Die Heer en Efraim
57 Nadat die leerlinge verklaar het dat hulle dit eens was met hierdie uiteensetting van Petrus en daar nog die een en ander van hulle eie oordeel daaraan toegevoeg het, neem Johannes die woord en sit aan sy broers uiteen, dat veral My liefdevolle sorg, steeds daarop bedink was om die einddoel met so groot moontlike sekerheid vir die individu te bereik, en dat ook die einddoel hoofsaaklik die weg bepaal wat die individu by sy ontwikkeling tot by die mens moes gaan. Maar aangesien elke mens om baie wyse redes anders geaard was, word die siel van elke mens ook anders gelei tot by haar volledige ontwikkeling. Daarom was daar wel in die algemeen, maar nie in die besonder, `n algemene, vasstaande wet vasgestel watter weë `n siel in wording moes bewandel, omdat alleen God die einddoel ken en niemand anders nie - selfs nie eers die desbetreffende wese self kon duidelikheid daaroor hê watter posisie hy in diens van God sou kon en gaan bereik nie.
[2] "Daarom, beste broers", gaan Johannes verder, "moet julle bo alle kennis, die regte liefde en deemoed nastreef, sodat die Heer julle ongehinderd kan lei! Julle moet niks anders wil nie as net Sy liefde, dan bereik julle die grootste kennis, en dit is: Om jou intrek te neem in God se hart, waar julle dan alles kan aanskou, nie deur julleself nie, maar deur God se liefde, waardeur vir julle die skille van die oë sal val!"
[3] Terwyl die leerlinge so nog die een en ander oor die aangeroerde onderwerp spreek, gebeur dit dat daar by `n vensteropening van die groot saal `n geluid ontstaan, asof iemand hom daar probeer vashou, wat dreig om na benede te val. Vinnig hardloop die leerlinge daarheen en vind daar `n man wat hom aan die borswering vasklem en kennelik geluister het na wat hulle bespreek het, maar daarby sy ewewig verloor het en nou dreig om na benede te val. Hy word omhoog getrek, en vriendelik gevra of hy hom nie beseer het en hoe hy eintlik by die taamlike hoë vensteropening gekom het.
[4] Die man, wat eers stug reageer soos `n betrapte misdadiger, word weldra vriendeliker, omdat hy geen ontstemde gesigte teenoor hom sien nie, en hy sê: "Beste vriende, ek sien nou goed dat ek my baie met julle vergis het, en ek vra julle welgemeend om vergiffenis vir alles wat ek julle in my woorde, ook al weet julle dit nie, aangedoen het! Maar staan my toe dat ek presieser meedeel wat my hierheen gebring het, en waarom ek byna verongeluk het!
[5] Kyk, ek is `n inwoner van die stad Efraim en het julle al `n lang tyd sedert julle hier is gadegeslaan en my steeds weer afgevra waarmee julle tog wel binne hierdie mure besig was, en ook wie julle wel is. Sommige van my verwante en vriende het gesê dat julle Essene is, wat hier towery bedryf en `n nuwe sameswering teen die Romeine in Jerusalem beraam, waarvoor dit hier `n geskikte plek is. Ander dag weer dat julle waarskynlik towenaars is wat tot heelwat in staat is - byvoorbeeld ook die ongewoon snelle herstel van hierdie kasteel - maar geen samesweerders nie, omdat dit nie pas by julle vriendelike, oop karakter nie.
[6] Ek het gelag oor die gedagte dat julle towenaars sou wees, netsoos wat ek trouens glad geen geloof heg aan sulke dinge nie, maar weet dat alles op aarde op `n natuurlike manier gebeur, en ek het myself voorgeneem om uit te vind wie en wat julle is. Ek het daarom al dikwels snags op pad gegaan om rondom die huis te loop, om te kyk hoe ek my nuuskierigheid sou kon bevredig. Maar steeds was ek deur `n eienaardige skroom daarvan weerhou om by julle in te dring.
[7] Vandag het die verlange in my egter so sterk geword, dat ek julle geheim tot elke prys wou deurgrond, en ek tref dus voorbereidings om by julle te kan binnedring. Voor die venster, waar julle my gegryp het, staan `n boom, waarvan die takke baie breed is. Ek het `n paar sterk stokke saamgeneem en het dit vanaf die takke op die vensterkosyn gelê, en so kon ek baie goed via die brug hier kom en julle gesprek afluister. Slegs deur die groot aandag waarmee julle met mekaar gepraat het, het dit gebeur dat julle my nie vroeër ontdek het nie, en wat julle gesê het, het my so aangegryp, dat ek heeltemal vergeet het dat ek `n indringer was en wou onmiddellik na binne gespring het, om by julle te wees. Deurdat ek myself so vergeet het, let ek gladnie meer op my ligte brug nie en stoot onverhoeds teen die stokke, wat toe na benede val. By my poging dit te verhinder sou ek byna self na benede gestort het, as julle my nie vinnig te hulp gekom het nie.
[8] Ek vra julle nou, beste vriende, om my te vergewe; want dat ek geen dief of misdadige indringer is, kan julle goed van my glo - ek het altans goed aan julle wysheid gehoor dat dit moeilik sou wees om julle te mislei!"
[9] Petrus sê: "Beste vriend, dit sou ons jou vergewe, aangesien ons almal baie goed weet dat dit minder jou nuuskierigheid was, as wat dit jou innerlike gees was wat jou hierheen na ons toe gedryf het? Dit is dus ver van ons om te dink dat jy van plan was om iets misdadig te doen. Maar komaan, kom sit by ons, versterk jouself en laat ons met mekaar praat, soos dit opregte en waaragtige manne betaam! As jy iets van ons wil weet, vra dit dan gerus! Ons sal jou graag te woord staan."
[10] Die Efraimiet, wat sy aanvanklike skroom nou heeltemal afgelê het, gaan sit by die leerlinge, versterk homself en vra toe baie gou vrymoedig na alle moontlike dinge: Waarvandaan ons kom, wat ons hier wil, en waarom ons nou juis ons verblyf binne hierdie mure gekies het en ook `n hoop ander, persoonlike dinge oor die leerlinge, wie hom ook baie openlik antwoord.
[11] Toe hy nou wis dat Myne leerlinge was van die Nasarener wat welbekend was aan hom, vra hy dadelik na My en wil my absoluut ontmoet. Petrus wys hom tereg oor sy ietwat onstuimige aard en sê dat hy geduld moes hê, omdat geeneen van hulle immers geweet het of hulle Heer dit wou toestaan nie.
[12] Daarop sê die Efraimiet onverskrokke: "Vriende, ek het van oudsher altyd dadelik na die bron gegaan, en het nooit langdurig die aftakkings van `n rivier gesoek, wanneer dit daarom gaan om tot die kern van iets deur te dring nie! Ek vermoed dat daar beslis iets besonders agter julle skuil, en ook is dit al sedert lank my wens om die Heiland te leer ken en van Homself die woorde te hoor, wat ek slegs via omweë kan bemagtig. Is dit dan nie baie duidelik dat ek met al my kragte sal probeer om so vinnig moontlik by Hom te kom, veral noudat my hart so geweldig na Hom verlang nie?! Sou jy aan jou kind kan sê dat hy uit jou omgewing moet bly, wanneer hy jou wil omarm? Ek weet egter baie goed uit die Skrif en deur baie ander dinge wat nou gebeur het, wie ek in Jesus van Nasaret het. En dit was eintlik ook my innerlike gevoel om hier iets oor Hom te wete te kom, wat my hierheen gedryf het, en daarom is dit wat ek jou sê ook waar, dat die gees, en nie my nuuskierigheid my gedryf het.
[13] Maar as dit werklik so is dat die Koning van Sion hier vertoef, oor wie Dawid en alle profete voorspellings gemaak het, dan sal Hy Hom ook nie daarteen verset dat `n eenvoudige mensekind, wat Hom maar net `n hart vol van hoogste liefde en niks anders as die liefde kan bring nie, nie tevergeefs aan Sy deur klop en vra om binnegelaat te word nie. Ek glo dat ek die hoogste Gees, wat nou sy intrek in `n liggaam geneem het, wel so goed ken, dat ek dink dat Hy presies weet wat hier gebeur, en dat Hy my verwag om my liefdesoffer in ontvangs te neem!"
[14] Petrus sê baie verwonderd: "Luister eers vriend, jy praat hier voor ons ore `n taal wat op sy minste ongewoon vir ons is; want ons het nog nooit iemand gesien wat, sonder dat hy die Heer ken, so oor Hom gepraat het nie! Hoe weet jy so presies wie Hy eintlik is?"
[15] Die Efraimiet sê: "Nou, dit moet tog wel dadelik vir elkeen duidelik wees, as hy oë het om te sien en ore om te hoor!? Die twee liggaamlike organe is nog baie goed in orde by my, en verder ook my verstand en sekerlik ook my hart, wat `n baie duideliker taal spreek as die verstand – en ek het daarom ook al my sintuie oopgehou en het te wete gekom wat ander deur die mees voor die hand liggende bewys nog nie kon verneem nie.
[16] Moet julle dan altyd sien, om te glo? Moes julle altyd ander lande besoek het, om te kan glo dat hulle bestaan? Sekerlik nie! Wel, vriend, so gaan dit ook met my, sien jy? Wat ek gehoor het, was vir my voldoende om dit na kritiese ondersoek te glo, en daarom weet ek nou ook wie ek in julle Heer moet soek, en ek is volkome seker daarvan dat ek in Hom ook sal vind wat ek gesoek het en vas in Hom sal glo."
[17] Toe die Efraimiet dit gesê het, kom Ek die saal binne en roep hom toe: "Salig is hulle wat glo en nie sien nie! Wees dus welkom by My, as die laaste van al diegene wat slegs deur My woord na My toe gekom het, en bly voortaan by My, sodat jou geloof bekroon word! Jy heet Efraim en sal van nou af aan vir My `n pilaar word, wat `n goeie steun sal vorm vir die opbou van My ryk. En julle ander moet `n voorbeeld van hom neem, sodat julle leer wat hy vir julle wil sê om vanuit die hart te lewe en slegs die wil en die gevoelens daarvan te volg!"
[18] Efraim snel nou na My toe, volkome oorman deur sy gevoelens, en nou volg een van die taferele, soos wat al vroeër beskryf is, wat teweeggebring word deur die liefde van `n kind wat sy Vader herken en nou in salige blydskap begroet.
[19] Nadat dit verby was en Ek Efraim versterk het, lê Ek vir die leerlinge uit dat die laaste nou gewin was van diegene wat as getuie van My aardse lewensweg, vanuit die heelal na die aarde afgedaal het om as steun vir My ryk te dien, en dat die getal van diegene nou daarmee vol was, wat geroep was om leraars te word vir My skool van die Gees, waarvoor die Menseseun verskyn het om dit op te rig en deur Sy voorbeeld te beseël.
[20] Die leerlinge word nogmaals op die hart gedruk om vas te hou aan alles wat hulle gesien en gehoor het, en die kort tyd goed te gebruik om hulleself eg sterk te maak vir die toekoms en om teenoor hulleself en daardeur ook ten opsigte van die mense oorwinnaars te kan bly.