Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Allerlei menslike klagtes 2.

10-4-1847

65 Dit is wel waar dat daardeur baie sogenaamde ambagslui minder verdien of selfs glad niks meer nie en dat sommige van hulle tot die bedelstaf geraak het. Ook het die mense `n goeie stuk grond van menige boer afgeneem, waardeur hy by die verbouing van sy landbouprodukte baie benadeel was; ook het die arm voerlui hulle loon ingeboet en menige herbergier, die wat mensliker was as die ander, het saam met die onmenslike in die narigheid beland. Maar dit alles kan baie anders bekyk word as wat dit hom oppervlakkig laat sien. Want hier het slegs diegene wat teveel gehad het, baie in materiële opsig verloor; die wat egter weinig gehad het, die kon daarby nie soveel verloor nie.

[2] Smede, wat vroeër byna onbetaalbaar was, het nou baie goedkoper gewerk, as hulle maar werk kon kry. As iemand sy saak voorheen groot bedryf het, dan het dit hom nie geskaad nie; want hy het al iets verwerf en as hy verder nog werk wou gehad het, dan moes hy goedkoop wees. Daarby word hy egter ook mensliker; dus het hy nie veel verloor nie. As iemand uit hierdie beroepsklasse maar `n baie klein saak bedryf het, wat hom nie veel meer opgelewer het as wat `n bedelaar bedel nie, dan het hy ook nie veel verloor nie en die kloof tussen hom en `n vroeëre grootmeester het aansienlik kleiner geword; dus alweer wins! Dieselfde is die geval met alle ander beroepe en met alle boere wat grond verloor het. Want wie maar weinig grond gehad het, kon ook geen groot stuk afgestaan het nie en wat hy afgestaan het, was aan hom vergoed. Die groot grondbesitter kon ook `n groter stuk van sy grond afgestaan het, waarvoor hy ook mettertyd vergoed was, en hy kon makliker daarop wag, omdat hy tog al meer gehad het as die nodige. Dieselfde was ook die geval met die groot en klein hotelhouers. Die grotes het hulle geld al ge-in en dit sou ten hemel skreiend gewees het as `n mens hulle nog langer hulle gang laat gaan het. Die arm herbergiers het tog net `n erbarmlike verdienste verdien en hulle kon dit maklik te bowe kom; en omdat hulle natuurlik vir weinig geld ook maar slegte etes aan die gaste kon voorsit en hulle hulleself langsamerhand meer met bedrog as met koopware moes help, was dit vir hulself en vir hulle gaste `n fisieke en `n geestelike wins.

[3] Daaruit blyk, dat by hierdie gebeure niemand teveel in materiële opsig verloor het nie; en die tugroede was daarom goed en word langsamerhand nog baie beter. Netsoos die Hanogiete in die tyd van Noag self die watersluise van die aarde geopen het, waardeur hulle verswelg was, netso het ook hierdie mense hier self die luis in hulle pels gesit. Ek sê egter: Gaan maar op dieselfde manier aan! Hulle vir wie die rustige, vrugtegewende aardbodem nie genoeg is nie, moet op die see gaan en daar die onderskeid tussen vrede en rus en beweging en storm leer ken. As hy wil en die storm hom nog nie verswelg het nie, kan hy weer terugkom; want naas die water bestaan die vaste bodem nog steeds, soos naas hierdie vernuwinge ook die ou woord van God onveranderd voortbestaan en ook My genade vir elkeen wat haar soek. Wie niks hieraan geleë het nie, maar slegs van vernuwing hou uit suiwer algemene of persoonlike sug na aansien, die kan altyd in so `n vinnig bewegende stoomtrein gaan sit en daarmee na sy duiwels ry en hy kan verseker wees, dat in My hemele hom geen medelydende 'Aag' nageroep sal word nie, want dom dwase is ook vir My hemel `n weersinwekkende gruwel en oral lag mense oor hulle. 

[4] Wat die geskimp en gekla oor die geestelikheid betref, die klagtes en skimpuitinge dring nie tot My deur nie. Ek het dit so gereël, dat elkeen My woord kan vind as hy dit slegs wil.

[5] Daaruit kan elkeen ook maklik aflei dat by My slegs `n liefdevolle, suiwer hart tel en `n opregte geloof in My. Vir wie dit nie genoeg is en vir wie die woord van `n predikant, wat op geld uit is, heiliger is as wat Ekself gespreek het, kan egter by sy domheid bly. Wie meer hou van die gésel as van My genade, laat hulle hulleself maar gésel. Diegene wat `n duur en pragtige geboude bedehuis (kerk) heiliger en verhewender beskou as `n suiwer hart, wat `n tempel is van die Heilige Gees, die moet maar na sy bedehuis gaan en laat hulle maar op elke son- of feesdag eers met die monstrans* seën, dan vanaf die kansel hulleself minstens sewemaal in die hel in vervloek en na die vervloeking respek­tiewelik die hel in- aan die einde van die mis nog eens met die monstrans seën. (*Monstrans – oop of deursigtige goud of silwer houer waarin die Heer sogenaamd vertoon word.)

[6] Die mense belewe baie vreugde aan die blinde seremonie. Hulle praat en skryf hulle mond en vingers stukkend oor die prag van die katedraal van Rome en ander baie pragtige katedrale en bestee daarby nog enorme somme geld vir die onderhoud en die kleding en gewoonlik onder die slagspreuk “tot meerdere glorie van God”. Goed so! Wie `n esel wil wees, die moet maar tot in alle ewigheid een bly. Hoe kan so `n armsalige katedraal plus alle ander kerke op aarde My eer vergroot?

[7] Ten eerste het Ek op aarde nooit na eer gesoek nie, maar net na geloof en liefde. Hieruit volg egter dat elke ander nuttelose eerbetuiging wat van My, die enige, ewige lewende ware God, `n afgod maak, `n gruwel is; want Ek wil in gees en waarheid, wat in die lewende hart van die mense woon, aanbid word, maar nie in `n kerk nie. Die ware aanbidding in die gees en in die waarheid bestaan daarin, dat die mens My as hulle God en Vader herken, My bo alles liefhet en die gebooie van die liefde ook teenoor hulle broeders onderhou. Dit is die ware Godsverering; maar `n kerkgebou is `n gruwel en kan nie tot die groot verheerliking van My Naam bydra nie, omdat dit tog sekerlik nie laat sien wat Ek vermag nie, maar slegs die ydele en hoogmoedige menslike vermoë.

[8] Wie egter My krag en grootheid wil bewonder, die moet na die natuurlike katedrale gaan; gaan na die aarde self en kyk na die son, maan en sterre en jy sal verseker genoeg sien om die almag van God, jou Vader, te erken.

[9] By die beskouing van `n berg is weliswaar geen Gotiese, geen Moorse en ewemin `n Romeinse, Loniese, Phrigiese of selfs `n Babiloniese boustyl te ontdek nie. Ook is daar geen beelde, skilderye of houtsnywerk van allerlei beroemde meesters te sien nie. Maar in die plek daarvan laat die hand van die Vader Hom in hierdie groot natuurwerke sien en in die plek van beelde en skilderye woon in sulke katedrale lewende mense en ander skepsele, en in die plek van versierings is in hierdie kerke heerlike, pragtige woude en met goed en voedsame gras begroeide weiding te sien, wat alles getuig van die mag, grootheid en wysheid van hulle ewige Heer.

[10] So `n beskouing kan die menslike hart wel ‘ad majorem dei gloriam’ (tot meerdere glorie van God) stem. Maar die beskouing van `n katedraal verhef die hart van `n esel maar net tot groter bewondering vir sy nog groter mede-esels, wat blykbaar baie groot esels moet wees, omdat hulle glo dat hulle deur die werk van hulle hande, deur allerlei snywerk, skilderstukke en vergulsels, deur die lig van waskerse, ryk kleding, en bowendien deur `n wilde gebrabbel Hom kon eer, wat die aarde, son, maan en sterre geskape het!

[11] Die mense bestee teenswoordig nog groot somme geld, doen skenkinge en gee legate (erfenis) en daar hoef maar iewers `n nuwe afgodsbeeld ingewy te word, of byvoorbeeld selfs die liggaam van `n heilige in `n sogenaamde kerk, onder die titel 'godshuis', bygesit te word - natuurlik as `n guns van Rome, maar tog wel vir etlike honderde dukate* 'gratis' -, of daar mag, wat nog baie meer uitsonderlik is, `n kleed van Christus, windsels, gordels ensovoorts, ten toon gestel word, en wanneer so-iets in twaalf kerke tegelyk sou mag gebeur, waar natuurlik twaalf kledingstukke voor nodig sou wees, dan laat hulle almal nie daar toe nie; die domheid glo dat, al skimp hulle ook en offer dan ryklik en alles ‘ad majorem Dei gloriam’. Wat kan mens nou daarvan sê? Moet mens die domheid nog meer bestraf? Dit is nie nodig nie, want hulle straf hulle hierdeur self! *(Dukate – Romeinse geldstukke).

[12] As `n mens hulle iets beter in plek daarvan wou gee, sou hulle dit dan wel aanneem? Mens sou wondere moet verrig! Maar die kleed bewerk ook wondere. Sou die domheid die bedrieglike, kunsmatige wonder wel van die ware natuurlike wonder kan onderskei? O nee! Hulle sou die ware, omdat dit nie in `n kerk plaasgevind het nie, as duiwelswerk beskou en diegene wat dit bewerk het, as aartsketter beskou! Wie sou dan daarmee geholpe wees?

[13] Laat die domheid daarom bly wat dit is, `n voortdurende straf vir dom esels en narre; wie egter wysheid soek en haar loon, die weet ook waar sy te vinde is. Maar die wysheid sal wel baie gou oor die domheid seëvier; maar glo nie, dat die dommes wyser sal word nie, want die soort sal bestaan solank as wat die hel bestaan.

[14] Mens vra weliswaar, hoe Ek sulke gruwels so lank kan aansien? Waarom Ek nie hierdie ou afgodery met bliksem en vuur uit die hemel vernietig nie? Ek kon dit tog ook vroeër gedoen het, waarom nie nou nie?

[15] Dit is waar: Sodom en Gomorra het ten gegaan gegaan; in die plek daarvoor het Babel egter opgekom. Ook hier is al baie vuur in die afgodery geslinger, soos dit in alle tye gebeur; maar dit kom weer op. Daarom laat ons maar die koring met die onkruid opgroei; die tyd van die skeiding kom nog wel! Waarom sou mens hulle by `n gebeurtenis op `n minuut vaslê, as mens `n hele ewigheid se tyd het? Daarom maar deurgaan - hier! Wie dom wil wees moet dit maar bly; wie verstandig wil wees, weet waar hy moet aanklop.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205