Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die wet van die sieledeling

24-3-1847

54 By die uiteensetting oor die mineraal- en planteryk, het ons al iets vertel oor die tallose hoeveelheid aardse spesifika, wat voortdurend opstyg, mekaar aangryp en hulle verbind en orden volgens die besturende wil van die geeste, wat daarvoor aangestel is. Ook word dit duidelik dat eintlik alles wat op aarde is, siel is. Dit hoef ons dus nie meer te herhaal nie, maar iets wat seldsaam en baie merkwaardig is, volg hier as `n duidelike toevoeging.

[2] Die deling is, wat wel vir julle ietwat raaiselagtig sal voorkom, georden volgens `n geheime wet wat mens wel goddelike politiek sou kan noem, waarby Satan self gedwing word om eerste handlanger van hierdie deling te wees.

[3] Hy wil sy siel deur sy krag vrymaak en haar weer haar vroeëre omvang teruggee; daarom ontbrand hy voortdurend in sy saam­gedrukte telluriese-spesifieke totaalsiel. (aards-spesifieke totaalsiel). Deur die voortdurende opvlamming wil hy die skynbare materie geheel tot subtiele substansie maak. Hierdie pogings word toegelaat onder `n sekere geordende beperking en daarom is die organisme van die aarde ook so ingerig en georden, dat die bose gees in sy vashoudendheid voortdurend ewe werksaam moet bly.

[4] Hy verkeer ook werklik in die waan dat hy hierdeur sy gevange siel al byna heeltemal bevry het. Daarom dryf hy voortdurend die psigiese spesifika uit die binneste van die aarde na buite. Dat hierdie spesifika hier dan egter deur magtiger geeste opgevang en tot nuwe volkome mensegestaltes voorbestem word, daarvan weet hy weinig of niks nie.

[5] Maar juis die spesifika wat uit die binneste van die aarde kom, is natuurlik van helse aard en baie boosaardig; daarom moet hulle deur `n lang opklimmende reeks van wesens omhoog styg en uitryp, voordat hulle vir die konstitusie van `n mens geskik sal wees.

[6] Die helse van hierdie spesifika is duidelik aan die baie wesens, wat die mens voorafgaan het, te sien. Kyk na die giftige wese van byna alle metale, die gif van die plante en dan die gif van die diere, hulle groot woede, veral van die wilde diere en die vreeslike sluheid en arglis van die giftige slange - en die hels-bose in hierdie wesens sal jou nie ontgaan nie. Ja, selfs in die mense uiter die bose, die suiwer helse homself dikwels nog in so `n hoë mate, dat tussen sommige mense en die vors van die duisternis, weinig of glad geen verskil te sien is nie.

[7] Die helse bose word deur die tussenkoms van die magtige spesifikum, die woord van God, aan `n nuwe gistingsproses onder­werp, waarin die helse versag word en tot iets hemels omgevorm word, maar ook nie op een slag nie.

[8] Die spesifika in die eintlike siel van die mens word wel op sigself suiwer hemels as dit deur die gees deurdring is, maar die liggaam, of die vlees van die mens is in al sy dele nog geheel sleg, dus tog nog altyd hels. Daarom moet dit nog baie verdeemoedigende beproewinge deurstaan, totdat dit dan langsamerhand `n ooreen­komstige deel van die al vooraf suiwer geworde siel kan word.

[9] Dit is die rede waarom die liggaam eendag moet sterwe of beter gesê, opgelos word; dit moet heeltemal in allerlei vorme oorgaan, in hierdie weer sterwe of opgelos word en na hierdie oplossing in allerlei infusorieë oorgaan. Dit gaan weer in die plante oor; die plante vergaan dan gedeeltelik in die aarde, gedeeltelik in die vuur, gedeeltelik in die maag van diere en dit gaan solank deur totdat die laaste atoom vry opgelos word. By sommige mense sal enkele honderde jare hiervoor nodig wees en by sommige ydel dwase, wat hulle vlees liefgehad het, wel enkele duisende jare, voordat hulle agtergeblewe liggaam volledig ontbonde sal wees. Van elke liggaam sal egter steeds die eintlike suiwer helse element nooit kan vergaan nie, omdat dit dít is wat eintlik oorspronklik deel uitgemaak het van Satan, sodat hy voortdurend `n liggaam bly behou. Maar wat ook maar as die kleinste sielesubstansie aan die siel kleef, word van die Satan afgeneem en by die eintlike siel van die mens ingelyf. En so sal die hele siel van Satan langsamerhand opstaan in baie mense, waarvan elkeen apart volmaakter sal wees as die hele vroeëre groot gees. En sodat elke siel `n volkome ewebeeld van God sal word, word by elke siel `n nuwe gees uit God ingeplant en sy word daardeur `n nuwe skepsel. En dit is die nuwe skepping, wat heeltemal deur die vuur van die goddelike liefde omgevorm word. Die ou skepping sal egter terugsink in haar stof en in haar steeds groter wordende magteloosheid en sal verhard en tot ondergrond en voetbank vir die nuwe word. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205