Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Posisie en veranderlikheid van die hart van die aarde.

31-12-1846

3 Waar is die swaartepunt, of die hart van die aarde dus? Nie in die middel, wat hierbo al aangetoon is en waarvan gedeeltelik geestelik uitgelê is waarom nie. Dit sal nog duideliker op die korrekte plek verklaar word. Die middelpunt van die aarde, dit wil sê die meetkundige middelpunt, sou met betrekking tot die plekbepaling sekerlik wel die maklikste en ook die mees sekerste as streek of plek van die aangewese swaartepunt wees, omdat dit `n sekere onverplaasbare plek moet inneem vir alle tye; want solank die aarde bly wat sy is - gelyk van vorm, grootte en gestalte - moet die meetkundige middelpunt ook steeds een en dieselfde bly.

[2] Maar so is dit nie gesteld met die swaartepunt van die aarde nie. Hiervan kan mens nie sê dat dit homself hier of daar bevind nie, want dit is nou hier en dan weer daar. Die ligging kan aan baie belangrike veranderings onderhewig wees. Wel is die innerlike inrigting van die aardliggaam van so `n aard, dat die swaartepunt hierdeur sowel noordeliker as suideliker sy plek van werking kan inneem, na gelang van die situasie, maar daar moet gladnie gedink word aan `n vaste plek van hierdie werkende substansie, wat uiteindelik die swaartepunt van die aarde bepaal nie.

[3] Dat die swaartepunt, wat die materie tot lewe bring, nie alleen in die aardliggaam nie, maar ook al by ander liggame by die aardoppervlakte op sy eie manier sigbaar word, kan julle baie maklik sien by baie gewasse, soos bome, struike en addisionele gewasse van allerlei soorte.

[4] As julle `n boom bekyk, dan sien julle baie gou dat sy groei en ook sy vrugbaarheid nou eers aan die een, dan weer aan die ander kant oorheers. Die een jaar sal hy aan die noordekant welig groei, maar daarteenoor sal self alles aan die suidekant swakker ontwikkel; een jaar sal julle by dieselfde boom `n opvallende teen­oorgestelde wisseling ontdek; dan word sy suidekant die weel­derigste, terwyl daarenteen die noordekant verskrompel sal lyk. Ook sal nou aan die een, dan aan die ander kant van die boom meer of minder dooie takke of latte vertoon word; ook gebeur dit dat — nou eers aan die een, dan aan die ander kant van die boom - die blare in die herfs vroeër of later verwelk.

[5] Hierdie en nog baie meer soortgelyke verskynsels aan so `n boom het alles dieselfde oorsaak, naamlik die steeds veran­derende posisie van die lewensverwekkende swaartepunt of die eintlike lewensverwekkende positiewe polariteit. Dieselfde verskynsels vind mens natuurlik ook by ander gewasse en plante.

[6] Julle kan julleself dan wel afvra, waarom die leweverwekkende swaartepunt van die liggame so veranderlik is.

[7] Die oorsaak lê baie diep. As dit die doel van die materie sou wees om voortdurend te bly bestaan, dan sou die polêre swaartepunt ook so geplaas kan word, dat die materie steeds sou moet bly soos wat sy is. Die appelboom sou tot in ewigheid `n appelboom gebly het en elke ding sou bly soos dit was. Maar dan sou dit met die appelboom en die plant nie beter gaan as met diamante nie. Want hoe meer die polariteit in een liggaam vas is en met die meetkundige middelpunt byna bymekaar, des te vaster en duursamer is die liggaam. Maar so `n liggaam is dan, as gevolg van sy vastheid, vir niks anders meer geskik nie, as slegs vir sy eie onveranderlike voortbestaan. Dit sou daar op so `n harde aard­liggaam sleg uitsien met die voedsel vir die lewende wesens, as hulle van diamantbome en soortgelyke gewasse vrugte sou moes pluk; ook sou dit sekerlik wel `n baie harde woning gewees het op so `n diamantaarde.

[8] Uit hierdie uiteensetting kan mens maklik verstaan, waarom die polêre lewegewende swaartepunt, uit natuurlike oorweginge, nie vas nie, maar veranderlik moet wees, net soos die bloed by diere en mense `n vergelyking toon met die swaartepunt. Met `n aan een plek gebonde bloed en nog meer met `n geboeide hart sou seker geen lewende wese gediend gewees het nie. In die vry bewegende dierlike liggaam egter, kan `n meer bepaalde plek wel aan die hart toegewys word, omdat die vrye liggaamsbeweging van `n dierlike liggaam en ook van `n mens, al self baie reaksies bewerkstellig, wat - soos maklik te begryp is - by liggame wat nie tot vrye beweging in staat is nie, tog sekerlik nie die geval kan wees nie. By hulle moet die noodsaaklike reaksies deur die steeds veranderende posisie van die polêre swaartepunt bewerkstellig word.

[9] Derhalwe maak die dier – net soos die mens - bewegings en het daardeur `n meer bepaalde plek vir sy lewenswaartepunt, naamlik die hart. Die liggame egter, wat nie tot vrye beweging in staat is nie, moet daarom die lewensswaartepunt as`t ware in hulle inwendige laat rondreis om doelmatige reaksies teweeg te bring in alle dele van die liggaam.

[10] Uit hierdie maklik te verstane uiteensetting sal elkeen wat maar enigsins `n suiwer gees het, vinnig insien dat met die bepaal van die "waar” van die swaartepunt van die aarde as vastepunt, dit nie net gewoon onmoontlik is nie, maar ook `n absoluut dom en dwase saak sou wees. Soveel kan ongeveer daarvoor en hoogstens vir die volgende jaar verseker aangegee word, of aanneemlik gemaak word, naamlik dat die swaartepunt homself ongeveer in die streek onder Ysland en `n deel van Noorweë, Swede en Lapland sal bevind, maar dit is desnieteenstaande so aktief, dat sy hartslag homself tot onder Kamsjatka in die Noorde en tot die streek onder die Middellandse See in die Suide kan uitdien.

[11] By `n ietwat grillerige diertjie, naamlik by `n kopluis, kan mense met behulp van `n mikroskoop aan die bewegings van haar lewensappe `n ongeveer gelyke verskynsel waarneem. Maar natuurlik kan dit in `n soortgelyke klein afmeting slegs as `n swak gelykenis beskou word; want die laagste diere lyk - wat betref die onbestendigheid van hulle lewende swaartepunt - nog die meeste na die liggame wat geen vrye beweging het nie.

[12] Tot sover oor die “waar” van die swaartepunt van die aarde. Volgende keer sal ons verder bespreek waarom daar verandering is in die polariteit van die liggame, wat nie tot vrye beweging in staat is nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205