|
Aarde en Maan JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 26
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94. |
|
|
Verskynsels in die derde lugstreek
8-2-1847
26 Nou moet mens al die verskynsels nie as heeltemal gelyksoortig beskou nie, waar mens daar onder die ligtende meteore ook werklik enkeles vind wat op sodanige wyse ontvlam, dat met die ontvlamming ook werklik verbranding plaasvind. Maar nietemin stam die ontvlamming van sulke meteooragtige liggame nogtans uit die derde streek; die verbrandingsproses begin egter eers dan, as so `n meteoor met `n behoorlike groot deursnee in die tweede of dikwels selfs in die eerste streek van die aarde aankom en `n baie vinnige beweging het. Want `n middelmatige vinnige of eerder nog `n sterk afnemende beweging veroorsaak geen ontvlamming nie. `n Meteoor moet minstens 1-5 Duitse myle (1 Duitse myl = 7,420 kilometer) per sekonde aflê, as hy werklik na die ontvlamming tot verbranding wil kom; Is `n beweging langsamer, dan volg geen ontvlamming waaraan `n verbranding verbonde is nie.
[2] `n Besondere verskynsel by die ontvlamming, of nog beter by die ligte van die meteore wat deur die derde lugstreek val, is veral dat die kop van so `n meteoor die meeste verlig is. Die ligvoorsiening van die kop, tydens die deurskiet van die derde lugstreek, is van dieselfde aard as die ligte van sy stert. Dit is `n gekonsentreerde stralerefleks, omdat die vaste, gewoonlik ook nog ronde liggaam, die ligte, eteriese lug wat hom omgewe, uiteendryf en om homself heen, veral aan die voorkant van die kop, `n lugomhulsel vorm wat op sy beurt `n glansende vlak om die liggaam vorm, soos van `n hol spieël, wat die lig van die liggewende hemelliggame opneem en dit dan verder na die aarde omlaag stuur. As iemand `n ronde klip baie hard in helder water sou gooi, sou hy vir homself `n voorstelling van die verskynsel in die kleine kan maak, want al sou die klip ook swart wees, tog sal mens hom onderwater met `n heeltemal wit kop na benede sien skiet. Die wit aan die kop is niks anders nie as `n, deur die vinnige beweging van die klip gevormde hol spieël van water, wat die in die water vallende strale gekonsentreerder opneem en weer terugkaats. Om hierdie rede lyk die skuim van die water ook wit, omdat die lugbelle as`t ware suiwer hol spieëls is, wat werklik baie strale in hulleself opneem en hulle dan weer gekonsentreerd terugstuur. Wat die water hier laat sien, dit laat die ligte van `n meteoor daar sien, naamlik niks anders as `n gekonsentreerde refleks van die lig nie.
[3] As `n meteoor van `n groter volume egter in die tweede streek na benede kom, dan ontsteek hy dikwels werklik en wel deur wrywing in die swaarder luglaag. Is die beweging baie vinnig, dan kan so `n meteoor selfs nog brandend op die aarde neerkom, wat egter uiters selde gebeur. By `n vertraagde beweging, wat maklik deur die digter lugstreek te verklaar is, tree die vernietiging dan weldra in en die liggaam val dan totaal donker op die aarde neer. Tog sou selfs `n groter meteoor by `n werklik vinnige beweging nie ontvlam nie, as hy nie vooraf met die baie maklik brandbare, eteriese lug van die derde streek versadig sou wees nie. Hierdie eteriese lug is dan eintlik die brandbare wese van so `n meteoor as dit in die digter lugstreek aangekom het.
[4] Dit is nou alles oor die besondere verskynsels in ons derde streek en tewens oor die spesiale eienskappe van hierdie streek. Ons hoef nou net nog maar uiteen te sit, hoe hierdie lug en die verskynsels wat in haar optree, vanaf die aarde gesien word. Hoe die meteore gesien word, benodig geen verklaring meer nie. Maar daar is nog ander verskynsels wat uit hierdie luglaag stam en dit moet ons ook nog aanroer, sodat ons dan alles ken wat tot die materie van die aarde behoort.
[5] Julle sal wel dikwels totaal wit, fyn, krullerige wolke gesien het, die sogenaamde vlieswolkies. Hulle is baie subtiel en so deursigtig, dat hulle selfs die lig van die sterre byna ongehinderd deur hulleself heen laat skyn. Hierdie vlieswolkies is die hoogste wolke wat bo die aarde voorkom. Hulle ontstaan deur `n soort verbinding van die suiwer eter met die oppervlakte van die derde lugstreek. Eintlik is hulle geen wolke nie, maar slegs golfagtige bewegings op die hoogste oppervlakte van die derde lugstreek. Hulle word daardeur veroorsaak, wanneer bepaalde ligwesens die aarde deur die wye eterruimte begin nader, welke ligwesens langs die al bekende weg van die sonliggaam afstam. Aangesien hierdie fyn liggaamlike wesens tog wel `n sekere gewig het, bring hulle, deur die afkom op die baie gevoelige oppervlakte van die derde lugstreek, `n golwende beweging daar teweeg. Hierdie beweging laat die invallende sonstrale nie meer lynreg nie, maar wel uiters gebroke deur, en hierdie verskillende soorte breking op die golwe van die derde lugstreek veroorsaak dan juis dié verskynsel, wat hulleself as wit, fyngekrulde vlieswolkies vertoon.
[6] Dat onweer gewoonlik na so `n verskynsel intree, kom baie duidelik deur die aankoms van vreemde gaste, aan wie deur die geestelike aardbewoners in `n sekere sin gevra word, waar hulle vandaan kom en wat hulle hier doen. By sulke vrae ontstaan dan altyd struwelinge en voorbereidinge hoe sulke nuut aangekome - op `n vir die aarde onskadelike manier - plek gevind moet word. As die pas aangekomene hulleself geduldig wil skik - wat selde die geval is - dan kom daar geen onweer na die vlieswolkies nie. Is dit egter nie die geval nie, dan word die mag van die orde regdeur gehandhaaf en moet diegene, wat hulleself eers vrywillig kon skik, dan inskiklik gemaak. Dit is dus alweer `n kenmerkende verskynsel uit die derde lugstreek, `n verskynsel wat ook vanaf die aarde gesien kan word.
[7] Ten slotte is daar nog `n verskynsel, wat wel minder dikwels gesien word, maar tog sekerlik die moeite werd is om opgemerk te word, omdat dit so te sê, `n suiwer geestelike verskynsel is, wat egter tog met die liggaamlike oog waargeneem kan word. Dié verskynsel vertoon homself slegs op baie warm dae en is te sien as `n soort witblou strepe. Hierdie strepe is `n moment, waarop die salige geeste as`t ware gemeenskaplik saamkom, hulleself in die rus verheug en dan beraadslaag wat om te doen en hoe om bestuurstake aan die nuwe geeste voor te lê. Op sulke dae is dit dan ook byna doodstil op die aardbodem. Geen blaartjie beweeg nie, geen gewone wolk is te siene nie en op aarde is dit drukkend warm. Hierdie toestand duur egter nie lank nie. Word hierdie sitting as`t ware opgehef, dan kom alles weer gou in beweging, veral as daar nuwe geeste vir die beheer van die lug, die berge en die seë aangestel word. Dan is dit dikwels die geval dat die nuwe besems skoner vee as die oues. Daarom kom daar na sulke verskynsels allerlei winde en die barometers sal aanhoudend op “veranderlik” staan, sodat dit by soortgelyke verskynsels met die bestendigheid van die weer `n tyd lank verby is.
[8] Hierdie bo beskrewe witblou strepe is dus niks anders as `n as`t ware rustig byeengekome skare van geeste, en wel op die oppervlakte van die derde en suiwerste lugstreek, wat selfs op die voorgeskrewe wyse deur die menslik natuurlike oog waargeneem kan word.
[9] Geestelik ingestelde mense, wat tewens met hulle geestelike oog kan waarneem, sal seker meer sien as maar net witblou strepe. Maar soortgelyke mense het in hierdie tyd, waarin mense alles uit yster begin te vervaardig, nog seldsamer geword as diamante in die noordeliker streke van die aarde; dit kom weliswaar daar voor, maar - soos al gesê word - uiters selde; en as hulle voorkom is hulle klein, onaansienlik en dus nie van besondere groot waarde nie - of anders gesê: Daar is teenswoordig nog maar besonder min Paulusse en Petrusse.
[10] Hiermee loop egter ook die uiteensetting oor die natuurlike, of materiële aarde ten einde en ons sal dus hierna die geestelike aarde beskou.
|
|
|
|
|