Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die opbou van die milt en die vorming van die bloed

15-1-1847

10 As julle `n stukkie milt van `n dier deur `n goeie mikroskoop bekyk, sal julle redelik baie kamertjies ontdek, wat meestal kubusvormig is, dog soms ook driesydige piramides vorm; soms is hierdie kamertjies rond in die vorm van `n eier. Hierdie kamertjies is aan die hoeke deur silindertjies, organies met mekaar verbind. Die wande van hierdie kamertjies is oop, waardeur `n milt sag en lugtig voel. Tussen die rye van die kamertjies wat met mekaar verbonde is, loop talryke bloedvate, wat nie gelyk van vorm is nie, maar uit gedeeltelik nou, gedeeltelik wye buise bestaan en vir die oog ongeveer so lyk soos die drade van `n kruisspinnekop, as sy dit met haar gryswit klewerige pêrels beset het; want jy sou al wel gesien het hoe die dier sy elastiese, sterk drade self met klewerige pêreltjies versier; die pêreltjies dien daarvoor dat `n insek op die oomblik wat dit die draad aanraak, soos `n voël aan die lymstok gekleef word en homself nooit meer daarvan kan losmaak nie.

[2] So is dit dus met `n bloedvat in die milt gesteld; dit sal nog makliker te begrype wees as Ek dit met `n baie fyn snoer van klein pêreltjies vergelyk. Sulke bloedvate vind mens deur die totale lengte van die milt en ook in groot hoeveelhede in die breedte daarvan. Hulle begin in `n enkel vat, wat in verbinding staan met die maag en hulle eindig in `n hoofbloedvat wat direk met die hart verbind is. Tewens is die hele miltweefsel deur `n sagte huid omgewe, waar die miltkamertjies en die pêrelsnoeragtige bloedvate as donkerrooi vratjies te siene is. Omdat die milt by diere egter `n uiters teer weefsel is, is dit met nog `n ekstra laag vet omgewe, waardeur dit beter beskerm is en ook vanweë haar voortdurende wrywende werking `n goeie vetstof om haarself het, sodat sy haarself nêrens deur hierdie werksaamheid beseer nie.

[3] Nou het ons so goed as wat dit in die kort tydjie moontlik was, `n ietwat anatomiese beskrywing van die milt gegee, wat egter in `n dooie toestand `n heel ander vorm aanneem as wat hier beskrywe word. Ook moet ons nou weet watter werk dit eintlik hier verrig en hoe presies die inrigting so geskik vir die werk is.

[4] Ons het al gehoor dat die milt met haar bloedvate met die maag en die hart saamhang; waarom is dit? Omdat dit die sappe uit die maag, wat vir die vorm van die bloed bestem is, in haarself opneem, dit in bloed verander en dan so aan die hart aflewer. Daardeur kan dit by mense, wat baie bloed het, maklik gebeur dat die milt oorvol met bloed word, omdat dit nie alles wat in haar gevorm word, in die hart kan afsit nie, sodat die bloed wat homself in die milt ophoop, dan terugloop in die maag, waardeur die mens bloed uitbraak. Vind die bloed nie hierdie uitweg nie, dan kan daaruit maklik `n ontvlamming en mettertyd - wat nog erger is - `n verharding van die orgaan veroorsaak word. Daarom gebeur die braking van bloed meestal vanuit die milt en baie selde uit die longe.

[5] Op hierdie manier het ons al `n funksie van die milt gesien; maar nou is die vraag hoe die milt die bloed maak. Ook dit sal ons kortliks bekyk.

[6] Wanneer dit as eierwit lykende sap vanuit die maag in die milt oorgaan, dan bly dit `n bepaalde tyd in die pêrelsnoeragtige bloedaartjies sit en verplaas dit self met elke polsslag een pêrel verder. Tegelykertyd word `n wrywing van die miltkamers met elke polsslag opgewek. Daardeur vul hierdie kamertjies hulleself met elektriese vuur, wat by die maagstreek `n positiewe en by die hartstreek `n negatiewe pool vorm. Vandaar dat die kamertjies in die streek van die maag skerper kante het, terwyl hulle na die streek van die hart meer eiervormig word.

[7] Deur die elektriese vuur word die kamertjies nou eers sterk vergroot, en dan weer sterk saamgetrek. Omdat die kante van hierdie kamertjies deur die silindertjies onderling, asook met elke aardekseltjie in verbinding staan, word daardeur bewerkstellig dat die sappe in die bloedvate meer en meer in `n gistingsproses raak. Deur hierdie gisting word die oortollige koolstof, wat hulle nog bevat, uitgeskei en hierdie word deur die kamertjies, gedeeltelik aan die gal, gedeeltelik ook aan die vet afgegee. Tewens ontstaan deur hierdie gisting slegs klein blasies, wat, as hulle onder invloed van die negatiewe elektrisiteit kom, inmekaar krimp en lensvormig word.

[8] Die lensvormige blasies word dan tot die helfte met negatiewe elektrisiteit aangevul, en kry daardeur `n saffraanagtige geel kleur en tree so reeds as bloed in die hartkamer op. Die bloed is geen gelykmatige vloeistof nie, maar `n brousel wat bestaan uit klein lensies, wat met sy klein lense - wat aan die oppervlakte baie glad en glibberig is - die negatiewe elektrisiteit in die hele liggaam rond beweeg en verdeel.

[9] Hierdie elektrisiteit verwarm dan die hele organisme. Waar hierdie lense dan deur baie nou vate gedryf word, spat hulle uitmekaar, waarna die hulsels vloeibaar word en in die sogenaamde limfsappe oorgaan, terwyl die elektriese stof wat deur die uiteenspat vrygekom het, as `n ysterhoudende eter gebruik word om die senuwee tot lewe te bring.

[10] Nou het ons in so `n kort moontlike tyd die milt, haar bou en haar funksie bekyk; en omdat ons nou op hierdie manier `n baie aanskoulike basis het, kan ons onsself so goed moontlik voorberei – tenminste voorlopig – in `n weliswaar groter vuurkamer van ons aardmilt wat wag.

[11] Haar bou lyk soos die bo beskrewe bou van die klein dierlike milt, waartoe ook die menslike gereken kan word. So `n kamer is net baie biljoen male groter as die miltkamer van `n dier, ja in baie van sulke aardmiltkamers sou miljoene mense naas mekaar wel plek kan vind, waaruit ons kan aflei, dat die bou van die aardmilt wel baie indrukwekkend moet wees. Maar nog groter is die van `n son en nog baie meer groter die van `n hoofsentraalson, wie se bou tog, soos in die algemeen van sonne, baie anders is as die bou van `n aardbol; soos ook die bou van die een aardbol soveel van die bou van `n ander aardbol verskil, dat slegs die oog van die Skepper die algemeen gemeenskaplike in hulle kan sien. Daarom moet julle ook nie dink, dat – as die binneste van die aarde bekend is - julle daarom ook al die inwendige van Jupiter of van `n ander planeet sou ken nie; en nou sal ons onsself dus in so `n aardmiltkamer begewe en kyk hoe dit daar gaan.

[12] Kyk na die grysbruin wande, hoe ontelbare bliksemflitse elke oomblik daaromheen skiet. Mens hoor hier ook voortdurend `n miljoenvoudige gedonder. En kyk, uit die kamers loop breë kanale, waardeur self `n geweldige vloed stort. Die aanhoudende elektriese vlamme groepeer die vloed in sterk onder druk staande dampe. Met vir julle nie te mete geweld, dring hierdie dampe deur ander kanale verder onder verskriklike geraas. Nuwe vloedgolwe stort weer die kamers binne; weer is daar `n gebruis en gesis soos wat daar nog nooit op die oppervlakte van die aarde gehoor was nie. Gaan uit die kamer na buite en bekyk die bloedvate, wat hulleself op die vooraf beskrewe manier tussen die rye kamers uitstrek. Hoor hoe die geweldige vloedgolwe deur hulle heen storm, hoe hierdie kanale hier en daar op die plek waar hulle nouer word, hulleself soos groot reuseslange uit die oertyd, angswekkend saamtrek en dan weer uitsit, om die in haar woedende, geweldige vloedgolwe verder te stuur. Kyk hoe hier in die grote dieselfde gebeur en moet gebeur as in die dier se milt in die kleine.

[13] Dat hierdie sappe op dieselfde wyse as by die dier vanuit die aardmaag in die aardmilt oorgaan en daarna in die aardhart afgesit word as die aan alles voedsel verstrekkende aardbloed, hoef nouliks gesê te word.

[14] Op hierdie manier het ons die orgaan, so presies as wat dit maar kortliks moontlik is, leer ken en sal ons onsself hierna na `n ander orgaan van die aarde begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205