Oor die swaartepunte en die sappe van die aarde
5-1-1847
6 As dit vir jou moontlik sou wees om met jou oë deur die vergrotingsterkte van `n mikroskoop, dwarsdeur `n boomstam heen te kyk, van sy kern tot by die kors en ook vanaf die onderste wortelvesels tot boaan die hoogste knop, dan sou jy langs die na bo lopende buisies, met hulle tallose pompe, sluitkleppe en ventilasie-openinge, nog `n hele spul kleiner dwarsorgane ontdek, wat hulself vanaf die kern van die boom tot by die buitenste kors uitstrek in `n ongelooflike aantal wendings en krommings. Oral waar dit die omhooglopende buisies kruis, is dit voorsien van elastiese kleppe. Al hierdie pompe, kleppe en lugkleppe is as`t ware spesiale swaartepunte, waardeur die lewensbeginsel in die hele boom verdeel word en al hierdie hoof- en sybuisies, soos aan julle bekend, drie bome is, word onderling deur die genoemde dwarsbuisies, wat hulself van die murg tot by die kors uitstrek, verbind. Tot in alle dele van die so ewe aangegewe boom werk die hart dan, die vernaamste lewensbeginsel van die boom.
[2] Ons het al aangedui, dat naas die belangrikste swaartepunt, nog baie ander, kleiner swaartepunte hulself in die materie bevind; maar ons het nie die “waar” bespreek nie, omdat ons dit in `n latere stadium beter sou kan verklaar. Dit is dan nou die korrekte tydstip en die geskikte plek om die “waar” van die neweswaartepunte op `n baie aanskoulike manier vas te stel. Ons weet al uit die voorgaande, dat die swaartepunt in die organiese materie die eintlik lewegewende werkingspunt is; en omdat dit onteenseglik die geval is, is elke plek in die materie, in `n sekere sin ook `n klein neweswaarte- of werkingspunt, waar die bo bespreekte dwarsorgane die omhooglopende organe as`t ware deurboor en hier op die kruispunt in die opstygende organe `n besondere werking teweegbring, wat iemand homself ook met ander hulpmiddels nagemaak, kan voorstel.
[3] Lê `n mens byvoorbeeld twee stukke hout dwarsoor mekaar, dan sal daar, op die punt waar hulle mekaar raak, `n lig waarneembare werking ontstaan. Die onderste van beide gekruiste dele sal naamlik op die oomblik van die aanraking met die boonste stuk, die gewig, met die van homself verenig. Wil iemand nou die onderste dwarsbalk optel, dan het hy nie slegs rekening te hou met sy eie gewig nie, maar ook met dié van die boonste dwarsbalk, uit welke verskynsel duidelik en helder volg, dat die nuwe aanrakingspunt `n duidelike verandering in gewig in die onderste balk teweeggebring het en dus `n nuwe swaartepunt. Word die boonste dwarsbalk selfs met die onderste deur middel van `n band of spyker gebind, dan het beide dele hulle gewig verander, omdat beide die gewig van die ander juis deur die verbindingspunt opneem.
[4] Deur die voorbeeld kan jy al enigsins `n begrip verkry, hoe bepaalde aanrakingspunte van die materie op mekaar inwerk.
[5] Hier was slegs sprake van een gewigsverandering, wat sekerlik ook `n belangrike verandering is, omdat `n dubbele gewig van hierdie twee liggame daardeur in `n grotere verander is. Laat ons egter na `n ander voorbeeld kyk:
[6] Stel jou `n waterleiding voor, waarby dit gaan om die punt waar twee waterleidingspype, waardeur die water van een reservoir vanaf twee punte gelei moet word, en mekaar moet deurbreek. Die een waterstraal moet dan as`t ware deur die ander heen; in die snypunt rem die een waterstraal die ander. Na die snypunt waar beide gerem was, sit die water weer sy gewone weg voort, presies soos wat dit voorheen tot by hierdie punt gegaan het.
[7] Watter verskynsels sal in die punt voorkom? - Die water uit beide pype sal hulself eers in een maalstroom vermeng en vanuit hierdie maalstroom sal die verenigde water in beide, verder deurlopende pype dring wat nog aanskouliker en begrypliker sou word as die een pyp water en die ander wyn sou bevat. Tot by die bepaalde punt sou elkeen sekerlik uit die een pyp wyn en uit die ander water kry; maar na dié punt sou beide pype met water gemengde wyn vervoer.
[8] Kyk, uit die voorbeeld blyk die belangrike waarneembare werking wat deur die deurgangspunt, wat derhalwe `n neweswaartepunt is, uitgeoefen word. Die dwarsbuisies op die punte in `n boom bewerk ook iets dergeliks, waar die omhooggaande buisies dit deursny.
[9] Nadat ons die voorbeeld, wat duideliker was as die eerste, bekyk het, sal ons nog `n derde soortgelyke, dog ingewikkelder voorbeeld onder oë neem.
[10] Stel jou weer `n waterleiding voor, waarby egter op een punt tien of nog meer buise mekaar straalvormig deursny. Die water sou homself in die verenigingspunt van buise deur `n sterk werwelende beweging verenig en daarvandaan in die afvoerbuise gemeng deurstroom, sodat ten slotte uit elke buis as`t ware tien - of veelvoudige gemengde water sou kom.
[11] Om dit egter duideliker te onderskei, laat ons deur elke voor- of binneleidingbuis `n heel ander vloeistof stroom, soos byvoorbeeld deur die een bronwater, deur die tweede mineraalwater en deur die derde wyn, deur die vierde bier, deur die vyfde melk, deur die sesde asyn, deur die sewende alkohol, deur die agste olie, deur die negende `n loog en deur die tiende selfs `n heuningdrank. Tot by die verenigde deurgangspunt, sal elkeen wat die buise open, die oorspronklike vloeistof kry; maar na die verenigingspunt, `n mengsel van al bogenoemde tien vloeistowwe en dit sou sekerlik nie meer suiwer lyk nie.
[12] Sulke klein waterkanale, wat ons hier beskrywe het, het ons boom in ontelbare hoeveelhede. Hoe verder na die kors toe, des te meer kanale vind mens daar vir geleiding en ook des te meer strale op `n punt. Daarom is die bas van die boom gewoonlik `n afsetting van soortgelyke gemengde vloeistowwe. Mens vind in die bas die sponsagtige van die kern, die veselagtige van die hout en nog veel meer vermengde bestanddele, wat in die binneste van die boom meer afsonderlik in verskillende buisies opgaan, om daar hulle spesiale doel, die vorming van een of ander deel van die boom, te bereik.
[13] Hier het ons weer `n nog duideliker voor oë staande neweswaartepunt, waardeur die oorspronklike funksionering van die lewensappe van `n bepaalde liggaam verander en weer ander werkings teweegbring, wat ook by `n deurgesaagde boom maklik te sien is.
[14] Hierdie verskillende ringe, wat aan julle onder die naam “jaarringe” bekend is en dit tussen die liggende sagte en wit sap, net soos die van die sentrum tot die kors uitgaande strale, getuig van die werking van die bo beskrewe klein neweswaartepunte. Dit is eintlik maar net nawerkinge van die vernaamste lewensverwekkende werking, wat hulself ongeveer daar in die boom bevind waar die kern van alle wortels en latte in die hoofkern van die stam uitmond. Daar is dan ook die vernaamste swaartepunt of die gewone hart van die boom. `n Beskadiging daarvan sou die boom onherroeplik die dood bring.
[15] Soos wat julle egter nou by die boom gesien het, dat in hom die al bekende drie bome deur hierdie verskillende kanale verbonde is, en hoe die verskillende werkinge daar ontstaan, so is dit ook die geval by die aardliggaam, maar dan in `n na verhouding veel groter en sterker mate, wat maklik te begrype is, omdat die aarde tog sekerlik `n groter liggaam is as `n boom.
[16] Soos wat daar by `n boom, uit sy hart talloos baie kanale na bowe gaan en soos wat daar van die kern van die boom, wat in `n sekere mate `n voortsetting van die hart van die boom is, ook weer baie nog kleiner dwarsbuisies loop en die omhoog lopende kanale, veral in die omgewing van die stam, steeds gereeld gekruis deurbreek, so is dit ook by die aardliggaam die geval. Hoe nader die organe aan die hart lê, des te groter is hulle. Hoe verder hulle daarvan verwyderd is, des te kleiner is hulle en des te meer tot in die oneindige vertak.
[17] Uit hierdie so duidelik moontlike uiteensetting kan julle begryp hoe ook die drie aardes, waaroor al gepraat was, met mekaar tot `n geheel verbonde is en hoe die vernaamste swaartepunt daar deur tallose kanale en hulle baie deursnydings tot by die oppervlakte werksaam is, en hoe sogenaamde newe-swaartepunte ingerig is en hoe hulle lyk.
[18] Maar Ek hoor hoe na die deurlees van hierdie reëls iemand vra: “Dit is korrek en `n mens kan niks hierteen inbring nie, maar waar kry die aardhart al die verskillende sappe vandaan, wat sy aanvanklik in enkele groot kanale voortgelei het en wat sy eers by die deursnydingspunte in `n tweede gemengde substansie verander, wat meer gemeng is namate dit nader aan die oppervlakte kom?"
[19] Daaroor moet Ek julle die volgende vertel:
[20] Ook `n boom suig maar net reëndruppels en dou van die aarde deur haar wortelhaartjies na binne. Maar in haar hart en maag het Ek goeie chemici aangestel, wat in staat is om hierdie ingesuigde sappe behoorlik te ondersoek en te verwerk en wel op `n manier, wat selfs die geleerdste skeikundige nie kan uitvind of begryp nie.
[21] Dit is netso die geval met die sappe van die aarde. Al word sy in die binneste van die aarde in nog sulke eenvoudige substansies opgeneem, tog word sy deur die skeikundiges wat daar aanwesig is, so sorgvuldig geskei en in die goeie verhouding in die ooreenkomstige geleidingskanale dusdanig gelei en verder gevoer, dat nie een druppeltjie van die een of ander substansie te veel of te min op die bestemde plek aankom nie.
[22] Hoe so iets gebeur, kan nooit langs die natuurlike weg verklaar word nie, maar wel via die geestelike, waarop ons eers later sal terugkom. Daarom moet niemand ook so naïef wees om te vra: 'Van watter natuurlike materiaal is hierdie oersubstansies gemaak?” en moet ook niemand aankom met koolstof en suurstof en met watter stowwe dan ook nie; want as dit oor substansies gaan, is daar weinig stoflik aanwesig. Die siel van diere en mense is ook substansieel en daarin sit weinig koolstof en suurstof.
[23] Waar ons die aarde nou reeds in soverre beskou het, dat ons weet hoe haar inwendige bou in die algemeen ingerig is, sal ons hierna juis hierdie bou – vir sover dit nodig is - meer spesifiek gaan bekyk; of ons sal die inwendige vertrekke van die aarde as`t ware met die geestelike oog deurloop en in elk van die eersgenoemde drie aardes oral ewe lank vertoef, waar iets besonder gedenkwaardig sal wees.