|
Aarde en Maan JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 56
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94. |
|
|
Wese en naam van Satana
27-3-1847
56 Julle sal wel dikwels gehoor en gelees het, en hoor en lees dit nog, hoe hierdie bose gees onder allerlei name voorkom - en daarnaas nog `n menigte metgeselle van dieselfde soort, wat ons 'duiwels' noem. By hierdie geleentheid sal Ek `n noukeurige verklaring gee, waarom en waarvandaan hierdie deur en deur slegte gees soveel verskillende name gekry het en wie eintlik die duiwels is.
[2] Satana, Satan, Leviatan, Beëlsebub, Gog, Magog, die slang, die draak, die dier uit die afgrond, Lucifer en nog meer soortgelyke name dui hom aan en tipeer hom. Lucifer of Ligdraer was die oorspronklike, en kenmerkende naam. Satana was die teenpool van die Godheid. As Satana was hierdie gees deur God werklik so ten opsigte van die Godheid gestel, soos die vrou ten opsigte van die man gestel is. Die godheid sou Sy ewige idees onbeperk in haar wese verwek, sodat sy ryp sou word in haar gekonsentreerde lig en daardeur sou dan uit die lig van hierdie gees `n skepping van wesens in die grootste helderheid voortgekom het en die hele oneindigheid sou, uit een stryk deur, uit die lig bevolk word. Want in die oneindige ruimte sou oneindig baie plek gewees het en alle ewighede sou hierdie ruimte nooit so kon vul, dat daar `n gedrang van wesens sou ontstaan nie.
[3] Maar soos mens weet: Omdat hierdie gees die eindelose grootse roeping gehad het om `n tweede God naas My te wees, moes hy ook `n daarmee ooreenstemmende vryheidsproef aflê, wat hy egter nie deurstaan het nie, omdat Hy hom bo die Godheid wou verhef en Hom aan homself wou onderwerp.
[4] `n Stryd om die rangorde was dus die eerste, wat hierdie gees teen die Godheid misdrywe het. Omdat die Godheid nie toestemming kon gee deur hom die voorrang te verleen en Hom volledig aan hom te onderwerp nie, het hy in sy woede ontbrand en wou die Godheid letterlik vernietig, as God hierdie muiter nie in Sy ewige wysheid op die regte tyd geheel en al stewig gevang het nie; want aan krag daartoe het dit hom werklik nie ontbreek nie. Dit klink wel ietwat raaiselagtig, dat daar in hierdie gees so `n groot krag voorhande sou gewees het, om die ewige Godheid so te weerstaan, dat Hy uiteindelik voor sy krag moes beswyk het en Hom uiteindelik volledig moes laat gevange neem en daardeur vir alle ewigheid lamgelê sou wees, wat eintlik gelyk sou staan om vernietig te wees. Maar die saak word begrypliker as mens bedink, dat die Godheid juis in hierdie gees, om so te sê `n volkome tweede 'Ek' geplaas het wat, hoewel in die tyd geskape, tog wel in alle ruimte van die oneindigheid met gelyke krag teenoor die Godheid gestel was.
[5] Hierdie gees, waarin die Godheid Self haar lig gekonsentreer het, was, net soos die Godheid, oor die hele oneindigheid uitgebreid, waardeur dit ook wel vir hom moontlik sou gewees het om van sy kant af, die Godheid oral aan te gryp en kragteloos te maak. Maar met hierdie selfsugtige gedagte ontwaak in hom `n groot ydelheid en wegval van homself en aan sy lig en sy eindelose verhewenheid en krag. In hierdie selfsug en die ingenomenheid met homself, vergeet hy die ou ewige Godheid, ontbrand in sy ydelheid en konsolideer homself. Toe gryp die Godheid sy wese in al sy dele aan, ontneem hom van sy spesifieke aard, en vorm daaruit hemelliggame in die hele oneindigheid en slaan die gees van die eindelose sielewesens in die mees magtige boeie en ketting hom in die diepte van die materie.
[6] In hierdie posisie heet hierdie gees dan nie meer 'Satana' nie, maar omdat hy homself in `n sekere mate self losgemaak het uit die ewige goddelike ordening, heet hy 'Satan' wat soveel wil sê as gelyke pool met die Godheid. Maar mense weet dat gelyke polariteite mekaar nooit aantrek nie maar altyd afstoot. Daarin lê ook die oorsaak, dat die wese ook die verste van die Godheid verwyder is en die grootste teenstelling met Hom vorm en daarin lê ook sy aardsboosheid. Nou weet mens, waarom hierdie gees dus 'Satan' genoem word.
[7] Deur die woord 'Leviatan' wou die mens maar net sy krag en mag aandui deur hom te vergelyk met die uitgestorwe seemonster, wat eens die grootste, kragtigste en mees onverwoesbare dier op aarde was. Hy was so groot soos `n land, sy gestalte was die van `n reuse draak wat soveel krag gehad het, dat hy in staat was om in sy ingewande `n kragtige vuur te verdra en geen nadeel daarvan ondervind het as die vuur dikwels met vreeslike vuurvonke uit sy bek en neusgate sproei nie. Om hierdie rede word ons bose gees ook dikwels die 'vuurdraak' of die 'draak van die afgrond' genoem. By hierdie gees, wie se siel geheel ontbonde was, maar wie se geestelike suiwerder wese nog baie gebonde is, wou dit verskeie kere voorkom asof hy hom wou verbeter, as die een of ander vir hom toegestaan sou word. Dit sou hy ook sekerlik kon doen, omdat hy, sover dit moontlik was, van al sy bose sielespesifika ontslae kon raak. Nou het hierdie gees verlang, dat `n mens hom moes toestaan om `n tydlank goddelik vereer te word, en as hy sou insien dat hierdie verering hom nie geval nie, dan sou hy heeltemal omkeer en `n suiwer gees word. Dit was ook vir hom toegestaan. Die hele heidendom, wat byna so oud is soos die mensegeslag, getuig daarvan. Daarom het die Heer ook oorspronklik slegs `n klein volkie op aarde vir Homself uitgesoek; alle ander volkere kon, wel in volle vryheid, die begeerte van hierdie gees ongestraf opvolg, so ook die diere.
[8] Uit hierdie toestande het toe die mees verskillende benaminge vir die as God vereerde wese ontstaan.
[9] Maar omdat die wese nie hiermee tevrede was nie, en in plaas van die beloofde verbetering, steeds meer in die goddelike ordening ingegryp het, was hy nou in `n baie nou gevangenis gedryf. Daar het sedert hierdie tyd al baie gelykgesinde geeste uit die menslike geslag hulleself opgelei, en hulle werk in die midde van hierdie engele van hom; want `n ‘diabolus’ of duiwel is niks anders as `n in die skool van Satan opgegroeide eng gevormde gees nie.
[10] Mens moet dit nie op hierdie manier begryp, asof sulke geeste letterlik in `n skool van die Satan opgelei was nie, maar hulle vorm hulleself deur middel van die spesifika, wat hulle uit die band met hierdie gees in hulle opgeneem het. Hierdie geeste heet, omdat hulle ook die aardsbose in hulle het, wel 'duiwels' of wel 'leerlinge van die Satan', maar onderskei hulle in `n hoë mate van hom. By hulle is maar net wat tot die siel behoort homogeen met die bose gees, maar hulle gees is, hoewel stewig gevange, tog suiwer, terwyl die gees van Satan die eintlike bose is. Daarom sal en kan dit gebeur, dat alle duiwels nog gered kan word, voordat Satan in homself genoodsaak word om die groot reis na sy ewige val te onderneem.
[11] Nou weet mens van welke natuur Satan en duiwel nou eintlik is. Hierna volg gedenkwaardighede om dit alles kragtiger toe te lig.
|
|
|
|
|