ek gee niks aards terwille van die aardse nie, maar wanneer Ek dit gee, gee Ek dit ter ondersteuning van die gees. Wie die aardse op hierdie manier gebruik, geniet die voedsel wat vir sy gees aangebied is, op die korrekte manier. Maar wie dit anders geniet, geniet dit vir sy eie oordeel, want hy maak in homself dit dood wat hy veronderstel is om te verlewendig.

[21] Daar bestaan `n onderskeid tussen die eerste en tweede moederliggaam. In die eerste word die mens deur ‘moet’ en in die tweede geval deur ‘behoort’ uitgebore. In die eerste moederliggaam is die mens nog `n dier, dit wil sê, hy staan in die eerste oordeel. In die tweede moederliggaam word hy eers mettertyd `n mens, deur die erkentenis en die vryheid van sy wil, wat `n regter in hom is. Daarom sal elkeen sy eie oordeel lewe en sal nooit ooit `n ander oordeel oorkom, behalwe sy eie.

[22] In hierdie gesindheid moet julle hierdie werk verstaan en gebruik dit as `n lewendige oefening vir julle gees, dan sal julle die egte vrugte oes.

[23] Dit is - die ware liefde vir My en vir julle broeders. Hierdie regte liefde sal julle des te makliker bereik, indien julle deur die onthulde wonders van My liefde vir My des te dieper sal erken en sal insien hoe Ek met My hele hart nederig en deemoedig moet wees, om dit alles vir julle eie beswil te openbaar, want daar is voortdurend dieper insig in My ryk, waar ook alles anders voorhande is, as `n gawe van My liefde.

[24] Let goed op hierdie woorde en besef in diepte wie Hy is wat dit vir julle gee! As julle dit in alles sal doen, dan sal My seën met hierdie, sowel ook met elke ander, in alle volheid met julle wees, hier en in die hiernamaals vir ewig. Amen!” - Deo gratias!

Einde van die deel.

 


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205