Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die leidende geeste van die laagste lugstreek

27-2-1847.

39 Oral, in watter groot bedryf ookal, moet leiers van so `n saak aangestel word, wat alles orden en lei, wat masjiene in orde hou en hulle vermoë bepaal. Sonder sulke direkteure sou elke werk of gladnie, of baie sleg verloop. So is dit ook in die laagste lugstreek gesteld.

[2] Dit is waar dat hier eintlik maar net die versamelplek is waar die enkelvoudige en verspreide sielsintelligensies hulleself as`t ware instinkmatig om `n geestelike sentrum versamel, omdat hulle dit as tot hulle behorende herken. Maar hierdie versameling sou tog erg onbehoue en onordelik afloop, as dit nie volgens `n vasgestelde, bepaalde ordening sou plaasvind nie. Dit sou wees asof iemand die materiaal, wat vir die bou van `n huis bestem was, op `n hoop laat gooi. Daardeur sou stene, kalk, sement, hout, vensterluike, dakpanne en alles wat by `n huis hoort, op `n hoop te lande kom. Maar wat se verskil sou daar dan wel wees tussen so `n onordelike hoop en `n goed geboude huis, waar elke soort materiaal sy korrekte plek inneem volgens die bouplan.

[3] Soos wat dit by `n huis wat gebou moet word, waar die materiaal aanwesig is, die geval is, so gaan dit ook in geestelike opsig in die onderste bousfeer. Hier is die materiaal, intelligensie-sielspesifika en geestelike sentra, in oorvloed voorhande. Maar alhoewel `n eie lewende intelligensie in elke partikel aanwesig is, kan die materiaal homself tog nie self tot `n volkome mensewese opbou nie, omdat elke aparte intelligensie maar een enkele uit baie herken. Eers as die tallose, vir `n wese benodigde intelligensies tot `n vorm en `n wese verbonde is deur die geestelike boumeesters, kan so `n wese langsamerhand tot `n algemene insig kom, wat die hele ordening oorsien. Dit kan egter eers langsamerhand gebeur soos eie ervaring leer en daar kom die gesegde vandaan: Daar het nog nooit `n geleerde uit die hemel geval nie, en nog minder `n wyse.

[4] Wat hou lering eintlik in? Dit is niks anders as om die afsonderlike intelligensies van die siel op te wek en hulle dan tot samewerking te bring nie.

[5] Hoe meer iemand sulke intelligensies deur vlyt en ywer in homself opgewek en met mekaar verbind het, des te geleerder is hy en des te meer weet hy. Maar hierdie geleerdheid is nog lank geen wysheid nie, want die wysheid is die opwekking van die gees, wat as hy eenmaal totaal gewek is, al die tallose intelligensies van sy siel in `n oomblik deurdring, hulle opwek en hulle almal in homself tot `n volkome kennis verenig, wat die gelykenis heet met die kennis van God.

[6] Dieselfde is die geval, as so iemand in `n pikdonker nag in `n groot museum vir kuns binne gebring word. As iemand hom daarin rondlei en hom die kunsvoorwerpe laat betas en voel en hom daarby die gevoelde voorwerpe ook nog duidelik beskryf, dan sal die persoon wat rondgelei word, tog maar `n baie flou voorstelling verkry van maar min voorwerpe uit daardie museum. Want as daar talryke kunsvoorwerpe aanwesig is, hoeveel daarvan kan jy dan wel in `n kort tydjie betas en oor hoeveel kan daar uitleg gegee word? Sekerlik sal die rond geleide mens aan sy professor sê: Meneer, as daar maar lig was, dan sou ons baie met die grootste gemak in `n oogwink kon oorsien, wat ons nou maar net in die donker moeisaam en onseker met ons growwe tassin kan onder­skei! Hy het gelyk, en dit vra die gees in die mens dan ook; en iemand, wat in die duisternis van die museum onderrig word, is dan `n geleerde.

[7] As vir diegene, wat hulleself in die museum bevind, die son egter dadelik opgaan en alle sale totaal verlig word, sal dit dan nog wel nodig wees om rond te tas om die voorwerpe te herken? O nee, hy oorsien alles nou dadelik met een blik wat in die museum is en nie maar net gedeeltes nie. En as die voorwerpe in die museum dan georden is, dan sal hy ook maklik die hoofdoel van die kunsvoorwerpe wat in die museum opgestel is, en ook die spesiale doel van elke voorwerp apart, baie maklik kan beoordeel.

[8] Kyk, dan eers kom die beskrewe vorming ooreen met die meganiese leer. En wat hyself deur middel van die leer soveel moontlik eie gemaak het van die voorwerpe in die museum, is dan gewoonlik die geleerdheid van die mense.

[9] Die wysheid is egter die tweede; sy sien die eindeloos baie in een oomblik in die helderste lig, wat die geleerdheid slegs ten dele en in die nag tastend waarneem.

[10] Daaruit volg egter, dat met die ordelike samevoeging van alle intelligensiedeeltjies, wat by die siel van `n wese hoort, nog lank nie die algemene insig verbonde is, wat noodsaaklik is om in die onderste streek, waar die wesens gebou word, die aparte sielsintel­ligensies sodanig om `n geestelike sentrum te orden en te verbind, dat daaruit mettertyd werklik `n volkome insig kan voortvloei nie. Daarom is dit ook begryplik dat die bogenoemde intelligen­siedeeltjies van die siel hulleself nie vanself kan orden nie, maar daar moet voortdurend sulke wesens aanwesig wees, wat die orde by die bou van die wesens moet bewaak en lei.

[11] Wie is hierdie boumeesters eintlik? Dit is maklik te raai. Dit is ten eerste die engele wat die leiding het; dus is daar in julle streek dikwels baie, baie engele.

[12] Die opperste leier van hierdie groot saak is EK Self in die eerste plek; want Ek kan nie ver van julle af wees nie, omdat juis Ek Self hier in julle kunsmuseum die een lig na die ander vir julle aansteek; en daar waar Ek My ophou, hou baie hulleself op, wat graag om My heen is en altyd graag om My heen was.

[13] Maar daardeur ontstaan hier juis `n groot konflik; want waar die hemel sy grootste werksaamheid ontwikkel, daar is die hel nie minder werksaam nie. Maar dit moet so wees; want anders was daar geen ewewig tussen beide pole denkbaar nie.

[14] Hoe engele onder My leiding, en ander goeie geeste onder die leiding van engele, egter die opbou van die wesens van plant tot mens begelei, sal ons hierna beskou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205