|
Aarde en Maan JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 24
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94. |
|
|
Die oog van die aarde
5-2-1847.
24 Die derde lugstreek rus ongeveer net so op die tweede as wat baie suiwer eteriese olie op helder water sou rus. Hierdie olie vermeng homself dan nie met die water nie, maar dryf bo en doen geen afbreuk aan die suiwerheid nie, maar verleen inteendeel `n nog mooier glans aan die oppervlakte. Hierdie derde lugstreek werk ook net soos eteriese olie; dit is as`t ware die vet waardeur beide onderste luglae gesmeer word en is tegelykertyd die eteriese sout, wat die onderste luglae sout en wat dit `n goeie smaak vir die gebruik deur plante en diere verleen.
[2] Alle heerlike geure kom vanuit die derde lugstreek na benede, waar dit deur die lig en sout - dit is `n eteriese sout - omlaag gebring word om deur die in die nabyheid van die plante versamelde elektrisiteit in die plante, self gelei te word en hulle die eteriese olie en daardeur die mees uiteenlopende heerlike geure te gee. By baie plante kan mens hierdie olie as baie klein, hoogs deursigtige harsbolletjies met die vrye oog of baie goed met `n mikroskoop ontdek.
[3] Kortom: Die reuk en ook grotendeels die smaak en die baie mooi kleure, veral die van die blomme en vrugte, is hoofsaaklik afkomstig uit hierdie derde lugstreek; want die smaak, die reuk, so ook vir die grootste deel die mooi kleure, is suiwer eteriese substansies en kan dus maar net daarvandaan stam, waar dit die naaste aan die eter grens, waar al hierdie baie eteriese spesifieke substansies vandaan kom.
[4] Hierdie spesifiek eteriese substansies gryp mekaar in hierdie derde lugstreek aan en vorm saam as`t ware `n fluïdum, wat met die daarheen lopende verskillende strale uit die tallose sterre, as`t ware `n chemiese affiniteit vertoon, hulleself verenig en na die aarde afdaal en dan die plante en diere, wat met die verskillende spesifieke grondstowwe van die lig ooreenkoms het, substansieel te vervul.
[5] Hierdie derde lugstreek kom ook met elke plant ooreen en wel met sy uiterste dele; dit is by die plante altyd die knoppe, blomme en vrugte en ook hulle blare wat met hulle elektrisiteit opsuigende punte eindig. Al hierdie plantdele het `n eteriese suiwer voorkoms. Dit kom dus ooreen met die derde lugstreek. Want gewoonlik is dit uiters sag en subtiel en het `n goeie smaak, maar sommige plante is ook wel afstotend van reuk. Dog hierdie onaangename geur is slegs die gevolg van `n oormaat van die innerlike, telluriese sappe, wat as`t ware nie deur suiwer hemelse substansies oortref kan word nie.
[6] In die diere verenig die substansies uit hierdie derde lugstreek hulleself nog opvallender. Weliswaar is dit hier in sekere sin al tweederangs en daardeur al nie meer so suiwer eteries soos by baie plante nie. Maar die murg in die kop, wat gewoonlik deur die hare die spesifika uit die lug opsuig en werklik in die besonder ook die heel suiwer vloeistowwe van die oog - veral die van onder die eerste horingvlies, asook die horingvlies self, - word deur die wenkbroue en ooglede uit die lug geabsorbeer en in die oog gelei. Die derde lugstreek lyk dus in `n sekere sin soos die oog en wel daarom, omdat dit naas die hierbo beskrewe doeleindes ook dit vir die totale aarde is, wat die oog vir mens en dier is.
[7] Hierdie derde lugstreek is dus ook eintlik die oog van die aarde. Want as die aarde nie die algemene gesigsvermoë sou gehad het nie, dan sou ook geen enkel wese op aarde dit kon gehad het nie. Want die saak is baie natuurlik: Wat iemand nie het nie, dit kan hy ook nie gee nie; het mens dit egter, dan kan mens dit gee. Anders gesê: Waar niks is nie, verloor die keiser sy reg.
[8] Maar nie alleen het die aarde in hierdie derde lugstreek haar oog, wat rondom die hele aarde is nie, maar ook elke plant het die dele, wat met hierdie lugstreek ooreenkom, en `n gesigsvermoë of as`t ware `n soort oog, waardeur sy die lig in haarself opneem. Dat die plant verseker en gewis ook `n oog het, of liewer `n vir haar spesiale vermoë tot sien besit, volg al uit die feit dat ons kan waarneem, dat byna alle plante en blomme hulleself na die son draai om hulle lig op te suig. Ook kan mens hierdie waarheid erken uit die feit dat `n plant, wat in `n donker kelder ontkiem, haar kiem presies daarheen wend, waar sy `n opening vir die lig vind en as sy dit gevind het, buig sy haar hoof nie meer terug nie, maar groei voortdurend in die rigting van die helder lig.
[9] Baie sal wel vra: Waarom het die aarde na dit alles so `n groot algemene oog nodig? Wat sien sy daarmee; en kan sy haarself wel `n voorstelling maak van wat sy sien?
[10] Dan sê Ek: Alles op sy eie wyse! Die aarde sien voortdurend die hele oneindige ruimte om haarself heen. Hierdie algemene waarneming roep in die aarde self by alle geeste wat in haar woon, `n algemeen ooreenkomstige voorstelling op, waaruit elke afsonderlike geestelike wese sy intelligensie vir die buitewêreld put. Dit sou onmoontlik wees sonder die algemene groot gesigsvermoë van die aarde. Die aarde as liggaam weet in haar algemene wese weliswaar niks van dit wat sy sien nie. Dit sou ook nie nodig wees om die aarde `n eie sigself bewuste kennis te gee nie, omdat sy - soos ons in die nog volgende geestelike deel sal sien - geen aparte selfstandige wese is nie, maar `n eindeloos veelvoudig wese, wat bestaan uit tallose aparte intelligensies. Hierdie intelligensies is dit, wat die groot algemene aardoog nodig het, soos ook elke mens en elke dier, sonder die algemene aardoog, niks met sy eie oog sou sien nie. Want juis deur die oog kan die mens die son, die maan en die sterre sien. Dit sal tog wel duidelik wees dat die mens, met sy klein oog onmoontlik ooit die groot son sou kon gesien het, as die groot aardoog nie vooraf `n klein beeld van die son sou opneem en dit aan die menslike oog sou oordra nie. En so sien niemand die son of die maan en die sterre, soos hulle in hulle eintlike hoedanigheid en in hulle groot afstand is nie, maar mense sien slegs hulle beeld op die oppervlak van die groot, algemene aardoog, waarvan die oppervlakte, soos al opgemerk is, meer glans as die suiwerste waterspieël en wat daarom baie geskik is vir die opneem van die beelde van die groot hemelliggame om haar heen.
[11] As gevolg van hierdie eienskap van die aarde was daar dan ook werklik al dwase astronome gewees, wat gemeen het dat die son hoogstens tien myl ver verwyderd was en wat die son as `n meteoor beskou het, wat maklik binne 24 uur om die aarde kon sirkel. Maar tot hierdie dwase mening het hulle slegs die skynbare aanblik gelei, waardeur die beeld wat julle van die son sien werklik nie veel verder van die aarde afstaan nie. Maar die beeld is nie die werklikheid nie, maar dit is slegs `n klein beeld van die groot son, wat meer as 20 miljoen myl van die aarde af staan. Tegelykertyd neem die oog ook beelde op van die oppervlakte van die aarde en gee dit deur aan die ander hemelliggame, net soos die ander hemelliggame hulle oppervlakbeelde weer deur hulle algemene oog na die algemene oog van die aarde voer. Uit hierdie eienskap is veral in die tropiese lande die sogenaamde fata morgana (optiese illusie) verskynsels te verklaar - en by name in die tropiese lande, omdat die derde streek daar dikwels selfs laer kom lê as die berge wat nie eens so hoog is nie. Ook is dit in die berge van hierdie tropiese lande waar balsemagtige geure dikwels voorkom, as gevolg van die feit dat hierdie derde streek soms so diep omlaag sink, en dan sou julle dit van louter welriekende geure nie daar kon uithou nie.
[12] Watter eienskappe hierdie derde streek nog verder het, welke verskynsels daar nog te siene is en hoe dit dikwels vanaf die aarde gesien word, daaraan sal ons etlike beskouings hierna wy.
|
|
|
|
|