Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die aarde as man en vrou

[19-1-1847

13 Julle sou al `n vreemde, soms wel `n baie behaaglike gevoel in julleself waargeneem het. Die hele omgewing offer dan `n buitengewone vriendelike aanblik; waar mens ook maar heen kyk, oor alles gaan `n verkwikkende en geluksalige invloed uit. Die wolke in die lug het dan `n werklike vriendelike vorm en `n lieflike kleur, die wind waai sag en teer om die gelaat en mens kry `n gevoel asof `n mens deur duisend onsigbare bekoorlike engele lippe gekus word en die siel sprankel daardeur van vreugde. Die hier beskrewe gevoel wat `n mens op bepaalde oomblikke het, is `n sekondêre gevoel, wat afkomstig is van die tydelike rus en die welbehae van die aardliggaam en die ooreen­koms met die vreugdevolle gevoel in die niere van die mens, iets wat ook maklik by diere waargeneem kan word.

[2] So `n tyd van blymoedigheid heers op die aarde wanneer die groot, eerder gesê, die algemene aardsiel haarself in haar nier neersit en haarself daar as`t ware die nodige ontspanning en rus gun. Terselfdertyd word dan ook alles op die oppervlakte van die aarde vredig en alles neem `n bepaalde liewe en sagte karakter aan. Na so `n opwekkende tyd op die aarde, volg gewoonlik donker en stormagtige weer, waarin alles weer `n weersinwekkende, afstotende en dikwels selfs ook `n angsaanjaende karakter aanneem. Dit gebeur as die algemene aardsiel haarself weer in haar gewone aardswerkende organe teruggetrek het. By die aarde gaan dit egter nie op dieselfde manier as by die mens, wat sy siel heeltemal in sy slaapvertrek terugtrek nie. Want maar net `n deel van die algemene aardsiel mag min of meer rus, terwyl die ander deel voortdurend werksaam moet bly.

[3] Dit kan mens jouself in `n sekere sin in `n bepaalde beeld voorstel as `n menslike handeling; soos `n mens wat `n tyd lank met sy regterhand `n bepaalde werk verrig het en die hand moeg geword het, dan steek hy dit in sy sak om hom te laat uitrus en werk in dié tyd solank verder met sy ander hand tot die regterhand ietwat bygekom het. Of mens kan jouself ook `n mens voorstel, wat lank met sy hoof gewerk het, totdat dit moeg geword het; dan gun hy sy hoof rus en gaan in die plek daarvan sy voete gebruik. Of mens kan jouself ook die beeld van die gedeeltelike rus van die aardsiel voorstel as `n nagwag, wat deur twee mense uitgevoer moet word; die een waak van vroegaand tot middernag terwyl sy metgesel slaap. Dan los die een wat uitgerus is, hom af en hou dan tot die môre wag, terwyl die eerste waker gaan slaap.

[4] So moet julle dus die handeling van die algemene aardsiel, as sinnebeeld voorstel; die aarde kan dus ook nooit die volledige welbehae ondervind wat `n mens of dier verkry deur hulle nagtelike slaap nie; maar dit is soos `n gedeeltelike rus van die mens, wat nie `n onbelangrike welbehae met homself meebring nie. Die daaglikse rotasie en die jaarlikse omloop van die aarde om die son is die oorsaak daarvan, dat by die aarde geen volledige rus kan plaasvind nie. Deur die jaarlikse draaie om die son hou nou eers die noordelike-, dan weer die suidelike halfrond hulle winterslaap, terwyl die teenoorliggende deel werklik aktief is.

[5] Waar die aarde, net soos die mens en dier, ook hierdie eienskap van die nier het, wat maklik deur elkeen waarneembaar is, kan mens jouself ook afvra of die aarde nie tot opwekking van nuwe lewe in staat is nie. Verseker is sy en wel op velerlei wyse en op `n heel ander manier as `n mens, dier of plant.

[6] Vanweë haar besondere aanleg is die aarde as `n soort hermafrodiet (as `n wese wat die manlike en vroulike beide in haarself het) te beskou. Sy lyk in dié opsig soos die eerste mens, wat oorspronklik ook man en vrou in homself verenig het en hy lyk ook soos die volkome geeste uit die hemel, wat ook volkome manlik en vroulik een is.

[7] Die voorafbepaalde is nodig om die volgende beter te kan begryp: Waar die aarde tot voortplanting in staat is, vra mens jouself af: Hoe en wat wek sy op, en waar is haar vernaamste voortplantingsorgane?

[8] Die vernaamste orgaan vir die voortplanting is, net soos by diere, die sterk klewerige Suidpool; Volgens die voortplantings­orgaan is die aarde vroulik, omdat ook die hele Suidpool negatief is in vergelyking met die vroulike wese, wat ook negatief staan teenoor die positief polêre manlike wese. Die aarde, van die standpunt uit, as vrou bekyk, is dan nie self tot opwekking in staat nie, maar kan slegs die verwekking ontvang. Nou vra mense hulleself af: Wie verwek dan by die aarde? Antwoord: Die son, deur haar teengestelde polêre krag. En wat bring sy voort of wat het sy voortgebring?

[9] Die belangrikste kind wat op hierdie wyse voortgebring is, is die maan, wat die oudste kind is van hierdie telluriese (aardse) vrou.

[10] Het sy nog meer soortgelyke kinders? — O ja, `n groot hoeveelheid komete, wat deur hulle geboorte deels in die eterruimte beland het en daar rondsirkel. Vir `n ander deel egter, is sulke kinders, wat uit die verwekking gebore word, wat byna daagliks - en meestal in die tyd wat dag en nag ewe lank is - haas talloos te voorskyn kom, die sogenaamde vallende sterre. Dit is niks anders as uit die aarde nuut gebore klein, komeetagtige planeetjies nie, en dit bewys hulle ellipsvormige baan en hulle ronde vorm, waarvan die menslike oog die grootte kan waarneem as hulle in die nabyheid van die aarde kom. Hierdie planeetjies word egter weer deur die aarde, net soos al haar ander nako­melinge, opgeëet, net soos beskrywe word in die fabel van Saturnus, wat al haar kinders verslind.

[11] Waarvandaan en waaruit word hierdie kinders dan uit die aarde gebore? Die aarde het werklik baie sulke geboortekanale. Die hoofgeboortekanaal is in die middel van die Stille Oseaan, nie ver van die ewenaar nie, in die streek van die eilandgroep, die sogenaamde Tahiti en Otahiti; - van hierdie plek uit was eers die maan van die aarde geskei en daarna nogal `n groot hoeveelheid van nog bestaande komete.

[12] Dit is dus `n hoofgeboortekanaal van die aarde. Ander geboortekanale is baie seë, moerasse en holtes in die berge, waaruit, sulke klein planeetjies dikwels deur so `n polêre krag nog baie hoog weggeslinger word. Waar sy egter te min volume het, word - deur die oorwegende polêre krag van die aarde - hulle klein hoeveelheid teenoorgestelde polariteit verteer en word sy weer deur die aarde aangetrek, waarop sy dan weldra soos `n slakagtige massa neerval of dikwels ook wel soos klippe; sy kom egter as klippe slegs dan weer omlaag, as sy vooraf in die eterruimte ontplof het en dan as deel van die geheel na benede stort.

[13] Dit is een manier van verwekking, waarby die aarde maar net as vrou optree. Hierna sal ons die veel merkwaardiger duisend­voudige verwekking beskou, waarby die aarde tegelykertyd as man en vrou optree.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205