Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Antwoord op vraag 2

[7] En as daarmee die eerste vraag beantwoord is, dan volg die tweede vanself daaruit; want waar Ek oftewel Self uiterlik optree deur daarheen gestuurde engele, oftewel innerlik Self as leraar optree, daar is geen kerklike en ook geen andersoortige leiers nodig nie - waaruit julle kan agterkom dat diegene, wie se leraar Ek geword het, alle ander opperste leiers baie maklik kan mis, veral as die leier baie meer `n goud- as `n geestelike leier is. En so is die hele maan niks anders as `n geestelike korrektiewe staat onder My persoonlike leiding nie.

[8] Volgens hierdie innerlike leer word hulle kinders ook opgevoed. Die enigste wat hulle nodig het, is die liefde en hieruit die geloof, volgens die leer van die geeste, dat Ek `n mens is en dat Ek die liggaamlike natuur aangeneem het op die wêreld waar hulle oorspronklik van afstam, om nie net alle mense van die aarde en die maan salig te maak nie, maar ook om almal wat in die eindelose ruimte oor tallose hemelliggame verstrooi is, byeen te bring en onder die kruis van die liefde ook vir hulle `n blywende woonplek te stig. - Dit is dan alles oor die religie en Godsverering op die maan.

[9] Daarom moet die manne daar hulle vrouens ronddra, omdat dit hulle deur die steeds drukkende las, hulle van hulle sinlike vleeslus sal genees. Waarlik Ek sê vir julle: Op aarde moes `n koning in sy ryk so `n beslisde noodsaaklike plig aan alle wellustiges opgelê het, naamlik dat as so `n wellusteling met `n meisie owerspel gepleeg het, hy haar dan `n hele jaar lank op sy rug moes rondsleep en haar so dag en nag, lêend, sittend, staande of lopend by hom moes hou. Voorwaar, hy sal in hierdie tyd die soet vlees verseker so vermy, soos iemand wie sy maag so bedorwe het deur die snoepery van heuning, dat hy, as hy weer herstel het, nog banger sal wees vir die heuning as vir die by wat steek!

[10] Dit word hier ewenwel vertel om `n duideliker beeld van die maan te kry en hoef hier op aarde, waar die mens in sy volste vryheid is, nie toegepas te word nie, omdat die straf wel die vlees `n tydjie verbeter en tot orde bring, maar nie die siel en nog minder die vrye gees nie. - Vandaar dat hierdie handeling op die maan nie as straf plaasvind nie, maar as uiting van `n inniger, beter liefde.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205