Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die samestelling van die intelligensie-spesifika in die lewende wesens - Deel 1

8-3-1847

46 As yster gehamer word, word dit elasties. Die elastisiteit is ook `n spesifikum van bo en is soos `n geordende wilskrag, wat nie vandag dit en more anders wil wees nie. Hoewel hierdie `n krag is wat ook kan buig, tog volhard hy nie in die stand nie, maar neem altyd weer die vorige ordening aan. Hierdie spesifieke krag is een van die mees voorkomende; hy hou hom in die onderste lugsfeer op en deurdring elke lugatoom, waardeur ook die lug self in `n hoë mate elasties is.

[2] Hierdie krag, ofskoon komende van bo, deurdring tegelykertyd ook die hele aarde en is die vernaamste oorsaak van alle beweging in en op haar. Sy is ook die eintlike basis-eienskap wat die beweging in alle liggame veroorsaak en hulle karakteristieke elastisiteit teweegbring, wat met die hand voelbaar is. Slegs in die vuur verswak sy, omdat sy daar tot `n te groot aktiwiteit aangespoor word, maar hierdie belangrike krag gaan nooit ten gronde nie. As die gloeiende yster dan hierdie krag skynbaar verloor het, dan hoef `n mens maar net die koudgeworde yster met `n hamer te bewerk en kyk, die skynbaar verlore gegane elastiese krag is weer net soos tevore aanwesig.

[3] Die spesifikum is die meeste verwant aan die lig en bestaan uit suiwer ligatome. Dit is koëlvormig of beter gesê: Die spesifikum sit in `n baie klein en baie deursigtige blasie, wat in alle porieë van die materie binnedring. Word die porieë nou, soos by yster, deur die gehamer hard gevryf en gesluit, sodat hierdie elastiese spesifieke blasies by die buig van die metaal nie kan ontwyk nie, dan laat hulle dadelik hulle kragtige aanwesigheid merk as die yster gebuig word en hulle sorg dat dit nie in dieselfde posisie bly waarin dit gebuig was nie, maar hulle dryf dit dadelik weer terug in die posisie wat die beste ooreenkom met hulle gedrukte toestand.

[4] Hierdie ligatome word ook deur sommige natuurondersoekers eteriese ligmonades genoem, `n naam wat goed pas, omdat deur die woord 'monade' iets aangedui word, wat as`t ware op sigself staan. Die spesifikum is, omdat dit van die lig afkomstig is, baie karakteristiek in sy intelligente sfeer. Dit hou van rus en soek dit met groot vashoudendheid. Maar juis omdat dit in hulle as`t ware die wet van die rus self is, oefen dit by elke beperking en in elke verdrukking die grootste moontlike krag uit wat `n beweging veroorsaak om die vorige rustoestand te herstel. As die krag deur die een of ander uit haar ewewig gebring word, kan niks haar weerstaan nie.

[5] Dit is dus weer `n nuwe spesifikum, dus `n nuwe intelligensie in die skynbaar dooie metaal en hy maak hom op dieselfde manier as by plante en diere kenbaar. Hieruit volg weer dat yster onmoontlik `n dooie liggaam kan wees, omdat dieselfde intelligente krag daarin werk as by diere, wanneer die krag deur die korrekte middel geaktiveer word.

[6] Waaruit bestaan die spesifikum nou eintlik? Uit `n vir julle onbegryplike ligvonkie in die daarewe genoemde blasie. Die ligvonkie is `n psigiese intelligensie van die vashoudendheid van die wil en dit bly vir solank rustig in sy kerker, totdat dit deur `n druk of stamp beledig word. Gebeur dit, dan ontwaak dit in sy omhulsel en du die wande uitmekaar, net soos die lug die wande van `n ballon laat uitwyk, sodra dit daarin kom. Is die druk of stoot maar klein of swak, dan laat dit sy aanwesigheid deur `n trilling te kenne, waardeur `n klank gewoonlik ontstaan. Word die druk of stoot hewiger, dan skeur dit sy huls en spat soos hel ligtende vonke uiteen. Daarom word die spesifikum in die vuur as heeltemal vry werkend sigbaar en vernietig dit alles waarteen dit kom.

[7] Nadat ons hierdie spesifika leer ken het en `n mens het besef dat dit werklik in die metaal net so aanwesig is as in die plante- en diereryk, wat verhinder ons dan om op goeie gronde verseker aan te neem, dat die dierlike lewe net so goed aanwesig is in metale en ander minerale as by die diere self? Want die afsonderlike intelligensies is altyd dieselfde, of hulle nou in minerale, plante of diere aanwesig is, slegs met die onderskeid, dat nog maar baie weinig intelligensies verenig in die minerale verskyn, terwyl by die plante en veral by die diere, met hulle hoër ontwikkeling, al baie groter hoeveelhede werksaam aanwesig is. Terwyl die mineraal ongeveer agt, nege, tien, of hoogstens twintig intelligensies tel, vind mense by baie plante al duisende, by baie diere baie miljoene en miljoene maal miljoene en by die mense tallose vanuit alle sterre en uit alle atoomdeeltjies van die aarde.

[8] Die meer of min sluit egter die dierlike element, wat lewend in die minerale is, nie uit nie, omdat ten eerste die intelligensie-spesifika in allerlei lewende dierlike vorms vir die geoefende oog van `n wetenskaplike sigbaar is en ten tweede omdat hierdie intelligensies in die metale en minerale presies dieselfde is as die in die diere.

[9] Wie `n mikroskoop het, wat die voorwerpe ses miljoen keer kan vergroot, sou hiermee in `n enkele waterdruppel `n ongelooflike aantal van die mees seldsame dierevorme ontdek. Hierdie vorm is niks anders as draers van die verskillende enkelvoudige intel­ligensies, wat voortdurend vyandig teenoor mekaar staan, mekaar aangryp en skynbaar vernietig. Maar in hulle plek kom baie gou `n nuwe vorm, wat al die vroeëre in hulle opneem en hulle as`t ware verorber. As so `n gestalte versadig is, dan kom hy tot rus en sink omlaag.

[10] As tallose gestaltes dan egter tot rus gekom en gesink het, dan heg hulle hulle in die rustoestand as grootliks verwante wesens aanmekaar vas en kyk, daaruit ontstaan `n skynbaar dooie materie voor ons oë. Maar dit is hulle volstrek nie; hulle is maar net `n hoeveelheid gevange geneemde enkelvoudige intelligensies, wat, weer opgelos, lewend word en hulle weer tot ander vorme kan verbind. In die voorgaande is reeds beskrywe hoe ons bekende geeste die werk in die planteryk verrig.

[11] En nadat ons dit grondig deurgevoer het, sal ons onsself vervolgens na die diereryk begewe en sien hoe die geeste daar werk.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205