Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die trapsgewyse opklimming van die lewende wesens

22-1-1847.

15 Hierdie verskynsels tree skynbaar so op, dat mense sou kan glo dat hulle as`t ware versamelings van bepaalde warrelwinde was, wat hulself dan in die lug tot `n bol verenig en dan weer na benede val as die opstygende krag van die wind afgeneem het. Maar vir iemand wat dieper nadink, sal hierdie uitleg sekerlik nie voldoen nie. Want om paddas/amfibieë, en slange op te tel, sou tog `n ongewone sterk warrelstorm of selfs `n baie hewige windstorm nodig wees. As die, nie so stewig geboude diere, egter so aan die woede van die wind prysgegee word, sou hulle ten eerste al vooraf, voordat hulle op die aarde neerval, in klein stukkies verskeur gewees het; en met die in die lewe bly van sulke diere sou dit nie so goed gesteld wees nie. Ten tweede sou so `n windstorm, om die diere op te neem uit `n meer of moeras - wat dikwels etlike ure (maateenheid van afstand) lank in die lengte en breedte is - self `n ontsaglike deursnee moet hê en ook so `n kragtige werking, dat geen berg haar sou kan weerstaan nie en dit kan `n wetenskaplike ondersoeker tog nie maklik aanneem nie. En ten derde sou so `n wind of so `n geweldige windstorm ook die water van die meer tot op die laaste druppeltjie, of wel die hele moeras saamneem, sodat daar nie die kleinste saadkorreltjie agterbly nie. As hierdie diere dan sou neer “reën”, dan moes daar ook water, modder en `n menigte ander bestanddele en plante na benede kom, wat egter gewoonlik by hierdie sogenaamde amfibiese reën nooit die geval is nie. Hierdie verskynsels ontstaan egter op die volgende manier.

[2] Die aarde bring as dubbelwese in een of ander streek uit haar binneste `n talryke hoeveelheid dergelike eiertjies voort. Hierdie eiertjies is baie klein en word maklik deur die porieë en kanale van die aarde na buite gedryf. Deur die in hulle aanwesige gistingstof, sit hulle, hoe hoër hulle kom, des te meer uit. Ten slotte is hulle ligter as die atmosferiese lug en styg dan, as hulle die aardoppervlakte bereik het, in die vorm van donker newels, soos `n lugballon tot `n bepaalde hoogte op, waar hulle in `n sterk elektriese stroming raak. Dit gebeur baie maklik, omdat hulle self deur hierdie stroming aangetrek word. In hierdie stroming word hulle dan vinnig ryp en word gebore, en dikwels in `n aantal van baie duisende miljoene. Omdat hierdie klein diertjies self dan egter deur die elektriese stroming uit die lug, `n spesifieke swaarder liggaam gevorm het, as wat lug self weeg, kan hulle hulleself ook nie meer lank in die lug ophou nie, maar val omlaag na die aarde; maar omdat hulle tog taamlik lig is, gaan dit nie so vinnig dat hulle deur so `n val skielik uitmekaar sou spring en dus natuurlik dadelik gedood sou word nie. Hulle kom steeds behoue en wel na benede en kan daarna nog enkele ure lewe. Maar omdat die vorm wat op hierdie wyse ontstaan het, `n trap oorslaan, wat nie in ooreen­stemming is met die orde waarvolgens die intelligensie van die aardliggaam haarself ontwikkel nie, vergaan hulle weer vinnig en verdwyn uit die sigbare lewe; hulle word dan weer deur die aarde opgesuig en in die planteryk gedryf. Hierby is op te merk, dat sulke voortbrengsels dan eerder in die voormalige diere stadium oorgaan as wanneer so `n dierstadium volgens die normale ordening eers `n hele legioen plantelewens moet deurmaak. Want mens kan hier van dierstadium spreek, omdat die diere as sodanig al dadelik uit die aarde sigbaar word as dierlike wese, maar tog eers `n stap terug moet en doen in die planteryk, voordat hulle die intensiewe dierlike karakter kan aanneem.

[3] `n Heel ander geval is dit met die oorspronklike plantestadia, wat reeds as sodanig in die eerste bestaan tree. Hulle moet eers alle plantestadia deurloop voordat hulle in die dierlike lewe opgeneem kan word. Omdat daar egter ook `n geweldige onderskeid is tussen plante en plante, want daar is edele en nie-edele, goeie en nie-goeie, volg hieruit ook dat, veral die edele, so na aan die dierestadia staan en die edelste selfs so naby die menslike vlak, dat hulle baie gou - altans gedeeltelik - in die menslike wese en grotendeels in die edelste deel van die diereryk opgeneem kan word. Van sulke plante sê mens dat hulle maar `n kort oorgangslyn het om deur te loop; maar daar is ook baie onedele plante; by hulle duur dit baie lank voor hulle in die meer edele plante opgeneem word en dan sê mens, dat hulle `n lang oorgangslyn het.

[4] Dieselfde is ook die geval by die diere. Soos soortgelyke diere egter dadelik uit die dubbelwese van die aarde voortgebring word, so gebeur dit ook met die sade van plante. Dit gebeur hoofsaaklik in die tropiese lande, soos byvoorbeeld in die klipperige Arabiese en in sommige streke van Afrika en Amerika. Daar is nog tot vandag toe, groot woestyne en velde. Hierdie woestyne het bepaalde geboortepunte vir soortgelyke sade en daar sal mens ook oral `n weelderige plantegroei aantref. Waar sulke bronne vir die ontstaan van allerlei sade egter ontbreek, bly die aarde woes en leeg.

[5] So het ook die nuut ontstane eilande hulle plantegroei te danke aan die sade wat deur die aarde voortgebring word. Het die plante dan voldoende stadia deurloop, dan sal sy (die aarde) ook diere ontwikkel, maar nie verder as die nog hoogs onvolkome kruipende diere en insekte nie. Verder omhoog reik die vrye natuurlike oorgang nie. Daar moet dan `n hoër krag intree om `n ooreenkomstige, op `n hoër trap staande dier te skep, waarin die voorgaande ontwikkelingstadia kan oorgaan. So gaan dit dikwels opwaarts tot by die mens, wat egter nooit nuut geskape word nie, maar op die regte tyd deur verhuising daarheen gebring word.

[6] Ek glo dat hierdie uiteensetting voldoende sal wees vir diegene wat nadink, om die opwekkings- en reproduksiekrag van die aarde as dubbelwese in te sien. Hy sal begryp dat hierdie uiterlike verskynsel op die hierbo beskrewe manier, sy oorsprong hoofsaaklik in die nier van die aarde het, omdat die algemene saadstof hier gevorm word, wat om verder bruikbaar te word, op die voorgeskrewe manier bevrug word.

[7] Hiermee is nou ook die eintlike aktiewe wese van die binneste van die aarde so volledig moontlik aangehaal, en omdat dit in hierdie mededeling oor die onthulling van die binneste van die aarde gaan, is die inwendige so kort en goed moontlik en vir die menslike verstand begryplik onthul. Aangesien die kennis van die binneste van die aarde egter nie vir `n volledige deursien van die hele aarde voldoende is nie, moet ons van die binneste van die aarde, of die inwendige aarde, na die tweede vaste aarde oorgaan om enigsins `n oorsig hiervan te kry, sodat die uitwendige van die aarde des te makliker begryp kan word; want op die buitekant van die aarde doen `n groot aantal verskynsels homself voor, waarvoor selfs die geleerdste ondersoekers nooit `n verklaring kan gee nie. Al hierdie verskynsels kan egter dan eers goed en korrek erken word, as mens hulle grondslag ken. Daarom moet julle die vaste bousel (kleinste boublok) nie as heel eenvoudig voorstel nie, maar juis as baie gekompliseerd, terwyl dit bowendien verreweg die grootste deel van die aarde in beslag neem. Dit is as`t ware die vaste hout van die boom, wat immers ook die grootste massa uitmaak; en soos in die vaste hout van die boom juis die mees kunstige inrigtings aangebring is, so is dit ook die geval by die aarde. Die vaste deel van die aarde is daarom soos `n skool te beskou, waarin die, uit die binneste aarde opstygende, aanvanklik stewig gevormde wesens, hulle eintlike kleur en vorm kry. Dit is die rede waarom hierdie tweede vaste aarde ook baie grondig bekyk moet word en daarom sal ons hierdie tweede aarde hierna effens gaan verken.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205