Mineraal, plant en dier
6-3-1847
45 Die plantewêreld waar ons nou net oor gepraat het, is as`t ware die oorgangsfase van die mineraal en die eter, wat uit die sterrewêreld omlaag kom, na die diereryk.
[2] Daar bestaan eintlik nóg `n mineraal-, nóg `n planteryk. Want die mineraal-, sowel as die planteryk, is in die grond van die saak ook `n diereryk; elke mineraal bestaan uit net soveel infusoriese diersoorte as wat daar in hom deur die geestelike wysheid afsonderlike psigiese spesiale intelligensies te ontdek is, wat vir enige gewone verstandsmens goed ondenkbaar is. Maar vir iemand wat ook maar iets van die ware wysheid en die verstand van die gees besit, sal dit nie moeilik wees om in elke mineraal, sowel as in elke plant, die intelligente, psigiese basisspesifika te ontdek nie en wel langs die tot nou toe aangewese weg.
[3] Mens hoef slegs alle moontlike eienskappe by `n mineraal of plant op te spoor, dan het mens ook al eweveel basisspesifika ontdek, waarvan elkeen baie karakteristiek is en daarom ook maar met die een intelligensie aan `n bepaalde doel in die mineraal beantwoord.
[4] Sodat `n mineraal dit word wat dit is en moet wees, moet hy egter juis daarom, die verskillende spesifika wat tot hom behoort, tot `n geheel verenig om deur hierdie vereniging juis die mineraal te vorm, wat volgens die ordening noodsaaklik vervaardig moet word.
[5] Om dit goed in te sien sal ons `n voorbeeld gee.
[6] Ons neem byvoorbeeld yster. Hoeveel spesifika sal daar wel vir die samestelling van die metaal nodig wees? Deur die opneem van die enkelvoudige eienskappe van die metaal sal ons sien wat vir sy vervaardiging nodig is.
[7] Ten eerste is yster swaar. Waardeur word die gewig veroorsaak? - Deur `n spesifikum wat uit die binneste ruimte van die aarde opstyg waardeur dit, hoewel dit hier aan die metaal gebonde is, nog altyd sy intelligente aantrekkingskrag daarheen rig waar dit so lank verban was. Hierdie aantrekking (hierdie swaartekrag) in die spesifikum is as`t ware die liefde na omlaag.
[8] Verder bemerk ons aan die yster die eienskap hardheid. Hierdie op sigself staande eienskap van die spesifikum berg die vrye intelligensie van die volledige selfsug in hom en daardeur die hardheid en onkreukbaarheid teenoor sy omgewing. Die spesifikum is net soos die gewig van benede afkomstig.
[9] Verder ontdek ons aan die yster `n soepel buigbaarheid. Dit is `n spesifikum of siels-intelligensie, wat aan alle kante beproef, en die gewilligheid in hom dra. Die spesifikum is daarom ook al kragtiger as die eerste twee. Deur die samesyn met die spesifikum verloor hy weliswaar niks van sy kenmerke nie, maar tog moet hy hom volgens die spesifikum rig, wat `n deemoedige volgsaamheid in hom berg. As die yster verhit word, word dit soepeler en buigsamer en kom in hierdie toestand om beproef te word, des te meer met die gewillige deemoed ooreen, omdat die deemoed en die wil des te soepeler word, hoe meer hy die vuurproef ondergaan. Die spesifikum is weliswaar van benede afkomstig, maar dit is al van die goeie soort, omdat hy hom voeg, want deur die baie beproewinge het hy geleer voeg.
[10] Verder is die oplosbaarheid nog `n spesifieke eienskap; mense weet dat yster in suur oplos net soos in vuur. In die spesifikum lê die intelligensie van die vry wees, welke spesifikum alle voorgaande met hom saamsleep, as hy in sy intelligensie die steun gevind het om hom vry te maak en vry te word. Tewens kom die spesifikum in natuurkundige opsig ooreen met die sentrifugaal of middelpuntvliedende krag wat, as daar geen beperking opgelê sou word nie, dit tot in die oneindige sou uitbrei.
[11] Sodat dit egter nie sal gebeur nie, ontdek ons dadelik al weer `n ander eienskap, `n intelligensie spesifikum, wat as`t ware die totale onversteurbaarheid bevat. Dit wil hom daarom tot die uiterste saamtrek. Die spesifikum is dus die kontroleur van die vorige en beperk hom in sy behoefte om hom uit te brei, terwyl ook die vorige sentrifugaalspesifikum die laaste sentrifigaalspesifikum kontroleer.
[12] `n Ander eienskap is weer die maklik gloeiend word in die vuur. Dit is `n woedespesifikum in die yster, wat weliswaar gewoonlik in rus is, maar as dit geprikkel word, tree dit kragtig op, verslind alle vorige spesifika en bring hulle in sy toestand. Die spesifika van die metaal, wat ons tot nou toe opgesom het, is almal van benede en sou die eintlike yster nog lank nie tot stand kan kom as hy nie met die meer edele spesifika uit die sterre versadig sou word nie.
[13] Hoe kan mens hierdie spesifika onderskei? – Net soos die vorige, deur die verskillende eienskappe van die metaal te bekyk.
[14] As yster gevryf word, gee dit `n spesiale metaalagtige suur geur af. Hierdie geur is `n spesifikum met `n intelligensie, waarin hy al daadwerklike liefde laat sien; want soos in elke suur, oftewel in die suurstof die bekende lewenslug aanwesig is, net so is dit in geestelike opsig die daadwerklike liefde wat eintlik in die ware sin die lewe is. Dit spesifikum is die vernaamste verenigende beginsel van die metaal, want dit deurdring dit nie net heeltemal nie, maar dit omgewe dit ook met `n eie atmosfeer; vandaar ook die geur van die yster.
[15] `n Ander eienskap van die metaal is, dat dit grootliks bereidwillig is om elektrisiteit op te neem. Die oorsaak daarvan is ook weer dieselfde spesifikum in die metaal; dit is die intelligensie van die beweeglikheid en die daarmee verbonde eienskap tot gemeenskap. Die spesifikum is ewemin soos die vorige `n spesifikum wat vas daaraan verbonde is, maar een wat die metaal deurdring en omgewe, net soos die vorige. Omdat dit tog min of meer met die vorige spesifika verwant is, lê sy vaste standplek by hom en is hy voortdurend besig om hom vry te maak en hom dan vir hom te wen. Gewoonlik verskyn dit as roes, wat mettertyd al die yster in hom opneem en langsamerhand heeltemal oplos.
[16] Roes op sigself is nie die eintlike elektriese spesifikum, wat voortdurend vry bly nie, maar dit is die ander wat al vooraf aan die spesifikum gebonde was en wat elkeen op sy manier daarna strewe om aan die spesifikum gelyk te word. Daarom is die spesifikum ook van bo-af
[17] `n Ander eienskap weer is die glans van die yster en wel met `n wit-blou-grys kleur. Die spesifikum hou die begrip rus in. Slegs in rus kan alles in ewewig gebring word en as alles vereffen is, dan kom `n gladde oppervlak tevoorskyn, wat in staat is om lig op te neem soos `n spieël. Die hele yster bevat die spesifikum maar dit is nie vas daaraan gebonde nie en verenig hom dan eers daarmee, as dit aan sy oppervlakte gepoets is, glad gemaak en dan gepoleer is. Sou die dele, wat aan die oppervlakte in die mees gelykmatige rus verkeer, egter deur die een of ander in hulle rus versteur word, dan het die spesifikum dadelik verdwyn, indien nie heeltemal nie, dan tog gedeeltelik. Hieruit volg ook, dat ook die mensesiel, as sy volledig is, slegs dan in staat is om die lig op te neem, as sy haar in die rus van haar gees begewe. Want die gees vertoon die vernaamste beginsel van die rus. Dit is die rede waarom die ou wyses `n afgeskeide siel niks as rus en lig toegewens het nie.
[18] Om alle spesifika in die metaal nog verder te ontdek en daardeur nog beter te laat sien dat die diereryk in die mineraal- en planteryk aanwesig is, en hoe die diereryk hieruit voortkom, sal ons die siderisme (komend van die sterre) eienskappe van die yster in die volgende hoofstuk verder behandel.