|
Aarde en Maan JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94. |
|
|
Die voelende huid van die aarde.
27-1-1847
19 Wat die voelende huid van die aarde betref, dit word deur talryke kriskras deurlopende kanale deursny en tussen hierdie kanale is weer `n menigte groot en klein versamelplekke, of reservoirs, vir allerlei opstygende vloeistowwe uit die binneste van die aarde. Ook is daar weer van die reservoirs, wat terugstromende sappe opneem en dit dan weer deur die voorheen genoemde terugvoerkanale na die binneste van die aarde lei. Hierdie reservoirs het, net soos die mere op die oppervlakte van die aarde, verskillende vorms; die meeste is egter eiervormig. Dit dien hoofsaaklik daarvoor om die sappe, wat hulle ontvang het, in `n soort gistingsproses te bring, waardeur dit weer skeikundig geskei word en dan vir bepaalde doeleindes verder gelei word. Hierdie reservoirs moet mens nie verwar met die groot onderaardse waterbakke, waaruit die drinkbare water op die oppervlakte van die aarde tevoorskyn kom en wat op verskillende plekke wel met `n vakkundige bergboor bereik kan word nie. Hierdie groot waterbakke bevind hulself al reeds in die ongevoelige aardkors, terwyl die genoemde reservoirs vir aardsappe almal in die gevoelige deel van die aarde tuishoort. Welke doel die reservoirs nog meer het, sal ons in die geestelike deel grondig beskou.
[2] Dit is een hoedanigheid van die aardkors; `n ander bestaan uit `n ondersteuning wat soos `n pilaar lyk, waarop die hele boonste gevoellose aardhuid, saam met sy seë, mere en berge rus. Hierdie pilare rus eers op die vaste binneste aarde en gaan vandaar uit soos `n geraamte na die oppervlakte van die aarde omhoog. Hulle middelpunt is nie so vas en hard soos die klippe op die oppervlakte van die aarde nie, maar het meer `n kraakbeenagtige stewigheid, met `n hoë graad van elastisiteit. Dit is ook noodsaaklik, omdat gaspilare dikwels, tussen die gevoelige en ongevoelige huid van die aarde vorm, wat baie groot ruimtes laat ontstaan en die buitenste deel van die aardkors dikwels sterk omhoog hef en dit dikwels plaaslik deurbreek, waardeur aardbewings en geweldige orkane ontstaan. Sou die bogenoemde steunpilare baie vas wees, dan was dit gou gedaan met die aardoppervlakte en nog vinniger met haar bewoners. Omdat hierdie steun elasties is, kan daar niks meer gebeur as dat daar op bepaalde plekke op die oppervlakte van die aarde, enkele sandkorrels, soms `n paar molshope en soms ook `n paar gemesselde huisies van die mense beskadig word.
[3] Hierdie meegewende steunpilare word geleidelik in die ongevoelige aardkors harder, soos wat die kraakbeen ook by die diere langsamerhand harder word, en ten slotte heeltemal in stewige beendere oorgaan. Hierdie vaste beendere van die aarde is hier en daar op die oppervlakte van die aarde as oergesteentes sigbaar onder die naam oerkalk, ook graniet, somtyds kwarts. Hierdie klipsoorte word egter - namate hulle hoër lê - des te meer gemeng, dus ook onsuiwerder, growwer, harder en brosser. Haar uitlopers is gewoonlik die hoë oergebergtes, wat self in alle dele van die aardoppervlak baie duidelik van die ander, later gevormde gebergtes onderskei kan word deur vorm, hoogte en massa. Die ander gebergtes het later verskyn en hulle wyse van ontstaan is al aan julle bekend, net soos die feit, dat onder hierdie gebergtes en ook onder ander landstreke, onderaardse watermere hulself bevind wat weer – wat aan julle bekend sal wees - deur spesiale pilare ondersteun word, dit wil sê die oordakking van hierdie basisse, sodat die pilare nie op een of ander manier ineenstort en daardeur `n groot stuk vrugbare land in `n see sou verander nie, wat reeds hier en daar gebeur het.
[4] Nou moet nog vermeld word waarvandaan die see haar hoofvoeding verkry. In die eerste plek kry sy haar hoofvoedsel uit die baie vloeistof-reservoirs, wat in die gevoelige huid lê en wat as`t ware die eintlike urineblase van die aarde vorm. Dan kry die see ook `n heel aansienlike toevoer vanuit die so pas bespreekte watermere via alle groot riviere en strome. Dit is werklik noodsaaklik, omdat die opstygende vloeistof uit die eintlike urineblaas van die aarde, te sout is en sonder bymenging van soetwater weldra in `n vaste massa sou oorgaan, sodat in plaas van die see, niks meer as maar net na die hemel reikende soutberge sou ontstaan nie. Dit sou die lug met die verloop van tyd so versuur, dat geen lewende wese as gevolg daarvan sou kon bestaan nie. Tegelykertyd egter sou dit ook by die aarde self die gevaarlike siekte veroorsaak, waarby die urineleiers afgesluit sou word, waardeur die aarde in werklik `n kort tydjie heeltemal aan die brand sou slaan en dan volledig sou sterwe. In so `n toestand sou sy nie meer in staat wees om `n lewende wese te dra nie, ewemin sou die poolys geskik gewees het om `n lewende wese voort te bring en in stand te hou.
[5] Nou weet ons dit ook. Oor die ryk van die fossiele het ons al onlangs gepraat, dus bly vir ons, vir die natuurlike beskouing van die aarde, alleen nog die lug oor, wat die aarde aan alle kante tot `n hoogte van tien Duitse myl in drie verskillende sfere omgewe. En daarom sal ons hierna die buitenste deel van die aarde nog deurloop en sal ons eindelik, as ons die eter bereik het, op sy ligtrillings na die wêreld van die geeste oorgaan.
|
|
|
|
|