Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die grense tussen die natuurryke

12-3-1847

48 Nog tot op hierdie dag het die natuurondersoekers nie kon uitmaak, waar die mineraalryk in die planteryk en sy in die diereryk oorgaan of waar hou die een ryk op en waar begin die ander nie. Waar is die laaste volkome plant, waarna geen opklim meer moontlik is nie, maar waar dadelik die eerste, weliswaar onvolkome dier in sy plek voorkom?

[2] Dit is dinge wat tot nou toe in die duister gelê het. Want op die wêreld is daar `n groot hoeveelheid plante wat eerder tot die diere, as tot die plante skyn te behoort en daar is ook diere wat meer na `n plant as `n dier lyk. Daar is ook minerale wat mense eerder as plante dan minerale sou beskou en daar is plante wat mense eerder as minerale dan plante sou aansien. Daar is ook baie diere wat nog ekstremiteite het wat soos plante lyk en plante waarin mense `n goed gevormde dier kan sien.

[3] Omdat die sake so lê, sal elkeen maklik insien dat dit vir die natuurondersoekers `n baie moeilike taak is om `n noukeurige grens te trek en wel omdat daar `n enorme aantal diere- sowel as plantesoorte is, wat die natuurkundiges gladnie ken en wel nooit sal leer ken nie; want die grootste aantal merkwaardige plante en diere groei en woon in die dieptes van die see. Die groot onder die see geleë vlaktes is vir die plant- en dierkundiges ietwat moeilik toeganklik, waardeur dit moeilik is om kennis te maak met die diere en plante van hierdie vogtige grond.

[4] Op die aarde is daar bowendien nog baie plante en diere, wat vanweë hulle moeilik bereikbare plekke, nie bekend is nie.

[5] Die natuurondersoekers vra hulle af wat korale eintlik is en dit is nog nie uitgemaak of hulle tot die minerale-, plante- of diereryk behoort nie; elke natuurondersoeker weet, dat die korale deur `n soort wurmpie gevorm word, wat baie klein is, hulle aanmekaar heg en so `n koraaltak vorm. Die wurmpies is sekerlik diere; as hulle egter hard word is hulle massa so hard soos edelstene. Die vorm, waarin hierdie diertjies hulle egter so langsamerhand deur aan­mekaar heg, lyk soos `n boom sonder blare, wat takke, klein takkies en uitloopsels het. Die groeisel is dus volgens sy ontwik­keling `n diervolume wat uit tallose diertjies bestaan; as massa is dit `n mineraal en aan die vorm te sien is dit `n boom.

[6] Dit is dus moeilik om dit in een woord uit te druk, wat `n koraal eintlik is, maar dat dit, dit is waartoe dit vooraf bestem was, kan elkeen maklik insien en aanneem, dus gedeeltelik dier, gedeeltelik mineraal en gedeeltelik plant.

[7] So lyk die verskillende soorte metaalblomme ook, wat op heeltemal dieselfde manier ontstaan. In die see is egter nog baie klein en groot diere wat, meer nog as die korale, die drie ryke oënskynlik in hulle insluit.

[8] Laat ons die seekat (seeondier) of reuse inkvis bekyk. Dit is wel die grootste dier op aarde, want hy is, as hy heeltemal volwasse is, meer as 940 meter lank en ongeveer 190 meter breed en dik. Die dier het geen bepaalde vorm nie, maar as ons hom soms op die oppervlakte van die see sien, lyk hy soos `n taamlike stewige eiland met hier en daar `n welige plantegroei. Op sy rug groei dikwels mos en seegras, daar groei selfs klein seeboompies daarop, wat `n ronde rooi vrug kry wat dikwels deur goudsmede in goud geset en as sieraad verkoop word.

[9] Hierdie vrug, wat dikwels vry drywend langs die seestrande aangetref word, groei en word meestal op die rug van die reusagtige seedier ryp, wat slegs na die oppervlakte kom, as daar `n verwoestende ondersese storm is. Op sy rug vind mens ook baie rooi, rotsagtige verhogings wat dikwels afgewerp word en as hulle nog geen vaste grond gevind het nie, as donkerrooi puimsteen, `n tydjie op die oppervlakte van die see ronddrywe. Dit word dikwels op strande, soms ook op die vasteland, waar vroeër `n see was, gevind en word drakebloed genoem. Die drakebloed lyk baie soos die rooiyster-siersteen [hematiet] en soos die kwiksilwer bevattende hoornblende. Maar dit is heeltemal `n mineraal en kom maar net op die rug van die dier voor.

[10] Uiterlik is die dier tegelyk plant en mineraal; maar as `n skip of meer skepe ongelukkigerwys bo-op die rug van die reusagtige dier beland, dan duik hy vinnig op na bo en hef die hele skip bo die seespieël uit die water uit, sodat die skip vinnig omslaan en omdat hy uit die water is, kan hy dan nie meer die plek van sy ondergang ontvlug nie. Want as die dier merk dat die skepe op sy rug omgeval lê, hef hy van alle kante talryke verblindende wit arms omhoog soos groot olifantslurpe wat `n lengte het van vyf-en-vyftig meter en `n dikte van dikwels agt voet deursnee.

[11] Het hy sy arms dan, soos `n slak haar voelhorings, ver genoeg na buite gesteek, dan buig hy hierdie verskriklike arms om die skip, wat op sy rug lê, heen en vermorsel dit binne `n oomblik. Vervolgens bring hy dan die fyngeknypte skip met sy baie arms binne in sy ontsettend wye bek en verorber dit op hierdie manier met alles wat daarin was. Sy maag verteer so goed, dat niks weerstand kan bied nie; klippe, metale, hout en selfs diamante verteer hy so geheel en al, dat daar geen stukkie oorbly nie.

[12] Omdat die dier soveel verskillende dinge opneem, is dit ook begryplik dat op sy oppervlakte, net soos op die oppervlakte van `n klein waterplaneet, baie plant- en mineraalagtige aangroeisels ontstaan.

[13] Die vraag is dus, tot welke ryk mense die dier moet reken. Volgens sy uiterlike lyk hy soos mineraal, dit lyk soos `n stuk land, waarop welige plantegroei voorkom; omdat daar op die wese egter verskillende plante aangetref word, sou mens dit ook as `n groot seeplant wortelknol kan beskou of `n groot verslindende onderseeplant, wat dieselfde met skepe doen as wat sommige vleisetende plante op die land met insekte doen, naamlik hulle te gryp en in hulle blomkeelholte na binne te trek.

[14] As ons dit krities bekyk, sal dit moeilik wees om die wese in `n bepaalde ryk in te deel, net so moeilik as wat dit vir `n natuur­ondersoeker sou wees om die aarde in `n bepaalde klas in te deel. Want die aarde self is so te sien mineraal, omdat sy op haar rug so `n groot aantal minerale ontwikkel; maar sy is ewegoed plantaardig, omdat sy soveel plante laat groei en sy is sekerlik `n dier, omdat sy so `n ryk dierlike lewe voortbring.

[15] Uit dit alles volg iets wat met die eerste oogopslag vir `n mens merkwaardig lyk. Want in die grond van die saak is daar nóg `n mineraal-, nóg `n plante-, nóg `n diereryk, maar daar is slegs `n ryk en dit is die ryk van die wesens wat allerlei vorms het; alles is oorspronklik dier en geen mineraal of plant nie. Dit is die rede, waarom die onderskeid tussen die drie vermeende ryke steeds op los, onhoubare grond staan.

[16] Daar bestaan in die orde van opklimming van die wesens wel `n bepaalde stadia, wat elkeen maklik afsonderlik kan waarneem. Wie geen rots van `n boom en geen boom van `n os en geen os van `n esel kan onderskei nie, die sal van ons teorie oor die geestelike aarde wel baie weinig kan begryp.

[17] Noudat ons dit weet, sal dit van nou af aan steeds makliker word om die werk van die geeste, waaroor ons al dikwels gespreek het, te bekyk.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205