Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die long en die asemhaling van die aarde

12-1-1847.

8 Julle weet dat vir die fisieke lewe nie alleen `n hart en `n maag nie, maar ook `n long nodig is. Elke dier het `n asemhalingsorgaan. Ook bome en plante moet sulke transpirasie organe hê, waardeur hulle binne 24 uur in- en uitasem.

[2] Die asemhaling van die aardliggaam is maklik waar te neem aan die seekus, waar die see reëlmatig opkom en dan weer terugval. As so `n uiterlike verskynsel dan aanwesig is, kan elkeen dan met sekerheid daaruit aflei dat dit maar net tot `n innerlike oorsaak terug te voer is, egter nooit tot `n oorsaak van buite af nie.

[3] Wie dit nie heeltemal kan begryp nie, stel vir homself `n bad met water voor, soos wat Ek julle ook al by `n ander geleentheid laat sien het. Hang bo die bad, op `n afstand van ongeveer tien meter, `n behoorlike groot bal, wat bowendien van magnetiese yster is. Bring hierdie bal bo die bad in `n draaiende beweging en kyk na die water of dit dalk in beweging sal kom. Jy kan daarvan verseker wees, dat die water in volledige rus sal bly. Laat nou iemand in die bad gaan lê en gewoonweg asemhaal. Elke waarnemer sal homself daarvan kan oortuig, dat by elke inaseming, die water in die bad ietwat sal styg en by die uitaseming weer ietwat sal daal. Wat ons hier in die kleine kan sien, gebeur met die aardliggaam in die grote.

[4] Die aarde suig die lug in haarself op. Dan sit die sagter buikstreek van die aarde, wat gewoonlik deur die see bedek is, meer uit en die daarbo bevindende seewater, styg omhoog by die vaste oewers. Stoot die aarde, of liewer die aardlong, die asem weer uit, dan daal die buik weer dieper omlaag en die seewater loop dan ook weer van die vaste oewers terug.

[5] Dit moes vooraf vertel word, sodat julle kan insien dat die aarde asemhaal en dat sy daarvoor natuurlik ook asemhalingswerktuie moet hê, welke werktuie, benewens nog enkele ander, soos ingewande van die aarde, die inwendige van die aarde uitmaak.

[6] Nou vra mense hulleself af: Waar bevind die aardlong haarself, waar haal sy haar asem na binne en waar stoot sy dit weer uit? En ten slotte: Hoe lyk die long?

[7] Hierdie aardlong, wat wel `n inhoud van 1000 kubieke myl het, bevind haarself vlak onder die harde, vaste aarde en begrens `n oppervlakte van iets meer as 5000 vierkante myl. Hierdie long is `n baie groot selweefsel, waarin baie hol ruimtes (kamers) is, wat deur kleiner en groter buise met mekaar verbind is. Hierdie buise het twee eienskappe: Ten eerste lei hulle die lug na die kamers en voer dit weer af; ten tweede kan hierdie buise hulself, vanweë hulle gevoelige elastisiteit, net soos spiere en die senuwees by diere, saamtrek en weer uitsit. Hierdie sametrekking en uitsetting word bewerk deur `n voortdurende beweging van die pole of deur wisseling van die positiewe in die negatiewe pool. Die oorsaak van hierdie wisseling lê in die sielsubstansie; sonder hierdie wisseling sou die vrye beweging in die liggame nie moontlik gewees het nie.

[8] As die buise uitsit, word die kamers vernou en as`t ware saamgedruk en daardeur word die lug uitgestoot. Trek die buise hulleself weer saam, dan sit die kamers natuurlik weer uit, waardeur die inaseming tot stand kom.

[9] Die wisseling van polariteit word, sover as wat fisies verklaarbaar is, bewerkstellig deurdat - sodra die siel die lewenstof uit die ingeasemde lug in haar lewende substansie opgeneem het - slegs die stikstof in die long agterbly. Daardeur word die positiewe pool by die inaseming in `n negatiewe verander, want die positiewe pool korrespondeer nie met die stikstofgas nie.   

[10] Op hierdie manier tree die sametrekking van die buise dan weldra in en word weer nuwe lug ingeasem, waardeur die negatiewe pool dan natuurlik weer positief word en so omgekeerd.

[11] Nou weet ons hoe die asemhaling van die aarde plaasvind en waar die long is. Maar waar asem sy in en waar uit? Dit doen die aarde op dieselfde manier as die dier; die dier asem naamlik deur neus en mond, net soos die mens; op dieselfde manier asem die aarde dus deur dieselfde hoofmond waardeur sy haar voedsel opneem. Maar halfpad in hierdie hoofingang is `n sygang, wat homself, net soos by die dier, na wense kan oopmaak en sluit. Hierdie groot symonding voer na die groot long. Elke ses uur word een keer ingeasem en dan na ses uur weer uitgeasem. Tydens die inaseming sluit hyself die slukderm na die maag. Is die vereiste lug eenmaal ingeasem, dan sluit hyself soos by `n strottehoof die lugpyp en die slukderm word weer geopen. Word die lug weer deur die long uitgestoot, dan sluit die slukderm homself opnuut. Dit alles is so ingerig, dat die aarde wel voortdurend deur die long in bovermelde periode gevoed word, maar deur die eintlike slukderm na die maag, maar elke twaalf uur. In die tyd waarin die long die ingesuigde lug in `n sekere sin chemies ontbind en die lewenstof verwerk, neem die maag die voedsel tot homself; en so kan mens aanneem dat die aarde in 24 uur twee maal in- en twee maal uitasem en daarby maar twee keer voedsel in die maag opneem.

[12] Nou weet ons dus ook hoe die aarde in- en uitasem en ons hoef maar net een blik te werp op die long om te weet hoe dit lyk.

[13] Om die vorm van die aardlong aanskoulik te maak is moeilik, behalwe as julle die long van `n olifant sou kon sien. Die long van `n mammoet sou nog beter gewees het, dog om dit in ons tyd te sien is nou eenmaal onmoontlik, aangesien die dier heeltemal uitgesterf het. Daar is egter nog wel `n daarop gelyksoortige soort in die oerwoude van Middel-Asië te vind; maar hulle het erg agter­uitgegaan as `n mens hulle met die vroeëre reusesoort vergelyk en daarom lyk die long van `n olifant nog die meeste daarna. By `n volwasse dier is sy so groot dat sy maklik meer as honderd kubieke voet lug kan bevat. Haar kleur is blougrys en haar vorm lyk soos die van `n groot, hol kokosneut, waarin natuurlik nog die hart, die maag, die lewer, die milt en die niere `n plek het.

[14] Stel jy nou hierdie long in die bo beskrewe groot dimensies voor, dan sal jy so ongeveer `n vrye goeie vergelykbare beeld kan vorm. `n Nadere beskrywing sou weinig nut hê, want die groot asemhalingswerktuig sal julle tog nooit heeltemal oorsigtelik vir julle kan voorstel nie. Want `n kamer van hierdie long sou al te groot wees om haar dadelik te kan oorsien. Ook sou dit geen nut hê om die elastiese stof in besonderhede aan julle te beskryf nie, omdat julle dit tog ook nie kan begryp, waaruit die stof van `n dierlike long saamgestel is nie; hoeveel minder sou julle begryp waaruit die stof van die aardlong bestaan. Dat sy egter `n gelykenis vertoon met die stof van die dierlike long is te begrype, omdat elke dierlike long, maar dan wel in `n heel verfynde vorm, van hierdie groot aardlong afstam. Waar sou mense die stof vir al hierdie dierlike liggaamsdele vandaan kry, as dit nie in die aarde voorhande sou wees nie?

[15] Die aarde moet deur transpirasie van die tallose organe, al die materiaal wat in haar is, na die oppervlakte bring. Daardie wat daar aan die oppervlakte afgelewer word, word eers deur die plante en dan deur die diere opgeneem en in hulle weer verander, na wat dit oorspronklik was. Waar sou die dier die bloed vandaan kry as dit nie vooraf al in die aarde sou gewees het nie? Waar sou die water vandaan kom as dit nie al vantevore in die aarde sou gewees het nie? Kortom, die aarde moet al die goed in haarself berg, wat die lewende wesens op haar in hulleself het; dieselfde as wat `n kopluis, natuurlik in aansienlik veranderde en kleiner vorm, in homself besit as die dier of die mens, wat vir die klein diertjie naamlik ook `n hemelliggaam is.

[16] Ek glo dat die voorbeeld die saak vir julle wel aanskoulik sal maak. Nou het ons dus `n tweede groot plek in die aarde bekyk en ons sal die volgende keer weer `n ander besigtig


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205