Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Natuurgeeste en mensesiele.

18-2-1847.

33 Die reën val nou eers in groter, dan weer in kleiner druppels op die aarde; die sneeu net so. Dit sien mense ook by hael; dikwels val daar maar net klein korreltjies na benede, soms ook loodsware haelstene, ja in hoë gebergtes dikwels selfs kilogramme swaar haelstene en dan gewoonlik in `n ontelbare aantal. Dan kan mense vervolgens vra: As elke reëndruppeltjie, elke sneeuvlokkie of elke haelkorrel `n gees met homself saamtrek, waar kom dan so `n oorgrote hoeveelheid geeste vandaan? En as dit in die tyd van Adam gereën, of gesneeu of gehael het, waar het die geeste dan toe vandaan gekom, waar daar toe nog geen mense op aarde gesterf het nie? Wie die saak egter van hierdie kant sou wil bekyk, sou `n geweldige vergissing maak.

[2] Wat betref die geeste van die mense wat op aarde gesterf het, hulle kan iets soortgelyk beleef as wat die geestelike wesens moet ondergaan wat nog hulle tog deur die vlees moet begin. As dit sneeu, is daar dus altyd geestelike potensie in die sneeuvlokke, dit wil sê nuut aangekome geeste, wat hulleself voeg by die siele wat uit die aarde bevry is en met hulle wat hulle tog deur die ryk van die natuurlike verskynsels begin te maak.

[3] Dit is dus geen geeste van gestorwe mense nie, maar nuut aangekome of nog duideliker gesê, nuut opgewek uit die lang slaap van die aardmaterie.

[4] Maar daar kan ook geeste van gestorwe mense, wat hulleself die voortskrydende ordening nie wil laat wegval nie, weer op dieselfde weg teruggedring word, wat ook die nuut aangekomenes te gaan het; maar die nuwes bly in die aarde en moet daar die weg wat vir hulle bepaal is, begin; die geeste van die gestorwenes daarenteen, keer weer na `n kort tyd van verdeemoediging terug, wat `n mens ook in die natuurlike wêreld kan sien. Want as dit reën, dring die reën in die aarde in en word daar deur plant en dier, asook minerale opgeneem. Maar hier en daar sien mense al, hetsy tydens, óf na die reën, hoe veral in hoër geleë streke, ligte mis optrek. Dit is wel die kleinste deel van so `n reënval, wat weer in mis omhoog styg. Dit is egter ook die kleinste deel van die geeste wat van gestorwe mense afkomstig is, terwyl die grootste deel die nuut aangekomenes is.

[5] In hulle verskyningsvorm bestaan geen onderskeid nie; maar wel in aard en manier waarop die verskyningsvorm ontstaan, daar bestaan `n baie groot verskil in die wyse waarop die gees homself aan die verskyningsvorm bind. By die nuut aangekome geeste en by nuwe siele wat opduik, is alles van die siel en die gees nog volkome in die materie ingeslote. Hier is die materie geen innerlike swaartepunt wat tevoorskyn tree wat die gees omlaag trek nie, soos dié van die ballonmens, maar hier is alles van die siel en van die gees nog erg verdeeld, sodat in miljoen reëndruppels, sneeuvlokkies of haelkorrels, nouliks die wese van een enkele gees en die siel geheel en al in die aarde gesaai word. By `n gees wat al volledig gevorm is, is dit daarenteen `n heel ander geval. By hom word maar net sy materiële wense en neigings in so `n materiële vorm saamgepers om dan gedurende `n kort tydjie die bittere lot te deel met geestelike potensies, wat so pas onder die bo beskrywe verskyningsvorm, die groot kringloop vir hulle bevryding begin het.

[6] Dit sou moeilik wees om daaragter te kom, in welke reëndruppel of in welke sneeuvlok `n natuurlike, of `n gees wat die natuur al verlaat het, na benede kom, want die uiterlike verskyningsvorm is gelyk, maar grootte en gewig kan wel ongeveer `n aanwysing wees. In `n groot haelkorrel skuil daar dikwels `n verdeemoedigde gees, wat al sy aardse baan deurloop het. Die kleinere is slegs sogenaamde natuurgeeste. Van hulle is daar natuurlik baie omdat hulle nie as hele, maar in oneindig baie geestelike partikeltjies verdeeld op aarde kom. Ewe-eens sal ook een hele siel nooit met al haar geestelike spesifika van die aarde opstyg nie, maar altyd in `n hoë mate gedeelde toestand. Maar waarom so verdeeld?

[7] Aan hierdie deling lê twee belangrike dinge ten grondslag: Die eerste lê in die oergeestelike wese self, omdat elke gees deur sy strewe om groot te wil word, homself tot in die oneindige verdeel en verskeur; en die tweede rede is, dat juis deur hierdie deling so `n oergeskape gees homself natuurlik ook tot op die laaste druppeltjie van sy krag verswak het, waardeur hy, as gevolg van die verswakking, nooit sy hoogmoedige planne kan uitvoer nie.

[8] So `n verstrooiing van die gees vertoon `n gelykenis met die Babiloniese spraakverwarring: Soos die volkere hulleself moes verstrooi, so moet hy by `n gees sy begrippe verstrooi, sodat hy nooit totale gedagtes, en nóg minder `n plan in homself kan beraam nie.

[9] Dit is die rede waarom Satan tot vandag toe nog ywerig besig is, om sy eie oerwese weer in afsonderlike mensesiele en geeste in `n geheel saam te voeg om daardeur die krag te herkry wat hy in die oerbegin besit het.

[10] Sodat hy hierdie krag egter nooit meer sal kan verkry nie, is hy verdeel en deur die hele skepping verstrooid en die geestelike van hom word omgesit in materie, waaruit die siel van elke mens nou voortkom, welke siel `n nuwe gees ingeblaas kry, sodat uit elk van hierdie dele `n heel wese te voorskyn sal tree. Dit is dan gelyk aan die oergeskape wese wat homself deur sy hoogmoed of sy idee en uitbreiding bo God wou verhef, maar hyself dit as`t ware self laat uiteenspring en so tot in die oneindige laat versplinter, sodat daar niks anders meer van hom oorgebly het nie, as sy ‘ek’ en daarmee sy oerkwaadaardige wil. Maar al sy vermoëns, al sy idees en die tallose begripsvolkomenhede is hom ontneem en hierdie is nou juis dit, wat voortdurend op die hemelliggame aankom en vir die grootste deel al in die hemelliggame self, gebonde aanwesig is; waardeur `n splitsing ontstaan tussen wat tot die gees en wat tot die siel behoort; sodat in die sieledeel die gegewe ek en die selfbewussyn weer uit die materie opduik en deur die gees die erkenning van God weer in die siel ingeplant word, waarsonder die siel, net soos `n plant wat geen reën en son verkry nie, weldra sou verdor en sterwe. 

[11] In die plant duik die sielelewe eerste op. Sy kan haarself nie ontwikkel nie, as sy geen geestelike voedsel kry nie.

[12] Hierdeur word duidelik hoe en waarom soveel geestelikheid in die bo beskrewe verskyningsvorms na die aarde daal en mens kan ook maklik begryp dat dit daarom nie vir die veelheid van die verskynsels nodig is, dat daar op die aarde al soveel mense sou moes geleef het nie. Wel volg hieruit dat hier nog baie sal lewe. As al die geestelike en alle sieledeeltjies van die aarde egter eendag uitgeput sal wees, dan sal daar in die plek van die natuurlike- `n volkome geestelike aarde haar plek inneem, wat dan nie meer sal bestaan uit gevange- nie, maar uit vrye geeste en siele.

[13] Dat die aarde nou egter uit suiwer verbanne siele en geeste bestaan, dit bewys nie net die dikwels daaglikse wederkerende meteoriese [komeetagtige] verskynsels nie, maar dit was ook deur alle tye heen waargeneem, deur die eenvoudige heldersiende mense, wat die vermoë gehad het om die geestelike- en siele­lewens waar te neem, en die dikwels tallose leërs water-, aarde-, berg- en luggeeste.

[14] Die geleerde wêreld sien hierdie dinge nie, maar hulle sien ook soveel ander dinge nie, wat nog nader aan haar lê en wat noodsaakliker sou wees om te ken as al die dinge oor die geeste wat in materie verban is. Maar geloof, of geen geloof by die geleerdes, tog bly alle oerdinge soos wat hulle is en die voël kan vandag, net soos in die oertyd, die lug beheer, ofskoon hy nooit aan `n Paryse Universiteit eksamens in die aërostatika (lugweeg­kunde) afgelê het nie.

[15] Ook vandag nog is daar baie eenvoudige mense wat in hulle eenvoud meer sien en dikwels ook meer weet as `n hele geleerde fakulteit. Daar is ook wel beter geleerdes wat dit alles tenminste nie betwyfel nie, maar slegs weiniges kom daartoe om dit waar te neem.

[16] Hieraan kan ons nog heelwat nuttige beskouings toevoeg; dan sal dit baie maklik word om uit hierdie beskouings die hele verdere, geestelike aarde in een oogopslag te oorsien. Dus nou verder met enkele van soortgelyke beskouings en nog meer gedenk­waardighede.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205