|
Aarde en Maan JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 41
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94. |
|
|
Substansie en materie, krag en stof
2-3-1847
41 `n Spreuk uit julle liturgie, wat die saak wel ietwat ongelukkig en nie korrek weergee nie, lui: “Bedink mens, dat jy stof is en tot stof sal terugkeer.” Hierdie spreuk bedoel met die woord “stof”, wel die totale uiteenval van die liggaam, maar is in hierdie betekenis onwaar, omdat elkeen onder “stof” fyn verpoeierde aarde of klip verstaan, wat maklik deur die wind verwaai word. Ook kan daaronder die nog fynere sonstof verstaan word, wat wel fyner is as die stof van die straat. As die liggaam in sulke soort stof opgelos sou word, dan was sy siel weinig daarmee gehelp. Die allerfynste stof wat ons nog kan sien, is tog altyd nog materie en kan dit self, so lank dit materie bly, nie met die siel en die gees verenig nie. Beter as stof sou mens kan sê “spesifieke sielsatoom”; dit is nie meer materieel nie, maar substansieel. Tussen materie en substansie is egter `n hemelsbreë verskil.
[2] Om dit alles beter te begryp moet jy die verskil goed ken. Neem net `n magneet; wat jy sien, is materie, wat in die magneet aantrekkend of afstotend werk, is substansie. Hierdie substansie is nie met die sintuiglike oog sigbaar nie; maar die oog is ook nie die enigste beriggewer oor die siels- of geestesgebeure nie, maar die mens het ook nog ander sintuie wat nader aan die siel lê as die gesigsvermoë, wat ongeveer die mees uiterlike sintuig van die mens is. Die gehoor lê al dieper, die reuk en die smaak nog dieper en heeltemal met die siel verenig is die gevoel- of tassin.
[3] As iemand twee magnete bymekaar bring sal hy baie gou die wedersydse aantrekking voel en dit is genoeg om ook daaruit die gevolgtrekking vir sy uiterlike sintuie te maak, dat daar `n besondere, hoewel onsigbare krag of substansie in die magneet aanwesig moet wees wat die aantrekkingskrag bewerkstellig.
[4] Hier kan elkeen maklik die verskil sien tussen materie en substansie. Ook by `n sogenaamde elektriese masjien kan elkeen maklik die materiële van die substansiële onderskei. Die materie is hierby: Die glasskyf, die wrywingskussing, die metaal konduktor en nog enkele flesse. As die masjien in rus is, ondervind niks wat die masjien nader een of ander beweging nie; maar word die masjien in beweging gebring, dan word die in haar bevindende substansie net soos die uit die lug van die omgewing, opgewek; as iemand dan die masjiene nader, voel hy dadelik hoe daar aan sy hare getrek word en as hy nog nader kom sal hy die substansie as knetterende vonke sien, wat aansienlik prikkel - en wat as dit sterk genoeg is, skokke in sy spiere teweegbring. So `n elektriese vonk, hoewel sigbaar in die materiële tyd en ruimte, is egter geen materie meer nie, maar `n substansie of krag wat `n ooreenkoms het met die sielesubstansie en wat in die materie rus. As dit egter geprikkel word, uiter dit oombliklik as `n alles deurdringende krag, waar mense geen materiële hindernis teenoor kan stel nie.
[5] Dit was weer `n goeie voorbeeld van materie en substansie. Kyk net na die buskruit, wat uit swawel, salpeter en koolstof bestaan. Die korreltjie is rustig en val soos alle ander materie van bo na benede; maar in die korreltjie rus baie substansiële krag. Word hierdie substansie deur iets, wat op haar lyk, geprikkel, dan verskeur sy bliksemsnel haar gevangenis in atoomklein stukkies en maak haarself vry. Die vuur is verwant aan hierdie substansie en is daarom die middel om haar te prikkel. Daarom manifesteer sy haar ook as `n substansiële krag wat nie deur natuurlike hindernisse beperk kan word nie. In die water is ook `n substansiële krag voorhande wat by `n hoë warmtegraad ontwikkel word. As iemand hierdie krag nou ontsluit, dan sal sy so sterk spring en haar dan in vryheid uitbrei. In byna elke materie is `n substansie voorhande; dit kom slegs daarop neer, hoe en waardeur sy opgewek kan word om haar werking te toon.
[6] Die natuurondersoekers, dikwels die ydele natuurdwase, het wel in alle materie bepaalde basiskragte ontdek, soos die aantrekkende en afstotende krag, waarvan die aantrekkende as kohesie of swaartekrag en die afstotende as die sentrifugale krag aangeneem word. Daarteenoor is daar nog oor die elastisiteit of ekspansiekrag, die deelbaarheid en die deurdringbaarheid van die materie, baie geleerde verhandelinge gehou en het hulle dit ook onder die kragte ingedeel, wat tot die grondeienskappe van die materie behoort. Maar het hierdie geleerde natuurdwase, as self lewende mense, maar `n stappie verder gegaan en het hulle vir die alles beheersende en alles vullende lewenskrag `n plek in hulle boeke ingeruim, dan sou hulle al lankal met hulle wetenskap `n groot stap voorwaarts gemaak het en het hulle nie noodsaaklikerwys dooie kragte - wat die grootste moontlike onsin is, moes ondersoek en ontbind nie, maar het hulle dadelik met die basisvoorwaardes van alle wese (om te wees) te doen gehad. Dan het hulle hulself en alle materie al lank vooraf en met gemak kon deursien vanaf die korrekte, effektiewe, ware standpunt. Dit is eintlik die allerdomste dat die lewendes in suiwer dooie kragte rondtas en ten slotte ook nog wil bewys, dat die lewende krag `n mengsel en samestelling van suiwer dooie kragte is!
[7] O, wat `n klinklare onsin! Volgens welke logika kan dan `n werksame krag as dood aangesien word? Kan daar iets meer onsinniger wees as dat mense bepaalde duidelik sigbare werkinge aan `n dooie oorsaak probeer toeskryf? Dit sou dieselfde wees as om van alle werkinge heeltemal geen oorsaak aan te neem nie. Want dood is in `n bepaalde opsig nog minder as niks. `n Ding kan alleen as dood beskou word, solank dit uit een of ander werkingsfeer verban is. Siel en gees van `n mens kan dood wees deurdat hulle `n verkeerde gebruik maak van hulle vryheidsproef, waarby hulle hulle nie aan die goddelike ordening hou nie en daardeur noodsaaklikerwys in `n sodanige gevangenskap raak, dat hulle van elke effektiewe werking uitgesluit word.
[8] As daar egter in en aan die materie werkende kragte ontdek word, dan is dit nie dood nie, maar lewendig en intelligent; want sonder `n bepaalde intelligensie is `n werking ewe ondenkbaar as `n krag.
[9] Soos die krag haar deur haar inwerkingtrede laat sien, so toon sy ook die intelligensie van die krag deur die steeds gelyk geordende planmatigheid. As die groei van die gras en die plante nie volgens `n bepaalde plan gaan nie, dan kan elkeen wat die plant sien groei, dit maklik waarneem. Dit is ook die geval met die vergaan en met al die verskynsels waaraan bepaalde kragte ten grondslag moet lê. Daaruit kan mens maklik hierdie gevolgtrekking maak.
[10] Waar mens niks anders as die uitwerkings sien nie, daar moet ook kragte se uitwerkings wees; en omdat al die werkinge geordend en planmatig is, moet daar ook eweveel intelligensies as krag aanwesig wees. En uit hierdie gevolgtrekking word dan ook begryplik, dat die materie maar net uit siele, dus intelligensies bestaan, wat deur hoëre kragte en intelligensies volgens ordening en behoefte tydelik vasgehou kan word. As die tyd van die vashouding verstreke is, ontwaak die afsonderlike intelligensies en verenig hulle weer as oersubstansie tot die wese, waarin hy oorspronklik uit My, die Skepper, gevorm was; en hierdie hereniging is dan gedeeltelik die werk van die intelligensies self en gedeeltelik die van die bekende hoëre geeste.
|
|
|
|
|