|
Aarde en Maan JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 64
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94. |
|
|
Allerlei menslike klagtes 1.
9-4-1847
64 Die mense kla baie. Die een vind die tyd te sleg; alles word duurder en daarby ook slegter. `n Ander een weer is letterlik woedend vir die regering en gooi alle skuld op hom. `n Ander weer is nie tevrede as daar `n lang vrede is en geen oorlog nie. Ander gee weer alle skuld aan die geestelikheid, ander aan allerlei luukse en veral aan die teenwoordige pas opgerigte spoorweë. Kort en goed, elkeen probeer die oorsaak van die kwaad van hierdie tyd, nou weer by die een, dan weer by die ander te soek. Maar dat een van al hierdie klaers dit self net sou aanpak en hom sou afvra of hy ook nie op een of ander manier tot die slegter word van hierdie tyd bygedra het nie en miskien nog bydra, dit kom by niemand op nie! Elkeen ondervind die kwaad maar net as komende van buite af, maar in homself sien hy dit nie.
[2] Daar sien Ek `n huisvader geweldig uitval teen die luukse van hierdie tyd, terwyl hy juis in `n klerewinkel is om vir sy dogters duur, spiksplinternuwe allermodernste stowwe vir hulle klere te koop. Wat moet mense teen so `n aanklaer van die luukse sê? Slegs maar: Domkop, as die luukse jou nie geval nie, waarom laat jy jou dan deur die luukse duiwel aanhits om soortgelyke verderflike dinge vir jou dogters te koop? Koop linne gewade, of nog beter, koop katoen en laat jou dogters spin, dan sal jy klere vir jou dogters hê wat hulle baie meer van nut sal wees as die moderne stowwe wat jou so vererg, dat jy dit van suiwer ergernis koop om jou dogters maar net aansien te verleen, sodat mense hulle aan jou welstand kan afmeet en so goeie verowerings kan maak. O, jou dwaas, vir jou is daar nog veels te min luukshede, nog veels te min wisseling van mode. En as die mode van die dag twee keer sal verander, dan sal jy nog die ou esel wees. Jy sal wel dan nog meer skimp as nou, maar nieteenstaande die voortskrydende gees van die tyd huldig, soos dit behoort. Nou vra Ek egter: Wie anders, as domkoppe soos jy, open die deure vir die luukse, omdat jy hou van die kleurryke uiterlike van jou dogters?
[3] Begin eers, in plaas van te skimp, die luukse in jou huis daadwerklik te versmaad. Klee jou kinders soos Ek dit hierbo aangegee het, miskien sal jy enkeles vind wat jou nadoen en dan weer ander! Dan sal die luukse so langsamerhand self verdwyn as dit geen aftrek meer vind nie. - So is daar ook joernaliste wat die luukse voortdurend aanval, terwyl hulle in alles steeds die nuutste mode volg, waardeur hulle geskryf natuurlik steeds sonder resultaat bly. Want as iemand homself nie verbeter nie, hoe kan hy dan ander verbeter?
[4] Aan die ander kant sien mense weer boere en hotelhouers wat verbruiksbelasting aanval en beskimp en vervloek. Hulle bedink egter nie daarby, dat hulle die eerste uitvinders van hierdie staatsplaag was nie, omdat hulle deur hulle toedoen hulle afnemers nog tienmaal sulke hoë belasting opgelê het, as wat die regent van sy onderdane verlang.
[5] Toe hierdie belasting nog nie bestaan het nie, het alle hoteleienare `n totaal onmenslike verbruiksbelasting aan hulle gaste opgelê. Menigeen moes net vanweë die belasting, sy jas by die herbergier agterlaat. Dan vra Ek, hoe kan so `n mens oor `n belasting kla wat hy self al soveel vroeër ingevoer het, toe die staat nog nie aan so `n belasting gedink het nie? As dit in sy huis regverdig geag word, waarom sou dit dan nie regverdig wees vir die hele land nie? Verlang `n herbergier nie twee stuiwers* (geldstuk) vir `n stuk brood, terwyl dit hom maar nouliks een kos? Dit is `n ekstra belasting van 100%! Soveel verlang die staat nie, dit is veel redeliker en die herbergier mag hom die staatsbelasting wel laat welgeval, want hy het immers al lankal die grootste genoegdoening in die monopolie gehad. *(Duitse teks: 'Kreuser' - `n sekere bedrag in valuta)
[6] So ook die boer, as hy `n mandjie vrugte na die stad bring en enkele stuiwers staatsbelasting daarvoor betaal. Hoe kry hy dit weer in? Wat hy vir die hele mandjie betaal, dit slaan hy om op tien stuks, maar na hierdie tien stuks het hy nog negentig stuks in die mandjie. Hierdie is dus belastingvry. Maar verkoop hy hulle ook as sodanig? O nee, hy hef die belasting nog nege keer! Beleef hierdie man geen daadwerklike plesier aan hierdie belasting nie? Hoe kan hy dan daaroor skimp? Het hy met 900% nog nie genoeg nie, hierdie woekeraar, wie se bome Ek verniet met vrugte vol gehang het? - Daarom, gaan maar so deur - nog maar meer verbruiksbelasting en dit sal nie ophou nie, totdat dit onderling opgehou het in die harte van die broeders.
[7] Van iemand aan wie iets uit `n goeie hart geskenk word, word sover Ek my herinner, weinig of glad geen belasting deur die staat gehef nie, nota bene! As die mens egter geen hart meer teenoor sy medemens het nie, hoe kan hy dan van die staat verlang, wat homself so geheel en al ontbreek? En Ek voeg daaraan toe: Die mens rig homself, maar die staat rig Ek volgens die gedrag van die mense.
[8] Die staat moet deur My beoordeel word volgens die gedrag van die mense by dit waarin hulle die grootste plesier het. Wie gaar `n groter belasting van sy broeders in as die koringwoekeraar? As die staat van hom `n duisendvoudige belasting sou vorder, dan sou die ewewig nouliks herstel wees!
[9] Daaruit sien julle, dat die mens altyd self hulle euwels veroorsaak; daarom sal die kwaad ook solank onder hulle wees, solank hulle self voortdurend skeppers van die kwaad is. Die armes sal egter altyd `n toevoeging wees, as `n besoeking by soortgelyke maatreëls! Want wie maak die armes? Die groot hebsug en die algemene gewinsug van die vermoëndes! Daarom sal hulle hulle ook moet onderhou, want wat `n mens self veroorsaak, dit sal dan ook sy deel wees wat hy te dra het.
[10] So kla die burgers in die stad ook geweldig oor hulle huishuurbelasting, maar wat hulle huurders sê, dit hoor hulle nie. As `n huurder toevalligerwys nie sy huur op tyd kan betaal nie, dan word daar baie gou gekla en beslaglegging teen hom geëis. Daarom slegs nog maar meer huurbelasting - solank tot die hart van die huismeester sagter word en hy in sy huis vir die armes ook `n kamertjie sal inruim, sonder om geld daarvoor te vra en hy sy huishuur sal verlaag. Dan sal Ek ook die hart van die maghebbers `n sagter ingesteldheid gee; maar anders, soos wat alreeds gesê is, nog verder omhoog met die belasting! In plaas van sy gewade en soortgelyke luukses van die familie van die huiseienaar, liewer `n sagmoedige hart en redelike huishuur, dan sal dit wel beter word.
[11] Daar word ook erg baie oor die teenswoordige spoorweë gevloek en geskimp. Dit is waar, dit is vir die mense `n slegte teken van hierdie tyd en Ek sou wel wou gehad het dat dit nie daar was nie; maar die mense wou dit gehad het en daarom wil Ek dit ook hê. Het die mense dit dan nie vroeër gesien hoe die grotes en rykes hulle uitrusting vir hulleself gehou en oral daarmee rondgery nie? As `n arme egter, moeg geloop, vra om `n entjie saam te ry, dan word hy, as hy maar enigsins daarop aandring, met die sweep tereggewys. Ja, selfs nog as hy wou betaal, word hy nie saamgeneem nie. Nou sit in dieselfde wa `n stinkende boer en `n sogenaamde vagebond (rondloper), naas hom moet `n stadsdame met `n fyn neus plaasneem en beide ry vir dieselfde geld en geniet gelyke regte. Die dikwels uitgesproke 'Fi done!” (foei tog!) naas `n stalkneg het heeltemal verdwyn en die diens van die vroeëre parfuumflessies word nou verrig deur die rook uit die ketels. Daardeur word die fyn neuse ietwat deurgerook en ruik hulle die onaangename geur van die boer nie meer so erg nie. Vroeër kon die aristokrate, en naas hulle die here uit die gegoede burgery nie vinnig genoeg ry nie. Wee hulle wat hulle op straat bevind het; daar was niks ontsien nie en oor hulle heen gery. Nou is daar snelheid genoeg; So `n snelheidsmaniak kom by die spoorweë ten minste tot die insig dat sy perdekoets tog suiwer prutswerk is hierteenoor. Daarom laat hy sy uitrusting tuis en val die wandelaars nie meer so dikwels lastig nie; want hy ry nou liewer met die trein as met die perdewa. Wat egter `n groot weldaad is vir hierdie straatroweragtige herbergiers, want hulle begin nou eers ietwat mens te word. En wat `n regverdige tugroede vir allerlei vervoerlui wat vir `n enkele rit, met maar weinig poskantore, dikwels twee keer soveel verlang as wat hulle perd en wa werd was! Die smede langs die weg, wat vir `n hoefspyker dikwels soveel gevra het asof hy van goud was, kom nou eers, by die aanskoue van geheel uit yster vervaardigde weë, tot die insig dat yster dan tog nie so duur kan wees nie! Ook wamakers, saal- en riemmakers weet nou eers wat hulle werd was, want vroeër het hulle gedink dat hulle suiwer goud en silwer verkoop het. Ook die hawer woekeraars sal langsamerhand tot insig kom, dat hulle heelwat minder van die vrug sal nodig hê. En die koetsiers in die stad, wat vroeër nie geweet het wat hulle vir `n rit in `n eenvoudige voertuig sou vra nie, kan nou vir twee pennings ry en wie meer verlang, kan self `n plesierritjie na die stasie maak, waar daar maar een is en daar weemoedig toesien hoe honderde reisigers vir weinig geld vervoer word. Ook die poskantore, wat vroeër nie geweet het vir hoeveel perde hulle `n stal sou huur, het nou genoeg aan `n paar sogenaamde ou knolle. En hoofsaaklik deur die baie vinnige vervoermiddel sal die aandeelhouers ook soveel vinniger tot die insig kom, dat hulle hier nie goed gespekuleer het nie; want hulle vermeende wins sal sekerlik soos sneeu voor die son verdwyn en hulle sal erken, dat in die waterdamp, behalwe die magtige dryfkrag, hom ook `n vermoë-oplossende werking bevind.
[12] So `n spoorweg lê, streng geneem, net so min in My ordening beslote as die bou van die toring van Babel. Maar hierdie toringgebou het ook sy goeie kant gehad. Hy het die volkere uitmekaar gedryf en het hulle mettertyd tot die oortuiging gebring, dat die mens ook op `n ander plek en nie net in Babilon kan lewe nie en dat God Sy son oral laat skyn en Sy reën laat val. En so het ten slotte almal, wat deur die toringgebou uit Babilon verdrywe is, daarby gewen. So sal dit ook met die spoorweë gaan, uiteindelik sal elkeen daarby wen. Die hoofaandeelhouer sal materieel wen, want hy plunder die beursie van ander. Maar die ander wen aan insig en weldra aan menslikheid; want as rykes tot bedelaars word, word hulle sagte deemoedige mense. Die herbergiers langs die weg wen ook, want hulle verloor die straatroweragtigheid en wen aan menslikheid. Die boere, oor wie se beste land die spoorbaan dikwels gelei word, wen ook. Want vroeër het hulle dikwels hekke en doringhakke op hulle grond geplaas en as `n mens maar `n tree op hulle weiland gemaak het, dan word hy mishandel; nou is dit egter goed, dat hy so `n breë ysterweg op sy grond moet duld; hy wen nou aan geduld en menslikheid - en dit is ook `n groot wins. Die reisigers wen, want hulle kom baie goedkoper en vinniger op die plek van bestemming en leer tenminste in die spoorwaens dat hulle nie meer werd is as ander nie, want elkeen betaal dieselfde prys. Maar nieteenstaande dit alles skimp die mense oor die tugroede, wat hulleself met alle moontlike middele tot stand gebring het. Maar as mense dit self gedoen het, moet mens ook self die gevolge dra. As herbergiers, voerverkopers en soortgelyke handwerkers en die aandeelhouers menslik word, soos dit hoort, dan sal dit beter met die tugroede uitsien, want alles lê in My hand en Ek kan dit so vorm en verander soos wat Ek wil. Ek het gesê dat Ek geen welgevalle in die werk het nie en so is dit ook; want Ek het geen plesier in die tugroede nie. Maar omdat hy nou eenmaal daar is, soos die mense haar wil hê, daarom sal dit nuttig wees vir die goeie en dit sal die slegte tot `n vloek wees. Julle kan rustig daarvan gebruik maak en Ek wil hulle wat daarvan gebruik maak, nog bowendien seën, sodat die straatrowers hulle volledige tugtiging kry.
|
|
|
|
|