Egte en valse profete
22-4-1847
71 Hier sou iemand weer kan vra: Dus, mens kan `n wedergeborene altyd die volste vertroue skenk as hy toekomstige dinge voorspel!? Of moet mens ook sulke voorspelling in ligtelike twyfel trek? Daarop sê Ek: As die wedergeborene sê: “Doen dit", doen dit dan. As hy egter sê: “Dit of dat sal gebeur", en hy het nie daarby gesê ‘indien’ nie, glo hom dan nie; want dan is hy geen egte wedergeborene nie. Want alles wat gebeur en sal gebeur, geskied voorwaardelik, waardeur daar ook, met betrekking tot `n toekomstige gebeurtenis, nêrens `n vaste onveranderlike voorspelling gedoen kan word nie; sou naamlik iets, wat daar gaan gebeur, met sekerheid voorspel word, dan sou die wêreld in die diepste oordeel wees, en alle vryheid sou verlore wees. Dit weet `n egte wedergeborene baie goed en hy sou daarom teen sy suiwerste insig profeteer, dus kennelik lieg, as hy `n bepaalde gebeurtenis met stelligheid sou voorspel.
[2] Ekself was tog immers die belangrikste prefek in die wêreld: Wie kan My egter verwyt, as Ek, behalwe oor My opstanding, iets heeltemal presies voorspel het? Ek het wel gesê dat Ek sou sterwe en weer op die derde dag sou opstaan; maar tyd en uur van sterwe en van opstanding is aan niemand vooruit voorspel nie.
[3] Ek het ook My wederkoms voorspel, maar - let goed daarop - Ek het daarby gesê: “Die tyd en uur is aan niemand bekend nie, behalwe aan My en ook diegene aan wie Ek dit wil openbaar " Ek het dit al wel geopenbaar, maar het geen tyd en uur bekend gemaak nie, maar slegs die tekens, waaraan die mense My wederkoms sal kan herken.
[4] So het alle profete ook voorspel; maar alles wat hulle voorspel het, was aan voorwaardes gebonde, sodat niemand deur so `n voorspelling geoordeel sou word nie, maar die vryheid sou hê om te doen wat aangeraai word, om die dreigende oordeel te ontgaan, of dit te laat om daarna geoordeel te word.
[5] Jeremia het jarelank geprofeteer en het dan self bitter klaend uitgekyk na die vervulling van die profesie, want wat hy geprofeteer het wat môre sou gebeur, het eers na jare gebeur. Ja, wel 23 jaar moes hy wag, voordat sy profesie met betrekking tot die 70-jarige Babiloniese ballingskap van die Judese volk geheel in vervulling gegaan het.
[6] Jona het tevergeefs gewag op die ondergang van Nineve, totdat hy My ten slotte baie vererg verwyt het vanweë My goedheid. Die oorsaak hiervan lê egter net, soos alreeds gesê was, in die gedrag van die mense. Want as hulle met `n oordeel bedreig word en hulle verander, wel nie almal nie, maar tog enkeles, dan word die oordeel opgehef.
[7] As daar maar tien regverdiges onder honderdduisend mense is, dan sal Ek vanweë die tien regverdiges ook die honderdduisend die oordeel bespaar. En as onder `n miljoen mense honderd regverdiges is, dan wil Ek terwille van hulle die oordeel vir `n hele miljoen bespaar.
[8] Wanneer die aantal regverdiges groter is, is dit verseker dat die oordeel opgehef sal word en in plaas van `n algemene oordeel sal maar net `n spesiale oordeel die hardnekkigstes tref. As daar egter minder regverdiges is, dan word, na enkele vermanings wat nog sal volg, die aangekondigde oordeel nie teengehou nie.
[9] Volgens hierdie duidelike uiteensetting kan en mag dan ook enkel en alleen net `n wedergeborene toekomstige gebeurtenisse voorspel. As die voorsegging nie is soos hier beskrywe is nie, dan is dit vals en was die profeet nóg `n wedergeborene, nóg `n geroepene, maar doen hy dit eiemagtig, hy sal ook sy loon daarvoor kry. En as hy eens vir My sal sê - en daar is op die oomblik baie van die soort wat sê - “Heer, dit het Ek in U Naam en alles tot U vermeerderde eer gedoen!", dan sal Ek hom antwoord: Weg met jou, want Ek het jou nooit geken nie", dit wil sê as profeet en as iemand wat Ek geroep het om in My Naam te voorspel; want `n profeet wat vanweë geld profeteer, is gelyk aan iemand wat God vanweë die geld dien en Hom vanweë die geld aanbid, hulle het hulle loon reeds ontvang. Daarom het Ek verder niks met hulle te doen nie; want hulle was altyd `n valse profete, oëdienaars en dienare van die Mammon en Beëlsebub.
[10] Julle sien egter dat dit duidelik hieruit blyk, dat elkeen homself wel goed in ag moet neem vir profeteer, die wedergeborene en die geroepene sowel as die nie-wedergeborene en die nie-geroepene, want Ek laat niemand tot wedergeboorte kom terwille van profesieë nie, maar slegs terwille van die ewige lewe. As Ek iemand egter roep om te profeteer, moet hy nie so eiewys wees sodat hy eiemagtig ietwat daaraan toevoeg of iets daarvan weglaat nie; want as hy dit sou doen, dan sou dit baie sleg met hom gaan. Daarom is dit gladnie maklik om `n profeet te wees nie. `n Baie nuttelose en skadelike mens is die een, wat uit eie mag profeteer, of hom die goddelike regteramp daarby toe-eien.
[11] Wie dit doen, is `n suiwer booswig en sal in dieselfde oordeel beland as waartoe hy sy broeders veroordeel het. Wie verdoem, sal verdoem word. Wie oordeel met die hel, die sal sy eie oordeel in die hel vind; wie tot die dood veroordeel, die sal die dood vind; wie met die swaard oordeel, sal met die swaard veroordeel word, en wie met duisternis oordeel sal in die uiterste duisternis uitgestoot word en daar sal `n geween en tandegekners wees. - Wie egter nie geoordeel wil word nie, hulle oordeel ook nie.
[12] Sou iemand egter sê, dat hy deur My gemagtig is om te oordeel, die sê Ek dat hy `n ewige leuenaar is, want Ek het My wedergeborenes, apostels en leerlinge slegs `n mag van die grootste naasteliefde gegee, wat Ek gelykgestel het met die liefde tot My. Hierdie hoogste graad van naasteliefde is My Gees in die hart van diegene wat in My glo, My liefhet en terwille van My ook hulle broeders. Kragtens hierdie liefde, wat My Gees in die mens is, het elkeen dit aan sy plig verskuldigde reg, om sy vyande so dikwels hy wil van ganser harte te vergewe; en so dikwels as wat `n mens sy vyande vergewe het deur My Gees in hom, so dikwels sal dit ook in alle hemele aan die sondaar vergewe wees.
[13] As mens egter `n groot vyand het, by wie elke vergewing vrugteloos is, dan moet die mens sê: “Die Heer sal jou vergeld volgens jou werke!", en daarin bestaan die behoud van sy sonde.
[14] Ek vra u: “Is hierdie volmag wel `n regterlike amp wat verleen word?". O nee, dit is slegs `n volmag van die hoogste naasteliefde, of van `n liefde wat ooreenkom met My goddelike liefde - maar in die ewigheid geen amp van `n regter, wat Ekself ver van My geskuif het en daarom nog baie minder aan `n mens toebedeel het.
[15] Ek het hierdie hoogste liefdesvolmag juis daarom uit My groot liefde aan die mens gegee, sodat die mense onder mekaar des te makliker ware broeders sou kon word in My Naam. Want by die Judeërs kon niemand `n sonde, wat `n mens aan `n ander begaan het, weer versoen het nie, behalwe die hoëpriester en dit slegs op bepaalde tye en deur bepaalde offers. Twee mense wat teenoor mekaar gesondig het, het solank vyande gebly, totdat die priester en die offer hulle versoen het.
[16] Dit was vir die mense, wat dikwels baie dagreise van Jerusalem af gewoon het, `n vervelende omstandigheid - wat weliswaar meer `n verkeerde opvatting van die wet as die wet self was. Om die ou misbruik van die wet kragtig teen te gaan en die mense hulle las soveel moontlik te verlig, het Ek daarom derhalwe aan elke mens die hoogste goddelike liefdesmag gegee, sodat elkeen diegene wat hom beledig het, van ganser harte kan vergewe en hierdie vergiffenis geld ook vir alle hemele.
[17] Wie kan nou `n volmag hierin sien tot die amp van regter? As Ek so-iets sou gedoen het, sou Ek Myself dan nie teengespreek het, as Ek aan die een kant al die wat oordeel, veroordeel het en aan die ander kant dit tog aanbeveel het as absoluut noodsaaklike voorwaarde om salig te word? So-iets sou nouliks van `n onnosele mens te verwag wees, laat staan van die Allerhoogste Wysheid.
[18] Toe Ek gesê het: 'Ontvang die Heilige Gees' het dit beteken en dit beteken nog: 'Neem die hoogste krag van My goddelike liefde! Wat jy ontbind op aarde, dit is ontbonde en daar is dan verder geen offer en geen hoëpriester meer nodig nie, en wat jy aan jou hart bind en wat jy in die wêreld bind, dit sal ook in die hemel gebonde wees!”
[19] Hier moet mens onder 'ontbind' en 'bind' nie die vergewing en die voorbehoud van `n sonde verstaan nie, maar die ontbinding is `n vrymaak en die bind is `n aanvaarding.
[20] As iemand My byvoorbeeld ietwat verskuldig is, soos die een mens aan die ander, dan kan die mens die ander van die skuld vrymaak. Of as daar `n heiden is, dan kan `n Christen hom, as hy Christus bely, volkome vry maak en hom dadelik in die gemeente opneem of hom met alle krag van die goddelike liefde in die hart bind. Hiertoe het iedere reggelowige Christen wat in My glo, My liefhet en in My Naam gedoop is, die volste reg, sonder om hulle daarby tot die hoëpriester te wend, wat vroeër alleen die reg gehad het om vreemde heidene in Israel op te neem deur die besnydenis.
[21] So `n volmag word daarom verleen - soos hiervoor aangetoon word - om die mense se lewe soveel moontlik te verlig en hulle oral die geleentheid te gee om hulle gewete te suiwer en `n welmoedige lewe te lei.
[22] Maar wie kan hom daar nou `n nog moeiliker regterlike amp indink as die voormalige joodse? Waar dit bestaan het, het dit teen al My verordeninge in bestaan en diegene wat daaraan deelgeneem het, het homself geoordeel, as hy dink om daardeur van sy sondes verlos te word, as hy homself vrywillig laat oordeel het. So `n geregsinrigting het vir hulle tot `n ware spaarbank van sondes geword, want hoe kan `n derde persoon `n skuld kwytskeld, wat `n tweede aan die eerste skuldig is? Die eerste kan die tweede wel sy skuld kwytskeld, maar die derde kan dit in alle ewigheid nie doen nie. `n Derde kan egter wel, as die eerste en die tweede of die skuldeiser en die skuldenaar dom mense is, as vriend en bemiddelaar optree en kan hom met goeie raad en daad bystaan om alles te vereffen; maar van die vergewe van sonde kan nooit sprake wees nie - behalwe as die skuldeiser hom uit die grond van sy hart volmag daartoe gee.
[23] As Jakobus egter volgens My gees `n wedersydse skuldbekentenis aanbeveel, is daaronder nog lank geen bieg te verstaan nie, maar slegs `n wederkerige vertroulike mededeling van eie gebreke en swakhede, om daarvoor van die sterker vriend en broeder in gees en in waarheid `n egte versterkende middel daarteen te verkry. Kyk, daarvoor het niemand priesterlike of eksorsistiese wyding nodig nie. Die apostelamp is slegs `n broederlike taak om die mense te onderrig, maar geen Hebreeuse en heidense goud-, silwer- en edelsteen vertoon nie.
[24] Dat die lerare in die gemeente hulle in hulle grootste en rykste prag moet vertoon het Jakobus sekerlik nie bedoel, toe hy die gemeente aangeraai het om wedersydse swakhede en gebreke te beken nie. Hy wou daarby, naas die geneeskundige doeleindes, ook die wedersydse verdeemoediging bereik, sodat een broeder hom nie vir `n ander soos `n fariseër in die tempel sou voordoen nie, maar as `n deemoedige tollenaar.
[25] Daar is dus geen sprake van bieg hier nie; maar dit is nie net die apostels nie, maar vir elkeen aan te raai, om as dit nodig is, te doen soos die regverdige rentmeester, wat naas ander dinge hoofsaaklik hieruit moet bestaan: As baie onnosele mense teenoor hulle broeder gesondig het, maar hy egter liggaamlik of geestelik gesterwe het, by welke omstandigheid daar van kwytskelding van skuld teenoor sy onnosele beledigers nie te dink is nie, dan kan `n derde na hierdie swakke toe gaan en hom die vermeende groot skuld baie klein maak. Dit sal aan hom `n werk van die ware Christelike barmhartigheid voltrek, veral as hy hom na My toe bring. In elke ander geval moet `n derde hom egter nooit opstel as `n skuldvergewer tussen twee broeders nie. As hy dit doen, dan sal alle sondes van beide op hom geplaas word, omdat hy sy wil volg en nie wil verbeter nie.
[26] Dit word neergeskrywe om baie duidelik en maklik te begryp, hoe dit staan met die aanbevole vergewing van sondes. Nou volg nog meer hieroor en oor die valse profetedom.