Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die fariseërs word weggejaag

39 Ek deel Laserus en die aanwesiges mee wat daar buite gebeur het, en vra hulle om met My na buite te gaan om hulle van die waarheid te oortuig, en om nog `n poging te maak om die fariseërs duidelik te maak dat hulle mag geen enkele geldigheid hier het nie. Dit doen Ons, en Ons gaan na die gevangenes. 

[2] Daar aangekom, versoek Ek die geregsdienaars om vrywillig hulle wapens neer te lê, wat hulle ook onmiddellik doen. `n Kneg van Laserus neem hulle in ontvangs, en dadelik gaan ook die groot honde herwaarts en rustig lê; maar hulle hou hulle vyande steeds skerp in die oog en was bereid om hulle op `n wenk van hulle baas, op hulle te stort.

[3] Ek wend My nou tot die fariseërs, wat tandeknersend van skaamte en woede daar gestaan het, omdat hulle Laserus, wat hulle baie goed geken het, dadelik as die egte herken het, en nou in die geheim gedink het dat hy eintlik nie gesterf het nie, maar dat daar alleen `n baie handige, afgespreekte misleiding met sy siekte, dood en opstanding plaasgevind het, wat geskik was om My eweneens valse wonderkrag op ontsagwekkende wyse aan die volk te toon en dat, omdat dit `n so bekende persoonlikheid soos Laserus betref, My seker in heel Judea van baie aanhangers moes verseker. 

[4] Nadat Ek hulle gedagtes eers haarskerp uiteengesit het, vra Ek die tempeldienare: "Hoe lank wil julle dat Ek julle nog verdra? Alle tekens wat Ek gedoen het en dit so onmiskenbaar voor My getuies, verag julle; en My woord lê julle uit as leuens. Weet julle nie dat daar `n grens is, waar die mens nie verby mag gaan, as hy nie geheel en al aan die geestelike dood ten prooi wil val nie, en dat, as die grens bereik is, God se barmhartigheid die liggame moet vernietig, sodat die siele deur die misbruik van die liggame nie geheel en al in die verderf gestort word nie?! Maar julle het almal digter by die grens gekom!

[5] Alles wat julle deur julle liggame bruikbaar kan maak vir die veredeling van julle siel, verdraai julle om haar te dood. Het julle daarvoor julle sintuie? Julle kyk nie om te sien; julle luister nie om te hoor; julle proe, voel, ruik nie om die sintuie as middelaars te gebruik nie, maar net om julle oor te lewer aan julle sindelikheid. Daarom het julle reeds `n stinkende aas geword wat verdelg moet word, sodat julle nie alles verpes en waarvan tenminste die as nog as bemesting vir die origens goeie, bruikbare bodem kan dien nie.

[6] Waarlik, Ek sê vir julle: "Die byl is aan julle stam gelê om die gifboom van julle lewe om te kap! Maar kla God nie daarvoor aan nie, maar enkel en alleen julle self! Julle sien nou watter grootse ding hier gebeur het, en vele onbedrieglike getuies staan hier om My heen wat borg staan vir die waarheid; maar tog gis in julle die haat en die wens om My en Myne te vernietig, wat julle egter nooit sal geluk nie! Verdwyn dus met julle woede - maar weet, dat julle self sal oes wat julle saai!"

[7] Na hierdie woorde staan die sewe groot honde op en jaag met geblaf agter die tempeldienare en geregsdienare aan, die hele weg na Jerusalem, wat hulle springend en struikelend in groot angs en met uiterste snelheid aflê, en hulle rus nie voordat die veilige stadsmure van Jerusalem hulle beskerm teen die diere nie, wat hulle tot daar agtervolg, alvorens hulle terugkeer.

[8] Vanaf die dag het Laserus, ondanks kwaadaardige aanslae van die Raad, sowel in Betánië as op die Olyfberg volkome rus; want vanweë die honde waag geen enkele vyandige priester of tempeldienaar hom meer daarheen nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205