Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Indrukke van die materie op siel en gees

4-3-1847

43 `n Mens kan die diere- en plantewêreld en selfs die wêreld van die minerale deurloop - oral sal mens `n selfstandige intelligensie en naas hierdie intelligensie ook `n dwang aantref. Hierdie selfstandige intelligensie blyk nie net uit die verskillende soorte karaktereienskappe nie, maar ook - wat veral vir die sielkunde belangrik is, uit die indruk, wat die verskillende dinge en sake op die menslike gemoed uitoefen het.

[2] Op wie kan die indruk gemaak word? - Op `n mens en wel slegs op sy siel en op sy gees.

[3] Watter eienskappe moet die mens hê om in staat te wees om die indrukke op te neem?

[4] Hy moet lewenskragtig wees en intelligensie besit; en sodat alles `n indruk op hom kan maak, moet hy al vooraf alle intel­ligensies in hom, dit wil sê, in sy siel, verenig, - dus moet hy lewenskragtig wees en sy intelligensie volledig.

[5] Vraag: Hoe kan `n dooie ding of `n dooie saak indruk op `n mens maak, aangesien die indruk tog `n inwerking is ? Hoe kan `n dooie ding of `n dooie saak inwerk?

[6] Hoe kan `n dooie wese in die lewende wese `n ewebeeld wat aan hom gelyk is, oproep? Is dit nie om die lewe vir die gek hou, as mense so dwaas sou wees om te beweer dat die dood, as `n voorwerp, uit die lewe van `n ander voorwerp weer `n dood kan opwek?

[7] As daar egter sprake is van opwekking, hoe kan `n dooie dan gewek word, as hy dood is? Die begrip 'dood' - veronderstel tog `n totale wesenloosheid of tenminste die onmoontlikheid van `n wese om `n inwerking te veroorsaak, wat eintlik dieselfde is; want wanneer daar geen wese is nie, kan dit ook op niemand `n indruk maak nie, omdat dit gladnie bestaan nie, en so is dit ook met `n wese wat geen inwerking kan uitoefen nie; sou so `n wese indruk op iemand kan maak, dan was hy sekerlik nie totaal ineffektief nie, omdat die indruk tog `n uitwerking is.

[8] Hieruit volg egter dat alles wat op die menslike siel een of ander indruk maak, nie dood, maar in `n sekere mate intelligent lewend moet wees om in die lewende siel sy ewe lewende intel­ligensiespesifikum te kan opwek en het as iets, wat aan hom gelyk is, voor die oë van die siel te plaas om dit te beskou. Hierdie voorstelling is dan die bo aangeduide indruk, wat `n ding of `n saak op die mens gemaak het. Hieruit volg egter nog - wat al enige beter natuurondersoekers vermoed het - dat daar in die sigbare wêreld nêrens `n dood bestaan nie; maar dat, wat die kortsigtige mens dood noem, maar net `n oorgang is van `n minder intelligente vorm na `n hoëre, waar al meer intelligensies met mekaar verenig is.

[9] By die aanskoue van klipmassas, maak verskillende gevoelens hulleself van die mens meester. “Ja, die klippe is dood" - sê mense; “Hoe kan hulle dan in die lewende siel `n gevoel oproep? Sou dooie beelde in die siel gelyke lewende beelde kan oproep?" So `n bewering of vermoede sou seker nog baie dommer wees as wanneer iemand sou wil beweer dat, as mens saadkorrels bokant in `n rustende synde wateroppervlak sou hou, waarin die sade hulle weerspieël, hierdie weerspieëlde saadkorrels in die water sou gaan ontkiem en waarskynlik hulle wortels in die lug sou laat groei en vrugte onder die waterspieël sou laat ryp word. Maar dit sou nie eers so dwaas wees nie; want dan sou die voorwerp wat in die water weerspieël, nie dood wees nie, en sou mens eerder kan vermoed dat dit in staat was om deur sy spieëlbeeld in die water, iets lewends, wat soos hy lyk, tevoorskyn te roep, as dat `n volkome dooie objek in staat sou wees om in die lewende siel `n lewende voorstelling op te roep.

[10] Klipmassas en rotsformasies bewerk lewendige gevoelens in die menslike siel, wat soms baie lieflik en soms baie entoesiasties en bewonderend is. Sou dooie klippe hierdie gevoelens kan oproep? - Dan sê Ek ook: “Wie ore het, hoor en wie oë het, sien wat die lewende gees vir die lewende gees sê!”

[11] Hierdie klipmassas het, net so goed soos die lewendigste gerub, uit die almagtige ewige krag van God voortgekom. Hoe sou die ewige oerlewe van alle lewe dan sogenaamde 'dooie' klippe laat ontstaan?

[12] “Ek as die oerskepper kan die eindelose hoeveelheid van My idees fikseer" - sê die Heer - en kan die lewende intelligensies as`t ware as enkelvoudige gedagtes in die materiële verskyningsvorm van die klip vashou, dit langsamerhand vrymaak en dit in hulle volheid en heerlikheid sigbaar maak vir My, die Skepper, en vir diegene wat uit My voortgekom het, sodat die eindelose volheid van My idees nie as `n geheel `n onveranderlike beeld voor My oë sal swewe nie; want juis in hierdie materiële skepping sluit die Skepper Hom van die eindelose baie idees af en voer dit deur die vrywording en oplossing van die materie weer as enkelvoudige gedagtes ter beskouing voor Sy goddelike oog.

[13] As die Skepper dan Sy idees en gedagtes, wat sekerlik nie dood is nie, in die verskyningsvorm van die materie ingebind het, soos `n boekbinder `n boek, dan moet daar tog ook wel lewe in die klip aanwesig wees, dus `n groot hoeveelheid intelligensies, wat hulle uiteindelik in die lewende menslike siel, wat haar lewende deel al daaruit in haarself opgeneem het, terugvind, om hulle weer as`t ware as lewend in die siel te regenereer. 

[14] Kyk, dit is die karakteristieke, wat uit elke ding of elke saak in die lewende siel van die mens na binne straal en hierdie karakteristieke trek is afkomstig van die lewende intelligente kragte wat in die materie vasgehou word.

[15] Die karakteristieke openbaar die vrye intelligensie, waardeur elke ding op sy manier hom van een of meer vermoëns en bekwaamhede as`t ware bewus is. Naas hierdie karakteristieke kenmerke openbaar hy ook `n noodsaak, soos byvoorbeeld dat `n klip vas moet wees, `n plant in een of ander vorm moet groei en vrug dra, net soos `n dier dit moet wees en moet doen waartoe hy bestem is. Hierdie noodsaak lê nie in die materie nie, maar is die werk van die volkome geeste, aan wie hierdie taak opgedra is.

[16] Hoe die geeste egter hulle werk in hierdie gebied verrig, sal ons in die volgende toelig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205