Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die oerinwoners van Nieu-Seeland

84 Diep in die suide van die aarde is daar nog `n taamlik beduidende eiland geleë: Nieu-Seeland. Dit bestaan uit drie hoofeilande en nog `n groot aantal kleiner eilande en baie koraalbanke.

[02] Die hoofeienskappe, geloof en die mislike houding teenoor die Europeërs, van hierdie oerinwoners van hierdie eiland, is reeds by `n ander geleentheid vir julle gegee. Derhalwe kan julle dit weer gaan naslaan, as julle hierdie volk van naderby wil beskou.[03] Desnieteenstaande kan dit nogtans hier gesê word, hoe hierdie volk in die geestelike wêreld ontvang word.

[04] In die geestelike wêreld maak hulle taamlik maklik vordering, want hulle het `n besonderse eerbied vir die hoogste wese en veral vir dinge wat `n wonderbaarlike voorkoms toon. Wanneer hulle dan in die geesteswêreld, die eintlike wêreld van wonders, op verskynsels gewys word, wat hulle op die menswording van die Heer voorberei, dan neem dit nie lank nie en hulle begin vol nuuskierigheid vra oor die nadere ontwikkeling en die eintlike rede daarvan, wat vir almal, volgens die mate van hulle begripsvermoë, ook onmiddellik verduidelik word.

[05] Wanneer hulle sodanige kennis opgedoen het, het hulle `n uiters groot vreugde daaroor en wens met `n groot hartstog om die Heer so vinnig as moontlik persoonlik te leer ken. Dit moet egter baie versigtig gedoen word, aangesien daardie mensegeeste te skielik van `n te heftige liefde oorval word, wat hulle gees, as gevolg van die skielike te groot krag, eerder sou verswak as versterk.

[06] Maar as hulle mettertyd op `n wyse manier voorberei word, sal hulle juis dan met `n wyse gematigde liefdegloed hulle in die teenwoordigheid van die Heer bevind, wanneer daardie toestand vir hulle die meeste geskik sal wees.

[07] Maar as hulle eers eenmaal in die teenwoordigheid van die Heer gebring was, dan bly hulle ook onveranderbaar vas in hulle geloof en is uiters werksaam in alle werke van die liefde.

[08] Die toesig oor die Suidpool van die aarde, sowel as die maan, word hoofsaaklik aan hulle toevertrou. By daardie aktiwiteit sal hulle vir so lank bly as wat dit My wil is, wie presies weet vir hoe lank die geeste met sekere take moet besig bly. Wat na sulke take met soortgelyke geeste gebeur, sal afhang van die innerlike vaardighede wat hulle opgedoen het, tydens die nakoming van pligte wat aan hulle opgedra was.

[09] Maar as daar baie wonings in die Vader se huis is, dan sal daar ook nog baie ander take wees wat verrig moet word.

[10] Verder hoef julle niks meer te weet nie; want dit sal vir die tydstip gelaat word, wanneer julle in julle gees self die nodige ondervinding sal opdoen.

[11] Benewens hierdie volkie bestaan daar nog `n groot aantal bewoners van kleiner eilande, wie se geestelike lot `n bepaalde ooreenkoms met die een of ander bogenoemde volk het. Daarom is dit ook nie nodig om elkeen van die duisend eilande op sy eie daar te stel nie, want dit sou doelloos wees, en sou `n onnodig uitgerekte werk veroorsaak.

Amerika

[12] Op soortgelyke wyse bestaan daar ook nog in Amerika `n paar wilde volkere, wat hulle, ten opsigte van hulle geestelike toestand, baie min van die tot dusver beskryfde wilde volkere hordes onderskei.

Albino’s en gevlekte mense uit Afrika

[13] In die hoë Afrika, hoofsaaklik langs die riviere, bestaan daar nog, as `n rariteit, eiesoortige menserasse. Die een is heeltemal wit en die ander is wit en swart gevlek.

[14] Julle natuurwetenskaplikes verwys na die eerste soort as konynmense of kakkerlakke. Die tweede soort word Gazillas of ook Ekstermense* (Duits: Elstermenschen) genoem. *(ekster, Kraaiagtige Europese voël met wit en swart vere)

[15] Beide soorte mense bly gedurende die dag in onderaardse grotte. Hulle kom net snags uit om te jag vir hulle kos. Die rede waarvoor hulle net snags uit hulle woongrotte uitkom, is hulle uiters sensitiewe oë.

[16] Alhoewel hulle vir die aardse dag vlug, is hulle nie vyande van die geestelike dag nie en beide soort mense het derhalwe voortdurend die tweede gesig. Hulle is net so teer en sag in hul siele, soos wat hulle in hulle aardse liggaamsbou is.

[17] Hulle het hier op aarde min of geen kennis van die evangelie nie, en het baie min kontak met sendelinge. Maar desondanks het hulle `n innerlike evangelie wat vir hulle wese meer onvervals is, as daardie een wat dikwels deur roem- en hebsugtige sendelinge vir die wilde volkstamme gebring en gepreek word.

[18] Met hierdie skaars soorte mense het ons ook aan die einde gekom van die geestelike beskouing van die aarde. Om dit, wat tot dusver oor die nie-Christenvolkere gesê is, in die regte lig te plaas, sal ons nog `n paar dinge byvoeg en hierdie werk met die nodige seën vir julle afsluit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205