Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die Heer begeef Hom alleen na die top van die Olyfberg. Die gesprek tussen die Godheid en die Menseseun Jesus

65 Maar Ek verlaat die huis en begeef My alleen die Olyfberg op, van waar mens `n wye uitsig oor Jerusalem en die hele omgewing gehad het.

[2] Daar skei die Godheid in My Haarself van die Menseseun Jesus en spreek met Hom: "Kyk, vóór Jou lê die stad van Jou lyding, wat in die komende dae sal begin, as Jy vrywillig die juk op Jou sal neem wat tot verlossing van die hele mensdom sal dien!

[3] In Jou aardse liggaam, geskei van My, is Jy `n mens soos elke ander. Jy het daarna gestreef om die Gees in Jou te wek, wat die volheid van die Godheid self is. Jy het met opoffering van Jou eie wil die wil van die Almag in Jou laat groei. Maar nou hang dit van Jou wil as mens self af, of Jy die laaste en swaarste werk op Jou sal wil neem. Daarom vra Ek Jou: "Wil Jy as My Seun opgaan in die Vader, deur alles uit te voer wat Hy Jou beveel om te doen? Of wil Jy as Seun van die mens net tot hierdie mensdom behoort en net van hierdie wêreld bly?

[4] Jy kan `n heerser wees oor die wêreld en `n Verlosser van die wêreld bly; maar Jy kan ook `n wegwyser na My toe wees, wat na die sentrum van God se hart lei, deur volledig in My op te gaan en daardeur `n heerser oor die lewe te word vir alle ewighede. Jy kan `n voorspreker van die mensdom wees - van die wesens wat uitgegaan het, geskape deur My mag en hulle terugkeer na die hart van die Vader; maar Jy kan ook `n voorspreker van die Liefde wees, wat die Wysheid gebied om Haar regverdigheid in barmhartigheid te verander. Kies dan nou, terwyl Jy voor oë het wat daar met Jou liggaam sal gebeur, of Jy die weg naas My of die weg in My wil bewandel; want nou val die laaste beslissing!"

[5] Toe spreek die siel van Jesus, die Menseseun: "Vader, U wil is altyd die van Myne, en alleen U wil geskied! Want wat die aarde My kan gee, het eers deur U deel van die aarde geword. Ek wil egter die regte weg gaan en slegs uit U Hand ontvang wat My ten deel sal val, en sodoende wil Ek steeds net aan U wil gehoorsaam wees!"

[6] Daarop sê die Godheid in die hart van die Menseseun: "Nog één keer sal Ek jou vra soos vandag, en dan sal gebeur wat Jy wil, as Jy nog dieselfde antwoord gee! Maar kyk nou wat die wêreld Jou sal bied!"

[7] In stille gebed bly die Menseseun nou op die berg, en begeef Hom vervolgens voor sonsopkoms na benede na die huis van Laserus, sonder dat iemand dit gemerk het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205