Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Oor bygeloof 1.

10-4-1847

68 `n Derde soort sogenaamde visioene is die, uit die heiden­dom afkomstige, hoogs dom bygeloof, wat bepaalde natuurlike verskynsels een of ander profetiese samehang sou hê met `n gebeurtenis wat in die toekoms sal plaasvind. By `n ander geleentheid het Ek al baie hieroor gesê; maar omdat hierdie saak tot die grootste dwaashede, en as gevolg daarvan, tot boos­aardighede aanleiding gee, daarom moet haar afskuwelikheid, hier op die regte plek, nog `n keer goed voor oë gebring word.

[2] Dit kan nie vir julle onbekend wees tot welke totaal onbegryplike dom manipulasies baie mense hulle toevlug neem om langs dwaalweë iets oor hulle toekoms te wete te kom nie.

[3] Die eerste dwaasheid op die gebied is die maak van almanakke wat, sonder om `n sprankie wysheid te besit, op die belaglikste manier in die wêreld, die weersgesteldheid van elke dag voorspel. Enkeles onder hulle voorspel bepaalde, onnosele en buitengewone belaglike lotsdae, die sogenaamde kritieke dae vir die weer. Wat kan so `n lotsdag daaraan doen as volgens hom goeie of slegte weer optree? O, jy, eselagtige volk van hierdie aarde. Wie is dan eintlik die Heer oor die weer? Ek, of die lotsdag? Of kan iemand My wel as so onwys en onnosel beskou, dat Ek bepaalde dae van die jaar, slegs terwille van toekomstige weersgesteldhede geskape het? Of het dit nie ook al in die tyd gereën, gebliksem en geonweer, gehael en gesneeu toe die mense nog nie van `n Marialigmis, van die 40 martelare, van Medardi, van Margareta en van Portiunkula gehoor het nie? Wie het hierdie dae eerste tot feesdae gemaak? Die domheid van die mense. En wie het dit daarna tot lotsdae gemaak? Die veel groter domheid van die mense.

[4] Het hierdie dae geen gelykenis met die wiggelary van die heidene en die Jode, van wie Ek gesê het dat hulle aan die ondergaande en opgaande son goed kon sien, wat se dag daarop sal volg en tot wie Ek gesê het: Julle verdraaide soort mense (geslag)! Die tekens aan die hemel kan julle goed beoordeel, maar die tekens van hierdie tyd, die tekens wat Ek voor julle oë doen, die sien julle nie raak nie!"

[5] Wat Ek toe gesê het, dit sê Ek ook nou. Die mense beoordeel die lotsdae en lei daaruit af wat se soort weer daar gaan kom: Maar die groot lotsdag van hulle hart, wat vir hulle die weer van hulle toekomstige lewe sou onthul, die ken hulle nie.

[6] Die mens sou eers dan korrek handel, as hy meer aandag sou skenk aan die weersgesteldheid van sy hart en tot insig sou kom, dat dit daarin voortdurend baie slegte weer is, wat wel afkomstig kan wees van die talryke lotsdae, vreetdae, suipdae en byna alle dae van hoeredae, daarna dae van niksdoen, hartelose dae, dae waarop jy ander hulle eer ontneem en nog `n hele spul dergelike armsalige lotsdae meer.

[7] Met hierdie lotsdae moet die mens rekening hou, dan sal baie dom storm, bliksem, donder, reën en slaghael, sneeu en ys in sy hart agterweë bly. En as soortgelyke storm en slegte weer sal uitbly, dan sou die gees uit sy kamertjie in die vrye wêreld van die hart durf tree en sou die siel die lotsdag van die ewige lewe verkondig! Solank in die hart egter aanhoudend allerlei swaar onwere raas, wat van die miserabele lotsdae afkomstig is, dan bly die gees in sy kamertjie en die mens bly wat hy was, maar net `n veragtelike dier, wat beswaarlik ooit in die hemelse diereriem opgeneem sal word.

[8] Dus moet die mens ag slaan op die lotsdae, waarvan die weer van die hart afhang. Maar ligmis, veertig martelare, Margareta, Portiunkula en Medardi, dit gaan niemand iets aan nie - want die weer van die wêreld maak Ek, sonder ligmis, Partiunkula en Medardi!

[9] Daar is ook almanakfabrikante wat hulle weer op `n ander manier voorspel. Hulle reken so: Die winter is so lank, die lente so lank en die herfs so lank. In die winter het ons sestien keer sneeu, en wel in die tyd waarop dit volgens die ervaring altyd gesneeu het. Die halwe voorjaar kry ook nog `n paar keer sneeu, wind en reën. In die somer ongeveer tien onweersbuie en etlike landreëns, hitte en dikwels ook wind. In die herfs laat ons nog twee keer onweersbuie optree, daarna koue winde, reën, ryp en ten slotte `n paar keer sneeu! Dit is tog regtig so: Quia mundus vult decipi, ergo decipiatur. (Omdat die wêreld bedrieg wil word, word sy bedrieg)

[10] Ek sou teen soortgelyke domhede niks ingebring het nie, omdat dit nie voortkom uit `n onnosele motivering nie. Maar omdat dit bedrog is, kan dit vir My tog nie om`t ewe wees of sulke dom weersvoorspellinge wel deur die almanak of nie aan die volk verkondig word nie; want deur die verkondiging word die volk van sy geloof in My afgelei en tot `n dom almanakgeloof gebring. Want daar is mense wat so vas in die almanak glo, dat as hy onweer aangee, dit ook verseker moet uitkom, dat selfs Ek nie in staat sou wees om dit te verander nie. Wat se vrug is dit?

[11] Daar is weer ander mense, wat die almanakvervaardigers óf as halfgode beskou, óf as towenaars óf tenminste as mense wat die swart kunste beoefen en met sekere Beëlsebubs of heksies in `n goeie verbinding staan, wat aan die almanakvervaardigers die weer van elke dag voorspel, mits hy sy siel aan hom verkoop het.

[12] Dit is ook weer `n heerlike vrug, wat die mensdom, in plaas van omhoog na die lig, reëlreg na benede die duisternis in dryf. Dus moet die almanakmakers dit in hulle kalender skryf, wat hulle met hulle wetenskap, vir hulle gewete kan verantwoord; maar as hulle met soortgelyke bedrieërye voorspellings vir die volk maak, kan hulle liefs tuis bly. En omdat hulle in die opsig so aan die ou Egiptenare, Grieke en Romeine hang, en hulle hulle wiggelary beskou as iets histories, iets verhewe uit die ou tyd, moet hulle hulle ook hierdie ou, nie slegte Romeinse spreuk inprent en dit op hulself betrek, en dit lui so: 'Quod licet Jovi, non licet bovi', dit wil sê, met sake wat God vir Hom alleen voorbehou het, moet die os van `n mens hom nie bemoei nie, veral nie solank hy `n suiwer vleeslike os bly nie.

[13] Ek maak die barometers tot skande, wat met die atmosferiese lug beter verbonde is as die gees van `n almanakmaker met sy almanak. Hoeveel te meer sal die almanakmaker dan met sy almanak beskaamd staan, veral as hy so dom is om `n mooi paasvakansie te voorspel en Ek dit dan wit maak!

[14] Na hierdie weervoorspelling volg dan nog `n reeks dwaashede onder die titel: Middele teen die weersgesteldheid of: Middele waardeur mens onweer, wat òf in die almanak voorspel is, òf ook werklik nader kom, kan verdrywe. Tot hierdie verdrywingsmiddele van die weer hoort in die eerste plek die sogenaamde weermisse in die Roomse Christendom. As die priesters op die platteland baie weermisse betaal wil kry, hoef hulle maar net met `n almanak­vervaardiger, of ander weerprofete in `n goeie verstandhouding te raak, sodat hulle dan baie hael en bliksem voorspel; dan kom daar `n groot hoeveelhede weermisse!

[15] `n Tweede afweermiddel is die sogenaamde seën van die lande deur die geestelike in die dorp, wat egter nie so kragtig is nie, of deur `n bedelmonnik, wie se seën baie kragtiger geag word.

[16] `n Derde afweermiddel, veral teen opkomende onweer, is hoofsaaklik die sogenaamde weerlui, wat nou weer erg in swang kom, vervolgens die skiet met gewyde kruit, dan die verbranding van die sogenaamde palmtakke, die verbranding van gewyde kerse, die bekendmaking van die egte Tobiasseën, die bespren­keling van die velde met wywater en ten slotte, behalwe allerlei meer algemene dwaashede, die opstel van reusagtige hoë rooige­verfde weerkruise, waarteen die weerhekse hulle stamp en dan na benede val.

[17] Wat `n verskriklike onsin! Maar dit alles is hoofsaaklik afkomstig van die weerprofete, wat selfs as `n soort heksemeesters beskou word en omdat hulle daarvoor beskou word, vergeet die eenvoudige mens heeltemal, dat dit God is wat die weer maak en daarom vra hulle Hom ook nie vir goeie weer nie; die mens dink nou dat 'die weer' suiwer die werk van hekse is en dit moet mens met antiheksmiddele bewerk. So word die wig gedryf en die een domheid volg op die ander - maar gewoonlik onder die leuse: 'Omne ad majorem Dei gloriam' (Alles tot meerdere eer van God!). Maar hierdie eer bedank Ek: Hierdie eer kan slegs in die smaak val by yster-, klip- en houtgode en miskien dien dit nou nog wel vir die hout, brons en hier en daar ook vir meestal geverfde heilige klip­beelde, maar Ek wil met sulke verheerliking niks te make hê nie.

[18] Kyk, dit alles hoort ook in die ryk van die visioene tuis, maar wel in die mees lae en dit het eweveel realiteit as die goëlkunste van `n towenaar. 

[19] Hierdie soort voorspelkuns het die baie gevaarlike, dat mense wat nog ietwat beter in hulle hart is, heeltemal van die vertroue op God afgelei word en ten slotte al hulle vertroue stel in die almanak, in die weermisse, in die weerlui en ander dergelike soort dinge. En dit is `n werking van die hel, wat op hierdie weg, nie slegs die gemoedere van enkele mense nie, maar van hele volkstamme skandalig in besit neem en dikwels tot die skandaligste misleiding teenoor hulle arme onskuldige broeders gelei het, veral in vroeëre tye.

[20] En iets dergeliks sal nou, as dit moontlik sou wees, weldra weer gebeur. Want daar is weer heksevervolgings wat deur die geestelikheid geduld word, maar weldra sal dit vir My te bar word! Mens moet `n volk wel lig, maar geen duisternis gee nie; maar mense gee die duisternis! Gaan maar daarmee aan! Maar Ek sal op die regte tyd Self vir die volkere `n lig aansteek, en dit sal weet om hierdie duisternisverspreiders dan op die korrekte wyse te bedank. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205