|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11 LEOPOLD ENGEL
Hoofstuk 8
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79. |
|
|
Die Heer vertel die lewensverhaal van die koopman
8 Ek onderrig nou My leerlinge, wat hier `n goeie voorbeeld het waartoe `n wêreldse ingesteldheid en heerssug lei, en hoe nodig dit steeds is om op hulle hoede te wees en nie te glo dat hulle alle kennis en lig al in hulle opgeneem het nie, soos die drie fariseërs gedink het nie. Hulle sou egte wetenskaplikes genoem kan word, omdat hulle alles met hulle kritiese verstand wou ondersoek en maar net dit wil glo wat hulle sien; maar daarby val hulle van die een twyfel in die ander, omdat daar by die sien naderhand weer twyfel opkom of hulle wel goed gekyk het, en hulle uiteindelik nie hulle eie dade en woorde vertrou nie. Daarby was, so sê Ek, hulle strewe selfs ernstig, maar tog verkeerd, omdat dit hulle uitsluitlik op die uiterlike gerig het en nie op die innerlike nie, en alleen dit vorm tog die eetbare kern, soos by `n neut, terwyl mens op die suiwer uiterlike sy tande geweldig kan stukkend byt. Daarom was dit ook nog lank nie moontlik om My aan hulle kenbaar te maak nie.
[2] Om hier `n wonder te gedoen het sou geen sin gehad het nie, omdat hulle maar net geloof sou hê, omdat hulle die manier waarop dit tot stand gebring was, nie kon begryp nie, en die innerlike kern sou verwerp het, aangesien hulle te baie aanhangers was van die Griekse wetenskap, waarmee hulle hulleself heimlik besig gehou het. Eers by Afek, `n streek wat hulle van vroeër goed geken het, sou hulle hulleself baie verwonder en begin te begryp dat hier, dit wat na hulle begrippe natuurlik was, ophou, en daarna sal hulle ywerig begin navors en langsamerhand bevry word van hulle wetenskaplikheid, wat hulle grondig in die steek sou laat.
[3] Dan sal ook vir hulle `n lig opgaan oor wie Ek was, veral as hulle te hore kry dat Ek langs hierdie weg gekom het, en dan sou hulle vanuit hulleself meer duidelikheid kry. Natuurlik sal daar nog geruime tyd verloop voordat hulle tot volledige insig sou kom, omdat hulle baie spoedig deur Jerusalem verder gestuur sou word en hulle siele hulle aldus in rus en bespiegeling kan reinig en die gestrooide saad nie in die modder aldaar sal verstik nie.
[4] Ons spreek nog oor verskeie dinge van die tempel en sy dienare, asook oor die lot van die tempel, toe Mucius saam met die koopman terugkom en Ons meedeel dat die fariseërs reeds met hulle mense in `n oostelike rigting op weg gegaan het, en dat ook die orige kooplui hulle muildiere en kamele al gepak en vertrek het. Die herbergier sê dat hierdie koopman hulle laat vertrek het en van plan was om nog verder met My te praat.
[5] Ek loop op hom toe en vra hom vriendelik: "Phoikas, wat is dit eintlik, wat jou hier gehou het?"
[6] Heeltemal bedeesd sê die koopman: "Heer, hoe ken U hierdie naam, wat ek net in my jeug gedra het? Ek is `n Griek van geboorte en was Phoikas genoem. Maar omdat ek vroeg wees geword het, neem `n barmhartige Judeër uit Tirus my by hom op, en later neem hy my selfs aan as sy seun, omdat hy sonder kinders was. Ek word Judeër, ontvang ook die besnydenis en word Agamelom genoem. Nooit het die naam Phoikas sedert tientalle jare in my ore geklink nie, en ek het dit byna self vergeet - en nou noem U my so?"
[7] Ek sê: "Verbaas jou nie daaroor nie, want Ek weet nog veel meer as maar net `n eenvoudige naam wat jou ouers jou in jou vroegste jare gegee het. Ook jou hele jeug, wat jy aanvanklik in Athene en later alleen met jou vader in Tirus deurgebring het, ken Ek baie goed. Jou vader het aan `n swaar koue gesterf, wat ontaard het in `n gevaarlike koors toe hy heeltemal deurnat terugkom van `n reis per boot, wat hy onderneem het om gestrande goedere te berg. En so word jy wees, omdat jou moeder reeds in Athene gesterf het. Die Judeër, by wie jy opgeneem was, was `n sakevriend van jou vader, het handel gedryf met Jerusalem en heet Maliëzar. - Sê eers, is dit so of nie?!"
[8] Die koopman lyk steeds meer verbaas en sê: "Ja, so is dit presies en ek verbaas my temeer daaroor, omdat die gebeurtenisse al meer as dertig jaar gelede afgespeel het, dus in `n tyd wat U nog nie gebore kon gewees het nie. Hoe weet U die dinge? Want die kring van mense wat iets oor my vader en die stiefvader kan weet, het al lankal uitgesterf."
[9] Ek sê aan hom: "Ek sê jou dat Ek nog veel meer weet. Maar bekommer jou voorlopig nie daaroor nie, want dit sal vir jou alles nog wel duidelik word. Laat Ons nou egter `n goeie middagmaal tot Ons neem, sodat Ons liggame versterk kan word, dan sal jy na die maaltyd wel `n duidelike verklaring kry!"
[10] Ons gaan nou die huis binne en neem die middagmaal tot Ons, wat Mucius vir Ons laat voorberei het.
|
|
|
|
|