Die eerste, onderste lugstreek
25-2-1847.
38 Die eerste streek, wat natuurlik die onderste is, neem juis die plek in, waar die natuurlike atmosferiese lug, waarin plante, diere en mense lewe, rus op die aardoppervlak. In hierdie eerste streek is die geestelike so nou met die natuurlike verweef, dat `n wyse man as volg sou redeneer:
[2] “Ek vind in hierdie heel onderste lugstreek maar net iets geestelik; slegs dit, wat oombliklik of langsamerhand deur geestelike werking vas word, lyk in sy formele verskyningsvorm natuurlik; maar in die grond van die saak is alles volkome geestelik".
[3] Waarom sê mense hier “geestelik” en nie gewoon “gees” nie? Omdat in hierdie streek die geestelike, dus ook die enkelvoudige spesifieke intelligensies van die siel, mekaar eers geleidelik aan vasgryp, hulleself verenig en mekaar in `n gehele, volkome geestelike vorm weer kompleet as `n wese, wat van homself bewus is, moet vind.
[4] Hoe moet ons dit eintlik begryp? Ek sê julle: Makliker as wat julle dink.
[5] Oral is daar `n bepaalde sentrum gegee vir die volledige vereniging van alle geestelike spesifika. Die sentrum is die eintlike stewig gevange geneemde oergees of die liefdesvonk uit My. Hierdie trek alles kragtig na homself toe wat tot sy wese behoort; en al is dit nog hoe verstrooid, dan sal dit homself tog by die geestelike sentrum voeg waar dit by hoort en sal, al is dit van `n gelyke hoedanigheid, tog by elke sentrum ander eienskappe verkry.
[6] `n Voorbeeld sal dit duidelik maak.
[7] Beskou byvoorbeeld die ontwikkeling van een mens of van meer mense in `n skool. Honderd leerlinge het een en dieselfde meester, hulle leer uit dieselfde boeke, hulle leer elkeen volgens `n voorbeeld skryf en bekyk hulle naderhand net as mense, wat in hierdie skool gevorm was, dan sal daar geen twee dieselfde denkwyse hê nie, nie twee dieselfde skrif nie en nog dergelike verskillende! En tog was die geestelike spesifieke stof vir die vorming dieselfde; maar elke gees van hierdie skoliere het uit hierdie onderwyserskos presies sy eie spesifikum uitgesoek, sonder dat die leraar vir die doel dan ook maar die minste daartoe bygedra het.
[8] Uit hierdie voorbeelde sien ons baie duidelik hoe elke geestelike sentrum uit die oneindige veelheid van intelligensie-spesifika baie presies weet om dit uit te soek wat spesifiek by hom hoort. So vind ook die sentrale sielspesifikum wat in elke saadkorrel aanwesig in dieselfde water, dieselfde lug, dieselfde aarde, in dieselfde lig presies dit, wat tot sy wese behoort en trek dit na homself toe.
[9] Dus konsentreer die sielsintelligensies hulle om die geestelike sentrum, wat spesiaal by hulle hoort, of hulle stroom daarheen, waar hulle geestelike sentrum is, gryp mekaar vas tot `n intelligente vorm en kry eienskappe volgens die grondwese van hulle geestelike sentrum, wat gewoonlik binne-in die mens plaasvind, omdat die eintlike sentrum slegs in die mensevorm teruggegee word.
[10] Die woord is `n baie treffende voorbeeld ter verduideliking van hierdie saak.
[11] `n Woord word gegee en die woord, soos wat dit gegee is, trek op daardie oomblik alles na homself toe, wat nodig is om aan die begrip te voldoen.
[12] Neem ons die woord “gebod”. Die woord is `n sentrum, maar trek na homself toe en verenig in `n oomblik dit, wat vir die vervulling van die begrip “gebod” noodsaaklik is.
[13] Om egter die begrip “gebod” tot `n geheel te maak vanuit die baie begrippe is `n baie besondere en deurgaans nie so `n maklike opgawe as wat iemand sou dink nie, want wat hoort by `n gebod? Ten eerste `n wyse, gebiedende wese wat `n groot, diepgaande insig het waarom daar `n gebod is en vir wie. Ten tweede moet daar `n vrye wese wees, met baie insig en daarmee verbonde wilskrag, sodat hy die gebod kan aanneem, begryp en daaraan gehoorsaam. Wat is nodig om so `n wese te skep en welke eienskappe moet die Skepper hê om so `n wese te kan skep? Ten derde: Die gebod moet ook bekragtig wees; wat is nou weer nodig, om `n gebod wys, regverdig en daadwerklik te kan bekragtig?
[14] Kyk net wat `n oneindige aantal begrippe, grondidees en kragte met die een begrip “gebod” verbonde is, soveel, dat iemand sou kan sê: “Ja. As die woord gebod’, dit alles as kenmerk in haarself sluit, hoe is dit dan met `n ander meer betekenisvolle woord?"
[15] Nou kom die belangrikste uitleg: Elke woord vorm op sigself `n bepaalde geestelike sentrum, trek uit dieselfde onmeetlike hoeveelheid begrippe dit na homself toe, wat vir hom kenmerkend is en neem dit in homself op, sodat dieselfde begrippe hulleself in die woord tot iets heel anders moet kwalifiseer as tot die kwalifikasie wat hulle kry by `n ander, voorheen genoemde woord.
[16] Dit is nie nodig om nog meer woorde as voorbeeld te gee om die saak nog duideliker te maak as wat dit al is nie; dit kan julle self doen. Want vir die begrippe “liefde”, “deug”, “deemoed”, “God” en soortgelyke is eweveel nodig as vir die begrip gebod, maar wat in gebod tot gebod word, word in liefde tot liefde, in deug tot deug, in deemoed tot deemoed en in God tot God, - net soos dieselfde fundamentele spesifika in klawer tot klawer, in raap tot raap en in wynstok tot wynstok word, ensovoorts.
[17] As julle hierdie uitleg ook maar enigsins opgeneem het, sal julle dadelik begryp dat hierdie onderste streek as`t ware die werkplek is waar die afsonderlike geestelike en sielselemente saamgevoeg en herenig word tot `n volledige gees. Met alles wat hier voor elkeen se oë in die plantaardige en aktiewe verskyningsvorm tree, vertoon hulle die grootste moontlike gelykenis. Want oral word `n besondere geheel uit eindeloos baie deeltjies saamgestel. Kort en goed: Hier is die plek vir die uitsaai; dit is die akker waarin elke geestelike saadkorrel `n heel eie geestelike ideëassosiasie in `n vorm saamgevat word, - oftewel is dit die versamelplek van al die verstrooide sielsdele rondom `n gegewe geestelike sentrum.
[18] Omdat julle dit nou goed en moeiteloos opgeneem het, sal dit by die volgende uiteensetting maklik wees om in hierdie sfeer verder te gaan.