Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die wese van die materie en die geeste wat haar oergrond vorm.

2-1-1847

4 Hierbo was al opgemerk, dat die doel van die materie nie kan lê in haar bestaan op sigself nie.

[2] Dat dit korrek is, kan die mens maklik sien aan die voortdurende ontstaan en vergaan van die materie. Die blare wat die boom een jaar versier, val in die herfs af en kom die voorjaar, dan is daar nog maar weinig van die blare onder die boom te ontdek, hoogstens nog enkele blaar skelette, waarvan geeneen in hierdie toestand die volgende herfs meemaak nie. So gaan dit ook met die gras en met die vrugte van die bome; maar nie alleen die plantegroei nie, maar ook minerale en veral diere van elke soort ontstaan en vergaan. Berge, wat `n paar duisend jaar gelede tot bo die hoogste wolk gebiede uitgesteek het, is nou minstens die helfte so klein; want die skerp winde, die oplossende krag van bliksem en ys het hierdie trotse toppe verstuif soos kaf en is niks meer as hoogstens `n verbrokkelde rotsblok wat homself nog langsaam oplos iewers in `n diep kloof; en klein, los klippe moet hulself laat wegval sodat hulle deur die invloed van reën, wind en elektrisiteit in die sanderige bergpaadjies en beddings in die berg gebiede langsaam verweer en vernietig word. Dit alles is `n gevolg van die veranderende swaartepunt van die materie.

[3] Eens was daar kolossale groot diere op aarde en ook oerwoude met reusagtige bome. Waar is dit nou? Waar is die mammoet? Waar is een van die bome, wat duisend jaar getrotseer het, toe een boom meer hout bevat het as `n hedendaagse klein woud? Vloedgolwe het gekom en het alles dieper in die skoot van die aardkors laat versink, en vernietig op hierdie manier `n totale geslag, ja, nie net een generasie nie, maar wel duisende generasies van bome en diere en van al hierdie dinge is daar nou niks meer op die oppervlakte van die aarde oor nie.

[4] Versteende beendere van hierdie diere word hier en daar gevind en bewaar in wetenskaplike kuns - en natuurmuseums wat deur die mense opgerig word, totdat `n uitbrekende vuur die laaste oorblyfsels van die swaartepunte in die uit die oertyd oorgeblewe reste van beendere van die reusagtige oerdiere in `n dusdanige stofagtige materie verander, wat gewoonlik deur die werkvroue sonder meer opgeruim word; dit is naamlik die laaste mees vlugtige oorblyfsel van alle materie.

[5] Wat die uiteindelike vernietiging van die bome uit die oerwêreld betref, wat se oorblyfsels huidig nog dikwels onder die naam steenkool aangetref word, daarvoor is geen aparte verklaring nodig nie; want al die vuur- en stoomuitvindings van hierdie tyd sal in `n nie so baie lang tyd die laaste reste uit die kors van die aarde neem en opgebruik. En so verrig die nuut uitgevinde Industrie van die mense deur vuur en stoom die laaste vernietigingswerk van die resterende oorblyfsels van die bome uit die oertyd. Dus verander die vuur hier nog die laaste swaartepunt van hierdie materie en kyk: Van dit bly nie juis meer oor as dit wat oor die akkers en velde verstrooi word, en wat in hoogstens een jaar, deur die inwerking van reën en elektrisiteit uit die lug, weer heeltemal opgelos word, sodat so `n boom, wat dus eens meer as `n honderd morge land bedek het, ook in sy laaste reste, sy materiële bestaan heeltemal verloor het.

[6] Maar dit is juis die treurige, sal menige sê, dat al die bestaande `n sekere vernietiging tegemoetgaan.

[7] Ek sê egter: Dit is gladnie treurig nie; want die materie is die dood, net soos die vlees die sonde is deur die dood.

[8] Moet dood en sonde dan bly bestaan? Ek is van mening dat dit beter is om alle vlees mettertyd verlore te laat gaan en daardeur die lewe wat in die dood gevange lê, weer uit die materie vry te maak, as om die materie te steun en ten slotte al die vrye lewe in die dood van die materie te laat oorgaan, wat tog nooit My bedoeling kan wees nie, aangesien Ek self as die Ewige, Almagtige Oerkrag en Mag van alle kragte en magte, Self die mees werklike lewe is en dus nie vir die dood nie, maar slegs vir die lewe werksaam kan wees.

[9] Omdat die materie maar net bestaan as `n middel ter regulering en vrymaking van die vrye lewe, kan die onveranderlike bestaan van die materie onmoontlik die doel daarvan wees. Sy bestaan dus maar so lank as wat sy daar moet wees as middel tot die doel; en as daar, deur middel van haar, een lewensdoel bereik is, dan vergaan sy weer asof sy nooit bestaan het nie.

[10] Oor die algemeen geneem - soos julle reeds weet - is die materie op sigself niks anders as `n doelmatige verskyningsvorm van My uit My eie vaste wil nie.

[11] Daaruit volg dat die materie weer op dieselfde manier opgelos kan word as waarop sy bereik was.

[12] Hierdie vasmaak is juis die allerbelangrikste punt in die materie of die lewebringende en behoudende beginsel. Word dit uit `n materiële liggaam teruggetrek, dan is dit ook gedaan met die materie.

[13] Sodat dinge egter nie te skielik voor die oë van die mense sal ontstaan of vergaan nie, laat Ek die beginsel van My wil nooit so skielik terugtree nie, en Ek gryp ook nimmer een punt so skielik aan, dat daardeur meteens iets in die lewe sou geroep word of, in die teenoorgestelde geval, iets onmiddellik sou vergaan nie. Die langsame verloop van die proses van die ontstaan en vergaan van groot hemelliggame; waarom dit so is, kan julle nou al heel maklik begryp. Dit is nou juis ook die geval by die aarde, naamlik dat haar lewegewende swaartepunt langsamerhand kleiner word, totdat ook sy die lot van alle materie sal deel.

[14] Nou weet ons so grondig moontlik wat die oorsaak van die verandering van die swaartepunt in die materie is en van haar verganklikheid wat daardeur bewerkstellig word, en ons weet ook waaruit die eintlike hoofbeginsel van die swaartepunt in die materie bestaan.

[15] Maar tog sien Ek dat julle die essensie van die beginsel as`t ware in beeld sou wil sien; ook dit sal hier getoon word.

[16] As dit moontlik sou wees om die swaartepunt wat in die aarde werk, met die natuurlike oog te sien, sou mense dit sien as `n vuur, wat met ongelooflike snelheid deur bepaalde organe van die aarde skiet, wat daarvoor geskik is; daardeur word die reaksie opgewek, wat vir die behoud van die aardliggaam in al haar onderdele noodsaaklik is.

[17] Sou julle die vuur egter met julle geestelike oog kan bekyk, dan sou julle `n hele leër van tallose geeste ontdek wat deur My wil hier gehou word en wat aangespoor word tot doelmatige, bepaalde handelinge.

[18] Dit is dan die oergeeste, wat verban is om die omliggende materie tot daadwerklike lewe te bring, waardeur hulle self op die gepaste tyd hoër en hoër opstyg en dan, met ligter materie beklee, met verloop van tyd tree vir tree in die volkome vrye lewe kan oorgaan.

[19] Dié soort geeste, wat hulleself vir die sintuiglike oog as `n vuur vertoon, bepaal dus die werksame swaartepunt, wat alle materie tot lewe bring.

[20] In die volgende hoofstuk sal ons van naderby verduidelik hoe daar deur die swaartepunt, via die verskillende lae van die aardliggaam, dit wil sê deur die beendere, ingewande, aartjies en bloed heen, ook tallose newe-swaartepunte van die aardliggaam tot doelmatige werking aangedryf word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205