Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die ontwikkeling van die menslike liggaamsvrug

18-3-1847

51 As die siel die bo beskrewe spiere, bene en kraakbeen en senuwees, ensovoorts gevorm het, dan gaan sy verder met die uiterlike ledemate tot volle ontplooiing te bring deur korrek gebruik te maak van die daarby behorende spesifika.

[2] Wanneer dit ook gebeur het, trek die siel haar in die ingewande terug en begin die hartspiere in beweging te bring, sodat deur die beweging die eie helder wateragtige sappe die organe open deur dit as`t ware deur te stoot.

[3] As die deurstoting gebeur het, dan sit die siel dadelik die milt in werking; daardeur word dan bloed aangemaak en in die kamers van die hart gevoer en van daaruit vervolgens in die deurgestote organe gedryf.

[4] As bloed die eerste kringloop eenmaal gemaak het, dan word die maag in werking gestel en dit begin dadelik die voedingssappe wat daar is, in groter gisting te bring. Daardeur word die meer edele, meer substansiële spesifika afgesonder, die growwer onverteerbare slymerige sappe afgevoer deur die natuurlike afvoer­kanaal, waardeur die vog dan in die moederblaas kom, wat eintlik niks anders is nie as die uitwerpsels van die kind wat nou al in die moeder leef.

[5] Wanneer hierdie vrug ongeveer drie maande liggaamlik lewend in die moederliggaam deurgebring het, word by die rustig geworde siel, wie se hart `n sekere stewigheid bereik het, nou `n ewige gees gelê in die hart van die siel; dit gebeur deur die gees van `n engel en die ewige gees kry `n sewevoudige omhulling. Natuurlik moet niemand hierby aan `n materiële omhulling dink nie, maar aan `n geestelike wat veel kragtiger en stewiger is as `n materiële. Dit blyk ook al uit baie dinge in die wêreld, waar dit makliker is om `n materiële kerker te deurbreek as `n geestelike.

[6] Neem nou net `n arm en daarnaas `n baie ryk mens. Plaas die arm mens voor `n dik muur en sê vir hom dat hy dit moet deurbreek - en hy sal `n breekyster en `n sterk hamer neem en sal daarmee die sterk muur se baas wees. Maar as hy by die ryk, hardvogtige mens kom, dan sal hy nóg met die breekyser nóg met die hamer en nóg minder met versoeke, die hart van die ryk mens kan oormeester. Want die hart is deur geestelike bande omsluit en geen aardse mag is in staat om dit te deurbreek nie. Dit vermag maar net die Gees van alle geeste!

[7] Nadat die gees in die hart van die siel gelê is, welke handeling by sommige kinders vroeër, by ander weer later gebeur, dikwels ook drie dae voor die geboorte, kom die liggaam vinniger tot rypheid en die geboorte kan plaasvind. In hierdie tyd moet die moeder haar in die besonder van alle begeertes en prikkels weerhou, want dit is meestal van die hel afkomstig, en oral waar die moeder haar dan in `n dergelike geprikkelde toestand beseer, daar word dit in die gees wat in die siel geplaas is, as teenoor­gestelde pool geprikkel en dit karakteriseer die siel op die ooreenkomstige plek. Hierdie karakterisering van die siel druk haar dan ook op die liggaam van die kind af, vandaar kom die sogenaamde moedervlekke by kinders vandaan. 

[8] Dat so `n teken slegs plaaslik is en maar `n baie klein plekkie opneem en nie op die hele siel en daarna op die hele liggaam inwerk nie, dit bewerk die geeste. As dit nie die geval was nie, dan kan deur so `n onversigtige aanraking en die daaropvolgende algehele brandmerking van die hel die hele siel bederwe en daarop kan die dood van die liggaam volg en dit is juis die bedoeling van die hel.

[9] Daarom moet elkeen ietwat ag gee op soortgelyke mense wat baie en groot moedervlekke op hulle liggaam het soos hierbo beskrywe word. Want dikwels word die spesifika van die hel meer of minder in so `n wese gewek en as dit eenmaal gewek is, dan is so `n individu, wat baie sulke groot tekens op sy liggaam dra, dikwels op een of ander manier boosaardig. Óf sulke mense glo dan niks, óf hulle word aan ontug oorgelewer, óf het `n slegte reputasie en die volgende waarskuwing geld hier: ”Neem jou in ag vir die getekendes!" Want die hel teken alles wat sy gee, sodat dit nie van haar afgeneem kan word nie, sodat sy dit wat aan haar behoort, weer na afloop van die vasgestelde tyd kan herken om dit regtens terug te neem.

[10] Dit gaan daar net soos in die wêreld. Die hemelse mense gee hulle besittings ook sonder skuldbewys aan hulle broeders of susters; want hulle gee dit om dit nie weer terug te neem nie - en dan kom daar ook nooit `n regsgeding nie.

[11] Die mense van die wêreld gee ook wel, maar nooit sonder skuldbewys en seël nie, sodat hulle dit na die verstrykte tyd weer kan terugneem; en as die skuldenaars dit nie meer aan hulle kan terugbetaal nie, dan kom daar `n aanklag en `n regsgeding - en dit is hels, want die hel kla en prosedeer ewig.

[12] Tog moet jy die moedervlekke nie al te ernstig neem nie; want as hulle klein en baie sporadies aanwesig is, dan het hulle weinig of glad geen betrekking op die hierbo beskrewe nie. Soos wat al hierbo gesê was, verhinder die beskermende geeste, wat die werk lei, die bose optrede van die hel; en as `n kind gedurende die stryd tussen die goeie en die bose geeste soms `n merkteken kry, dan is dit maar net stigmata wat geen gevolge het nie, omdat die helse spesifika van hom weggeneem is.

[13] `n Psigoloog sou hier kan vra: “Hoe kan die Heer, as Hy bestaan, met Sy tallose leërs engelgeeste wat met alle mag en wysheid toegerus is, dit toelaat dat die afskuwelike hel so `n onskuldige vrug in die moederliggaam so-iets laat oorkom? Dit is alles behalwe wys en dui op magteloosheid!"

[14] Maar dan sê Ek: Elkeen het syne! Laat die onkruid tussen die graan woeker tot die oestyd; dan sal mens al die helse baie presies van die hemelse skei en die hemelse na die hemel en die helse na die hel stuur. En daardeur sal geen siel verlore gaan nie, al dra hy ook duisend helse merktekens, want dit sal van hom weggeneem word en aan die hel toegewys word. Alles sal egter daarvan afhang of die siel die bevryding van haar gees deur deemoed bewerkstellig het. As sy dit vrygemaak het, dan word ook sy vry deur hom. As sy dit egter nie gedoen het nie, dan sal sy self vir solank gevange bly, totdat die gees sy sewevoudige omhulling verloor het en een geword het met die siel.

[15] As `n kind uit die moederliggaam gebore is, dan word die longe in werking gestel en die kind begin by elke asemhaling `n baie groot hoeveelheid spesifika uit die lug op te neem, wat dadelik vir die vorming van die senuweegees en vir die sterker word van die siel gebruik word, dit wil sê, wat haar substansiële formele wese betref. Wat die innerlike voeding van die spesifika en intelligensies egter betref, die kry sy deur die sintuie van die liggaam en dit alles word gereël deur die goeie geeste van hierdie sfeer.

[16] Deur hierdie toeligting is die geestelike sfeer van die eerste streek, (vlak) wat hom daar bevind en wat daar gebeur, so duidelik moontlik onthul.

[17] `n Uitgebreider en grondiger onthulling kan daarom nie gegee word nie, omdat die geestelike nooit so duidelik deur aardse woorde weergegee kan word, as wat dit op sigself is nie. Wie egter `n goeie gevoel besit en daarmee kan hoor, sien, tas en voel, die sal daardeur maklik en onteenseglik met groot helderheid `n grondige oortuiging hieroor kry.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205