Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Madagaskar

8 Mei 1847

81 Na die eiland Ceylon, kom die groter eiland Madagaskar, wat aan Afrika behoort.

[02] Hierdie eiland word deur `n heel eiesoortige volk bewoon, wat hulle in die oertyd hier uit Asië kom vestig het. Daar moet nie gedink word dat die volk hierdie eiland vanuit Afrika kom bewoon het nie, maar wel omgekeerd. Suidelike Afrika is hoofsaaklik vanuit hierdie eiland bevolk.

[03] Die bewoners is grotendeels Negers. Waar die bewoners van die vroeër genoemde eilande, hetsy bruin, of onder andere donkerbruin van kleur is, het die bewoners van Madagaskar `n heeltemal swart velkleur, met net baie min wat na donker koperbruin toe neig.

[04] Hierdie mense is, met weinig uitsonderings, nog die werklike Kainiete, by wie die ontwikkeling van die gees grotendeels nog op die onderste trap staan.

[05] Hulle het wel `n begrip van `n hoogste wese, maar dit is so donker soos hulle velkleur.

[06] Hierdie volk is die enigste wat die vroulike geslag bokant die manlike plaas. Derhalwe dat daar by hulle voortdurend `n koningin, en nie `n koning, met volmaakte goddelike aansien op die troon sit en die volk volgens heeltemal vrye luim na willekeur regeer.

[07] Die rede waarom die vroulike geslag hier oorheersend is, is daarin geleë, dat hulle wyses net uit vrouens bestaan en die volk so leer dat die vrou in alles meer volmaak is as die man. Aan die growwe spiere van die man kan `n mens sien dat die man nog nie afgerond is nie, terwyl die vrou in die opsig reeds volledig ontwikkel is, wat by die man nog in die beginstadium is. Die man het ook geen borste nie, daarom kan hy ook nie so diep en wys voel soos die vrou nie. Die man het ook baie meer behaard as die vrou en staan dus sodoende nader aan die dieregeslag as die vrou. Die man dra ook `n dierlike stertagtige verlenging tussen sy bene, nes die ape, wat nie by die vrou die geval is nie. Dan is die vrou volgens haar voorkoms baie meer edel en mooier as die man en die menslike geslag is slegs van haar afkomstig. Sy benodig wel die verwekkingsdaad, maar dit is duidelik hoe min waarde die Skepping aan die werk van die man geheg het en uit hierdie verwekkingsproses kan duidelik gesien word hoeveel maal die vrou hoër staan as die man. Die werk van die man duur net soveel oomblikke soos wat hy vingers aan sy hande het, maar die vrou benodig dan dieselfde hoeveelheid maande. Die tydsverloop bepaal hier baie duidelik die skaars berekenbare voorkeur van die vroulike geslag teenoor die manlike.

[08] Met soortgelyke filosofie bewys hierdie vroulike wyses dat hulle geslag onberekenbaar hoër staan en bewys daarmee selfs dat die hoogste wese, indien daar iewers een bestaan, self die mees volmaakte vrou moet wees.

[09] Hulle het ook tempels waarin hulle orals die vrou as die godheid vereer en aanbid. En die hoofvoorwerp van verering by die vrou is die genitalieë en dan die borste.

[10] Wanneer hulle hul hoofgodsdiens verrig, wat elke volmaan geskied, dan is die mees verhewe oomblik gedurende daardie dienste, wanneer `n kaal lewendige vrou op die altaar gaan staan, haar hand op die genitalieë plaas en dan begin om te urineer. Die oomblik wanneer sy urineer, val die hele manlike geslag op hulle aangesigte neer en dan word daar deur die vrou op hulle geürineer.

[11] `n Soortgelyke godverering vind ook by ander stamme in Afrika plaas, wat natuurlik van hulle moederland saamgebring was.

[12] Dit is maklik begrypbaar waarom die vroulike genitalieë so hoog vereer word, aangesien die menslike geslag sy oorsprong daarin het.

[13] Dit is egter merkwaardig, dat oor die hele oppervlakte van die aarde, met betrekking tot die bevrediging van die vleeslike lus, nêrens `n meer kuiser en sediger volk lewe as juis hier nie. Behalwe in die tempel, mag by onmiddellike doodstraf, `n verwekking nêrens plaasvind nie, en dit mag op bepaalde tye, slegs eenmaal per jaar plaasvind, nadat vooraf volgens hulle begrippe `n groot aantal godsdienstige rituele verrig is. En wanneer die verwekking plaasvind, dan moet dit pikdonker in die tempel wees. 

[14] Die vrou het egter die reg om haar meer dikwels deur haar slawe te laat bevredig, wanneer die begeerte haar brand. Maar indien `n man `n vrou sou wou begeer, dan is dit reeds `n ‘crimen läsä’.

[15] Die wit mense word net as halfmense beskou, wat ook gejag kan word, indien hulle goeie vleis sou hê.

[16] Indien `n gevange blanke man goed gebou is, en `n Madagaskar vrou hou baie van hom, dan kan sy vir hom die lewe spaar en hom as `n vermaaklike aap vir tydverdryf aanhou. Dit is vanselfsprekend dat hy dan sommige dinge moet toelaat en doen, wat, soos julle gewoond is om te sê, vir die duiwel te sleg sou wees. Dit gaan nog altyd beter met die mans wanneer hulle gevang word, maar die vrouens word sonder genade en pardon geslag en gebraai, omdat die vrouens van die blankes deur hierdie swart vrouens bloot net as diere beskou word.

[17] Hoe ver hierdie mense se geestelike ontwikkeling nog agter is en hoe heeltemal ontoeganklik vir die evangelie, kan reeds uit hierdie kort beskrywing afgelei word. Daar is wel reeds hier en daar langs die kus pogings aangewend, maar alles tevergeefs en `n mens kan sê dat Lucifer nog onbeperk daar aan bewind is.

[18] Die land is ook so gestel dat dit die toegang vir enige groter mag baie hindernisse bied, want hierdie eiland is net op sekere plekke toeganklik. Die see rondom die eiland is oor groot afstande besaai met klippe en bedrieglike dieptes. Groter skepe kan feitlik nêrens land nie. Net kleiner vaartuie kan op bepaalde plekke land, wanneer die see kalm is en selfs dan moet `n mens baie versigtig wees om nie op daardie plekke in die hande van die Madagaskars te val nie, wat orals sit en oppas.

[19] Die koningin van die land laat die kusgebiede ook voortdurend streng bewaak en beplant die kusstreke voortdurend met ondeurdringbare bosse, wat ook deur `n groot aantal ongediertes, soos allerlei giftige wurms en insekte, bewoon word, waarteen die inboorlinge hulle beskerm met behulp van die aansmeer van `n sap van `n sekere plant.

[20] Op sekere tye, veral gedurende die halwe lente, die somer en die halwe herfs, saam dus `n halwe jaar, kan daar glad nie naby hierdie eiland gekom word nie. Want dan kom daar swerms triljoene groot vlieënde swart miere voor wat deur sommige natuurwetenskaplikes ‘Muskatons’ genoem word, wat baie erger is as die muskiete van die Amerikaanse eilande. As `n Europeër gedurende daardie tyd aan land gaan, en deur `n swerm Muskatons oorval word, dan is hy binne `n paar minute net `n kaalgevrete geraamte. Die inboorlinge word egter nie aangeval nie, omdat die miere die reuk van die kruiesap wat die inheemse mense aan hulleself smeer, nie kan verdra nie.

[21] Uit hierdie kort beskrywing kan julle maklik insien, hoe dit met hierdie meer as heidense volk in die geestelike wêreld lyk. Dit is baie moeilik om hulle by te kom, ja, `n mens kan hulle eerder wit was, as om hulle gees vir die evangelie te wek.

[22] Siele van sulke mense word óf tot die sogenaamde natuurgeeste gevoeg, óf hulle word na ander planete gebring waar hulle `n ligter materiële omhulsel verkry en sodoende nog `n materiële lewe moet deurmaak, waardeur hulle meer en meer vir die opname van die groot evangelie geskik raak. Uiters min van hulle kom, met groot moeite, na die dood van hul liggame tot die regte insig.

[23] Die natuurgeeste word mettertyd, óf na (... hier ontbreek die teks), in `n beter streek deur verwekking in die vlees geplaas, of hulle word na `n ander planeet gebring.

[24] Nou is julle voldoende ingelig oor hierdie uiters bekrompe volk van die aarde. Ons wil nou nie langer daar vertoef nie, maar vervolgens na iets anders oorgaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205