Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die kragtig word van die aardsappe.

25-1-1847

17 Ons het gesien hoe die vloeistowwe uit die binneste van die aarde deur die middelste of vaste aarde heen na bo gestuur word. Die meganisme is, soos julle maklik uit die beskrywing sou kon sien, basies werklik eenvoudig, maar daarby volkome doelmatig ingerig. Die sappe, wat deur die eenvoudige meganisme na bo gestuur word, sou egter baie gou hulle oorspronklike krag, wat as substansie met hulle wese vermeng is, verloor, veral op `n weg wat dikwels verskeie honderde myle beloop. Om die euwel, wat homself maklik sou kon voordoen, te voorkom, moet daar van `n ander kant af met `n buitengewone kunstige meganisme te hulp gekom word en wel as volg: In die rigting Noord-Suid loop tallose fyn mineraaldrade, wat van die noorde na die suide meestal suiwer ysterhoudend is en in omgekeerde rigting Suid-Noord platina- en soms koperhoudend is. Hierdie drade is, soos al opgemerk word, buitengewoon fyn en wel soos die spinnekopweb, wat, as dit verdeel sou word, `n aantal van tienduisend sulke drade sou voortbring, wat tog sekerlik `n baie fyn werk is. Hierdie drade loop nie gelykmatig regdeur nie, maar is erg gekronkel, ongeveer soos die kam van `n saag, en het daarby ook nog baie ander draaie, veral in die gebiede waar dit in aanraking kom met die van binne-uit na bo lopende are en kanale. Dit is egter noodsaaklik, want juis op die plekke moet hierdie geleidingsdrade die mees werksaamste optree.

[2] Hierdie drade is geen buisies nie, maar bestaan uit veelsoortige, aanmekaar gerygde kristalle wat soos skakels van `n ketting met mekaar verbind is. Dit is ongeveer so geplaas asof mens verskeie driesydige piramides so op mekaar gesit het, dat die top presies teen die middel van die ondervlak van die volgende piramide sou kom lê. Die ysterhoudende piramides is so geplaas, dat die toppe na die noorde gerig is, terwyl die platina- en koperhoudende piramides hulle toppe na die suide gerig het. As mens dit goed voor oë stel, het mens `n beeld omtrent die konstruksie van hierdie geleidingsdrade. Hierdie geleiding moet daarom meganies so georden wees, omdat elke anders geordende, gladde leiding - soos byvoorbeeld deur `n draad - die werkende elektromagnetiese vloei sou verloor by `n lengte van dikwels, 3,000 myl!

[3] Dat gladde geleidinge mettertyd die stroom langsamerhand verloor, kan die voorste meer geoefende natuurkundiges daaruit aflei, dat `n ver weggeleide elektriese vonk nie meer die kragtige werking het as in die nabyheid van die geleier, wat eers, óf deur `n gevryfde glasplaat, óf deur verskillende in sout- of swaelsuur gedoopte koper- of sinkplate, die elektromagnetiese stroom opneem. Maar hierdie ry piramides sou nog nie voldoende gewees het vir die voort geleiding van die stroom oor etlike duisende myle nie, as sy nie deur `n eie buis gegaan het nie, wat uit `n stof bestaan wat geen elektriese vonk kan penetreer nie.

[4] Hieruit kan julle al effens verstaan, hoe besonder kunstig die meganisme geweef is; maar daar sou weinig mee gewonne wees, as hierdie drade die elektromagnetiese stof heen en terug sou laat wissel. Daarom moet op bepaalde punte - veral in die omgewing van die omhooglopende kanale - versamelruimtes aangebring wees,waarin hierdie stof homself kan versamel. Is so `n kamertjie heeltemal gelaai, dan werk dit in op die vloeistof in die kanaal en gee dit weer nuwe krag. Dit is `n taak van hierdie baie versamelkamers, wat nou eers groot, dan weer klein word, nou eers negatief, dan weer positief; en as die opstygende vloeistof deur die positiewe elektrisiteit te warm geword het, neem die negatiewe dan weer dit wat te veel is, in homself op en verander tegelykertyd, sodat dit aan haar gelyk word; of duideliker gesê: wat die positiewe elektrisiteit te veel verhit, koel die negatiewe weer af.

[5] `n Ander funksie van hierdie nou bekende geleidingsdrade is, om die pompe, wat die aandrywing in die kanale versorg, in beweging te sit, welke pompe `n ondersteuning is van die oorspronklike dryfkrag van die hartslag van die aarde. Sonder hierdie ondersteuning sou hierdie eerste krag noodsaaklikerwys gou moet verlam, as hy by elke stoot met baie triljoene kilo sappe te doen het, welke gewig die sappe, wat met elke hartslag wegge­stoot word, ook op sy minste wel sal hê. Deur die bo aangeduide, spesiaal in die kanale aangebringde pompe word die polsslag van die aardhart soseer gehelp, dat dit nou met `n aansienlik minder gewig te kampe het. Dit sou vergeefse moeite wees om die meganisme van so `n pomp van naderby aan julle uiteen te sit en julle sou by die helderste moontlike uitleg tog nooit `n volkome insig in die saak kan kry nie, omdat dit `n te gekompliseerde werk is, waarin slegs `n gees - en nooit `n vleeslike oog - heeltemal kan binnedring om dit te beskou nie; daarom laat soortgelyke kunstige preparate hulself by die geestelike uiteensetting oor die aarde veel makliker en beter verklaar as net by hierdie materiële uiteensetting.

[6] Ons het op hierdie manier `n heel kunstige meganisme in hierdie middelste aarde leer ken. Daar ontbreek nou nog maar weinig om `n volledige kennis oor die deel van die aardliggaam te besit, dan sal ons daarmee klaar wees. Die weinige bestaan uit die sogenaamde terugleidings- of wederopsuigvaatjies , waardeur - soos by die dierlike liggaam die bloed deur die are - die oor­vloedige sappe, wat nog nie heeltemal vir die voeding van die aarde voorberei is nie, weer na die hart teruggedring word om nuwe krag en versterking daar te kry. Die terugvoerende kanale is ook van teenhoudende kleppe, wat hulself slegs open wanneer die aar homself saamtrek. Sit die aar self weer uit, dan sluit die klep self en laat die teruglopende sappe nie verder opgaan nie; hierdie kleppe is net nie so presies soos die in die opwaarts voerende kanale, wat egter ook nie so noodsaaklik is nie. Ten eerste is die terugvoerende kanale deurgaans nouer as die opstygende, daarom het die vloeistofkolom, wat homself daarin bevind, nie so `n groot gewig nie. Ten tweede is die vloeistof ook baie traer as die in die opstygende kanale; ten derde moet bogenoemde kleppe maar net bewerkstellig, dat hierdie kanale by die opwaartse stoot nie totaal onderbreek nie, maar vernou word - welke meganiese inrigting mens ook in die are van dierlike liggame kan aantref, net soos in die aan julle bekende buisies van die hout, waar die terugleidingsvate egter tussen die bas en die hout loop.

[7] Dit is nou alles wat van ons middelste aarde in materieel meganiese opsig nog gesê moes word en waar ons op hierdie manier met die onderwerp klaar is, sal ons die volgende keer die derde en buitenste aarde behandel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205